Thursday 12 April 2012

HOOFSTUK 10



ANDER PROBLEME IN DIE CHRISTELIKE LEER


Aangesien hierdie skrywer gedurig die Skepping en die Natuur aan die een kant, en die Christelike leer aan die ander kant, teenoor mekaar plaas, word die volgende vraag hier gestel:

How is it that hardly any major religion has looked at science and concluded, "This is better than we thought!  The universe is much bigger than our prophets said, grander, more subtle, more elegant.  God must have been greater than we dreamed.  Instead they say: "No, no, no!  My God is a little god". 
(Carl Sagan quoted by Bo Fowler in "The Astrological Diary of God", 1999, Vintage Books.)

Die grootsheid van die Skepping dwing mens tot nederigheid en die verlange om die geheime daarvan te ontrafel, want in die ontrafeling van Sy handewerk ontdek ons die Skepper daarvan.


'n GELYKENIS UIT DIE RUIMTE-EEU

Die opvoeding van ‘n kind kan vergelyk word met die opstel van ‘n rekenaar.  ‘n Rekenaar is ‘n dooie stuk metaal en plastiek totdat die programmatuur ( sagteware) daarop gelaai word.  Dat dit gedoen kan word, is voorwaar ‘n tegnologiese wonderwerk.  Wanneer die sagteware gelaai is, gebeur daar iets met daardie metaal, plastiek en elektonika en word dit alles oombliklik vir die mens bruikbaar.

‘n Kind kom sonder enige "sagteware", (d.w.s. "kennis") in die lewe.  Die ouer "programmeer" dan daagliks daardie kind se brein met die nodige "sagteware" sodat daardie kind menswaardig word.  Die kind leer kruip en loop, speel, praat, spel en skryf, optel en reken en talle ander lesse en vaardighede en word so ‘n volwaardige mens wat in die samelewing sy plek kan volstaan.

Die politieke leiers van ‘n volk en ‘n ras sal hoop dat kinders met goeie "sagteware" geprogrammeer word, want dan kan ‘n volk vooruitgaan.  (Of so het ek gedink.  Daardie gedagte is vervang met ‘n sterk suspisie dat kinders so opgevoed word dat hulle NIE die "konings van die aarde" (wêreldleiers) sal bevraagteken nie, al doen húlle wat - en dit is ‘n heel ander toestand).

Dus - om welopgevoede mense te word, word kinders van kleins af geleer van wiskunde en wetenskap, letterkunde en kuns, aardrykskunde en geskiedenis, gesondheid en goeie maniere, interpersoonlike verhoudings en talle ander lesse.  Toegerus met daardie "sagteware" word onbruikbare stuk vleis ‘n lid van die samelewing - die u en ek wat hopelik aanhoudend sal groei en verbeter tot op sy sterwens dag toe.

Maar daar is ander "sagteware" wat op die kind se brein "geïnstalleer" word, wat hierin bevraagteken word - en dit is eerstens daardie "sagteware" wat religieus van aard is.

In die rekenaarwêreld is daar sagteware wat rekenaars heeltemal deurmekaarkrap en selfs die ander, goeie sagteware kan uitwis.  Dit word ‘n virus genoem en hierdie skrywer stel dit dat die oorgrote meerderheid leerstellings van die Christelike kerk eintlik soos ‘n dodelike virus is.  Dit erken nie die ander goeie lesse wat ons ons kinders wil leer nie, en het ‘n dodelike en verwoestende uitwerking op ons mense, oftewel, die Westerse mensdom.  Sulke "virusse" is reeds hierin geïdentifiseer en hierdie hoofstuk sal etlike ander sulke "virusse" bespreek.


ONVERANDERLIKE BEGINSEL:
            ‘n RELIGIE MOET VIR SY AANHANGERS BEVORDERLIK WEES.

Met behulp van die kerke en teoloë van Suid-Afrika (en ander lande), het die Westerling, d.w.s. ons mense, hier, alles wat hulle oor meer as drie honderd jaar met soveel moeite opgebou het, in een bedrieglike verkiesing verloor.

Is dit kras om te sê dat die "god" wat dit aan ons mense in Suid-Afrika gedoen het, nie langer deur ons "gedien" behoort te word nie, as dit gesê word dat ‘n ander "god" eerder gesoek moet word wat vir ons kroos goed en bevorderlik sal wees?  "Hy" moet ons só lei dat ons nie die vrug van ons handewerk deur sulke bedrieglikhede verloor nie.  Onthou - dit was nie net die politieke leiers wat ons mislei het nie - die predikante het van die kansels af verkondig dat ons vir ‘n oorgawe aan die kommunisme moet stem... Daardie "god" se amptenare of gesante het ons mense verraai en ‘n ander, vreemde "god" gedien, terwyl hulle eerder die belange van hul eie kroos eerste moes geplaas het, hulle opgebou en beskerm het.

Weereens, daar is ‘n beter beginsel wat van toepassing moet wees:

die maatstaf van 'n goeie religie is die mate waarin dit vir sy ondersteuners bevorderlik (goed) is.

Daar is geen twyfel dat ons as Westerlinge 'n religie vir onsself opeis wat vir ons goed en bevorderlik sal wees nie, en minder twyfel dat die religie wat deur die Pauliniese en pouslike stelsels daargestel is, vir ons uiters nadelig is.  Hierdie stelsel, wat oor die laaste twee duisend jaar ons filosofiese denke oorheers het, het ons, die Westerling, op die randjie van uitwissing gebring.  Ons het tientalle broederoorloë gestry, gedurig teen ons eie mense opgetree en selfs in ons land oor die afgelope jare, was dit vir sommige van ons meer belangrik dat vreemde inheemse stamme oorleef as dat hul eie broer of suster voorspoed geniet.  Dit is so seker as wat die son skyn dat daardie gesindheid vanuit die leringe van ons religie spruit, dit wat in ons kerke vir ons geleer word asof dit die "ewige waarheid" is, terwyl dit nie is nie.

'n Volk se geloof of godsdiensstelsel moet gemeet word aan die mate waarin dit vir daardie volk 'n goeie en bevorderlike geloof of religie is.  Dit is beslis bevorderlik vir die Jode om in hul YHWH te glo - maar wanneer ons dit doen, gebeur dit ten koste van ons voortbestaan.

Die Majas het duisende babas en maagde aan hul mitologiese gode geoffer.  Was dit 'n goeie geloof of religie?  Nee.  Nie net het hulle hulself uitgewis nie, maar ook die geloofsiening wat daardie dom optrede voorgeskryf het.  So het hul "beskawing" tot ‘n tragiese einde gekom.

Ons is geleer om nie oor môre te bekommer nie, om alles vir die armes te gee, om nie ‘n tweede kleed te koop nie, om alles te verkoop en Jesus te volg, dat ‘n ryk man nie in die hemel kan kom nie (behalwe die ryk Jode van die Bybel, natuurlik - Abraham, Salomo, Job en ander...), om elke skelm en krimineel bloot te vergewe, om aanhoudend die ander wang te draai, om die seksuele nie as normaal te bejeën nie - dis mos alles "sonde" en dit is een rede waarom ons getalle so gevaarlik gedaal het in teenstelling met die getalle van sommige ander volkere.  Nou staar ons ‘n oormag in die aangesig wat die hele wêreld gaan inneem sodat daar vir Westerlinge nêrens ‘n veilige plek op aarde meer oorbly nie en wat ons alle hel gaan gee.

Dus: op grond van die Katolieke (en totale Christelike) Kerk se optrede teen sy eie mense in die verlede, naamlik die vervolging, marteling en dood van miljoene van ons mense onder daardie stelsel, en na aanleiding van die verkeerde lewensfilosofie wat dit en die res van die Christendom verkondig, word die volgende uitspraak gelewer:

Die Christelike religie is nie vir ons 'n goeie en bevorderlike religie nie.   Dit word summier vewerp.

Wie 'n oor het om te hoor, laat hom hoor; wie ‘n oog het, laat hom sien.

Die gevaar is nie net polities of aards nie, maar ook spiritueel of geestelik, want wat help dit dat 'n geloof 'n Volk vernietig wanneer dit sy aanhangers leer om sy vyande tot so 'n mate lief te hê dat hulle self ondergaan en verdwyn, en hulle vyande as gevolg daarvan tot oorheersing floreer?  Dan gaan daardie geloof of religie mos ook tot niet, want ons weet dat die inheemse stamme van Afrika se geloof, al word dit "Christelik" genoem, net nie dieselfde is as dit wat ons nog altyd geleer is nie, aangesien hulle Christelikheid met gedagtes van voorvadergeeste en tokkelossies vermeng word.  Baie van hulle beddens staan nog steeds op bakstene, al sien hulle vir meer as drie honderd jaar reeds die "geloof" van hul werkgewers wat dit glad nie doen of ‘n tokkelossie vrees nie.  Na al die insette van sendelinge oor drie honderd jaar, glo hulle steeds in die mag van toordokters (sangoma’s), die bene en voorvadergeeste.

Nee, 'n geloof of religie kan nie ondersteun word as dit tot die ondergang van sy eie aanhangers lei nie.  Dit is die waarskuwing van ons Westerse wysgere reeds oor drie eeue heen.

'n Religie of geloof moet sy aanhangers in hierdie lewe beskerm en bou - dit is die toets.

Ons kan gerus vra watter soort geloof dit is wat sy aanhangers vernietig wanneer dit tot op die logiese uiteinde daarvan toegepas word?  Die lot van Christen wit mense in Suid-Afrika is 'n toonbeeld van die logiese uiteinde van die Christelike geloof.  Alles moet aan die minderes weggee word.  Alles moet aan die vyande gegee word.  Watter Natuurwet stip dit aan?  Wanneer gee ‘n leeu al sy prooi, keer op keer, dag na dag, vir jakkalse?

Weer - Watter soort geloof doen dit aan sy aanhangers wat ons geloof in Suid-Afrika aan ons gedoen het?

Dit is dieselfde met die Katolieke Kerk se religie wat sê dat priesters en nonne nie mag trou nie. Indien almal op aarde dit doen, sal die menslike ras in een geslag uitsterf.  Daardie sienswyse is teen die Natuurwette en die ordening van die Skepper wat beveel dat die mensdom moet aanwas.  Dit is die mening van hierdie skrywer dat die Katolieke kerk daadwerklik besig is met "sonde".  En dit is meer as net sonde, dit is ook onvergeeflike sonde aangesien die Natuur onverbiddelik is in haar uitwerking, want as ‘n non nie kinders in die lewe bring nie, is dit onherroeplik in alle ewigheid.  As sy intelligent is, soos sommige al was, dan is haar gene vir ewig uit die genepoel van die menslike ras verwyder.  Dit kan in ewigheid nooit reggestel word nie.  En sou die mensdom weens nie-voortplanting uitgewis word, is dit onherroeplik en "onvergeeflik".  Die uitwerking van daardie oortreding is eintlik baie meer ernstig as enige "sonde" wat die kerke ons uit die Bybel of Tien Gebooie wil leer.  So - waarom doen die Katolieke dit?  Waarom het hulle kloosters gevul met priesters en nonne wat nie kinders het nie?  Dit word in die naam van politieke mag gedoen - want daardie mense wy hulself dan geheel en al aan die vooruitgang van daardie kerk - dit wat hierin beskryf word as ‘n valse stelsel.  So word valse, negatiewe metodes gebruik om valse en negatiewe "sagteware" die wêreld in te stuur..

Net so ook is dit teen die Natuurwette dat 'n Volk sy vyande moet liefhê.  Nou dat volksvreemdes in Suid-Afrika aan bewind is, kan gesien word dat hulle hul voormalige oorheersers, en vyande dan, nie lief het nie.  Sedert die 1994 verkiesing is daar reeds sowat 2000 Suid-Afrikaanse boere op plase doodgemaak, terwyl die sogenaamde agtergeblewenes onder die ou blanke bewind, uitsonderlik in getalle aangegroei het.  Ja, húlle het "vet" geword terwyl die wit mense verarm en min geword het, só min dat ons geboortesyfer nou onder die vervangingsvlak gedaal het.  Ons het meer vir hulle omgegee as vir ons eie - en dit is die tragedie van alle tye.

Ja, dit is waar dat die kerk ouetehuise gebou het, welsynsaksies van stapel gestuur het en talle ander loflike projekte geloods het, maar dit is nie die hoogste doel van 'n volk se religie nie.  Die staat en Round Table en Rotary kan ook maar die ouetehuise oprig en welsynswerk doen.

‘n Paar jaar gelede het dit in die koerante bekend geraak dat Christian City van Theo Wolmarans 'n inkomste van meer as R12 miljoen per jaar gehad het, maar dat hul bydraes tot welsyn daardie jaar net R75 000-00, oftewel sowat 0,625%, beloop het (RAPPORT, tydens die hofsaak oor die onbetaalde koffiekroeg aldaar).

Toe die McCauleys van Rhema in die skeihof beland het, het dit aan die lig gekom dat hul inkomste soortgelyk aan daardie van Christian City is, maar dat hul bydraes tot welsyn net sowat R18 000-00 vir daardie jaar was (ook uit RAPPORT tydens hul egskeiding).  Hul "pastorie" se waarde is ook op nege miljoen rand geskat (RAPPORT, voorblad, 15 Februarie 2004), dit terwyl die Jesus wat hulle kwansuis volg, "nie ‘n plek gehad het waar Hy sy hoof kon neerlê nie", terwyl daardie Jesus leer dat Sy volgelinge alles moet weggee sodat Hy heelhartig gevolg kan word.

Vreemde optrede, dié van Sy volgelinge... die priesterdom leef in weelde wat uit die sakke van hul arme gemeentelede kom.  En dan verraai hulle nog daardie mense wat daardie bedrae aan hulle oorbetaal.  Dis ‘n skande.

'n Interessante brokkie nuus wat in 2000 vir skrywer vertel is, is dat 'n sekere predikantvan een van die Susterskerke in die Noord-Weste sy kerkraad vir ‘n bedrag van R300 000 gevra het om die pastorie "op te knap".  Na bewering was sy maandelikse salaris toe in die omgewing van R40 000-00.  Welsynbydraes uit dieselfde gemeente vir die jaar 2000 was net R1 500-00 (volgens ‘n lidmaat van daardie gemeente).

En dan is daar die NG gemeente wat jaarliks R250 000-00 vir "sending"insamel.  Dit is geld wat na ver plekke moet gaan, terwyl daar kindertjies van hulle eie Kroos is, in daardie selfde dorp, wat nie hul skoolfonds kan betaal nie, waar hul ouers se meubels deur skole op veilings verkoop word om die skoolfonds te in - terwyl fondse na Taiwan en waar ook al gestuur word.  Watter skrikwekkende onreg en verwaarlosing van ons eie mense, deur ons eie mense, asof ons heil daarin lê om al ons middele op ver plekke te bestee.  Wanneer ons almal bankrot is en op straat sit, dán eers sal ons besef met watter verkeerde religie ons te doen gehad het.

Die Kroos, ons mense, word so verniel dat hulle byna nie kan leef nie.  Hul pyn word oral gesien en gevoel.  Die wêreld haat hulle – en dit vir dinge wat hulle nie gedoen het nie, maar wat die "leiers" met bedrog en leuens in ons naam gedoen het.  Die leiers betaal nie die prys daarvoor nie.  Nee, ons, Jan Alleman, moet dit betaal in die aangesig van die wêreld terwyl die leiers veilig in groot huise op wynplase en elders woon en die aansien van die wêreld geniet.

Let op die vingerwysing – "Aan sy vrugte sal hy geken word".  Die uitwerking, die resultate van die "Christelike" leer, dit wat daaruit voortvloei, dit getuig einde ten laaste van wat dit is, of dit vir u en my goed is aldan nié.

Kyk hoe dit óns verwoes.

Daarom word die Christelike leer deur hierdie skrywer en so baie ander wit mense as ‘n virus in die sagteware van ons denke beskou.

Nou word daar opnuut weer ‘n "anti-virus program" aangebied.  Dit is menige keer in die verlede voorgelê, maar is verfoei.  Nou kan die skade wat daardie "virus" aanrig gesien word en skrywer kan net hoop dat ons mense dit onmiddellik sal aangryp en "installeer" in die gedagte van elkeen van ons mense.  Die tyd het baie laat geword.  Almal was aan die slaap en niemand het opgelet dat die dief reeds ons huis betree het nie, reeds begin het met sy moorde op ons nie, reeds sulke groot skade aangerig het nie.

‘n Wyse rekenaareienaar sal vandag glad nie sonder so ‘n "Firewall" (anti-virus program) betrap word nie.  Ons arme mense is soos rekenaars sonder ‘n "Firewall" en die programmeerders (konings van die aarde) verskaf dit nie aan ons nie - dit "betaal" hulle nie, want hul spel is ‘’n totale magsoorname in ‘n stryd tot die dood toe - en ons moet dood, of ten minste ons gees van onafhanklikheid en verlange na vryheid moet dood.


LANGDURIGE VOORTBESTAAN

Is die hoogste doel van 'n volk se religie dan nie daardie volk se langdurige voortbestaan nie? Dit móét dit wees, anders is dit niks.  Dit kan nie alleen om "die hemel" gaan nie.  Lankal reeds voel ons die lyding van die gevolge van die kerklike verraad aan ons lywe.

En toe het ons gesien hoedat die geestelike leiers saam met die antichristelike kommuniste in die strate van ons land loop en protesteer teen ons voortbestaan en teen die reg om daardie voortbestaan vir onsself te bepaal en uit te werk, Christene - en kommuniste wat nie in God glo nie - saam in dieselfde protesoptogte téén die Christelike bestel wat in hierdie land bestaan het!

Soos dit was in die Middel-eeue, toe uiterse onkunde die gevolg van die Roomse kerk se  geloofsoorheersing was, is dit nou waar dat Westerse Christene oor die algemeen die onkundigste van alle mense is, mense is wat oor die algemeen nie lees nie en wat nie weet wat in die politieke en sosiale wêreld om hulle aangaan nie.  En die groep wat die meeste daaraan ly, is die Amerikaanse Christene - hulle weet niks, wat natuurlik die presiese situasie is wat die "konings van die aarde" wil hê - dom volgelinge.

In Suid-Afrika kan daar by uitstek gesien word hoe die Christelike religie die pad van ondergang vir een van die vertakkinge van die Westerse Volke gebaan het.  Alweer.  Dit is ‘n herhaling van die geskiedenis van ou Europa toe verskeie volke uitgeroei is deur die wrede Katolisisme – en nou het dit weer hier gebeur, hierdie keer teweeg gebring deur die Protestantisme.  Protestantisme (die georganiseerde kerk) teen Protestante (die lidmate)!

Die onkunde van ons mense wat deur die kortsigtigheid van die kerke oor ons gebring is, het Europa in die "donker eeu" ingelei en vandag word ons mense, die wit Westerling weer in sulke onkunde gebring.

By herhaling - so het die Christendom eintlik ‘n vernietigende "virus" in ons midde geword.


CHRISTENDOM KAMMA AL WAT WÊRELD AAN DIE GANG HOU

Daar word deur Christene beweer dat, sonder die Christelike en Bybelse invloed in die wêreld, die wêreld eintlik weens ekstreme wetteloosheid en misdaad tot niet sal gaan, dat die mensdom geestelik so gebrekkig sal wees dat hulle glad nie staande sal kan bly nie.

Dit is nie waar nie.

Oor dekades heen word groot byeenkomste in die naam van die Christelike beweging oral gehou en bekende evangeliste soos Billy Graham, Reinhardt Bonncke, Oral Roberts, Jimmy Swaggert, Theo Wolmarans, Rodney Howard-Brown, Ray McCauley en talle ander spreek skares van tien duisende toe en daar kom miljoene oor die wêreld heen tot bekering, maar hierdie wêreld word ten spyte daarvan net ál slegter en ons is ál meer onveilig, selfs binne-in ons eie huise.  Nog nooit was die syfers van misdaad, egskeiding, dwelmmisbruik, korrupsie en kindermishandeling so hoog as juis in die huidige Christelike Weste nie.

Die sogenaamde Christelike Weste het tot in sy kern verrot, iets wat die Christendom nie wil of sal verduidelik nie - behalwe om weer al die skuld op die "satan" te plaas.  Dat die Christendom letterlik niks doen teen die wêreld se verval nie, word nooit bespreek nie.

Die Christendom het nie van die wêreld 'n beter plek gemaak nie, maar is inteendeel nou deel van die probleem.

Die feit is bloot dat die Christendom nie in staat is, nie die vermoë het om enige agteruitgang te stuit nie.  Die Christendom het nie die innerlike dryfkrag om teen die verval op te tree nie en dit lyk byna asof sy leuse is - "Anything goes".

Die Westerse wêreld is op 'n glybaan na benede wat in ons tyd skynbaar onomkeerbaar geword het, dit terwyl die leiers van die Weste almal met die Bybel te koop loop.  Hulle is dan almal Christene.  Hulle lees skynbaar ook net die Bybel - asof daar geen ander boeke of lewensfilosofie bestaan nie.  As hulle nie die Bybel lees nie, lees hulle allerhande afgewaterde boeke oor die Bybel, oor die liefde, oor die vergifnis of hoe om die Bybel in 'n jaar deur te lees.  Dit is ook al filisofie wat hulle hoor, die preke waarna hulle luister.

Waarom kan die Christendom nie die verval stuit nie?

Omdat dit ‘n organisasie is wat self wetteloos is (sien hoofstuk 8, Tien Verbreekte Gebooie, en hf. 15).  Dit is self oneerlik en korrup, want haar leiers gehoorsaam net die wet van selfsug, daarom moet alle ander wette en ewige beginsels in duie stort voor haar - daarom kan dit nooit wet en orde na buite handhaaf nie.  Die hele geskiedenis van die kerk bewys hierdie gevolgtrekking.

Voor die koms van die Christendom het groot beskawings tot stand gekom en hulle het groot regs- en sosialestelsels ontwikkel en hoogkulture tot stand gebring.  Die glorieryke Romeinse en Griekse Ryke het lank sonder die Christendom bestaan, terwyl hul denke vandag nog die Weste beïnvloed.  Waarom?  Want daardie denke was suiwer Westerse denke.

Studente sal sekerlik ook bewus wees van ander ryke wat voor en gelyktydig met die bogenoemde bestaan het - die Egiptiese, die Sumeriese, die Sjinese, die Maja, ens.  Daardie ryke het oor eeue heen hul kulture gehandhaaf en uitgebou.  In daardie tye was daar goeie mense en slegtes, net soos vandag.  Vandag is daar goeie mense en slegtes - ten spyte van die Christendom.

Dit is nie die Christendom wat die Weste groot gemaak het nie.  Inteendeel, die Weste het groot geword ten spyte van die Christendom.  Vir meer as een duisend twee honderd jaar was ons Westerse gees in knegskap weens die Christendom, tydens die "donker eeue".  Toe die Roomse Kerk die Weste oorheers het in wat bestempel kan word as ‘n Christelike Ryk, of die Heilige Romeinse Ryk, toe het die grootste hartseer van alle eeue die mensdom getref - ‘n tyd van lyding en dood soos nog nooit gesien is nie.  Dit was die tyd toe die Inkwisisie die wêreld by uitstek van bloedvergieting en lyding geleer het en dit is ‘n tyd wat nooit herhaal mag word nie, naamlik ‘n tyd wanneer die kerk weer oor ons almal sal heers.

Dit is ook reeds hierin bespreek dat selfs tydens die kerk se heerskappy in Suid-Afrika, dit ‘n ongelukkige tyd was, van die begin af tot met die mees onlangse verwikkelinge.

Indien ons, die Westerling, nie wakker word nie, dan sal ons weer teruggaan na sulke tye van absolute lyding.


ONS VYANDE LAG

Wanneer gaan ons uit hierdie slaap wakker word?  Ons vyande gaan ons nie reghelp nie.  Hulle lag vir ons.

Die waarskuwing om wakker te word uit die geestelike koma waarin ons verkeer, kom by herhaling van binne, vanuit ons eie mense.  Daar word keer op keer alarm gemaak en dit is tyd om wakker te skrik.


WAARDE VAN DIE CHRISTELIKE BESTEL

"Ander boeke en ander filosofieë help nie om ons siele in die hemel te red nie!" sal party Christene my toesnou en daarom die Christelike bestel wil beskerm, maar die vraag waarvoor ons te staan gekom het, is: Is die Christelike bestel so goed as wat dit voorgee om te wees?  Is dit 'n bestel wat deur die groot Ongekende en Onbeskryflike Skepper daar gestel is of is dit 'n bestel wat maar rondom hierdie wêreld se gode ontwerp en uitgebou is om ons te beheer en te oorheers?


SELFMOORDPAD OF NUWE LEWE?

Die Westerse wêreld word voor ons oë vernietig omdat daar fout is met dit wat ons glo, met ons lewensuitkyk.  Ons glo ons is niks werd nie - almal vertel dit vir ons - ons is mos "sondaars", en daarom doen ons niks aan ons eie verval nie.  Daar is fout met die geestelike of religieuse inhoud van dit wat van kleins af vir ons geleer word.  Ons "gees" is so afgetakel en verkeerdelik beïnvloed dat ons sowaar op 'n selfmoordpad beland het - én bly is daaroor!

Ons benodig ‘n maatstaf waaraan ons religie of "geloof" gemeet kan word.

Daar is net een maatstaf vir ons religie of geloofstelsel, nl.:

            'n Religie of geloof moet bevorderlik (goed) wees vir diegene wat dit aanhang en glo.

Dit sal hopelik gevra word: Is hy reg?  Het hy hier iets beet wat ons moet verstaan?

Hy sê dat 'n godsdienstige stelsel vir sy aanhangers in hierdie lewe bevorderlik moet wees.


TROJAANSE PERD

‘n Goeie geloof sal tog nooit sy eie aanhangers se ondergang bewerkstellig nie, soos ons in Suid-Afrika ervaar het nie.  Ons sal mos geredelik beaam dat so ‘n geloof ‘n slegte geloof is.

Tog is ons filosofie deurtrek met leerstellings soos "liefde vir jou vyande".  Dit is 'n leerstelling wat 'n volk benadeel in die aangesig van sy vyande.  Liefde vir vyande sal op die ou end enige Volk se ondergang veroorsaak - en dit juis voor daardie vyande wat hy so "liefgehad" het.  Die onlangse geskiedenis van Suid-Afrika is 'n lewende voorbeeld van wat met die Westerlinge gebeur indien hulle daardie leringe van hul geestelike leiers aanneem en daaraan gehoor gee.  Dit was by die aanname van daardie soort leerstelling dat ons, die Westerling, alles hier verloor het - beheer oor ons eie sake, lot en toekoms, oor ons geldsake, ons verdediging, veiligheid, skole,  kultuur, monumente, selfs ook oor ons taal.

Hoe kan die verkondigde leerstelling van "liefde vir vyande" ooit 'n goeie en bevorderlike beginsel wees?  Dit is níé en is eintlik ‘n Trojaanse perd.  Dit is sabotasie van ons denke.  Dit is ‘n "virus" van die siel wat die gesonde "sagteware" wat die Westerling eintlik besit, verteer en wegvreet totdat ons nie meer weet hoe om onsself in die wêreld te handhaaf nie.


LEERSTELLINGS EN EVANGELIES BEVRAAGTEKEN

Enige Bybelstudent wat al 'n bietjie dieper op hierdie en ander teologiese probleme ingegaan het, sal weet dat daar vrae gevra word rondom die ontstaan van die Nuwe Testament.  Daar word op kweekskool geleer dat daar onsekerheid bestaan oor waarom daar binne die vier evangelies soveel verskille is.  Leidende teoloë probeer vasstel - wat onmoontlik is - watter evangelie kwansuis eerste geskryf is; was dit Markus of dalk 'n ander een?  Dalk een wat verlore is?

Die probleem ontstaan as gevolg van die feit dat daar inligting in een is wat nie in die ander is nie, of in twee is maar nie in die ander twee nie.  Om twee duisend jaar later agter te kom waarom dit so is, is haas onmoontlik aangesien die oorspronlike dokumente verlore is - indien hulle ooit bestaan het.  Indien al vier evangelies gebaseer is op 'n ander verlore evangelie, noem hulle dit die "Q"-dokument (sien boek, The Q Document), en die Q-dokument is 'n poging om vas te stel wat die inhoud van so 'n oorspronklike evangelie kon gewees het.  Die deskundiges probeer selfs bepaal of al die woorde in die evangelies wat aan Jesus toegedig word, wel Sy woorde was, en indien nie, watter woorde Sy woorde was en nie was nie.  Wat hulle sonder om te skroom uitspreek is die gedagte dat baie van daardie woorde nooit deur Jesus gespreek is nie.

Hmm - dan mag ons seker maar wonder hoe hulle dit gaan bepaal...


YHWH HET NIE SY VYANDE LIEF NIE

Die bewering is dat daar later gebeurtenisse en woorde tot die oorspronklike verhaal deur "goeie en getroue" monnike, met die beste bedoelings, toegevoeg is sodat ons nou nie eintlik meer weet wat eerste daar was nie.  As dit enigsins so is, kan tereg gevra word of Jesus kon geleer het dat mense hul vyande moet liefhê.  Dit is 'n landmyn van 'n leerstelling en filosofies seker die domste ding wat enige mens kan doen of glo.  Nie eens die Bybel se God, YHWH, doen dit nie.  Nee, volgens die Bybel straf daardie YHWH sy aardse (en hemelse) vyande gedurigdeur.  Hy tref hulle met die banvloek.  Hy laat hulle deur sterk manne doodslaan (Simson).  Hy laat selfs die vrouens, kinders en vee ook doodmaak.  Dan word dit ook gesê gaan YHWH sy vyand, die "satan" en al die engele wat hom in sy rebellie gevolg het, op die laaste dag in die poel van vuur werp.  Nee, YHWH het nie sy vyande lief nie.  Hy haat hulle.


RUGBY-LIEFDE

Indien 'n rugbyspan hul vyande so "liefhet", verloor hulle onmiddellik die wedstryd.  En so het dit gebeur dat toe ons in Suid-Afrika die prediking van die laaste dertig of veertig jaar ter harte geneem het, dat ons alles verloor het en is ons as gevolg daarvan heeltemal verneder.

Indien ons die maatstaf soos hierbo genoem, aanneem, kom ons voor 'n ernstige gevolgtrekking te staan, naamlik dat die enigste religie wat reg is, is die religie wat vir sy aanhangers bevorderlik en goed is.

Elkeen moet sy eie lot en besittings beskerm en verdedig - of hy gaan dit verloor.

Ons weet nou dat die Christendom nie vir ons in Suid-Afrika bevorderlik of "goed" was nie.  Dit was ook nie vir ou Europa "goed" nie.  Verskriklike oorloë was die gevolg van die opkoms daarvan en miljoene Westerse lewens én hul nageslagte is daarvoor geoffer.  Daarom weet ons dat dit ook nie vir die Weste en die Westerling in die algemeen "goed" is nie.

Daar word deur talle Westerse denkers gesê dat die "bergpredikasie" die gevaarlikste filosofiese standpunte bevat wat ooit vir ‘n Volk gegee kon word - en dit mag geredelik met ‘n rekenaarvirus vergelyk word.  Ja, as ‘n mens ‘n ander volk op sy knieë wil bring, hom wil verower, leer hom dan hierdie lesse en jy sal hom sonder ‘n enkele skoot oorwin:

Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe . . . (Matt. 5:5)
... as iemand jou op die regter wang slaan, draai ook die ander een na hom toe . . . (5:39)
... en jou onderkleed wil neem, laat hom ook jou bo-kleed kry . . . (:40)
Julle moet julle vyande liefhê . . . (:44)
Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde nie . . . (6:19)
Moenie julle kwel oor jul lewe, wat julle sal eet en wat julle sal drink nie . . . (:25)
Kwel julle dus nie oor môre nie . . . (:34)
Moenie oordeel nie . . .(7:1)
Bid en vir julle sal gegee word . . . (:7)

Al hierdie leerstellings is kranksinnig en gek, en as hulle deur Jesus verkondig is, dan was ook hy nie vir ons "goed" nie, want ons en ons mense het dit aangeneem en nou word ons as gevolg daarvan vermoor en uitgewis.  Om hierdie stellinge te identifiseer en te ontleed, sal hopelik dien as ‘n anti-virusprogram wat ons denke en siele sal suiwer sodat ons sal kan insien watter gevare ons omring en hoe om onsself van verwoesting te vrywaar.

Maar ons het reeds gesien hoedat die hele Christelike storie eintlik mitologies is en daarom is die volgende oefening oorbodig, tog sal dit gedoen word om hulle wat dit nog nie insien nie, by te staan.  Hierdie hele godsdienstige stelsel is doelbewus met "geestelike landmyne" besaai om ons mense te uitoorlê in die naam van oorname – ‘n wêreldoorname!  En as dít die geval is, dan is die wekroep helder en duidelik: "Word Wakker, Westerling!  Jy is in gevaar!"

1.         Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe . . . (Matt. 5:5)

Dit is totale onsin dat sagmoediges in hierdie lewe enige sukses sal bereik.  Alles is harde werk en 'n opdraende stryd, en die een wat nie volhard nie, sal agter bly en vertrap word.  Net diegene wat die mees gedetermineerde dryfkrag inspan, sal bo uitkom en "die aarde beërwe".  Kyk hoe koop die rykes en hardstes die aarde op.  Hulle is nie sagmoedig nie.

2.         ... as iemand jou op die regter wang slaan, draai ook die ander een na hom toe... (5:39)

Dit is onsinnig om so 'n beginsel te verkondig.

Nêrens in die natuur geld hierdie beginsel nie, geen dier of insek of plant doen dit nie.  Volgens die Bybel waaruit dit kom, is dit ook nie YHWH-God se manier van optrede nie, inteendeel, Lucifer en sy volgelinge gaan in die poel van vuur gewerp word.  YHWH het nie sy vyande lief en laat nie toe dat hulle Hom vertrap nie.  YHWH draai ook NIE sy "ander wang" vir Lucifer nie. 

As daar op skool 'n bullebak is, moet die hele skool vir ewig voor hom sidder?  Nee, die bullebak moet vasgevat word en geleer word om in die samelewing in te pas.  Skrywer aanvaar nie die storie soos dit nou in die wêreld verkondig word, dat ‘n mens oor alles en met almal net altyd moet mooipraat nie.  Dieselfde geld vir ‘n stout en opstandige kind.  Die ouers kan nie voor die kind sidder en beef nie.  Daardie kind moet vasgevat word, selfs met ‘n oordeelkundige en redelike drag slae wat hom sal regruk.  Hierdie skrywer verwerp beslis die moderne "sielkundige" opvoeding van kinders, maar verkies die rede, mooipraat, pleit en mondelingse opvoeding bo ‘n drag slae, met die besef dat, terwyl die mens op hierdie planeet leef, daar altyd plek vir straf sal wees.

Kyk hoe lyk Suid-Afrika terwyl hy mooipraat met die Kriminele.  Dit werk nie.  Daarmee saam is dit die onskuldiges wat ly.  Daarom weerklink daar ‘n luide nee vir die dood en die hel wat na ons gebring word deur gewetenlose skurke.  Die leerstellings wat deur kortsigtige geestelik leiers ons ondergang bewerkstellig, word hiermee sonder tywfel verwerp.  Die Westerling moet weer by die plek kom waar hy hom, sy kinders en sy grondgebied met trots sal beskerm en verdedig.

3.         "... en jou onderkleed wil neem, laat hom ook jou bo-kleed kry . . . (:40)

‘n Mens kan hoegenaamd nie hierdie 'n lewensbeginsel maak nie.  Elkeen moet stry vir dit wat sy eie is en waarvoor hy gewerk het, om dit op te pas en dit te beskerm.  Dit is tog jou lewensasem wat jy gegee het om dit te bekom, nie waar nie?  Nee, ‘n mens gee nie jou goed vir enigeen wat dit sommer net wil hê nie.  Hulle wat kriminele, kapers en moordenaars teëstaan en oorwin, is ware helde.  Hiermee word hulle geloof, soos ook die tannie in die volgende verhaal:

Subject: Gun-toting granny

We really liked this one.  It's priceless.  God Bless Her!  Long live little old ladies.  I would like to nominate this woman for SENIOR criminal court judge for ALL the criminal courts in the U.S.A.

MELBOURNE, Australia -- Gun-toting granny Ava Estelle, 81, was so ticked-off when two thugs raped her 18-year-old granddaughter that she tracked the unsuspecting ex-cons down and shot off their testicles.

The old lady spent a week hunting those men down -- and when she found them, she took revenge on them in her own special way,- said Melbourne police investigator Evan Delp. Then she took a taxi to the nearest police station, laid the gun on the sergeant's desk and told him as calm as could be: "Those bastards will never rape anybody again, by God." Cops say convicted rapist and robber Davis Furth, 33, lost both his penis and his testicles when outraged Ava opened fire with a 9-mm pistol in the hotel room where he and former prison cellmate Stanley Thomas, 29, were holed up. The wrinkled avenger also blew Thomas' testicles to kingdom come, but doctors managed to save his mangled penis, police said. The one guy, Thomas, didn't lose his manhood, but the doctor I talked to said he won't be using it the way he used to, Detective Delp told reporters. Both men are still in pretty bad shape, but I think they're just happy to be alive after what they've been through.

The Rambo Granny swung into action June 21 after her granddaughter Debbie was carjacked and raped in broad daylight by two knife-wielding creeps in a section of town bordering on skid row. "When I saw the look on my Debbie's face that night in the hospital, I decided I was going to go out and get those bastards myself 'cause I figured the Law would go easy on them," recalled the retired library worker. "And I wasn't scared of them, either -- because I've got me a gun and I've been shootin' all my life. And I wasn't dumb enough to turn it in when the law changed about owning one."

So, using a police artist's sketch of the suspects and Debbie's description of the sickos', tough-as-nails Ava spent seven days prowling the wino-infested neighborhood where the crime took place till she spotted the ill-fated rapists entering their flophouse hotel. "I knew it was them the minute I saw 'em, but I shot a picture of 'em anyway and took it back to Debbie and she said sure as hell, it was them," the oldster recalled. "So I went back to that hotel and found their room and knocked on the door -- and the minute the big one, Furth, opened the door, I shot 'em right square between the legs, right where it would really hurt 'em most, you know. Then I went in and shot the other one as he backed up pleading to me to spare him. Then I went down to the police station and turned myself in."

Now, baffled lawmen are trying to figure out exactly how to deal with the vigilante granny. What she did was wrong, and she broke the law, but it is difficult to throw an 81-year-old woman in prison, detective Delp said. Especially when 3 million people in the city want to nominate her for sainthood and a medal.


(Maybe they'll think some more about their gun laws Down under.  It's illegal for Grannie or anyone else to even own a gun.  I can just hear the librals now weeping and gnashing their teeth over those "poor unfortunate men."  It should happen more often!)

Wanneer ‘n regering nie wet en orde handhaaf nie, nie sy mense beskerm en koester nie, dan moet die burgers dit self doen.

Dit is 'n belangrike beginsel en miljoene Westerlinge is siek en sat daarvoor dat hulle regerings nie hul burgers teen al die wetteloosheid beskerm nie.  Hier in Afrika is dit nog erger.  Hier moet ons Westerlinge ons lewensbloed gee vir elke Jan Rap en sy maat wat met 'n pistool op ons afstorm en as ons onsself beskerm, word ons vervolg.  Wanneer ons beroof word, of ons vrou of dogter se reinheid bedreig word, dan sê die kerke:
           
            "Gee dit!  Die wraak kom jou nie toe nie.  Jy mag nie doodslaan nie..."

... terwyl dit minder is as ons doodgeslaan word!

So is skrywer op seminarie geleer, maar ek verwerp dit vreesloos.

Skrywer ken ‘n oom en tante wat albei diep in hul tagtiger jare is.  Op ‘n dag is hulle winkels toe en toe hy terugkom by sy motor, kom ‘n meneer met ‘n rewolwer na hom aangestap om hom te beroof.  Die meneer druk toe die wapen in die gesig van die omie, maar hy het hom so vervies en het gouer as blits die wapen weggeklap uit sy gesig en op die misdadiger geskree om pad te gee.  Meneer is so onkant betrap dat hy net daar gevlug het.  Daardie omie is ‘n held in die oë van ons totale vriendekring, nie die ou wat net altyd wil oorgee nie.

4.         "Julle moet julle vyande liefhê . . . (:44)

Hierdie gedagte is reeds in nr. 2 hierbo behandel.

5.         "Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde nie . . . (6:19)

Ja, en as ‘n mens oud geword het, soos in Suid-Afrika, wie sal in jou oudag vir jou sorg as jy nie beleggings gemaak het en met jou middele wys te werk gegaan het nie?  Dit is absoluut verkeerd om so deur die lewe te gaan.  Hierdie onwerkbare beginsel sluit aan by die een in Matt. 19:24:

            "Ek sê vir julle dat 'n ryk man beswaarlik in die koninkryk van die hemele sal ingaan . . ."

Die enigste waarheid in hierdie laaste woorde is dat 'n ryk man dalk die fout kan maak om te dink dat hy die Skepper met sy geld kan imponeer.  Ryk mense kan voorbarig wees, maar hulle is ook die werkskeppers in 'n land, onder 'n volk.  Ryk mense doen baie vir 'n land – maar, daardie rykdom moet reg aangewend word, nie soos in Suid-Afrika en die Weste waar die rykes gesorg het vir die ondergang van die Westerling nie en nou so superryk geword het dat baie lande met "kontantvloei-probleme" sit.

Elke Westerling mag in eie reg ryk word sodat ons ons eie Volk en Kroos kan opbou.  Rykdom is nie per se "sonde" nie, maar, buiten dat dit voorspoed vir baie kan skep, kan dit daartoe bydra dat die waarheid uitgaan.  So het rykes altyd die kerke gedra...  Armoede tel juis in die guns van die wêreldheersers wat u en my onderdruk.  As jy arm is, kan jy vir die Skepper en jou mense niks doen nie, behalwe om soos 'n martelaar "vir Hom" te sterf terwyl ons Westerse Skepper wil hê dat ons soos helde VIR HOM en MEKAAR moet LEEF.

6.         "Moenie julle kwel oor jul lewe, wat julle sal eet en wat julle sal drink nie . . ." (:25)

Dit is totale onsin om 'n Volk so iets te leer.  Elkeen moet sy beplanning doen en sorg vir die toekoms.  In Afrika ken ons juis, van alle mense op aarde, hierdie toestand die beste.  Ons sien hoe dit met die hele kontinent gaan omdat daar nie vir die dag van môre beplan word nie – dit is net hongersnood waar jy kyk.  Nee, Westerling, dan liewer terug na ons eie wortels en ons eie denke vanuit die Noorde.  As 'n man in die noorde nie vir die winter gesorg het nie, het hy soos 'n sot in die koue sneeu gesterf.  Beplan vir die "winter" want jy weet nie hoe erg dit gaan wees nie.  Maak voorsiening.  Beplan.  Wees onafhanklik.

7.         "Kwel julle dus nie oor môre nie . . . (:34)

Dieselfde as in 6 hierbo.  Dit is totaal onsinnig en ons moet dit ten sterkste verwerp.  Dink aan môre.  Werk vir môre.  Beplan vir môre.

8.         "Moenie oordeel nie . . .(7:1)

Kyk, hiermee het al die skelms oor die eeue heen weggekom.  Dit is waar dat ons glad nie kan sê of iemand kwansuis "gered" gaan word of nie, maar ons kan waaragtig ons verstand gebruik en oordeel of iemand met 'n slenter of 'n skelmstreek besig is of nie.  Hoeveel van ons mense is al ingeloop omdat hulle almal goedertrou aanvaar?  Kyk al die piramideskemas in ons land onder ons mense.

In hierdie skrywe word u, my mede Westerse Kroosgenoot, gewaarsku dat geestelike bedrog gevaarliker is as die vinnige geldmaakskemas van die wêreld.  Beoordeel die woorde van elke "geestelike leier" en elke politikus want hulle verwoes heel volkere wanneer hulle verraad pleeg. As u dit nie doen nie, is dit net u en u kinders en u huismense wat daaronder gaan ly. . .

9.         "Bid en vir julle sal gegee word . . . (:7)

‘n Vriend sê: Werk en jy sal kry...!  Kyk net hoe staan wit mense nou by die verkeersligte en "bid", ekskuus - bedel vir geld.  Hulle bid seker elke aand, vir werk, vir geld, vir 'n plek om te bly, vir kos vir hulle kinders – maar wat kry hulle?  Daardie goed val NIE uit die hemel nie.  Almal MOET werk, iets doen - of sterf.  "Bid en dit sal vir julle gegee word" werk nie, want dan sou daardie mense werk en beter omstandighede gehad het.  Die harde waarheid, die harde werklikheid, die onveranderlike natuurwet is: "Werk - en jy kan koop..."

Daar is in Afrikaans ‘n misleidende spreuk wat nek-omgedraai moet word.  Dit lui:
Nood leer bid.

Nee – dit is verkeerd en vals. Eerder die volgende:

Nood leer dink.
Nood leer werk.
Nood is die moeder van vindingrykheid.  (Engels: Necessity is the mother of invention).

Ekskuus, dit klink miskien baie sinies, maar wat het dan in Suid-Afrika gebeur?  Was ons nie tot op die laaste nog die gelowigste volk op aarde nie?  Het hierdie Volk dan nie geloftes afgelê nie, gebid teen die Britte tydens die Boere-oorloë nie?  Het ons nie gebid dat ons nie in die hande van die antichristelike kommunisme moet val nie?  Ons was tog die meeste in die kerk van alle volke.  Ons het ons predikante en volksleiers sonder voorbehoud met ons hele bestaan en toekoms vertrou -  "F.W. sal dit nooit aan ons doen nie..." het ons mense by herhaling verklaar.  Ons mense het meer vir die kerk gegee as meeste ander volke en meer gedoen vir vreemdes as enige iemand anders - kyk die hospitale, skole, huise - vir hulle.  Hulle het baie geword, en ryk - en ons het min in getal geword, en arm.  En ons sou nooit uit vrye wil ‘n keuse gemaak het vir die antichristelike kommunisme nie - nie totdat ons geestelike leiers ons soos slagskape in daardie kraal in gelei het nie.  Hulle het gepreek vir die veranderinge en ons belowe dat ons en ons besittings veilig sou wees.  Onthou u hoe ons belieg is?

10.       Hierdie laaste valse leerstuk in die sogenaamde bergpredikasie moet weer aangespreek word.  Dit sluit aan by die begin van hierdie boek waar daar gekyk is na die twis en haat wat oor interpretasies tussen mense gewek word.  In Lukas 14:26 staan uiters ongelukkige woorde, woorde wat nooit geuiter of geskrywe moes gewees het nie.

As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en
broers en suster, ja selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie.  (Klem hierby aangebring).

As grondbeginsel vir ons lewensverhoudinge is dit uiters negatief en ongesond.  Dit skree ten hemele.  Ons is oortuig dat hierdie woorde beslis nie van die Skepper kom nie.  Die Skepper wat man, vrou en kinders tot bestaan geroep het en die familie as eenheid verordineer het, het nie tydens die Nuwe Testament skielik omgedraai en gesê dat ons mekaar binne gesinsverband moet haat nie.  Waarom sal u u familie haat wanneer u u tot die Skepper wend?  Dit is onsinnig. Toe ek "tot bekering" gekom het, het ek nie my pa en ma as gevolg daarvan gehaat nie.  Haat behoort alleen te ontstaan waar boosheid teen die Kroos gepleeg word - dus haat ons elke moordenaar van ‘n boer op ‘n plaas, elke verkragter wat rondloop om sy volgende slagoffer te soek, elke misdadiger en elkeen wat wetteloosheid bedryf en pyn en lyding veroorsaak.  Teen diesulkes moet daar ook wraak geneem word.  ‘n Oog vir ‘n oog is ‘n goeie leuse - en dit werk.


NUWE WET

In die gees van die Nuwe Testament word die volgende woorde tot u gespreek :

In die ou tyd het julle gehoor dat, wanneer julle die God, YHWH, volg, julle almal om julle moet haat wat YHWH nie volg nie.

Maar nou is daar vir julle ‘n nuwe wet.  Julle moet die Skepper Eer en liefhê met julle hele wese en so ook jul ouers, pa en ma, julle broers en susters, hulle moet julle volkome liefhê.  Dit eer die Skepper en verbly die hart van die mens.  Jou verantwoordelikheid is om saam met die Skepper lewe te gee, nie om dood te maak nie, om jou Kroos lief te hê, NIE om te haat nie, om saam met hulle na die wil van die Skepper te soek, nie om op jou eie voort te gaan en weens interpretasieverskille haat en dood soos in die Middel-eeue binne die Kroos te saai nie.  Ek sê vir julle dat die voorspoed van jul huisgesinne en families jul hoogste ideaal en verantwoordelikheid moet wees en dat elkeen alles in sy vermoë moet doen om te sorg dat daar blydskap binne die Kroos heers, dat elke wandaad wat daardie geluk en vrede bedreig, teëgestaan en gestuit moet word.   Jy mag jou naaste nie haat nie - hulle is al wat jy het.  Maar as hulle jou haat omdat jy die wet van EER in jou hart dra, dan moet jy ween daaroor en sewentig maal sewe keer na hulle gaan en by hulle gaan pleit om hulle haat te laat staan. Verenig voor die Skepper met EER in julle midde en vir mekaar.  Maak ruimte in elke hart en organisasie vir interpretasieverskille - geen twee mense sal oor alles presies dieselfde dink nie.  Daar is net een saak waaroor almal in die Kroos moet saamstem en dit is die voorspoed en voortbestaan van die Kroos, dit is hoëere selfbehoud waarsonder die enkeling nie sal kan bestaan nie.  So spreek die Skepper deur Sy Skepping en die Natuurwette wat daar gestel is om jou instrukteur te wees.

Daar is ‘n alternatiewe lewensfilosofie, ‘n ander wêreldbeskouing as dié van die kerke.  Daar bestaan nie net die interpretasies van die kerke nie.  Inteendeel, dit blyk dat hulle interpretasies uitgedien geraak het, daarom die huidige geskarrel vir getalle.  Daardie kerklike interpretasies word by die dag al meer ontmasker en gesien vir wat dit werklik is – naamlik nie goed en bevorderlik vir ons mense nie.

Op grond van hierdie eerste maatstaf waaraan ons daardie leerstellings gemeet het, kan daar gesê word dat die Christelike geloof nie 'n goeie geloof is vir ons om aan te hang en te ondersteun nie.  Wat help dit tog om 'n geloof te hê wat jou skade berokken, wat alles wat jy en jou Kroos oor honderde jare heen "in geloof" opgebou het, afbreek en vernietig en blatant vir jou vyande gee en jou nakend en ongewapen voor jou teëstander laat?  Wat help dit?  Op spreuktaal - watse soort geloof is dit?

Waar was die sogenaamde "wapenrusting van God" toe ons onsself in die aangesig van die antichristelike kommunisme moes verdedig het?  Toe het die totale kerk in die aangesig van daardie "ongelowige" kommunisme gevou en oorgegee.  Moet my nie vertel dat dit God se wil was dat hierdie land moes word wat dit nou is nie.  Dit is die mees ondeurdagte antwoord wat bestaan en te ver benede ons om te oorweeg.  Hierdie was dié Volk wat God nog die meeste gedien het - nog die meeste aan Hom geglo het, tog is dit vernietig - dit kon dus nie God se plan gewees het om ons onder die ongelowige en antichristelike hiel te plaas nie.  As argument word dit verwerp.

Onthou - die ernstigste wet in die natuur is: Die sterkste sal oorleef


BEHEP MET HIERNAMAALS

Die Christelike Weste het by uitstek met die "hiernamaals" behep geraak - ten koste van die huidige lewe en dit nogal teen die instruksies van hulle eie handboek, die Bybel.  Die Bybel sê dat die mens "oor die aarde moet heers", d.w.s. dit moet in hierdie lewe gebeur.  Maar dit is juis die klag, naamlik dat die Christendom nie oor hierdie lewe heers nie.  Hulle het handdoek ingegooi en dit skeel hulle maar min of boere op plase vermoor en of ons dogters vyftien keer op straathoeke verkrag word.  Maar mooi begrafnisdienste word gehou en baie mooiklinkende woorde word geuiter, maar daar is geen optrede nie, net 'n siek liefde wat alle misdaad en wetteloosheid aanhoudend vergewe en sal aanhou vergewe tot die laaste witmens uitgemoor is.  Is dit só loflik?  Mag ons dan nie ook bestaan nie, mag ons nie in ons huise en op ons strate veilig wees nie?

Hier is 'n verdere voorbeeld van daardie siek "liefde".  Dit word met deernis geplaas sodat die breinspoeling van ons mense daarin gesien kan word, sodat nog ‘n "virus" in ons "sielesagteware" raakgesien kan word:

FORGIVE MY PARENTS' KILLERS - BOY, 11
By Myolisi Gophe

Just hours after farmer Jannie Visser, 41 and his wife Annelize, 31, were murdered, their 11-
year-old son Bennie asked his grieving family to forgive their killers because "Jesus would do so".  (Dit is nie waar nie en daardie houding word verwerp.  Dit is ook insiggewend dar daar nie in die Bybel ‘n voorbeeld opgeteken is wat sou aantoon hoe Jesus met ‘n moordenaar sou gewerk het nie - vergifnis sou die moordenaar seker verkry, maar sou hy nie sy straf, selfs die doodstraf, buitendien moes dra nie?  Ons glo so).

The child's plea touched the family's hearts, and they said they would forgive the gunmen who mercilessly shot and killed the owners of Kleinveld sheep and flower farm outside Ceres in the Western Cape on Friday.

The couple's three sons were at boarding school in Ceres at the time.

Three men have appeared in court in connection with the murders.  (Hulle moet hang).

The attack has stunned the local community, and they have vowed to help curb farm attacks.

As the Cape Argus spoke to Bennie's aunts - Mrs Visser's sisters Mariana Brand and Louise Schoeman, and Jannie's sister Marda Naude - the Grade 6 pupil at Ceres Primary School helped his elders to answer questions.

Bennie's brothers, Klein Jan, 13, and Danie, 8, played on their bicycles nearby.

Speaking from the family's farmhouse under the rocky mountains in the Koue Bokkeveld, Naude said her brother was a peace-loving man who had had a good relationship with his six farmworkers.

But what is baffling police, the family and the community is that nothing was stolen from the house.

Mr Visser was shot after going with a worker to investigate a fire on the farm.

The gunman then broke through the bathroom window and shot Mrs Visser in the head in the study.

Schoeman said that as a strong Christian family, they had agreed to forgive the killers but "we don't condone what they have done".

Johan Marais, the Vissers' neighbour, said because of new laws and the high unemployment rate, strangers could roam farmers' properties freely and this was a serious problem.

"We have no more privacy in our own properties," he said.  (Misdadigers mag nie meer regte hê as wetsgehoorsame burgers nie.  Misdaad moet streng gestraf word).

Marais said it appeared that when crimes were committed the justice system was on the side of the criminals, not the victims.

The Vissers will be buried in Ceres on Thursday.

The men arrested in connection with the killings - Parlement Ngulube, Elliot Samela and Mpise Kroza - appeared in the Ceres magistrate's court on Monday and their case was postponed to June 20.

Earlier this week, members of the provincial community safety department, including MEC Hennie Bester, went to Ceres where they met the local farm watch group, the farmworkers' association, Agri Wes-Cape, and councillors and appointed a committee to look into strengthening the farm watch group and establishing a municipal police force.

The Argus / Weekend Argus
Published on the Web by IOL on 2001-06-06  09:25:38

Laat so iets met ‘n Israeli of ‘n Palestyn gebeur en die hul gemeenskap kom in opstand teen die moordenaars, maar hier by ons moet sulke dade altyd vergewe word.

Ons getalle is aan’t krimp en ons mag nie enige moorde op ons mense meer bloot "vergewe" nie. Ons stem daarteen moet gehoor word - dit is Volksmoord of genocide.

Op elke moord op ons mense MOET beantwoord word - al word ons van wat ookal beskuldig.

Kan ons geestelike leiers nie agterkom dat daar iets radikaals verkeerd is wanneer daar gedurig sulke onverdiende vergifnis uitgedeel word na elke moord nie?  Dit is heeltemal verkeerd en druis in teen die natuurlike instink van oorlewing.

In plaas van vergifnis moet die moordenaar tereg staan en met die dieselfde vergeld word as wat hy uitgedeel het.  Dit is omdat kriminele nie daadwerklik vasgevat word dat hulle volhard in hul lewe van misdaad.  In die tronke leef hulle lekkerder as daarbuite - daar kry hulle kos, mediese versorging beter as u en ek, ‘n dak oor hulle koppe, klere.  Buite is dit nie so maklik nie.

'n Lewe vir 'n lewe, 'n oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand.

Dan eers kan daar orde in 'n gemeenskap tot stand kom.  Dan word beskawing gebou.

Die tyd vir hierdie sieklike vergifnisgewing het uitgeloop.

Soos reeds gemeld, ná die skrikwekkende bomaanval tydens 'n erediens in die St. Jameskerk in Kaapstad, was die eerste ding wat daardie gemeentelede gedoen het, om die gemeente se vergifnis jeens die terroriste uit te spreek.  Sulke lafhartigheid is tekenend van die agteruitgang en verval van die Weste.  Dit kry hy vanuit sy Christelike lewensfilosofie.  Die sieklike leerstellings, om die "ander wang te draai" en om die "vyand lief te hê", het gevaarlike afmetings aangeneem.  Dit het nou die plek bereik waar Christene sê dat dit nie saak maak indien u en ek as Westerling van die aarde af verdwyn nie, solank die "evangelie" net in die wêreld verkondig en gehoor word.  Dis gek.  Ons dra die "evangelie!"

Sulke uitsprake is skokkend en verwerplik en dit is die mening van hierdie skrywer dat u en ek in 'n tyd te staan gekom het waar niks méér belangrik is as juis die voortbestaan van ons Kroos nie - nie die voortbestaan van die kerk nie en nie die verkondiging van die sogenaamde evangelie nie.  Ons moet begryp dat, as die Westerling nie oorleef nie, daar in elk geval geen "evangelieverkondiging" meer sal wees nie.  Dit is tog nie die Arabiere wat dit verkondig nie, nie die Sjinese nie, nie die Indiërs of enige van die ander nasies nie.  Die Christelike filosofie of religie was vir twee duisend jaar die besitting van die Westerse volke, soos hier in Suid-Afrika gesien is, soos in die Verenigde State, Kanada en Europa gesien kan word en wanneer daar nie meer Westerlinge oor is nie, sal daar ook nie meer 'n "evanglieverkondiging" wees nie.

Daarom is die evangelieverkondiging sekondêr en die oorlewing van ons mense primêr.

Wat nie begryp word nie, is hoe die "geestelike leiers" sulke onsin kan kwyt raak.  Dít is eintlik nog ‘n bewys dat hulle geen profetiese insig het nie.

Hierdie aanhoudende vergewing van boosheid teenoor hulle toon die beheptheid van Christene met die hiernamaals.  Hulle het geen werklike begrip oor hierdie lewe meer nie en kan beskryf word as mense wat so van die hemel behep is dat hulle van geen aardse waarde meer is nie - tog is hierdie lewe deur die Skepper vir ons gegee.  Van die hiernamaals weet ons niks nie en daar is geen waarborg dat daar wel so iets is nie.  En as daar so iets is, waarom sou iemand daarheen wou gaan as hy in hierdie lewe die vyand van die Skepper was en heeltyd wetteloos geleef het?

Die beheptheid met die hiernamaals maak dit net makliker vir die "groot hoer" en die "konings van die aarde" om oor ons te heers, want terwyl ons mense met die hemel behep is, bevraagteken ons nie daardie kriminele en hul misdade nie.  Hulle kom weg daarmee en maak van ons slawe in hulle bose stelsel.

Enige beheptheid met die hiernamaals ten koste van die hier en nou is ‘n ernstige "virus" van die gees wat daadwerklik teëgewerk moet word.


KERSFEES GLADNIE CHRISTELIK

Kersfees was en is die "fees van lig" in die lande vanwaar ons mense, die Noord-Europese Westerling vandaan gekom het, van lande waar dit tot vier maande lank donker is.  25 Desember is datum wat gebruik is om die Noordelike sonnewende aan te dui, die dag waarop die son terugdraai uit die Suide, wat beteken dat lente en somer vir die noorde naderkom en dat daar geplant en geoes kan word.  Dit beteken lewe vir daardie mense wat in die koue Noorde teen sneeu en ys vir oorlewing moes stry.  Kersfees is 'n pagaanse (Eng. – “pagan”, sien Woordelys) fees, tog wil Christene Jesus die middelpunt daarvan maak.  Hulle het nie 'n datum vir Jesus se geboorte nie, maar het dit tydens die bewind van Constantyn op 25 Desember vasgestel, maar daardie datum is eintlik gekies met die doel om die pagane of "andersdenkendes" nader te trek. 

Kersfees het niks met Jesus te make nie, maar byna elke Christen vier die dag, koop duur geskenke, ontsien geen koste nie, kry die familie bymekaar en eet saam en hou baie (dronk)partytjies - op daardie sogenaamde "heilige dag", ‘n dag wat vir die "heidene" van groot belang is.  Snaaks dat Christene die "sonde" van ander nie ontsien nie - elk ander geloof is vir hulle sonder twyfel verkeerd, terwyl hulle hul eie oortredings en tekortkominge blindelings ignoreer en pertinent ontken dat daar iets met hulle "geloof" verkeerd kan wees.

Maar die probleem rondom die geboortedag en -datum van Jesus is die eerste sleutel vir alle eerlike mense om hul eie ondersoek na die juistheid al dan nie van die bestaan van Jesus te begin.  Om te glo in die Christelike kersfees is ‘n aanduiding dat die "rekenaar" (die gees) beset kan wees met daardie gevaarlikste van alle "virusse," naamlik dié van valse leer wat niks anders as verwoesting onder ons mense sal saai nie.  Almal is bewus van hierdie vraagstuk, nl. dat Kersfees nie die geboortedag van Jesus is nie.  Almal hoor dit een of ander tyd in hul lewe.  So ook met Advent – dit is eintlik die vier weke voor die sonnewende in Europa wat onder die "heidene" gevier is.  Vier kerse is op 'n denne- of sederkrans geplaas en dan op elke Sondag voor die sonnewende (21-22 Desember, nie die 25ste nie) aangesteek om die vier seisoene te verteenwoordig.  Daardie gedagte is van die heidene oorgeneem en nou praat Christene van Advent asof dit hulle fees is (onthou Die Leesrooster wat ons vroeër bespreek het).


OF GOD MET DIE MENS "PRAAT"

Lank voordat hierdie vreemde en mitologiese Christelike geloof met die mag van die swaard en die dood van miljoene van ons voorouers in Europa ingedra is, het ons mense opgekyk na die uitspansel en geweet dat daar 'n groot Ongekende en Onbeskryflike Mag is, ‘n Motiverende Mag (motivating force), ‘n Skepper, ‘n God, - noem dit wat u wil. 

Hulle het dit wat hulle nog nooit gesien het nie, nie probeer uitlê en verklaar nie, want hulle het besef dat dit onmoontlik is.  Maar hulle was ten minste eerlik genoeg om te erken dat daardie Mag nog nooit met enige mens "gepraat" en direkte kontak gemaak het nie, nie destyds met hulle nie en ook nie met Abraham of Moses nie.  Daarom het hulle nie daardie Ongekende en Onbeskryflike Mag probeer definieer nie. 

Om te sê dat die beskrywings van Thor en Odin wel sulke pogings is, is onjuis, aangesien daardie mense openlik erken het dat daardie beskrywings bloot mitologies is en het dan ook daardie verhale  "sagas" (‘n saga) genoem.  Hulle het nie vir hul kinders gesê (soos Christene hul kinders oor YHWH feitlik breinspoel nie) dat die sagas absolute en onbetwisbare waarheid is nie, dat die kinders dit moet "glo of hel toe gaan" nie, dat dit "teologie" is nie (theos -"God", Logos - woord = teologie = God se woord).
Die vraag of die Skepper met mense "praat" al dan nie moet deur ons mense, nl. Westerlinge,  gekonfronteer word en hulle moet nou ‘n antwoord daarop gee.

Die mees gedetermineerde eerlikheid moet ingespan word by die soeke na die antwoord hierop.

Hierdie is die oortuiging van miljoene van ons mense waar hulle ookal op aarde woon:

DIE SKEPPER PRAAT NIE MET MENSE NIE.  HY HET DIT NOG NOOIT GEDOEN NIE, NIE IN DIE VERLEDE NIE, NIE IN ONS TYD NIE EN ONS IS OORTUIG DAT HY DIT OOK NIE IN DIE TOEKOMS SAL DOEN NIE.

Daardie oortuiging het in volkome nederigheid in ons posgevat en dit raak al duideliker namate mens daardie stelsels wat daaraan glo, van nader ondersoek en bestudeer, en ons is nie uitdagend teenoor die Skepper wanneer ons daarvan oortuig is nie.

Geloof in die gedagte dat "Hy" wel met mense praat, is ‘n geestelike tydbom gelykstaande aan die ergste en verkeerdste filosofiese standpunt wat ons ooit teëgekom het.  Dit is sekerlik die gevaarlikste "virus" op aarde, een waarvoor die teëmiddel dringend ons mense moet bereik.

Die Bybel verklaar dat YHWH-God gister, vandag en môre altyd dieselfde is.  Indien dit waar is, en indien Hy in die verlede met mense "gepraat" het en hulle "ontmoet" het, waarom doen Hy dit nie vandag nog nie, voor die wêreld nie, soos eens voor die Jode toe hulle aan die voet van berg uitgekamp het nie?

Daar is geen antwoord hierop nie behalwe ‘n skelm antwoord.

En wanneer ons ophou om onsself daaroor te bedrieg, dán eers kan ons weer begin dink dat ons ons eie sake kan reël.

Hierdie is een van die eerste en belangrikste van Christelike vervalsings wat ons in die onmiddellike toekoms moet uitklaar.

Maar daar is nog sulke problematiese sake:


OF WONDERWERKE STEEDS GEBEUR

Skrywer betwyfel die juistheid van die berigte oor wonderwerke wat kwansuis by sekere evangeliste gebeur en is oortuig dat “wonderwerke” in die Bybelse sin daarvan nooit gebeur het nie. 

Die Natuurwette is konsekwent.  Water vloei nie gedurende een eeu opdraand en gedurende ‘n ander afdraand nie - dit werk altyd dieselfde.  So neem ons dit waar.  Indien dit korrek is, dan moes wonderwerke óf vandag nog plaasgevind het soos in die Nuwe Testamentiese tyd, óf daardie tyd se wonderwerke het óók nie plaasgevind nie, nes vandag.  In albei gevalle sou wonderwerke ‘n anti-natuurlike verskynsel wees.  Die natuurwette is onveranderlik en wonderwerke verg die dwarsboming van daardie natuurwette, iets wat ons oortuig is, nie moontlik is nie.

As u kanker het, gaan dit u uiteindelik doodmaak, behalwe as u iets neem wat u gesond maak.  Dan is die gesond word proses nie ‘n wonderwerk nie, maar ‘n natuurlike genesing wat plaasgevind het as gevolg van ‘n sekere behandeling.  Dan was u nie toe siek genoeg om te sterf aan kanker nie.  Wanneer iemand van ‘n ernstige siektetoestand herstel, is dit menslik om dit as ‘n wonderwerk te beskryf, maar dit is nie noodwendig ‘n onbetwisbare feit dat iets bonatuurliks met u gebeur het nie.  Sou u sterf aan daardie kanker ten spyte van alles wat u daarvoor gedoen het, is u afsterwe nie "die wil van God" nie, maar die natuurlike gevolge van ‘n proses wat alle lewe sal beëindig, dan was u siek genoeg om van daardie kanker te sterf.

Is dit moeilik om te verstaan?

Nog ‘n voorbeeld: drie kinders is betrokke in ‘n motorongeluk.  Twee oorleef en een sterf.  Van die oorlewendes is een ernstig beseer en, weens die opvoeding wat ons gehad het, kom die familie en wie ook al daar by die siekbed byeen en bid vir die sieke en dan verwag die mense "‘n wonderwerk".  Soms oorleef so ‘n kind daardie ongeluk, soms nie.  Sou daardie ernstig-beseerde kind oorleef, dan was hy nie ernstig genoeg beseer dat hy aan daardie beserings moes beswyk nie.  Sterf hy, dan was hy ernstig genoeg beseer om sy lewe daardeur te verloor.  Albei het niks met die ingryping al dan nie van "God" te doen nie.

Ons is oortuig dat gebede nie die Skepper sal beïnvloed om iemand te genees of te laat sterf nie. Ons is oortuig dat, wat ookal gebeur, dit bloot die natuurlike gang van sake is.

Enige predikant, pastoor, oudste of priester wat sê dat God met hom praat of dat hy ‘n wonderwerk kan verrig, vir hom wil hierdie skrywer dit vra - ek wil graag by wees wanneer dit weer gebeur.  Met so 'n tydige besoek kan die vraagstuk hieroor vir eens en vir altyd opgelos word.

Indien u my dalk jeens my houding as ‘n ketter wil uitkryt, herinner ek u aan u eie Bybel wat sê:

... en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees...  (1 Petrus 3:15)
           
Gee dan gehoor aan u geïnspireerde handboek, en die bevel van u God.

Hierdie uitdaging word nie in astrantheid uitgespreek nie.  Ons wil wéét.  Ons wil síén.  Wys ons - met sagmoedigheid en vrees...

Om te glo in "magic" of wonderlike oplossings vir ons probleme, is ook soos ‘n virus en niks meer as kinderagtig nie.  Kinders glo in "magic", nie volwassenes nie.  Volwassenes weet dat "magic" eintlik net "sleight of hand" is en daaom praat ons van kulkunstenaars.  Daar is ook baie soortgelyke "kulkunstenaars" in kerkewêreld wat groot gehore verneuk met hul gladde monde - en daarom is een van die Twaalf Woorde die woord Waaksaamheid.

Word dus volwasse wat die kerk se mitologiese vertellings betref en begryp wat in die wêreld om u aangaan en beskerm uself en u Kroos.


DIE DUIWEL EN DIE KERK

Dit is die mening van hierdie skrywer dat mense uit eie keuse "duiwels" word.  Maar daar is geestesversteurdes wat dalk beskryf kan word as "besete".

Skrywer wil dit graag duidelik stel dat hy in al sy jare in die bediening en daaruit, nooit die "duiwel", die "satan", "Lucifer" of "sy werke" gesien het nie en nooit van een van sy kollegas gehoor dat hulle met hierdie Bybelse duiwel-Lucifer te doen gekry het nie, en dat hy ook nooit die gevolge van die optrede van die duiwel-Lucifer gesien het nie, dat daar geen handboek op seminarie daaroor is nie, dat indien daar so iets was soos die werke van satan op aarde, daar handboeke daaroor sou gewees het ná twee duisend jaar se Christelike ondervinding.  Inteendeel, toe die Roomse Kerk wel probeer het om satanisme as ‘n teologiese verskynsel te behandel, is dit duidelik dat dit ‘n absolute drogstuk was, verfoeilik en skandelike mistasting.  

Maar ons in die bediening het wel met mense te doen gekry wat sleg en siek was.  Die siekes kon soms met mediese hulp bygestaan en gehelp word.  Hulle wat sleg was, het ook net hulp en korreksie benodig soos dit deur verskeie instansies in die samelewing gedoen word.

As daar 'n "duiwel" is, sou skrywer verwag het dat hy my en my predikantvriende moes "aangeval" het - maar dit het nooit gebeur nie.  Skrywer het ook nooit in enige interkerklike predikantevergadering gehoor van ‘n bewese geval waar ‘n predikant deur die satan aangeval was nie.  Inteendeel, die seerste wat skrywer ooit gekry het, was eerstens aan die hande van gemeentelede, en tweedens aan die hand van vriende en familie, d.w.s. mense wat eintlik nie my vyande of aanvallers moes gewees het nie.  Maar dit was altyd gewone mense wat óf uit onkunde, afguns, nyd óf moedswilligheid, soos duiwels die meeste problemeen hel in hierdie lewe vir my en my gesin veroorsaak het.

Besetenheid, soos in die Bybel beskryf, kan vandag geredelik aan epilepsie of ander mediese toestande toegeskryf word.  Indien u al iemand gesien het wat 'n epileptiese aanval kry, maar nie weet nie wat dit is nie, sou u dit dalk aan "besetenheid" wou toeskryf, maar dit sou foutiewelik gedoen word.

Besetenheid, soos dit by sommige groot evangelisasiebyeenkomste gesien word, is beslis vir effek aangesit, is vals en bedrieglik en indien enige leser meen dat die satan wel by enige evangelidienste werksaam is, sal skrywer graag genooi wil word na so ‘n diens om dan die satan daar te ontmoet en sy aktiwiteite te aanskou.

Indien die "satan" hier op aarde "los" is, dan moet u en ek hom darem die een of ander tyd op straat raakloop en sien waar "hy" besig is met sy boosheid, of dalk op ‘n dag in die supermark, of een dag op skool, of by die fliek, of in ‘n hospitaal, of ‘n militêre basis, in ‘n vliegtuig oppad na Europe.  Dan sal sy optrede onbetwis wees, maar daardie sogenaamde boosheid sien en hoor ons net in die kerk.  Verstaan mooi, geagte leser, dit is net in die kerk waar ons daarvan hoor en dit "sien".  Niemand het "satan" ooit op straat doenig met sy boosheid betrap nie en nooit kon die koerante foto’s daarvan plaas nie of iemand met sy videokamera die boosheid van "satan" afneem nie. 

Kortom - "satan" moet deur die kerk verkondig word om te kan bestaan.  "Satan" moet deur die kerk opgewek word sodat "gelowiges" sy "werke" kan "sien". 

Die implikasie daarvan is dat sou die kerk "satan" nie oproep nie, niemand nooit deur hom gepla sal word nie, of overgesetsynde, dit is redelik om af te lei dat indien satan NIE deur die kerk verkondig word nie, die mensdom ooit iets oor hom sal hoor of ooit met hom te doen sal kry nie.

Kennis van "satan" kom dus op twee maniere tot ons:

1. Mense en predikante in die kerke maak "die duiwel".  Hulle preek hom tot bestaan.  Hulle tower hom op.  Hulle skep hom.
2. Dan is daar mense wat verkeerde dinge doen, dan sê hulle - "Die duiwel het my verlei!", soos dit al op ons televisienuus uitgespreek is tydens die sogenaamde krieketskandaal.  (Man, mense doen verkeerde dinge en mense besluit om dit te doen.  Hulle moet nou nie die arme ou Lucifer vir hulle optrede blameer nie en predikante moet nie daardie drogstorie op TV aanblaas nie). Baie mense word boos weens ‘n gebrekkige opvoeding of trauma.  Hul persoonlikheid verander, hulle raak wanaangepas in die samelewing en kan soms net gehelp word wanneer hulle uit die gemeenskap verwyder word.  Maar hulle is nie van die "satan" besete nie.  Om dit te sê, is maar net om te bewoord wat nie verstaan word nie.  Sielkundiges verstaan in hierdie tyd die meeste van daardie versteurings.

Wat Westerlinge betref - ons het nie nodig om ons oor die bestaan van die duiwel te kwel nie. Dit is bog.  Indien enige "vreemde" en "bose" dinge gebeur en dit deur die polisie ondersoek word, sal bevind word dat siek en slegte mense daarvoor verantwoordelik was.  Daarom is rolprente oor duiwels en besetenheid nie 'n goeie vorm van vermaak nie, want kinders word daardeur geleer dat daar spoke en geeste en duiwels is, al weet ons dit is nie waar nie en ten spyte daarvan dat ons daardie soort gebeure NOOIT self ervaar nie.  Rolprente oortuig die publiek van baie dinge wat glad nie bestaan nie - soos "aliens" en inter-sterrestelsel-oorloë wat blote wolhaarstories is.

Daar bestaan geen bewyse vir "aliens" nie en ons is oortuig dat indien daar ander lewe in die heelal is, hulle nie is soos Hollywood hulle uitbeeld nie.  Wat weet Hollywood?  Ons is ook oortuig dat daar nie aanvalle van sulke wesens op die aarde gaan wees nie.  Dit is bloot die versinsels van romanskrywers in diens van vermaak met wins as hoof motief - tog vrees ons mense daardie "bobbejane agter die berge".

Lucifer, die sogenaamde ou duiwel, is net 'n versinsel wat die "kerk" nodig het om sy storie lewensvatbaar te maak.  Die "kerk" veg mos teen die bose werke van die "satan", die ou slang van Genesis, die verleier - sê hulle.  Maar die boek Genesis is ‘n mite...

Tog is daar een ding wat hierdie skrywer meer verbyster as enige ander faktor in hierdie hele polemiek, soos dit in hierdie werk vervat is, naamlik dat so baie van ons mense glo aan al hierdie dinge wat hulle nie kan sien en bewys nie.  Ek bedoel - niemand het ooit in Rissik- of Kerkstraat afgestap en die "duiwel" daar gesien nie.  Niemand het ooit op straat of op ‘n sypaadjie oor sy bestaan bekommer nie.  Elke dag loop en ry ons skool toe, kollege toe, werk toe en nêrens het die "duiwel" ooit voor een van ons verskyn nie – behalwe in die kerk.  Daar word hy tot groot ontsteltenis van kinders en grootmense deur die predikant en ander Christene opgetower.  In sommige genootskappe word daar elke Sondagmôre eers 'n "duiwelbeswering-seremonie" gehou.  Dan loop die gemeente Bybels in die hand al teen die mure van die kerk rond en verjaag die "duiwel" uit die kerkgebou en daarna neem hul erediens 'n aanvang.  Dit ten spyte van die feit dat niemand die duiwel ooit daar gesien het nie.

Dit is dieselfde as om Mickey Muis daar te wil verjaag ...
Dit is in die kerk waar ons van "die duiwel"hoor.  Dit is die kerk wat "satan" lewend hou en dit bloot omdat hulle storie die boosheid so absoluut nodig het om te kan voortbestaan.

En om 'n moord of verkragting aan die "duiwel" toe te skryf, is bloot menslike ontvlugting van die feit dat daar slegte mense op hierdie aarde gebore is en ons onvermoë om met daardie slegte mense af te reken en hulle uit die samelewing te verwyder.  Die duiwel het niks daarmee te doen nie - elkeen doen self sy eie verkeerde dade - en mense weet meestal wat hulle gedoen het.

Die bestaan al dan nié van die een of ander "gevalle engel" wat kwansuis deur "God" gemaak is en wat nou die oorsaak is van al die lyding en verval op aarde, is eintlik 'n belediging teenoor die groot Ongekende en Onbeskrflike Een.  Dat Christene en ander soortgelyke "gelowiges" die vermetelheid het om deur hulle leerstellings die Allerhoogste te blameer vir die slegtigheid en verval van die mensdom, en vir die bestaan van boosheid in die heelal, is verregaande en 'n absolute, growwe belediging.  Dit is ook geheel en al té menslik - verstaan u dit?

Daar is geen duiwel in die Skepping van die Skepper nie.

Maar daar is ‘n duiwel in die mitologie van YHWH, die groot voëlverskrikker, opgerig om mense bang te maak in die kraal van “geloof” te jaag.

En YHWH het nie die mag om die "duiwel" in 'n oogwink tot niet te maak nie.  Die rede daarvoor is ook vir ons geleer en dit is ‘n oneerlike standpunt.

Christene gooi allerhande teologiese jakkalsdraaie en verklaar dat YHWH nie nou die "duiwel" kan uitwis nie, aangesien hy nog "toegelaat" word om die "wêreld te verlei" en dit tot op "die laaste dag", die oordeelsdag.  Hierdie skrywer stel dit vreesloos en onomwonde dat daardie storie ‘n leuen en onsin is.  Dit is ‘n mensgemaakte antwoord wat opgemaak is omdat mense nie weet wat vóór die skepping gebeur het of wat ná die tot niet gaan daarvan sal gebeur nie, dan maak hulle stories op om alles te probeer verklaar.  Maar nou het daardie stories ‘n beheermiddel oor die Westerling geword.

Selfs op aarde word 'n krimineel onmiddellik vasgevat en gestraf – waarom is dit dan nou met "hemelse" sake so anders?  Duisende jare lank reeds loop hierdie krimineel, Lucifer, kwansuis los rond, saai moles en verwoesting net waar hy gaan, en kom daarmee weg tot nou toe, want "God" kan hom kwansuis nog nie straf en ‘n einde maak aan sy mannewales nie.  Nee.  Dit is net nóg 'n mitologiese wolhaarstorie.

Maar met die leerstelling van EER as rigsnoer, word u en ek opgeroep om die boosheid van mense teë te werk en nie om verskonings soos die bestaan van 'n "duiwel" uit te dink sodat ons daardeur van ons verantwoordelikheid kan ontvlug nie.

Maar dit bly 'n leerstelling wat vir die voortbestaan van die kerk onontbeerlik is.  Sodra daar 'n "duiwel" is wat op hulle losgelaat word, is daar net een instansie wat die oplossing en teenvoeter daarvoor het, naamlik die kerk.  Dit is dan kwansuis die enigste instansie op aarde met die mag om u en my kamma teen die mag van die duiwel te beskerm - wat hulle nie kan doen nie, want ons kinders verongeluk op die paaie, ons ouers word op plase doodgeskiet, selfs kerke word beroof en motors tydens die erediens buite gesteel.  Nee, hulle het glad nie ‘n antwoord vir die duiwel en sy dade nie.
Maar beskerming teen "die duiwel" is nie genoeg nie.  Nee, "die duiwel" moet ook vernietig word en daarvoor is die optrede van God nodig en aangesien Hy die duiwel gemaak het, is die wanorde in die heelal ook Sy verantwoordelikheid.  So - hy moet weer kom om die boosheid op aarde op te ruim, aangesien niemand anders die vermoë het om dit te doen nie.  Die kerk het nie sulke mag nie, nie eens genoeg om hom met redelike finaliteit te besweer nie, d.w.s. om hom van lidmate, hul huise of kerke weg te hou nie.  Dit is 'n nimmereindigende stryd.  die "duiwel" wen 'n rondte, die kerk wen 'n rondte, dan wen Lucifer, dan wen "God"...

Dis alles mensgemaakte stories, niks anders as voëlverskrikkers nie – eintlik skadeloos as mens eers agterkom wat dit is.

Hierdie skrywer en miljoene ander Westerlinge glo lankal nie meer aan die "duiwel" nie en ons het nog nie 'n enkele dag se moeilikheid van enige duiwel gehad nie.  Dis heerlik.  Inteendeel, al die hel wat hierdie skrywer en die meeste van sy vriende en kollega’s ooit ervaar het, is deur mense veroorsaak, meer – meestal deur belydende "Christene", mense wat met die Bybel onder die arm rondloop en die liefde van God  verkondig, terwyl hulle heeldag boosheid doen.

Werklik teleurstellend.

Maar skrywer het gesien dat mense wat glo in die duiwel waarvan hulle in hul kerke gehoor het, ook probleme van daardie "duiwel" gekry het.  As ‘n mens in die "duiwel" glo, kan hy ‘n mens seker nogal lastig val.  Geloof in die satan en die engele van satan is ‘n geestelike "virus" wat ons van die netwerk van kerke kry en die "anti-virus program" is eenvoudig dit - moenie glo aan die bestaan van die duiwel nie.  Wees bewus van die mitologie daarrondoom, en ignoreer die gedagte van die bestaan van "‘n duiwel".


WERK VAN DIE PROFETE

Aan die een kant word vir ons gesê dat die werk van profete afgehandel is en dat daar nooit weer profete sal wees nie.  Aan die ander kant is daar allerhande moderne profete wat kwansuis wondere doen en mense tot bekering lei.

Profete wat net oor die hiernamaals praat, is nie veel werd nie en die "profete" wat die waarheid oor ons toestand praat, word as gekke afgemaak of word doemprofete genoem.

As ek sê (“profeteer”) dat die hele Suid-Afrika 'n groot plakkerskamp gaan word - dan is dit vologens my teëstanders sotlikheid, iets waaraan niemand hulle hoef te steur nie.  Wanneer Bennie Hinn egter sê dat iemand van die duiwel besete is, dan veroorsaak dit 'n geestelike opskudding en 10,000 mense wil sien hoe die satan uitgedryf gaan word. 

As ek sê Suid-Afrika gaan nog ‘n Zimbabwe word, dan is ek ‘n dwaas, maar as Reinhard Bonncke kwansuis duiwels uitdryf en verwronge ledemate van gestremdes laat teruggroei, sal hulle Ellispark volpak met mense wat dit wil sien.  Profeet Josua het meer nuusdekking gekry as enigeen wat die Weste waarsku dat hulle op ‘n vernietigingspad beland het.  Wie’t om die wêreld gevlieg om na regdenkendes en redelikes te luister?  Westerlinge het na Josua in Nigerië gevlieg.

As ek sê dat ons stede groot lokasies gaan word, bouvalle waar jy jou lewe nie seker sal wees nie, dan is dit politieke onsin (sien < en < ), maar as Rodney Howard-Brown 10,000 mense in 'n sogenaamde kerkdiens aan die lag kry, want hy beweer dat daardie gelag (bekend as die Toronto Blessing) van God afkomstig is, dan stroom Christene in groot getalle daarheen om dit te sien.  Ons mense is so liggelowig – hulle glo al daardie onsin.

As ek sê dat ons ons skole aan ander volkere gaan verloor sodat ons kinders nie meer op daardie skoolterreine veilig sal wees of iets daar geleer gaan kry nie, is ek kortsigtig en verkramp, maar as Jimmy Swaggert aan die huil gaan oor die sogenaamde "sondes" van 'n stadion vol mense en honderde dan na vore stroom om saam met hom te staan en huil, dan word ons mense daardeur beïndruk, tog is die verhaal van die sondeval ‘n mite ...

As ek sê dat ons mense al meer ons werke gaan verloor sodat ons uiteindelik honger op straat sal sit, dan is ek van my sinne beroof, maar wanneer Ray McCauley mense leer hoe meer hulle vir die kerk gee, hoe meer sal God hulle seën, dan glo ons mense dit en gee hulle al hul besittings - van huise en motors, bankrekenings en juwele, alles, vir daardie kerk. (Rhema se jaarlikse inkomste was ten tye van die McCauley-egskeiding meer as R12 miljoen per jaar – en wat doen hulle daarmee? Wie weet.  Een van hulle pastorië het darem nege miljoen gekos).  Niemand hoor ooit die verhale van die mense wat bankrot uit Rhema uitgestap het nie.  (Baie stories kan daaroor vertel word.  Hierdie skrywer sal dankbaar wees as diesulkes vir hom daaroor sal skryf.  Gebruik die e-pos adres wat voor in die boek aangedui word).

Daar is profete wat met ons spreek, nie oor die vae en verre en onbewysbare dinge anderkant die graf nie, maar oor die hel wat hier op aarde in hierdie lewe oor ons kom deur ons eie toedoen en ons onwyse besluite.  Baie sulkes is reeds genoem - nou is dit die leser se verantwoordelikheid om na daardie boeke te gaan en te leer en te meet, maar hulle word heeltemal misken terwyl skelm "predikers" geld maak uit die "gullibility", die goedgelowigheid van ons mense.

Dit is hartseer en teleurstellend.

Dat mense doelbewus “wonderwerke” probeer naboots is duidelik:

When a prophecy made by Houdini, which was no more than a vague guess came true, he  realized the advantage of having played at being a medium, because it had taught him how easy it is to deceive people who are pathetically eager to believe.  (p 23.  Hierdie skrywer se klem).

One of Houdini's obsessions was to reproduce by normal means the wonders of fakirs and fraudulent mediums.  He was always annoyed if anyone suggested that an achievement in this category must be supernatural  (P 47)

(Uittreksels uit The Secrets of Houdini, J.C. Cannell,Vice president of the magicians club, Dover Publications, New York,1973.  Houdini was born as Ehrich Weiss, son of rabbi Samuel Weiss of Appleton, Wisconsin, April 6, 1874 and died in Detroit, October 31, 1926).

Hierdie skrywer vra: Hoe vertel ons daardie "pathetically eager to believe" Kroosgenote die waarheid?  Hoe bevry ons hulle van daardie geestelike en dodelike slawerny genaamd die Christendom?

Daar was nooit mense wat deur die Skepper "geroep" is om die een of ander boodskap van Hom tot die mense te neem nie.  Om te beweer "Die Here het aan my verskyn en gesê...", is bedrog. Dit het nie in antieke Palestina gebeur nie en dit gebeur nie vandag in Christian City of op enige ander plek nie.  Daar is nie so iets nie.


DIE EWIG-BRANDENDE HEL

Hierdie is die mees gevaarlike geestelike "virus", 'n voëlverskrikker sonder gelyke.

Ons word van kleins af geleer om te glo aan 'n ewig brandende hel, 'n plek waar jy vir ‘n paar foute (of sondes) oor ‘n betreklik kort leeftyd van twintig of dalk sestig jaar, vir ewig gaan brand aan die hand van 'n "genadige" en "liefdevolle" God.  En ons mense glo dit.

Geloof in so ‘n hel is so stewig in die volksgedagte ingeplant, dit kom selfs in kortverhale voor soos "Huil uit die Hart", (Huisgenoot, 18 Mei 2000).  Die gedagte word aangehaal:

Vir al wat sy weet, skep die duiwel haar sowaar op met sy drie-tandvurk en werp haar in die hel, waar sy vir ewig en ewig sal brand.

Hierdie "hel" en "duiwel" kom in duisende verhale voor en dit is uiters ongesond, net soos om grappendergewys aan Halloween deel te neem, soos ook al die rolprente en romanne wat sulke "vreemde", bangmaakstories vertel.  Ons mag moet glad nie daaraan deelneem nie.


ONKUNDE VAN ONS MENSE

Die mate van onkunde waarin ons Westerlinge reeds verval het, is verbysterend.  Ons het, terwyl ons dink dat ons só slim geword het, erg onnosel geword.  Dit is moeilik om te glo dat dieselfde soort mense wat die vermoë het om vuurpyle om die aardbol te stuur en ruimtereise te onderneem, kan glo in al die onsin soos dit hierin bespreek is.  Snert, sonder begronding in feite of in die waarheid of in die bewysbare: "aliens", spoke en duiwels, reise vorentoe en agtertoe in tyd, towerkuns (magic), Superman, Spiderman en wat nog alles, die sterre voorspel, lees van voortekens in handpalms en teekoppies en snert soos Touched by an Angel met alles wat in daardie program verkondig word.  Dan sê my Volksgenote: "Dit is só mooi!", terwyl dit Hollywood-gemors is.  Glo ons dat die hemel so is en funksioneer soos Hollywood dit uitbeeld? Wat weet Hollywood van die hemel - maar ons glo hul rioolagtige verhale, dat sulke hemelse wesens bestaan?  Tog lyk dit of ons mense al die bogenoemde versinsels glo.

Die Kroos is uiters liggelowig en goedgelowig, ja, "gullible".  Ons vyande sê juis hulle kan ons enige iets vertel, solank  dit net in die naam van God na hulle gebring word (dit is Karl Marx se bydrae tot die beskawing). 

Ons is uiters liggelowig.  Kyk net hoe floreer piramide-skemas onder ons en al verloor duisende mense alles wat hulle besit - dan is daar altyd nog ‘n beleggingskema met ongekende rentekoerse en ons belê maar net weer.

So - daar is ‘n ewig brandende hel, sê leraars, teoloë en ander kerklikes vir ons.  En die Katolieke praat nog van "purgatory" ook, die plek waar God jou ná jou dood "reinig" voor jy hemel toe kan gaan.  O!  "Purgatory?"  Dit vertaal so mooi in Afrikaans.  Dit is die "vae vuur".  En mense word in daardie vuurtjie "gereinig..." soos erts deur 'n vuur gesmelt word om dit te reinig en in metaal te omvorm, so word met mense ook gemaak... tot hul sonde weggebrand is.  Ai.

Waarom glo ons sulke onsin?  Dit staan nie in die Bybel nie en nêrens op aarde word dit in die Natuur uitgebeeld nie.

Dit is 'n verwerplike mensgemaakte voëlverskrikker.

Vra ons dan nie meer logiese vrae nie en is hol antwoorde sonder enige bewyse dan so aanvaarbaar?  Hoe is dit dat 'n "genadige en liefdevolle" God mense vir tien miljoen jaar, meer, die ewigheid in, gaan braai omdat hulle vir, sê nou maar, dertig jaar sondaars was?

Ons mense beskou die storie oor die ewige hel nie bloot as ‘n mitologiese volksvertelling nie.  Nee, ons glo dit met hart en siel.  En dit is nie net die Volk ter plaatse wat dit glo nie, maar oor die Weste heen.  Dit word oral deur Christelike evangeliste verkondig om hul bestel te laat werk en oral word dit geglo.  Dit word deur die bedienaars van "die waarheid" vir ons (en ander mense) vertel en ons gló dit - want "die leraars sal mos nie vir ons lieg nie".

Maar die storie van die hel móét aan die kinders vertel word want die kerke kan glad nie bestaan en geld inkry sonder dat hul volgelinge daarvoor bang gemaak word nie.  Dit is deel van die pakket waarsonder vergifnis nie verkoop kan word nie, want vergifnis word vir tiendes en lidmaatskap en kerkbywoning en toegang tot die hemel "verkoop".  Indien vergifnis verniet weggegee sou word, soos dit eintlik gedoen moet word, sou die kerke net daar ophou bestaan.

Christene beweer dat dié helse leerstelling mense motiveer om "mooi" te lewe uit vrees vir daardie oordeel en dat die mensdom sonder daardie leerstelling heeltemal roekeloos sal word.  Ons glo dit nie.

Russell stel dit goed in sy Why I am Not a Christian:

Many people tell us that without belief in God a man can be neither happy nor virtuous.  As to virtue, I can speak only from observation, not from personal experience.  As to happiness, neither experience nor observation has led me to think that believers are either happier or unhappier, on the average, than unbelievers...  What the world needs is not dogma (leerstellings wat vrees wek nie), but an attitude of scientific inquiry, combined with a belief that the torture of millions is not desirable, whether inflicted by Stalin or by a Deity imagined in the likeness of the believer.  (Bl. 179 / 0)

En hierdie skrywer wil dit graag ook stel dat "ongelowiges" onder die Kroos nie oor die algemeen minder rein of kuis is as "gelowiges" nie, en dat "gelowiges" onder die Kroos ook nie oor die algemeen meer so is nie.

Daardie leerstelling van die hel het geen moordenaar of misdadiger ooit in sy dade gekeer nie, maar is veel eerder die oorsaak van ellende as die opheffing van die morele waardes van die mensdom en aangesien Jesus dit gebruik het teen sy teestanders, is hy deels verantwoordelik vir daardie ellende:

I must say that I think all this doctrine, that hell-fire is a punishment for sin, is a doctrine of cruelty.  It is a doctrine that put cruelty into the world and gave the world generations of cruel torture; and the Christ of the Gospels, if your could take him as His chroniclers represent Him, would certainly have to be considered partly responsible for that.  (Bl. 13) (Sien Matt. 23:33; 12:3-32; 13:41-42; 18:8; 25:41).

Van ons voorste denkers stel dit dat daardie leerstelling meer menslike lyding in die wêreld veroorsaak het as enige ander wat sedert die skepping deur sogenaamde "heilige mense" uitgedink is.  Dit is die mees skrikwekkende leerstelling wat deur enige religieuse stelsel uitgedink is.  Niks anders kom naby dit nie en dit is 'n skande dat dit aan die Skepper gekoppel word. 

Daar is nie ‘n ewig brandende hel of ‘n duiwel nie.  So ver terug as 1990 was daar reeds in HUISGENOOT  (5 April 1990) ‘n aanduiding van die getwis daarrondom:

Teoloë twis: IS DAAR ‘N HEL?

... Dit was prof. Jimmie Loader, teoloog van die Hervormde Kerk, wat die nuwe polemiek oor die duiwel en die hel begin het toe hy in ‘n koerantrubriek geskryf het "daar is nie ‘n ding soos die duiwel nie".

Prof. Loader van die fakulteit Teologie aan die UNISA sê deur aan die duiwel te glo, word hy vir jou " ‘n skild om agter weg te kruip, om die verantwoordelikheid van jou sondes op af te skuif" ...

... "Almal wat hul kinders bangmaak met ou Niek wat hulle kom haal, almal wat ‘n primitiewe simbool as angsaanjaende werklikheid erken, gee plek aan bygeloof waar net geloof hoort".

Net soos die hemel kan die hel ook nie as ‘n plek vasgestel word nie, meen prof. Loader.

So praat ‘n professor.  So onduidelik is so baie van die leerstellings dat sulke twis en uitlopendheid daaroor kan ontstaan.  Twis?  Ja, twis, want baie predikante glo aan die hel.  Dit is maar nog een van die talle leerstellings waaroor daar ernstige verdeeldheid in die kerk heers.

In dieselfde artikel bevestig prof. Christina Landman hierdie skrywer se bewering dat die kerk ‘n sielkundige behoefte het aan sulke leerstellings:

Hy (die duiwel) is as ‘n monsteragtige mens voorgestel - en dit nogal mank, omdat hy as engel uit die hemel geval het!

Dit was ‘n poging van die kerk om sy mag oor die mense te behou... meen prof. Landman.

"Die Bybel is ‘n histories boek wat sekere simbole gebruik om sake tuis te bring.  Dié simbole kan so letterlik opgeneem word dat dit binne die kerke misbruik word om mense bang te maak...

"As jy aan die duiwel glo, gee jy aan hom mag en bestaan hy vir jou".  (Klem bygevoeg).

So spreek nog ‘n professor van die kerk.

Hoe bitterlik naby aan die waarheid kom hierdie teoloog met hierdie verklaring ...

Nee, daar is nie ‘n hel of ‘n duiwel nie - maar ná twee duisend jaar word ons mense steeds met daardie bedrogstuk van ‘n leerstelling in vrees gehou.  Dit is voorwaar die skande van alle eeue.

Sodat mense nie nou hierdie vrymakende insig aangryp en sleg word nie, moet hulle onthou en verstaan dat as hulle misdadigers word, roof, moor, verkrag of wat ook al, dat hulle sonder twyfel in hierdie lewe daarvoor gestraf sal word.  Daarvoor sal die polisie, die howe en die tronke sorg - en dit is seker nie ‘n fees om in vandag se tronke in Suid-Afrika aangehou te word nie - skrywer verneem dat wit mans gedurig daar verkrag word deur die ander gevangenes.  Skrywer reken ons mense moet nie in hierdie tyd in die tronke beland nie...

En dit is natuurlik die werk van goeie leiers om te sorg dat misdaad en die kwaad gestraf en teëgestaan word.  Die beskawing kan alleen bestaan waar dissipline gehandhaaf word.  Die verbrokkeling van wet en orde in ons tyd is die voorloper van die totale ineenstorting van die beskawing.

Ons is oortuig dat die leerstelling van ‘n ewig brandende hel nie werklik bydra om die wêreld ‘n beter plek te maak nie en as dit daarom bestaan, kan dit maar geskrap word. 

Nie eers ‘n aardse ouer straf sy kind week na week, maand na maand en jaar na jaar vir ‘n oortreding op ‘n spesifieke dag in die kind se lewe nie.  Ons doen dit nie - hoe sal ‘n "liefdevolle God" dit doen?  Dit is oneerbaar.  U sal so ‘n ouer by die kinderwelsyn aangee.  Die gedagte dat die Skepper nodig het om mense in ewigheid te straf vir ‘n oomblik se misstap,  is dus in botsing met die leer van Sy ewige EER.  Die Skepper kan dit nie doen en tegelyk EERBAAR wees nie.

Die "sagteware" teen hierdie ondermynende leerstellige "virus" is die leerstelling van EER.


'n VERHAALTJIE OOR SONDAG EN SABBAT EN DAARDIE EWIGE HEL

Een Maandagmiddag het skrywer sy kinders by hul laerskool gaan oplaai en het hy dadelik opgemerk dat hulle erg verskrik was.  Hulle was in die derde en vierde grade.   Skrywer het gevra wat makeer en hulle wou dadelik weet of daar so iets as 'n "ewig-brandende hel" is.  Dit was 'n ernstige vraag, iets waarvan hulle nie in hul ouerhuis verneem het nie.  Skrywer wou meer weet.  Hulle verduidelik toe dat hulle soos gewoonlik in "saal" was en dat die dominee die kinders gevra het wie "gister", d.w.s. op Sondag, huiswerk gedoen het.  Skrywer se kinders het toe in alle eerlikheid en opregtheid hul hande opgesteek, omdat hulle nie geleer is dat Sondag met die een of ander heiligheid beklee is nie.  (Ons beskou elke dag as heilig en "vandag" die heiligste van almal).  Daarom is dit  nie "sonde" om op 'n Sondag 'n prentjie in te kleur of huiswerk te doen of te swem nie.  Baie kindertjies het hul hande opgesteek en daarop het die dominee vir hulle gesê dat as hulle dit ooit weer doen, hulle in die "ewig brandende hel" sal beland.  Sy beskrywing daarvan moes baie grafies gewees het, want die kinders was deeglik ontsteld en skrywer en hul moeder moes maande lank werk om daardie bogstorie uit hulle denke te kry.  Ons weet dat hulle dit nou verstaan, maar ons siel loop oor van woede wanneer daar gedink word aan die vyf honderd ander kindertjies wat in daardie saal was en wat dalk nie so gelukkig was om te hoor dat daar nie ‘n hel is nie, en wat nou, jare later, dalk steeds gebuk gaan onder die las van daardie geestelike leuens en bedrog.

Dominee, as u daardie oggend in die saal onthou, weet dat ons u nie sal vergewe vir die skade wat u die Volk se kinders met daardie drakoniese leerstelling aangedoen het nie.

Op daardie manier is daardie dodelike geestelike "virus" in die koppe van ons jeug ingeplant, een wat hulle so lank as hulle sal leef, met onsekerheid en vrees sal belas.

Skrywer verfoei sulke opvoedkundige metodiek.  Wat u as predikante met hierdie leerstuk aan ons jeug doen, is onvergeeflik.  Mag u vir u sonde eendag in die "hiernamaals" gekonfronteer word met daardie hel wat u verkondig en vind dat u iewers die "onvergeeflike" sonde gepleeg het en dat daar geen ontsnapping vir die oordeel vir u bestaan nie.

Daar is alternatiewe vir die Christelike lewensbeskouing.  Weer Russell:

Religion is based, I think, primarily and mainly on fear... Fear is the basis of the whole thing - fear of the mysterious, fear of defeat, fear of death... We ought to make the best we can of the world... A good world needs knowledge, kindliness, and courage; it does not need a regretful hankering after the past, or a fettering of the free intelligence by the words uttered long ago by ignorant men.  It needs a fearless outlook and a free intelligence.  It needs hope for the future, not looking back all the time towards a past that is dead, which we trust will be far surpassed by the future that our intelligence can create. (Bl 16-17).
Vry vertaal:
Ek dink dat religie eerstens en hoofsaaklik op vrees gebaseer is... Vrees is die basis van die hele ding - vrees vir dit wat nie verstaan word nie, vrees vir nederlae, vrees vir die dood... Ons behoort die beste van die wêreld te maak wat ons kan... ‘n Goeie wêreld benodig kennis, welwillendheid, en heldemoed; dit het nie ‘n berouvolle hunkering na die verlede nodig nie, of ‘n gebondenheid van vrye intelligensie deur die woorde wat lank gelede uitgespreek is deur onkundige mense nie.  Dit benodig vreeslose visie en vrygemaakte intelligensie.  Dit benodig hoop vir die toekoms, wat nie al die tyd terugkyk na ‘n verlede wat dood is nie, wat hopelik ver verbygesteek sal word deur die toekoms wat ons intelligensie kan skep.  (Bl.  16-17)

Om te lees is die enigste manier om ‘n "anti-virus-program" vir daardie dogma-opgewekte vrees in u denke te laai.  Kennis is mag, sê hulle, en mag oorweldig vrees.  Kennis word net deur uitgesoekte leeswerk verkry.  Lees dus, geagte Kroosgenote, lees.


CHRISTELIKE KRITIEK

Skrywer weet by voorbaat dat Christene dadelik op hom gaan skree en sê die bostaande paragraaf "God" en "Sy" heerskappy ontken en wie is ons om te dink dat ons met ons menslike intelligensie die wêreld ‘n beter plek kan maak.  Hulle meen net "God" kan die wêreld se probleme oplos.

Niemand ontken die heerskappy van die Skepper nie, inteendeel; ons erken die gawe van intelligensie en denke waarmee Hy die mens beklee het en ons gebruik dit "om oor die aarde te heers", soos sy opdrag kwansuis sou wees.  As ons nie van die wêreld ‘n beter plek maak nie, dan is die chaos wat hier heers ons skuld, niemand anders s’n nie.  Ons vorm die wêreld waarin ons leef self, en met die talente wat Hy ons gegee het, kan ons ons sosiale omstandighede beslis verbeter.  Dit hang van ons af.  Die chaos wat ons nou om ons sien, en die onvermoë om dit tot orde te roep, is nie die een of ander duiwel se skuld nie, dit is ons skuld.  Mense doen boosheid omdat hulle weet dat hulle daarmee gaan wegkom.  Mense moet vasgevat word en daarvoor moet ons die beste leiers vir ons kies.


SIKLUS VAN BEDROG

Ons het vroeër gesien hoedat die kerke "die wet" nodig het om hulle stelsel lewensvatbaar en betalend te maak.  Die wet is nodig aangesien die kerk daaruit die leerstelling van "sonde" verkry waarop hulle die leerstelling van "sondeskuld" bou.  Dit gee weer aanleiding tot 'n gewete wat belaai kan word en wat aanleiding gee tot die leerstelling van "vergifnis" en "vergifnis" is iets wat net deur die kerk verkry kan word.  Dit is ‘n noodsaaklike leerstelling want vergifnis kan ‘n mens uit die hel hou.  So skep daardie gesamentlike leerstellings natuurlik die rol en werk van 'n predikant. Sonder die leerstellings oor die wet ( Tien Gebooie), die duiwel, die sondeskuld, vergifnis en die hel, raak die kerk sonder 'n doel of inkomste en kan die deure maar gesluit word.

Maar daardie goed is alles geestelike bedrog.

Op 'n ligter noot - hierdie skrywer sê altyd grappendergewys dat hy graag wou ryk word, maar om ryk te word moet 'n mens 'n produk vind wat verkoop kan word wat, nadat dit verkoop is, dit steeds deur jou besit word sodat dit weer verkoop kan word.  Is daar sulke produkte?  Ja.

- 'n huurhuis.  ‘n Mens kry elke maand die huurgeld, en die huis bly joune.  Dit word nooit die eiendom van hulle wat die huur elke maand betaal nie;

- "fliek".  Jy betaal toegangsgeld, kyk die rolprent en gaan dan met niks tasbaar huis toe.  Die eienaar van die rolprent verkoop dan weer kaartjies om dieselfde beelde weer aan ander mense te vertoon.  Die toordery lê daarin dat die eienaar van die rolprent dit nooit verloor nie;

    ...en - wat nog?  Is daar nog iets wat so werk?

Ja.  Daar is.  Kan u raai wat dit is?

Vergifnis.

Vergifnis is die onuitputbare kommoditeit wat die kerk en die skrifgeleerdes oor en oor kan verkoop, sonder dat die sogenaamde "sondaar" dit ooit werklik kan besit.  En net hulle mag dit verkoop, sê hulle, en daarom is die Roomse Kerk tot vandag toe so kwaad vir Luther wat gesê het dat u en ek nie nodig het om ons "vergifnis" by 'n priester of die pous te gaan koop nie, maar indien ons vergifnis soek, ons dit direk van God kan verkry aangesien u en ek direk en alleen in ons binnekamer met Hom daaroor mag onderhandel.  Aldus Luther.

Die skrifgeleerdes haat die gedagte van sommige teoloë (soos Luther) dat sondevergifnis eintlik 'n gratis geskenk van God is en hul lewenslange taak is om daardie gedagte ontdaan te maak.

Dervla Murphy skryf in Mail & Guardian, Johannesburg, Januarie 1997, die volgende:

Economists are skilled at making situations look so complicated that only their own solutions can solve the problems they themselves have created.

Dit is regtig oulik gestel en beskryf die ekonomiese situasie baie akkuraat.

Na aanleiding van Murphy se gevolgtrekking, word die volgende "teologiese" gevolgtrekking aangebied:

Die priestery het só hoogs ervare geraak om ons "sondes" vir ons verdoemend te laat voorkom dat die hele mensdom mislei is om te dink dat die enigste manier waarop hulle daardie verdoemenis kan ontsnap, alleen deur daardie priestery se aflate en toegeeflikheid is wat die priesters self daar gestel het as oplossing vir die verdoemenis wat hulle ook self geskep het ...

Die skrifgeleerdes verkondig dat daar iets soos "sonde" is, so skep hulle hulle ‘n mark vir die produk wat hulle het om te verkoop, nl. vergifnis.  Vergifnis is die oplossing vir die probleem wat hulle skep, naamlik die "sonde", en terwyl daar ‘n "sondeprobleem" is, verkoop hulle die oplossing daarvoor - oor en oor.  Hulle raak nooit uit vergifnis nie en die mensdom kom nooit uit die "sonde" nie.

Die politieke en sosiale mag wat die skrifgeleerdes met hierdie en die ander geestelike slenters verkry het, is waarlik verstommend.  Kyk hoe slaan die prag en praal van die Vatikaan ons mense se asems weg.  Kyk Rhema se pastorie van nege miljoen rand.  Daarom kan daar seker geen ernstiger oproep tot die Westerling uitgaan as dat ons onmiddellik moet ophou om die skrifgeleerdes te vrees en te ondersteun nie.

Laat dit duidelik wees: Die enigste mag wat die kerklikes het, is die mag wat u en ek hulle gee of toelaat.

Hou op om geld te gee en te betaal vir wat hulle nie kan aflewer nie:
            hulle kan nie vir u vergifnis verkry nie - dit is gratis;
            hulle kan u nie vergesel deur die dal van doodskaduwee nie - u gaan alleen;
hulle kan u ook nie aan die ander kant van die doodsvallei help nie - dan is dit net u en die Skepper alleen teenoor mekaar.

Indien u voel dat u uit dankbaarheid vir ‘n "geseënde" (oftewel, oorvloedige) lewe 'n tiende van u inkomste moet of wil weggee, gaan gee dit dan vir 'n kinderhuis waar kinders van die Kroos versorg word, of aan 'n sentrum vir bejaardes, veral waar, dink ek, dit hoofsaaklik u Kroosgenote is wat daar versorg word.  Daar is baie weduwees wat in groot nood verkeer.  Op ons skole is kinders wat nie skoene het nie, wat nie hul skoolfonds kan bybring nie en dan word die ouers se meubels op veilings vir 'n appel en 'n ei verkoop om daardie fondse te in.  As u wíl gee, as u kán gee, gee dan daar waar u Kroos daarby sal baat.  Enige skoolhoof sal u sekerlik inlig oor die behoeftige kinders in sy skool.

Gee.  Dit is goed om te gee, om u eie mense op te hef en deur die lewe te help.  Dit is verkeerd as u gee om vreemdes aan die lewe te hou wat u gaan verteer wanneer hulle sterk en gesond is.  Kyk - dit gebeur al die tyd om u ...

Moenie weer toelaat dat iemand u bang praat met mitologiese vertellinge van die duiwel of 'n ewig brandende hel nie.

 
LYDING AS GODDELIKE SEëN

Een van die grootste onheile wat die kerk in die Weste se psige geplant het, is dat ons MOET ly ("suffer"), want dit is die gevolg van ons "sonde".  Daarom doen ons niks aan ons al erger wordende lyding nie, want ons MOET kwansuis ly.  Meer, God (dis nou YHWH) sê ons gaan ly want Hy besoek die sondes van die vaders op die kinders van die latere geslagte.

Intussen is dit nie die Skepper wat lyding veroorsaak en uitdeel nie, maar mense en situasies wat lyding en seën bring.  Hou mense nie van jou nie, sal hulle probeer om jou vooruitgang te stuit. Hou hulle van jou, sal hulle jou ophelp, bevorder en ondersteun by jou sakeonderneming, ens.

Maar lyding wat nie aan mense se toedoen toegedig kan word nie, is die natuurlike gevolg van ons optrede, of die optrede van ander mense om ons, of van die Natuur.  Ons maak onsself seer, of ander mense maak ons seer, of die Natuur veroorsaak lyding wanneer vloede, storms, aardbewings of weerstoestande en natuurfratse plaasvind.

Wat ons moet insien, is dat die Skepper NIE daardie gebeure sit en beplan en dan uitvoer nie.

Dit reën wanneer die atmosferiese omstandighede reg is en as dit baie reën, is dit omdat die weerpatrone op ‘n natuurlike wyse daartoe aanleiding gegee het.  Dit is NIE die Skepper wat besluit Hy wil weens ‘n skelm besigheid iewers, daar ‘n vloed of ‘n aardbewing veroorsaak nie.  As jou kind dood verongeluk omdat die motor gerol het, was jou kind óf onervare, óf hy het gejaag, óf hy’t gedrink, óf die bande was in ‘n swak toestand.  Omstandighede veroorsaak lyding en die dood.  Agterlosigheid veroorsaak lyding en dood.  Maar wat dit NIE is nie, is die Skepper wat sit en besluit dat ‘n kind op ‘n gegewe oomblik moes sterf "want Hy wil die kind by Hom hê" nie, of sodat die ouers "iets daaruit moet leer nie", of omdat iemand gesondig het en straf uitgedeel moet word nie.  Daar was ‘n natuurlike rede vir die ongeluk - vind dit en berus daarin en los die Skepper daaruit.

Mense praat en sê dat "die Here hulle seën" wanneer dit met hulle goed gaan.  Dan wanneer dit sleg gaan, vra hulle: Wat het ek gedoen dat dit met my so sleg gaan?  Hoekom straf die Here my nou so?

Hierdie scenario het ook niks met die Skepper te doen nie.

As 'n mens tot so 'n mate dat almal van jou hou, deel van 'n maatskappy of gemeenskap is, dan sal dit met jou goed gaan en baie mense sal van jou dienste gebruik maak en dan sal jy kan sê dat "die Here jou seën", maar dit is nie waar nie.  Dit gaan met jou goed omdat jy goeie werk lewer in ‘n gemeenskap wat al meer daarvan gebruik maak en dan het jy die "seën" aan jou eie inisiatief te danke.

Maar as jy nie deel van 'n gemeenskap of maatskappy is nie, so effens op jou eie staan omdat jy vir jouself wil dink, dan maak die maatskappy en gemeenskap later nie so baie gebruik van jou dienste nie, dan gaan dit nie met jou goed nie.  Dan moet jy nie sê: "Maar waarom seën die Here my NIE?  Waarom straf Hy my nou so?"

As dit nie met jou sakeonderneming goed gaan nie, kan dit die gevolg van jou eie swak diens wees sodat niemand dit wil gebruik nie.  Dan is dit jou eie skuld.  Miskien gaan dit nie met jou goed nie omdat die maatskappy of gemeenskap jou om die een of ander rede nog nie in hulle boesem opgeneem het nie.  Dit gebeur as ‘n mens nie aan die populêre kerke of politieke partye behoort nie.  Dan plaas jy jouself buite bereik van waar die mense jou wil gebruik en jy daaruit ‘n bestaan kan maak.  Dit is dan jou eie skuld dat dit met jou sleg gaan, al is jy reg in jou opvatting.  Dit gebeur baie en daarom behoort mense NIE besigheid met kerk en politiek te meng nie.

Tereg vra so 'n persoon: "Wat het EK gedoen?"  Maar hy moet nie die antwoord iewers op ‘n geestelike terrein, in die hemel, soek nie, daar waar hy wonder of hy "sonde" gedoen het nie.  Die antwoord lê gewoonlik in iets baie eenvoudig.

Baie van ons mense wonder of hulle "sonde" nie veroorsaak dat dit met hulle sleg gaan nie.  Hulle wonder of, as hulle miskien wederregtelik iets gevat het, of dalk gevloek het, of dalk 'n mooi meisie of man te noulettend bekyk het, of die een of ander seksuele "misdryf" of "sonde" begaan het, die Here hom dan met slegte tye straf.

Nee.  Die Skepper sit nie sulke toutjies en trek nie. Hy sit nie daar in die Groot Studeerkamer en dink: "Hy het ‘n pen by die werk gevat, nou moet hy sy motor stamp".  Doef - en daar is die motor in ‘n botsing betrokke.  Indien ‘n motor in ‘n botsing betrokke is, is dit weens agtelosigheid, roekeloosheid of die een of ander pure natuurlike oorsaak.  Die Skepper mag nie vir sulke onsin blameer word nie.

Nee.  Vat jy ‘n pen by die werk en die baas vang jou, verloor jy dalk jou werk.  As hy jou nie vang nie, kom jy weg daarmee.  Dis nie ‘n "wonderwerk" as jy daarmee wegkom nie en dit is nie "God se straf" as jy gevang word nie.  As jy jou werk dan verloor, is dit die natuurlike gevolge van jou besluite en optrede.

Die antwoord op "Wat het ek gedoen dat ek so gestraf word?" lê beslis nie by kerklike en geestelike "sondes" nie, maar eerder by iets heel eenvoudig en baie meer alledaags.  Meestal bring mense lyding oor hulself deur hul keuses, deur dit wat hulle doen of nie doen nie, en dikwels pleeg hulle 'n "sonde" wat baie meer onvergeeflik is as die sogenaamde sondes wat kwansuis teen "God" gepleeg word.  Drink en bestuur - en sterf.  Dit is "onvergeeflik".  Dood is dood.


SEëN (BLESSINGS)

Ons hoor gedurig by Christene hoe "God" hulle "seën".  Dis ‘n nuwe motor, of werk vir die kinders, of ‘n geslaagde mediese ingryping - dan was dit die toedoen van "God".

Dit was nie.

Mense "seën" mekaar.  Hulle reël vir kinders werk - dit is nie soveel wat jy weet nie, maar wie jy ken.  Mense koop nuwe motors met geld waarvoor hulle gewerk het.  En dokters doen baie geslaagde mediese ingrypings.  Hierdie skrywer moet nog iemand ontmoet wat "geseën" is sonder die bemiddeling van mense.

Wanneer kerklikes opspring en sê: "Maar God gebruik mense om jou te "seën", is dit simplisties gestel.  Dit is steeds nie "God" wat sorg dat ‘n nuwe motor aan ‘n spesifieke gelowige lidmaat afgelewer word nie. Dit is nie "God" wat die hartoperasie doen nie, maar mense.

Aan die ander kant is dit ook waar dat MENSE maak dat jy nie "geseën" word nie.  Spreek kritiek uit teenoor die ryk mense in jou dorp en hulle maak seker dat jy nie ‘n kontrak of ‘n tender wen nie. Hulle sal ook nie jou kinders in diens neem nie of jou help met enige iets nie.

Een van die sentrale temas van hierdie boek stel dit dat die Skepper nie gedurig inmeng in die verloop van die Natuur en die uitwerking van die Natuurwette nie, soos Christene meen "God" dit doen nie.

As ‘n mens rook, moet jy verwag om emfiseem of longkanker te kry.  Dan is dit ‘n natuurwet wat intree, naamlik van oorsaak en gevolg.  As mense seksueel losbandig leef, dan kan hulle verwag om siektes soos sifilis, HIV en ander op te doen.  Dokters kan dalk sommige daarvan genees, maar daar is van daardie siektes wat ongeneeslik is, en die Skepper sal nie namens so ‘n mens ingryp nie - al die gebede in die wêreld sal nie HIV by iemand wegneem nie.

Om jou dan tot "God" (is dit YHWH?) te wend vir wondergenesing, is verwaand, ‘n mistasting en hopeloos.

Maar ons praat nou oor "seën" en die stelling word gemaak dat ons moet besef dat mense u sal seën of nie, na gelang hulle dink dat u sy vriend of sy vyand is.  Die samelewing seën jou, of seën jou nie.

Nou ly ("suffer") ons mense, Westerlinge soos u en ek, op groot skaal in Suid-Afrika en in die Weste weens die optrede, nie van "God" nie, maar van mense soos Pik Botha en F.W. de Klerk, Johan Heyns en talle ander. 

Ons raak al meer werkloos.  Ons verarm.  Ons beland letterlik en figuurlik op straat en ons dink dat ons dit moet verduur aangesien ons gestraf moet word vir die sondes van die verlede wat in ons geval seker "apartheid" was.  Die kerk en die predikante vertel ons dat ons nie opstandig moet raak oor hierdie lyding nie, maar geduldig moet wees oor wat "God" nou oor ons weg gebring het.  Maar dit is mense wat ons so laat ly, nie die Skepper nie.  Watter "God" bring lyding oor ons?  Is dit wéér YHWH?  Dan is die vraag of ons dit moet toelaat of moet stry vir beterskap met ‘n soeke na ‘n "God" wat vir ons "goed" sal wees?

Maar die feit is bloot dat dit nie die Skepper is wat hierdie lyding oor ons gebring het nie.  Mense het.  Met ernstige kortsigtigheid het mense ons in die verlede gelei.  Op geestelike en politieke gebied is ons deur mense mislei.  Hulle het nie geluister na die Skepper se onveranderlike Natuurwette nie.  So is ons verswak en verarm in die aangesig van ‘n opkomende volksvreemde groep in ons midde.  Húlle het getalsgewys vermeerder en sterk geword en weens natuurlike prossese oorgeneem.  Dit was nie skielik die Skepper se "wil" dat dit moes gebeur nie, maar bloot die proses wat beskryf word as "oorsaak en gevolg".  Waarom het ons nie méér geword nie?  Hoekom het ons sogenaamde geestelike leiers nie die agteruitgang van hul eie mense bespeur en daarteen gewaarsku nie?

Met mag kan ‘n mens jou eie mense beskerm en "seën".  So was dit onder die vorige bestel in Suid-Afrika.  Wit het wit beskerm.  Wit het wit "geseën" omdat wit mense na ander wit mense omgesien het.

Nou is andere aan bewind en word andere "geseën".  Hulle wat nie self 'n BMW of 'n Mercedes kan uitdink of vervaardig nie, ry nou sulke luukse motors.  Hulle "seën" nou mekaar, maar om dit te kan doen, moet hulle dit van ons wegneem.  Dit moet ten koste van ons gedoen word.

Die sterkste sal oorwin.  Dit is ‘n onveranderlike wet van die Natuur wat deur die Skepper in die Skepping ingebou is en dit kan nie verander word nie.
Maar hierdie politieke veranderinge wek egter nie die grootste bekommernis nie.  Groter bekommernis ontstaan  by die besef dat die Skepper nie gaan ingryp om ons te "red" en te "seën" nou dat ons die huidige gemors oor onsself gebring het nie.  Nee, ons moet self die probleme wat ons met ondeurdagte besluite veroorsaak het, oplos en self uit die verval uitklim.  "Hy" gaan dit nie vir ons doen nie.

Dit kom ons nou met skok agter.  Daar is niemand om te help as een van ons dogters verkrag word nie, as een van ons ou tantes op ‘n plaas met doringdraad verwurg word en haar oë met ‘n mes uitgesteek word nie.

Mense wat gedurig praat oor hoe "God" hulle "seën" stel hulle onkunde oor die werkinge van die heelal ten toon en hulle weet nie hoe belaglik dit is om dit te hoor nie.

Hulle bedoel dit seker opreg.  Maar hulle is alweer opreg verkeerd.


OOR GOEIE WERKE

Ons mense doen oor die wêreld heen evangelisasie en ander "goeie" werke.  Hulle is opreg en doen dit alles in die naam van daardie Jesus wat nooit bestaan het nie.

Vir hulle is hierdie boek seker skokkend en hulle wonder wat van daardie goeie werke sal word en of hulle dan nie beloon sal word vir hul goeie werke nie.  Hulle was dan so opreg ...

Hulle was seker opreg - maar opreg verkeerd.

Hulle eerste vraag is wat die betekenis van "goeie" werke dan is.  Waarvoor sal ‘n mens dan goeie werke doen as daar nie 'n Jesus is nie, as dit nie is omdat ‘n mens die "roepstem van Jesus in jou hart hoor" nie.

Kan goeie werke alleen in die naam van Jesus gedoen word?  Of, is u en ek net tot goeie werke in staat mits ons in Jesus glo?  Het goeie werke net waarde as dit in die naam van Jesus gedoen word?

Die antwoord is 'n besliste nee.  ‘n Goeie werk is nie net ‘n goeie werk wanneer dit in die naam van Jesus gedoen word nie.  En dit is nie nét Christene wat goeie dade doen nie.  Sjintoeïste, Hindoes en Moslems en ander doen almal "goeie werke".  Goeie werke is nie net goeie werke omdat hulle in die naam van een of ander "god" gedoen word nie, alhoewel dit deel van die Christelike kerk se stille programmeringsaanslag teen ons is sodat ons só sal dink.  Die Jode glo nie in Jesus nie, tog het hulle ook ouetehuise gebou en vir armes, selfs van ander rasse, kos en klere gegee.  Dit word mos ook as "goeie werke" beskou al is dit nie in die naam van Jesus gedoen nie.  En Moslems doen ook "goeie werke".  Hulle gee selfs vir arm Christene aalmoese.  'n Moslem het hierdie skrywer se motor se aansitter verniet reggemaak toe dit op ‘n dag onklaar geraak het – dit was sy "goeie daad".  Betaling het hy beslis geweier.  Waarom doen Moslems en die Jode dit?  Hulle glo nie in Jesus nie.  Die een groep sal sê dat YHWH dit van hulle vereis, die ander dat Allah dit vereis.  Albei doen dit tot eer van sy God, dink hulle.

Goeie werke is nooit tevergeefs nie.  'n Goeie daad is vir altyd 'n goeie daad.  Goeie dade word deur enige mens gedoen wat sy verantwoordelik teenoor sy medemens in die lewe ernstig opneem.  Die maatstaf is hoe die persoon teenoor wie die daad gedoen word, dit ervaar.  Vir die ontvanger is goeie dade altyd goeie dade en hy gee nie om wie hom help nie of wat die weldoener se persoonlike geloofsoortuiginge is nie.  Hy aanvaar die hulp wat gebied word ...

Goeie werke is altyd EERVOL.

Ja, ek sê vir u dat die Skepper goeie dade en verheffende werke van u vereis aangesien dit altyd ‘n goeie invloed in die skepping het, verheffend en positief is.  Sy bestel verg dat u en ek net die beste sal doen - in ons werk, in ons huis, met ons lewe en ons dade, eers aan die verste en dan aan die naaste.

"Eers aan die verste?", vra u.  Wat beteken dit? 

Daar is ‘n bekende spreuk wat lui:
Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

    ... en verder word in die Bybel nie uitgebrei op hierdie belangrike aspek nie.

Ons is in botsing met daardie spreuk.  Elke beginsel van die Westerling is op sy kop gedraai deur die Christelike bestel en daarom is dit nodig om hierdie spreuk van Jesus van nader te bekyk.

Eerstens is dit nodig om ‘n definisie van "naaste" aan te bied.  Aangesien hierdie woord so dikwels deur Christene gebruik word en ook vanuit die Bybel kom, kan ons gerus eers kyk wat die Jode daaroor te sê het.  In die Jewish Report van Julie 14 to 21, 2000 verklaar hulle wat die weldade is wat gedoen moet word:

... it is worth stating the Torah's (eerste vyf boek van die Ou Testament) order of priorities. Firstly we are instructed that our own family takes precedence over the needs of others - if, for example, your first cousin desperately needs help, it is incorrect to ignore him and give your charitable allocation to non-relatives. Similarly, the poor of your own city takes precedence over the poor in another city . . . Also, if approached by a Jew and a non-Jew, the Jew takes precedence . . . but in the rules about the priority of giving, one's own people come first. . . . These injunctions are eminently sensible. . . . Hence in these pressurised times we all have two obligations: First, to ensure the well-being of our own needy and secondly, to extend as much help as possible to the hordes of under-privileged around us. (klem deur hierdie skrywer aangebring).

Alhoewel dit ‘n Joodse standpunt is, is hulle daarmee volkome reg en ons sluit ons daarby aan.

Die "naaste" is eerstens jou eggenoot, dan jou huisgesin, dan jou familie en dan jou Kroosgenote, jou volksgenote.  Dit is die Bybelse bedoeling.  Die Jode is mos die mense van die Bybel, dan nie - en kyk in watter volgorde hulle weldade gedoen word.  As ‘n Jood en ‘n nie-Jood by ‘n Jood om hulp aanklop, dan kom die Jood eerste ... 

Dit moet seker wees wat daardie mitologiese Jesus bedoel het.

Hierdie beginsels is uiters verstandig! sê hulle.

Is dit so?  Waarom dan word ons deur ons geestelike leiers geleer dat ons altyd ons álles vir wildvreemdes moet gee?  Uiteindelik het ons toe selfs ons land, en eintlik ons voortbestaan, weggegee ... Ons gee aan hulle wat ons verteer en gaan uitroei - geen twyfel daaromtrent nie, en die persoon wat dit nie sien nie, is voorwaar blind.

Mense wat in die Bybel glo, en ander wat as "liberaal" en "humaniste" beskryf kan word, is nou by die plek waar hulle almal help behalwe hul eie mense - en dit kan nie reg wees nie.  Hulle hou vir hul eie mense niks oor nie en ons kan sien dat die "vreemdes" aan wie hulle so baie "goeie werke" betoon, dit nie waardeer nie.  Daardie vreemdes vermoor en besteel ons ten spyte daarvan dat ons in die verlede NIE sulke dinge aan hulle gedoen het nie, maar hulle eintlik goed behandel het: 
ons het nie hulle ou mense vermoor nie;
ons het nie hulle jong dogters in hulle huise verkrag nie;
ons het nie hulle kinders se fietse gesteel nie, hulle motors of TV’s nie - maar hulle doen dit sonder ophou aan ons.  Hulle steel ons rot en kaal!

Om sulke dinge te doen soos hulle aan ons doen, is teen die beginsels van EER wat ons in ons harte dra (maar wat al meer vergeeet word).

Dit sou beter gewees het as ons welwillendheid betoon het aan ons naastes, volgens die definisie uit die Jewish Report hierbo, en nie aan hierdie vreemde mense wat ons nou so haat nie.

Maar daarteenoor word ons in hierdie skrywe gemaan om eers om te sien na die "verste".  Dit is heeltemal anders as wat ons ooit geleer is en ons is oortuig dat dit die antieke leerstuk van ons verste voorgeslagte is.

Wat beteken dit dan om om te sorg vir die "verstes?"  Wie is die "verstes?"

Dit is die verste - hulle wat ná jou kom, die verstes van jóú nageslag, van jou Kroos.  Alles wat ons in ons lewe doen, moet gedoen word met die oog op die oorlewing van ons kinders en kleinkinders, tot in die verste nageslagte.  Ons moet sorg dat hulle gebore sal kan word.  En as u soveel gesorg het vir u eie nageslag dat ons seker is dat hulle op hierdie planeet sal kan leef, dan mag ons dalk rondkyk na hulle wat naby is (in hierdie tyd leef waarin ons leef) en hulle help wat nou behoeftig is.  Maar u moet eers dink aan die Kroos se verste nageslag, ons kinders van môre en oormôre en oor ‘n honderd geslagte.

Maar ons politieke en geestelike leiers het glad nie daaraan gedink nie.  Waar en wanneer?


Daarna moet ons na ons eie huisgesinne kyk, soos Jewish Report hierbo verklaar dat dit gedoen moet word.  Dan na ons neefs en niggies, ooms en tantes, ens.  En wanneer ons klaar gekyk na ons eie mense se behoeftes, kan ons steeds omsien na die behoeftiges om ons, weeskinders en weduwees an ander wat tot die Kroos behoort.  Waarom?  Uit dankbaarheid vir die "seëninge" van die lewe wat ons ontvang het?  Tot eer van die Skepper?  Omdat die hoogste beginsel in die heelal, naamlik die beginsel van EER dit van ons vereis?  Omdat ons welwillendheid aan al die lede van die Kroos moet bewys?

Nee - daardie is nie eintlik die redes nie. 

Goeie dade word gedoen om te sorg dat jou eie Kroos of Volk oorleef en voortbestaan - en dit is elke lid van die Westerse Kroos se plig.

Elkeen van ons moet ons eie, unieke "baksteen" in die "muur van die lewe" inmessel.  Dit bou ‘n sterk muur.  Elkeen moet sy bydrae lewer, met die talente wat hy het, sodat die Westerse familie kan voortbestaan.  Dit is elkeen van ons se eerste taak.

En andere (volksvreemdes) moet self na hulle behoeftiges omsien.  Geen volk is daartoe in staat om ander volkere geheel en al te dra en te versorg nie.  Dit is ‘n resep vir ‘n ramp.

"Goeie werke" is bedoel om jou eie mense op 'n beter of regte pad te bring.  Dit word nie net in die naam van Jesus gedoen nie.  Goeie werke kan deur enige iemand teenoor enige iemand gedoen word omdat ons ‘n gees van welwillendheid in ons het.  Goeie werke is goeie werke.

Skrywer ken 'n man wat deur Christene as 'n ateïs beskou word, maar wat mildelik aan Kroosgenote in nood gee.  Hy gee nie net vir ander "ateïste" nie, soos sommige Christene maak wanneer hulle net vir ander Christene goed is nie.  Hy dra oral kos en klere aan en doen opheffingswerk oral waar hy kan - meestal vir Christene, aangesien ons nie van baie wit ateïste weet nie.  Maar sommige mense sê dat sy "goeie werke" niks beteken nie, want dit is deur 'n "ateïs" gedoen wat "nie in Jesus glo nie".  Tog het die mense wat daardie hulp ontvang het, nie gevra waarvandaan dit gekom het of wie dit gegee het nie.  Hulle het geëet en gedrink en klere aangetrek en hulle was dankbaar en het oorleef aan die hande van ‘n ateis.  En sy goeie werke kan nooit negeer word nie.  En sou u met hierdie "ateïs" gesels, sal u vind dat hy religieuse beskouinge huldig wat dieper is as die meeste Christene s’n, maar totaal anders.  Tog sal Christene hom "soos kaf uittrek en verbrand" omdat hy nie soos hulle glo nie.  Dis voorwaar skandelik.

Goeie werke word nie gedoen om erkenning te ontvang nie.  Dit is weer iets anders.  Die Rotariërs, Lions, Round Table en talle ander welsynsorganisasies doen dit so - om weer geld in te kry, moet hulle vir almal vertel wat hulle bereik het.  Dit is altruisme.

Organisasies ten spyt, ontvang behoewende mense "goeie dade" gelyk van die ateïs of die Christen, van die Jood of die Moslem, en is dankbaar daarvoor, en hulle oorleef.


KERK EN POLITIEK - DIE REGTE VERHOUDING

Sodat jou eie mense in vryheid op hul eie grond kan leef volgens die kulturele behoeftes wat eie aan hulle is, is die hoogste begeerte, die belangrikste wens, naamlik -

1)         dat ons geestelik bevry sal word van valse leerstellings wat ons gees knak;

2)         dat ons polities bevry sal word;

3)      dat ons bevry sal word van finansiële oorbelasting, nl.  waar ons ons alles vir almal moet gee en moet betaal wanneer hulle nie het nie of nie betaal nie.

Skrywer hiervan is oortuig dat baie van sy lesers ook 'n patriotiese gevoel in hulle ronddra.  Vir ons is daar geen groter vernedering as om onder 'n regering ingedwing te word wat nie eie is aan ons aard nie.  M.a.w. ons regering moet bestaan uit Kaukasiërs uit Noord-Wes Europa wat ons sosiale omstandighede volgens Westerse standaarde sal reël.  Ons kan nooit daarmee tevrede wees om in ‘n land te woon wat nie deur ons eie mense bestuur word nie en waar ons nie ons eie kulturele behoeftes kan uitleef nie, want in hierdie land en onder hierdie bestel kan ons dit nie doen nie.

Ons is oortuig dat die sogenaamde "reënboognasie" in duie gaan stort.  Dit sal nie werk nie.  Lyding ongekend in Afrika se geskiedenis is voor die deur en daar sal min wit mense in Afrika oorbly, geen in bevel van enige noemenswaardige organisasie nie, behalwe oorsese maatskappye wat steeds vir winste hier bedrywig sal wees.  Verder sal swaarkry die toneel hier oorheers.

Daar is vir die Westerling net een droom waarna ons sal smag dat dit in vervulling gaan en dit is dat ons weer ten volle in beheer van ons eie politieke, sosiale en finansiële sake sal wees.  Die VSA, eens die grootste Westerse nasie van almal, is lankal nie meer in beheer van sy eie sake nie, die volkere van Europa is almal in een slaaibak gegooi en vreemdes besluit oor hul sake.  In Suid-Afrika het die Westerling deur die verraad van ons kerke beheer oor ons eie lotsbestemming verloor, want die kerke het verkondig wat nie bevorderlik was vir die Kroos nie.

Aangesien patriotisme teenoor 'n eie vaderland ons wit mense al meer in die wêreld ontneem word, (bv. in die VSA waar die grootskaalse rasvermenging daardie mense op dieselfde pad neem as dit waarop ons in Suid-Afrika beland het, en in Europa waar politieke toestande ons mense ook by die rand van die afgrond gebring het), verskuif die patriotisme (eie-gevoel) van die Europese Westerling na iets anders, naamlik na die laaste linie wat verdedig en beskerm moet word en dit is na dit wat ons gesamentlik is.  Ons kan nie meer besorgd wees oor die voortbestaan van die Boere nie, of van die Vlaaminge nie, of van die Duitsers nie.  Nee, die besorgheid verskuif radikaal.

Ons het nie ‘n uniform nodig om ons "troepe" te identifiseer nie - ons dra ons uniform in die vel waarin ons gebore is.  Ons is die wit, Kaukasiese familie, of ons nou in Noord-Amerika woon, in Suid-Afrika, Europa of Australië.  Die leser moet besef dat ons een familie is wat al minder word.

Ons mense, oral, is nou die laaste linie.  Staan saam of sterf.

In 'n treffende boek wat per toeval raakgeloop is, maak die outeur 'n skokkende stelling.  Hier volg 'n vrye vertaling van daardie gedeelte:

Die menslike situasie is soos volg:

Elkeen van ons moet sterf . . . Eendag sal die menslike spesie ook uitsterf . . . Iewers in die toekoms sal daar nie meer mense wees nie . . . Dit is onwaarskynlik dat ons die (menslike) ras aan die lewe sal kan hou . . . Ons is altyddeur onveilig. Ons is altyd in gevaar van verlies, skade, ongeluk en die dood.

Dit is weens ons onkunde dat ons onveilig is . . .

Wie praat met sulke negatiwiteit, dog byna profetiese insig?  Dit is Richard Robinson in sy boek An Atheist’s Values (bl. 155).  Hierdie ateïs spreek sy bekommernis uit oor die voortbestaan van die menslike ras as geheel. 

Is dit moontlik dat die menslike ras van die aarde af sal verdwyn?

Die meeste Christene sal 'n luide "nee" uitroep, maar die dinosourusse en tientalle ander spesies het reeds uitgesterf, ook ‘’n hele paar menslike spesies.  Paleontoloë het verskeie skedels en skelette gevind van menslike rasse wat reeds in tye lank gelede verdwyn het.  Weer - daar is menslike rasse wat reeds uitgesterf het.  Dit kán weer gebeur.  Dit gaan wéér gebeur en hierdie "ongelowige" Robinson waarsku ons oor die waarskynlikheid daarvan.

Daarteenoor hoop Christene net dat sake deur hul "Verlosser" (nl. Jesus, wat nie bestaan nie) reggestel sal word en doen verder niks in hierdie verband nie.

Robinson skryf so ‘n verdwyning van die mens van die aarde af aan ons onkunde toe.

Watter onkunde dan?

Dit is ‘n onkunde betreffende die Natuurwette wat die Skepper in die skepping ingebou het, ‘n onkunde waarin ons oor die afgelope twee millennia versink het.  As dit onverpoosd voortduur, kan daar gesê word dat die dag voorsien word dat die totale menslike ras gaan uitsterf.  Met sulke onkunde, word dit moontlik.

En die Skepper gaan dit nie verhoed nie.  Hy gryp nie in by 'n moord of 'n selfmoord nie.

Maar lank voor die ganse menslike ras sal uitsterf, is een van die hoofrasse van die mens in die mees ernstige gevaar om uit te sterf - dit is die Kaukasiese ras uit Noord-Wes Europa - die "ons" waaroor hierdie skrywe handel.

Waarom?

Die bevolkingsaanwas van die Westerling is te klein.  Wit mense kry te min kinders om te oorleef en dit is reeds meer as 'n eeu lank die geval.  Statistici wys daarop dat ons lankal reeds onder die vervangingspunt vir ons voortbestaan aanteel en hulle wys ons daarop dat:

- teen 1900 was sowat 50% van die wêreldbevolking Kaukasies (wit);
- teen 1996 was net 8% van die wêreldbevolking steeds Kaukasies;
- teen ongeveer 2050 sal die gekleurde bevolking van die wêreld verdubbel en die wit bevolking steeds dalend wees;
- dus is daar nou net 2% van die huidige wêreldbevolking oor wat wit meisies is wat wit babas in die lewe kan bring.  Teen 2050 sal hulle ‘n onbenullige minussyfer wees ... en dan trou hulle boonop met alle ander rasse terwyl hul eie mense in hierdie nood verkeer.

Waarheen, Westerling?  Waarheen gaan u met u toekoms?


LIGGAAMSKENDING

Vir wit Kaukasiërs is dinge soos die besnydenis van en vrou, tatoeëring en enige ander opsetlike liggaamskending verwerplik.  Dit is primitief en iets wat nie onder ons hoort nie.  Ons moet daarvandaan weggroei.

Die gesag daarvoor kom nie van die een of ander lank reeds gestorwe "profeet" nie, maar vanuit die studie van die skepping in die hede.  Daar is geen lisensie in die skepping vir sulke liggaamskending nie, en ook geen voordeel nie.  Net so min as wat ons dele van diere moet afsny en net so min as wat diere dit aan hulself doen, net so min behoort die mens dit aan homself te doen.

Wat die besnydenis en die afsny van enige ander liggaamsdeel betref, behoort dit net in die mees ernstige gevalle, om gesondheidsredes, gedoen te word.  Die besnydenis het onder Westerlinge 'n mode geword, maar dit is nie ons oorspronklike kultuurhandeling nie.  Die vraag of die besnede of onbesnede penis "mooier" lyk is in werklikheid nie ter sprake nie, maar die feit dat die Westerse kultuur die besnydenis van ons seuns, meisies en vroue ten sterkste afkeur.  Net so verfoeilik as wat dit is om die klitoris en skaamlippe by ‘n vrou te verwyder en te sê dat dit die een of ander "verbondsteken" rakende ons verlossing is, net so min stel al meer van ons mans daarin belang dat hulle op daardie manier geskend (en vermink) word.  Dit is vir ‘n baba traumaties wanneer dit gedoen word en dit is onwaar dat die babaseuntjie dit "nie voel nie".  Hospitaalverpleegsters kan vertel hoe daardie babas aan't huil gaan tydens daardie prosedure.

Higiëne is vandag genoegsaam om siektes onder die voorhuid te verhoed.  Probleme ontstaan alleenlik waar ouers nie hul seuns en dogters genoegsaan oor persoonlike en intieme higiëne inlig nie.  Kinders moet geleer word om die skaamdele skoon te hou.


OORLOë EN DIE SKANDE VAN ONS OORLOë

Oor die afgelope twee millennia is verskeie oorloë tussen Westerlinge gestry.  Party van daardie oorloë was skandelike familietwiste wat die lewens van miljoene van ons broers en susters geëis het en ons beskawing onberekenbare skade aangerig het.  Wit het teen wit geveg - Napoleon, Karel die Grote, Hitler, Churchill, Lord Roberts en Milner, ens., het almal oorloë teen hul eie bloed gevoer en ernstige skade aan die wit genepoel veroorsaak wat nooit bereken kan word nie. 

Indien daar enige wysheid in die toekoms gaan wees, moet dit aan die dag gelê word in die feit dat daar nooit weer 'n wit-op-wit oorlog sal wees nie. 

Elke keer toe ‘n wit volk teen 'n ander wit volk opgestaan het, het dit getoon net hoe dom ons leiers in die verlede was.  Waarom was daar 'n oorlog van die wit Britte teen die wit Boere van die Boere Republieke in suider Afrika?  Waarvoor 'n oorlog van wit Duitsers teen die ander wit volke van Europa, van die wit Franse teen die ander wit nasies van Europa?  Dit mag nooit weer gebeur nie.  Die sotlikste van alles was dat albei kante hul tot God gewend het en om oorwinning gebid het terwyl predikante midde-in daardie gestry aan albei kante bidure om oorwinning gelei het.

Het die geestelike leiers met hul sogenaamde profetiese gawes dan nie die gevaar aan die groter Volksverband gesien nie, naamlik dat ons onsself uitroei nie?

Ons leiers word teen enige toekomstige broederoorloë en enige onnodige oorloë teen ander volke gemaan.  Indien een dit sou waag om teen sy broer op te tree of om met aggressie op te tree, waar dit nie absoluut noodsaaklik is nie, moet hy van hoogverraad aangekla word en verwyder word, want sy ondeurdagte optrede kos die bloed van ons jongmense.  Dit moet end kry.

Een ding wat in die verlede uiters vreemd was, was die mediese keuring van troepe.  Dit was ‘n  eienaardige en "most mind boggling" affêre.  Voor 'n oorlog was daar mediese keuring van manskappe.  Manne met plat voete, oor- en oogprobleme, hartprobleme en wat nog, is afgekeur en huis toe gestuur om te teel, terwyl die room van ons genepoel wat blakend gesond was, in die Somme en Delvillebos uitgewis is in 'n stryd teen die room van ons broers van oorkant die grens.  Terwyl die gesondste, fiksste en sterkste jong manne oorlog toe gestuur is om te sterf, het mans met mediese probleme by die huis gebly en voortgeplant en babas gemaak en swakker gene aan die toekomstige geslagte afgegee.  So is die genepoel van ons Westerlinge aan albei kante oor honderde jare ernstige skade berokken weens die insigloosheid van ons leiers.

Raak u nie verskrik as u daaraan dink nie?

Was ons leiers dan heeltemal kranksinnig?

Manne met een testikel is huis toe gestuur om te teel, terwyl die mees viriele van ons seuns front toe gestuur is om te sterf.

Half-blindes, kranklikes en sieklikes het in hul honderdtalle tuis gebly om te teel terwyl die genieë en briljantstes, die sterkstes en gesondstes, die mooistes in loopgrawe en op oop vlaktes afgemaai is om nooit hul wonderlike gene aan hul nageslag en ons Kroos oor te dra nie.

Miskien moet ons dogters swanger raak by sulke seuns wat vir die weermag aanvaarbaar is voor hulle weggaan na die oorloë wat ons leiers maak en waarmee ons eintlik niks te make het nie... miskien kan hulle tog op daardie manier hul gene by die Kroos laat vir die toekoms.

Wat 'n skande dat sulke oorloë onder ons gewoed het.  Aan daardie leiers van die verlede vra ek - waarmee was julle besig?  Wie was julle?  Vandag se leiers spring nie die vraag vry nie - aan hulle word dit ook gevra - waarmee is julle besig?  Wie is julle?

Terwyl ons voorgeslagte mekaar uitgewis het, het ander volke hier en ver anderkant die see, in hul miljoene aangeteel sodat hulle nou so baie geword het dat hulle ons hiet en gebied en uitmoor sonder dat ons iets daadwerklik daaraan kan doen.

Robert Mugabe van Zimbabwe sê in 'n toespraak op 8 Junie 2000 vir die plaasboere in sy land, dat indien hulle nie hul plase vir sy mense gee nie, gaan hulle sterf.  Die Engels was: "Resist us and die!" (CITIZEN, Vrydag 9 Junie 2000).  Sy houding is eenvoudig dat die witman die "vyand" is en dat hy enige onwillige witman sal laat doodmaak.  Honderd jaar gelede sou hy nie daarmee weggekom het nie en vandag kan ons al amper niks daaromtrent doen nie, aangesien ons so min geword het.  Wonderlike situasie waarin ons gebring is, nie waar nie.
Wat kan 'n plaasboer doen wanneer vyf honderd militante "vryheidsvegters" sy plaashuis omsingel en sy grond opeis?  Vyf honderd kan hy dalk op daardie dag baasraak, maar daar is tien miljoen ander wat hom daarna sal besoek.  En in Suid-Afrika is daar ten minste veertig miljoen teenoor die drie of vier miljoen van ons.

Dan moet u met profetiese insig dink wat oor twintig en dertig jaar gaan gebeur.  Daar sal vir u en my nie ‘n veilige kolletjie op aarde oor wees nie.  Getalle heers.  Dit is ‘n wet wat die Skepper in die natuur ingebou het en ons het onkundig daarteenoor gestaan.  Nou sal die prys daaroor ongetwyfeld van ons verhaal word.

Ons het nie kinders gehad nie, maar volksvreemde kinderoppassers gehuur en onderhou sodat hulle kinders kón hê.  Weereens weerklink die vraag: Leiers, waarmee was julle besig?  Waarmee is julle besig?

En ons kan nie vir hierdie vreemde oorheersers "nee" sê nie, want broedermoord het ons in twee wêreldoorloë ook min gemaak.  Miljoene van ons mans is in onbesonnenheid doodgemaak.

Hoe sal ons nee sê vir die getalle wat ons oorspoel?  ‘n Besem sê nie vir ‘n brander om nie daar te breek nie.

Meer ernstig is die vraag - Hoe gaan ons ja sê vir ons eie oorlewing?

En watter leiers sal u nou met u en u kinders se toekoms vertrou, geagte leser? 
            - die leiers van die verlede, wat nie gesien het dat ons ‘n getalleprobleem ontwikkel nie?
            - of die leiers wat links en regs oorloë onder ons verwante stamme gemaak het? 
            - of die leiers wat met die swakste mitologiese Christelike wêreldbeskouinge ons soveel skade aangedoen het? 
            - of die huidige leiers wat reeds getoon het dat hulle wêreldbeskouing ook net so swak is en daarom die toekoms net so sal verongeluk soos die verlede verongeluk is? 

Het hulle ons nie reeds duidelik gewys dat hulle nie weet wat op aarde aangaan nie?   Elke leier wat in ‘n gemengde party of organisasie (kerk) sit, kan nie vir sy eie mense iets beteken nie - dit is ‘n beginsel wat elke politikus en predikant kelder as dit kom by die vraag of hy vir ons mense iets kan doen.  Dit is reeds bewys - dit is net ons, die kiesers en lidmate wat dit nie insien nie.

Hierdie laaste gedagte is waarlik verontrustend.

Daar is manne in elkeen van ons Volkere en stamlande wat ons reg sal lei, maar weens die media propaganda wat teen ons is, staan hulle nie ‘n kans nie, en word ons tot vernietiging toe oordonder.


VOLKSVREEMDE NAME

Volksvreemde name is nog iets wat ons eie kultuur onder onnodige druk plaas - name soos "Shekinahboekwinkel" of "Judahboekwinkel" vir die Afrikaanse leserspubliek.  Ook is "Shalomskool" onaanvaarbaar vir Afrikanerkinders - waarom nie die Racheltjie de Beerskool nie?  Ons het reeds vir ons eie afkoms so skaam geword dat ons ons moet wend na Joodse en ander vreemde name vir ons instansies.  Die naam Rhemakerk is net so volksvreemd - ‘n leliker benaming is lank laas gehoor.  Kindername wat sonder twyfel vanuit vreemde tradisies en ander kulture kom, soos Abraham, Isak, Jakob, Absolom, Salomo, Natan, ens. hoort nie by ons nie.  Skrikwekkend is die TV voorbeeld, "Thabo" soos in Thabo Nel van Vetkoek Paleis.  Grappig is sulke name seker, maar dit dui op 'n soort volks-minderwaardigheidskompleks.  Dit word hiermee verwerp.  Een van die dae doop een van ons minderbevoorregte ouerpare hul kind Sipho - Sipho Botha.  Of dalk Nkosi van der Merwe.  Sies!  Dit is nie vergesog nie.  Ons is oortuig dat die Jode nie daarmee beïndruk is dat ons hul volkseie name in ons kultuur opneem nie, net soos ons nie beïndruk is met hul naamsveranderinge na Westerse name wat vreemd is aan hulle nie en waarmee hulle dan onder ons rondbeweeg asof hulle deel van ons uitmaak nie.  (Johannes Calvyn - eintlik Cohen).

Daarenteen behoort ons trots te wees op name wat uit ons eie tradisie kom, en moet ons ons eie name gebruik vir ons sake-ondernemings en vir ons kinders, parke, geboue en ander instansies.  Dorpsname soos Cornelia en Theunissen, Bloemfontein en Potchefstroom is eg en getrou aan ons eie afkoms - en pragtig.  Hoe klink Polokwane vir u?  En Manguang?  Maar plekname soos Bethlehem is verdag.  Name soos Ryno en Santie is net so mooi soos enige iets uit ons stamlande.  Laat Westerse name die norm wees vir Westerse kinders, en gepaste name vir ons vanne.  Wildvreemde kombinasies van name is ook onvanpas - kom ons bly weg daarvan.  Ossewania of Kakebeenwania is 'n ou voorbeelde en vandag se nuwe kombinasies is veel erger.

Kies name met sorg.  Wat mooi is deug altyddeur.  Kinders kry skaam vir en word geterg oor simpel name.


VERBETERING IN DIE GEHALTE VAN TELEVISIE UITSENDINGS

Opreg verkeerd.  Hul optrede is dikwels opreg - opreg verkeerd.

Dit is verstommend dat dr. Izak Burger te velde getrek het teen televisie advertensies vir roomys wat kwansuis die gedagte van die "sewe dodelike sondes" uitbeeld.  Almal kon insien dat dit grappenderwys gedoen is.  Buitendien, as die drie tessisse hierin korrek is, is daar nie eens so iets soos ‘n "dodelike sonde", soos dr. Burger dit het nie. 

Dodelike sondes is iets heel anders.  Dit word net in die Natuurwette gevind.  En as ons dit nie gehoorsaam nie, gaan ons van die planeet af verdwyn.  Die sterkste oorleef is een so ‘n wet waarvan die oortreding ‘n "dodelike sonde" is.

Maar skrywer vra graag - waar is u en al die ander predikante in ons land se protes teen e-tv en M-net se seksflieks?  Waar is die protes teen al die gevloek op TV?  Teen al die misdaad en geweld?  Teen al die negatiewe propaganda faarop?

U protesteer nie daarteen nie, want ú meesters en die meesters van die televisiedienste is dieselfde mense - nl. die "konings van die aarde".

Hierdie skrywer het al in verskeie betoging deelgeneem, betoog oor die miskenning van ons taal, van ons monumente, van ons kultuurerfenis - het u (leraars) ooit aan enige ‘n betoging vir u Volk deelgeneem, veral waar dit die ondergang van u gemeentelede en Kroosgenote raak?

Nee - waarskynlik nie.

Die geestelike leiers is so opreg - opreg verkeerd.  Wat help hulle?  Wat beteken hulle vir ons?

Die dreigende ondergang van ons Westerse volke is hierdie skrywer se grootste vrees en belang. Niks lê hom nader aan die hart nie.  Soos reeds daarop gewys is in die hoofstuk, " 'n Ander Storie", was daar niks wat meer sorgwekkend vir die skrywer as jongmens was nie as die seksuele, wettelose en gewelddadige inhoud van rolprente nie en nou het televisie met 'n veel hoër graad daarvan bygekom.

Die Amerikaanse jeug (kinders van ons Kroos)  is reeds ernstig daardeur beskadig en in baie gevalle byna geheel en al vernietig.  Met profetiese insig moet daar na die gehalte van die inhoud van ons vermaak gekyk word om die agteruitgang van die totale Kroos te stuit.  Die hoofoorsaak van die verwoesting van die Amerikaanse volk is hul verslawing aan vermaak wat hulle hoofsaaklik in TV-kyk bevredig - en die programme op TV is 99.9% rioolagtig.

Suid-Afrika is op dieselfde pad en dit verg nie genialiteit om te weet dat al die Westerse lande eintlik met dieselfde vraagstukke te doen het nie.  Dit is die gehalte van ons jeug wat met elke geslag swakker en losbandiger word wat ons so besorgd laat.  Die eerlike en opregte student, al is hy hoe jonk, sal weet dat hierdie bewerings korrek is.

Waar lê die blaam vir hierdie toestand?  By die leiers van hierdie en die vorige geslag. 

En wie is die leiers? 

In die eerste plek is dit die geestelike leiers wat die verantwoordelikheid daarvoor moet dra.  In Suid-Afrika het byna elke jongmens deur hul hande gegaan, deur hul Sondagskoolklasse, deur hul katkisasieklasse en daardie jongmense het op hul beurt onderwysers geword wat alles wat hulle by hul leraars geleer het weer aan die volgende geslag oorgedra het.  Ander het kollege dosente geword en daardie lesse wat hulle by hul kerk en predikant geleer het, aan die studente oorgedra.

Wanneer ons begryp dat die Jesus-verhaal op sy beste net 'n mite en verdigsel is en dat al daardie jongmense daardie mite en verdigsels deel van hul denkpatroon moes maak, dat hul sin vir opregte ondersoek daardeur gekniehalter en mismaak is aangesien hulle oor die belangrikste aspek van hul bestaan nie vrae mag gevra het nie, kan ons verstaan waarom daardie boodskap of filosofie nie op die ou end die innerlike krag aan die Kroos verleen het wat daaraan toegedig word nie en kan die rede vir ons agteruitgang bespeur word.

Ernstige inperking van rioolagtige TV-uitsendings en die inhoud van programmatuur sal op 'n aantal goeie gevolge uitloop:

1.         ouer-kind verhoudings wat die laaste jare al erger verbrokkel het, sal herstel want mense sal weer met mekaar begin praat;

2.         oudio-visuele voorbeelde van geweld en misdaad sal die jeug ontneem word en diegene met kriminele neigings sal nie boonop in flieks geleer word hoe om met bose dinge weg te kom nie;

3.         oudio-visuele voorbeelde van seksuele losbandigheid en seksuele afwykings sal vanuit die gesigsveld van ons jeug verwyder word, wat net tot gesonder seun-meisie verhoudings kan bydra.  Baie al die TV-jeugprogramme vertoon 'n ewige rondslapery asof dit die oplossing vir alle jongmense se vraagstukke is.  Die neiging om homoseksualiteit as normaal aan te bied, kan ook ingeperk word.  Dit is verkeerd en teen die natuur en mag nie aangemoedig word deur dit grappig voor te stel nie;

4.         die herstel van gesonde Westerse ideale sal die direkte gevolg daarvan wees. (sien- "TALK" magazine, Feb. 2000, artikel - "Sex and Your Children");

5.         die bevolkingsaanwas sal na meer normale vlakke terugkeer.


WONDERGENESING

Om oor "wondergenesing" te skryf sal omtrent 'n skrywer se geloofwaardigheid op die lyn plaas.

Sowat 30 jaar gelede het 'n Afrikaanse professor 'n beloning van R5000-00 (?) uitgeloof vir die bewys van wondergenesing en sover ek kan onthou, het niemand na vore getree om die beloning op te eis nie.  Daar moes mediese verslae wees, dokters se getuienis oor die bewysbare siekte en dan, ná die "wondergenesing", weer mediese verslae en die duidelike getuienis van verskeie dokters dat die lyer se kwaal sonder menslike ingryping genees is.

Hierdie skrywer word versoek om daardie aanbod te herhaal om inligting in te win oor 'n bewysbare "wondergenesing" waar 'n "wondergeneesheer" by betrokke was.  (Dit mag nie 'n geval wees waar 'n psigosomatiese siekte genees is nie).  Laat so ‘n uitdaging duidelik wees - kan ‘n wondergeneesheer (Theo Wolmarans, Bennie Hinn - of wie ook al) ‘n persoon wat in ‘n rystoel vasgekluister is, weer laat loop - net daar, op die verhoog, voor ons almal?

Maar daar is nog ander vrae wat onmiddellik gevra moet word, indien daar so iets is soos wondergenesing:

1.         Soos dit in die geval met duiwelbesetenheid is, waarom hoor 'n mens net altyd in die kerk daarvan?  Waarom hoor ons nie dat Theo Wolmarans, profeet Joshua, Bennie Hinn of enige een van daardie manne eendag op straat geloop het en 'n parapleeg of kwadrupleeg in 'n rolstoel gesien het en daardie persoon net daar "laat opstaan" het nie?  Daar is tog baie "gelowiges" wat in rolstoele vasgekluister sit, wat net wag om daaruit op te staan, wat sekerlik oomblik na oomblik in hul hart biddend is vir juis so 'n wonderwerk.  Meer, as daardie wondergeneeshere dit kan doen, waarom is al die rolstoelryers nie reeds genees nie?  Om te sê hulle is nie genees nie omdat hulle nie gelowig is nie, is nie ‘n redelike antwoord nie - want sodra "ongelowiges" sien dat die "gelowiges" genees word, sal selfs die "ongelowiges" naderhand "tot bekering kom..." - maar daar is nie so iets soos wondergeneesing nie, is daar pastoor?  Ek was in jul dienste en het julle bekyk en is oortuig dat julle met oëverblindery besig is.

Skrywer ken twee Christen meisies wat lewenslank in rolstoele sit.  Waarom word hulle nie sommer eendag op straat genees nie?  Dit sou nuuswaardig wees en sou die krag vertoon waaroor hierdie manne sê hulle "in die naam van Jesus" beskik en sou genesing vir hierdie siek en kranklike wêreld kon bring.

Indien God deur die toedoen van mense wondergenesings wil doen en wondergeneeshere wil gebruik, waarom sien ons dan nie sulke wondergenesings sommer ongevraagd op straat gebeur nie, min of meer soos dit kwansuis in Jesus se geval gebeur het nie?  Hy het mos sommer enige tyd op enige plek en ongevraagd die "wonders" gedoen.  So iets sal die mens tot nadenke stem en dit is mos die doel van "wonders", dan nie?  Sou ons dan nie in die "laaste dae" kwansuis groter dinge doen selfs as wat Hy gedoen het nie?  Nouja - laat ons sien...

Onthou, in die Bybel, wat die bron vir hierdie soort gedagte is, (Joh. 5), het Jesus op 'n dag by die bad van Betesda ongevraagd en sonder 'n opswepingsdiens, voor die mense, sommer die verlamde man genees, sodat hy net daar sy bed opgeneem en weggeloop het.  Daardie man, indien dit ooit gebeur het, (en hierdie skrywer sê mos dat dit nooit gebeur het nie aangesien daar nooit 'n Jesus, die Christus, seun van die Skepper was nie), het
            a) nie genesing ná ‘n opswepingsdiens in 'n kerk ontvang nie;
            b) nie met tiendes, offergawes of lidmaatskap aan ‘n denominasie daarvoor betaal nie;
            c) nie eintlik daarvoor gevra nie.  Hy het maar net daar gelê en Jesus het hom genees;
            d) die hele dorp het daarvan geweet want die mense het hom geken en geweet dat ‘’n wonderwerk moes gebeur het.  Die sogenaamde wondere van ons tyd is almal onbevestig!

So is daar meer sulke gevalle waar die mitologiese Jesus sommer op straat, in die verbygaan, wondergenesings gedoen het - die man met die verdorde hand (Matt. 12:9 en aan); die man wat blind was naby Jerigo (Luk. 18:35 en aan); die dogtertjie van Jaïrus (Luk. 8:40 en aan), alhoewel Hy daarheen ontbied is, en Hy gegaan het, het dit ook nie in 'n kerk onder opsweping plaasgevind nie.  In die laaste verhaal is ook die geval van die vrou met die "bloedvloeiing" of menstruasie opgeneem.  Sy het bloot aan Jesus se kleed geraak en is genees.

Die punt is: baie genesing het sommer-so plaasgevind, buite die kerk, sonder koortjies wat vir ‘n uur lank gesing is en voor die lidmate in ‘n staat van semi-hipnose geraak het.

Dit is ons grootste aanklag teen u, wondergeneeshere van die moderne tyd - u kan dit nie doen sonder opsweping nie en wat u doen bly altyd onbevestig.  Sou daardie wondergenesings van u bevestigbaar wees, dan sou die verhale daaroor oorvloedig in die koerante en tydskrifte verskyn het sodat ons dit sou kon bevestig.

U sien - as hierdie dinge kan gebeur, dan moet dit só gebeur: wanneer mense nugter is soos die mense om by die bad van Betesda en die vrou met die bloedvloeiing, sonder die "misterie" wat uit die Katolieke milieu aan daardie dinge gekoppel geraak het, in helder lig, sommer enige tyd en plek, sonder dat daarvoor gevra word, bevestigbaar.  Laat die wonderwerk sommer nou gebeur, voor vriende en familie in die voorkamer, pastoor.  Dan kan dit dalk geloofwaardig wees.

2.         Indien God mense gesond wil maak, soos hierdie "wondergeneeshere" ons wil laat glo, waarom gaan so 'n wondergeneesheer nie net eenmaal na 'n hospitaal, net eenmaal ooit in hulle 2000 jaar van bestaan, en genees sommer in een slag almal (of dan die meeste pasiente) wat in daardie hospitaal lê nie?  Dít sou tog God se naam groot maak en hul saak 'n besliste hupstoot gee en beslis baie mense tot bekering bring...

Inteendeel, as "God" dan mense gesond wil maak, kan Hy almal oombliklik gesond maak.  Waarom is daar nog enigsins dokters, waarom is daar nog hospitale?

Laat daardie "wondergeneeshere" net eenmaal net een hospitaal leegmaak.  Hulle sal dit nie doen nie want hulle kan dit nie doen nie en die hele idee is leerstellige bedrog.  Indien hulle kon doen wat hulle sê hulle kan doen, sou die hele aangeleentheid reeds in die geskiedenis heel anders gelyk het en sou daar duidelike bevestiging daarvoor wees, maar daar is nie, net soos Noag se ark spoorloos is, soos die kliptafels met God se handskrif daarop spoorloos verdwyn het, net soos daar geen bewys vir die eksodus is nie, net soos daar geen bewys vir die bestaan van Jesus is nie, en so baie ander bewysse ontbreek.

Wat kan van die kerk se storie bewys word?  Enige iets?

3.         Indien God mense dan gesond wil maak, soos hierdie verkondigers daarvan dit vir ons wil voorhou, vra hierdie skrywer of Hy dit dan net by die een of ander "heilige" plek, soos Lourdes of Nigerië of in KwaZulu-Natal gaan doen?  Is "Waar twee of drie in My naam vergader" nie meer van toepassing nie?  Hy kon een maal in twee duisend jaar bloot Sy vingers klap en ongevraagd sommer voor ons oë ‘n wonder doen en mense gesond maak waar dit duidelik is.

Is Lourdes 'n heilige plek?  Moet ons daarheen gaan vir wondergenesing?  Is daar 'n rots in KwaZulu-Natal waar wondergenesing plaasvind?  Moet u en ek daarheen gaan om hierdie ding te ervaar?  Sal ons net in Jerusalem of in Christian City gesond gemaak kan word?

Die skrywer is oortuig dat indien wondergenesing van die Skepper afkomstig was, dit ter enige tyd op enige plek vryelik gegee en verkry sou kon word.

Dit is vir ons ‘n bron van kommer dat die "duiwel" en "wonderwerke" net in die kerk, onder verdagte omstandighede, gesien en ervaar kan word.  Daarom word daardie idees of "leerstellings" hiermee verwerp en as vals beoordeel.


GOEIE WERKE DEUR GOEIE MENSE

Hierdie boek sal sekerlik skok en woede tot gevolg hê, en haat vir die skrywer baar, skinderstories in omloop stuur oor die "ongelowige" man, maar dit word uitgegee as 'n "wake-up call", 'n alarm om ons mense uit hul diepe koma wakker te skud.

U word bedrieg.  U word mislei.  U word misbruik vir geld en 'n gemaklike lewe.  U is oor tientalle geslagte heen ‘n spul leuens ingegee en sal eeue lank die toekoms in steeds uitgemergel word om kerke te bou en orrels te koop, om miljoene te gee vir "God se saak" omdat u dink u bereik God daardeur.  Daarenteen sit "God" met 'n gebroke hart omdat soveel onreg en bedrog in "Sy" naam gepleeg word en nie een van "Sy" volgelinge iets daaromtrent doen nie.  Omtrent nie een wat homself ‘n Rentmeester van "Sy" Onderneming beskou, doen iets om daardie saak te beskerm nie.

Die goeie werke wat die kerk in die naam van Jesus doen, is nie 'n bewys van die egtheid van ‘n kerk se geloof of boodskap (evangelie) nie.

Die "goeie werke" wat die Jehova se Getuies doen, bewys nie dat hul interpretasie van die lewe, die ontstaan van alle dinge en van die sogenaamde "evangelie" reg of waar is nie.  Goeie werke bewys nie dat hulle of enige kerk die Bybel of "leerstellings" reg verstaan nie.

Die "goeie werke" wat Mormone doen bewys nie dat hul interpretasie van daardie sogenaamde "boodskap" reg of enigsins die waarheid is nie.

Die "goeie werke" wat Sewendedag-Adventiste doen, bewys nie dat hul interpretasie oor ontstaan en bestaan reg of waar is nie.  Goeie werke bewys nie dat hul profeet, Ellen White, deur "God" geroep is nie.

Die "goeie werke" wat Calviniste doen bewys nie dat hul interpretasie van die wêreld se geskiedenis reg of waar is nie of dat hul interpretasie van God se "ingryping" in die lewe van mense reg is nie.

Die "goeie werke" wat Rhema doen bewys nie dat hul interpretasie van gebeure reg of waar is nie.  "Goeie werke"is nooit die finale bewys vir suiwere leer nie.

Die "goeie werke" wat die pous en die Katolieke doen, bewys nie dat hul leerstellige interpretasies reg of waar is nie en al hulle moeder Teresa’s en al hul nonne en monnike se "goeie werke" kan nooit hul verdraaiing van die Goddelikheid regverdig nie.

So ook met Jode, Moslems en ateïste - niemand se goeie werke bewys dat hul leerstellige interpretasies waar, korrek of reg is nie.

Goeie werke word misbruik om valse vertolkings en interpretasies mee toe te smeer sodat vrae oor waarheid nie gevra sal word nie.  Goeie werke lei mense se aandag weg van dit wat nie ondersoek moet word nie sodat geestelike misleiding kan plaasvind.

Alle groepe en organisasies doen"goeie werke" en dit is goed so, maar ons mense moet besef dat dit nie bewys dat 'n gegewe groep se geestelike interpretasies "reg" is nie.

Goeie werke, wanneer dit in opregtheid deur u en my gedoen word is net dit - goeie werke.  Goeie mense doen goeie werke omdat hulle dit wil doen en sekerlik omdat hulle opreg is en dan keer niks hulle om dit te doen nie.

Maar goeie werke bewys nie dat iemand aan "God" of die Skepper behoort nie of dat so iemand die waarheid praat nie.

Is dit so moeilik om te besef dat slegte mense goeie werke sal doen om goeie mense te mislei?

Nou word dit nie bedoel om 'n einde te maak aan enige iemand se goeie werke nie.  Doen goeie werke en gaan uit op 'n berg en wy dit aan die Ewige Skepper.  Goeie werke wat in opregtheid aan jou eie mense gedoen word, leef vir ewig.

Goeie werke word nie eers 'n "goeie werk" wanneer dit in die naam van Jesus, of in die naam van die kerk, of in die naam van die Bybel, of die pous of die moderator gedoen word nie.

Goeie werke maak iemand bly en verlig iemand se behoefte of nood.  Goeie werke wat uit die hart kom bring nie voorwaardes nie.  Goeie werke wat enige betekenis het, word onvoorwaardelik gedoen.

Sommige kerkgenootskappe doen net goeie werke aan mense wat "op die ou end" daaroor by hulle sal aansluit.  Party mense doen net goeie werke as die ontvanger daarvan bereid is om in 'n voëlkou te klim en vir die res van sy lewe deur die weldoener geregeer te word.  Ná die weldaad mag die ontvanger nooit weer met die weldoener verskil nie, of die "seëninge" word net daar beëindig.  Dit is party mense se soort "goeie werke".

Maar dit is nie hoe die Skepper "gee" nie.  Die grootste sondaars en haters van die Lig en die Waarheid, ontvang ook son en reën, besit die gawe van lewe en het die mag tot keuse.

Net so ook hang dit nie af van ons geloof in hierdie of daardie heilige boek of u en ek goeie mense is nie.  Is 'n mens noodwendig wetteloos as 'n mens nie die Bybel se inhoud glo nie?  Nee.  Miljoene Moslems en Sjinese het nie die Bybel nie en hulle sosiale omstandighede is in baie gevalle beter georden as dié van die sogenaamde "Christelike" Weste.  Die meeste bedrog en misdaad wat in die Weste gepleeg word, word gepleeg deur hulle wat bely dat hulle die Bybel glo.  Westerse tronke sit vol Christene.  Daar is ook predikante wat kriminele is.

Die propaganda-masjiene van die wêreld beur na die finale vernietiging van ons beskawing.  Alles wat boos is word daardeur ons huise binnegedra.  In baie gevalle is dit nie hulle wat die Bybel het wat die stryd vir beginsels stry nie.  Inteendeel, Bybelgelowiges verloor grootliks die stryd vir beginsels.  Met die Bybel onder die arm en hul name op die kerkboeke verlaat hulle al die poste op die voorste linies van die stryd.  Die kerk het in die laaste eeu meer verander as in die hele vorige twee duisend jaar - en die meeste van daardie veranderings lei tot die ondergang van die mense wat die grootste aanhangers daarvan is, nl. die Westerling.

Om 'n goeie mens te wees, ja, om te antwoord op die roepstem tot Verhewenheid wat u in u hart hoor, hang nie daarvan af of u in 'n sekere boek glo of nie, of aan ‘n sekere kerkgenootskap behoort of nie.

Maar sommige kerkmense sê dat om goed en diep en besorgd te wees, beteken niks as dit nie "in die naam van Jesus" gedoen word nie.  Hulle meen dat daardie dinge nie help om van iemand 'n "geredde" mens te maak nie en is dus nutteloos, maar daardie gedagte is juis dié "kerklike" slenter wat deur hierdie skrywe ontbloot moet word.  Dit is die uiterste onbewysbare, leerstellige, geestelike "wol" wat aan die kaak gestel moet word.

Die eerste tesis hierin stel dit dat daar nie ‘n Jesus is nie.  En as daar nooit ‘n Jesus was nie, dan is daar ook nie so iets soos "geredde" mense nie.  Maar die kerk se uitgangspunt is:
"Na die duiwel met alles - die wêreld, kultuur, geesteswetenskappe, wetenskap, argeologie - solank mense net "gered" word.

Dit is nie ‘n goeie uitgangspunt nie - inteendeel - dit is ‘n slegte uitgangspunt.

Niemand kan in elk geval "gered" word nie want die ewige Skepper het nie ‘n seun by ‘n aardse maagd gehad wat ‘n messias was nie.  Dit het nooit gebeur nie en daarom is " redding" soos dit deur die kerke verstaan word, ‘n slenter.

Maar "goeie mense" kan juis hulle wees wat oor die kultuur en die wetenskap, die skepping en die argeologie, die geesteswetenskappe en elke ander onderafdeling van die waarheid besorgd is - en hulle red die wêreld van ondergang.

Die kerk in moderne tye wil die wêreld afskryf omdat hulle voel dit is "onredbaar".

Maar dit is eerder die kerk wat afgeskryf moet word.  "Na die duiwel met die kerk en die kerklikes" - omdat hulle nie vir die waarheid, vir die hoogste goedheid wat daar is, standpunt ingeneem het nie, naamlik om vir hul "eie" goed te wees nie, omdat hulle boodskap nie vir hul eie mense bevorderlik was nie.  Die kerke het verraderlike keuses gemaak wat niks met die waarheid te make het nie en het hulle gewend tot diegene wat nooit hul traktamente betaal het nie en het gekies om teen dié mense op te tree wat hul kerke gebou het en hul salarisse eeue lank betaal het.  Dit is inderdaad verfoeilik.

Die leser moet teen hierdie tyd besef hoe gevaarlik die "virus" is wat in ons gees en Volksiel werk.  Dit is ‘n virus wat gemik is op ons totale ondergang.

"Jy moet jou vyande liefhê..."; "Draai die ander wang..."; "Moenie jou bekommer oor die dag van môre nie..."

"Goed" of "gered?"  Is daar so iets soos gered?  Wat is dit?  Dit lyk vir skrywer en sy kollega’s  al meer na standpuntloosheid en oorgawe voor die bose, voor die "konings van die aarde".  Dit is die algemene kerk in Suid-Afrika wat die oorgawe van vrye Christene, wit en swart, aan die slawerny van die antichristelike-kommunisme bewerkstellig het.  Sonder die bydrae van prof. Johan Heyns van die NG Kerk, prof. Tjaart van der Walt van die Gereformeerde Kerk, prof. Jimmy Loader van die Hervormde Kerk, en ander kerklikes soos eerw. Peter Storey van die Metodistekerk, biskop Tutu leier van die Anglikaansekerk, Alan Boesak (‘n Calvinis), Christene soos mnr. F.W. de Klerk en sy meelopers, sou die kommunisme nooit hier in sy doel geslaag het nie.  Ons mense het ons weggegee.

Agter die mombakkies van "goed wees" skuil baie skurke.  "Goed wees" bewys nie opregtheid of "redding" nie, maar "goed wees" is 'n integrale deel van die lewe van enige iemand wat meen dat hy die Skepper erken en sy plek en plig in die Skepping verstaan en begryp.


GELD EN DIE KERK

Die totale ingesteldheid van die kerk draai rondom geld.

Die kerk bestaan nie in die eerste plek omdat iemand besorgd was oor die "redding" van iemand anders se siel nie.

Die kerk bestaan bloot om mense te beheer en om geld uit hul sakke te kry.  Dit is ‘n alternatiewe politieke organisasie.

Once again dreaming of power and grandeur, the pope proclaimed the year 1300 a Jubilee Year, a year for rejoicing, when anyone who came to Rome would receive automatic remission of sins.  Hundreds of thousands of pilgrims flocked to Rome; hundrreds of thousands of pounds flowed into the papal treasury.  It was, says Frederick Heer in The Medieval World, 1150 - 1300, ‘the first great manipulation of the masses for a political end’.  The great procession itself was like a combination of a Roman triumph and a Nurenberg Rally.  The pope was preceded by two swords, symbolizing his spiritual and earthly dominion, and heralds went ahead crying: "I am caesar, I am emporer!"  Gold coins were showered on the tomb of St Peter at such a pace that two croupiers had to pull them in with rakes.  All this money was intended by the pope for the subjection of Sicily - that old quarrel still dragged on - and to press his claim as the real emporer of Europe.
(Criminal History of Mankind, bl 318).

So was dit in die donker eeue - dit is vandag nie baie anders nie.

U, geagte Westerse Kroosgenoot, het die kerk nie langer nodig nie.  Dit is 'n beweging wat nooit moes bestaan het nie.  Dit is vals en niks werd.

1.  ‘n Verhouding met die Skepper word verniet gehandhaaf.  Geld dra niks tot daardie verhouding by nie.  U kan maar ophou om geldelike bydraes aan die kerke te maak asof dit "Sy saak" is.  As u daarby onthou dat die Suid-Afrikaanse kerke ons geld deur die Wêreldraad van Kerke vir die destydse ANC-terroriste gegee het, om wapens daarmee te koop en om ons daarmee aan te val, kan u darem sekerlik verstaan dat daar ‘n "helse slang" iewers in die gras is.  Ons mag nie nog ‘n sent vir so 'n valse besigheid gee nie.

2.  Hoor mooi - indien ‘n verhouding met die Skepper gehandhaaf kán word, dan doen u dit self, sonder die predikante tussenbeide tree.  Waarvoor word hulle deur ons betaal - hulle kan vir ons niks doen nie.

3.  Westerlinge steur hulle dus ook nie verder aan die leer van die "erfsonde" nie en beskou hulleself nie langer as "sondaars" nie, maar besef dat mense soms verkeerd kan optree, foute kan maak en dat regstelling daarvoor benodig word.  Die Rooms-Katolieke Kerk se "aflate" (vergifnis wat letterlik gekoop en verkoop word) speel verder geen rol in Westerse geestelike gedagtes nie.  Dit is bloot ‘n slenter om geld te steel.

4.  "Verootmoediging", soos ons die laaste tyd gedurig daarvan verneem het, en wat niks opgelewer het nie, moet nou ook tot die verlede verban word.  Die koste daaraan is ook te hoog.  Mense verloor inkomste wanneer hulle hul "verootmoedig" en raak ook daarmee behep sodat hulle nie hul aardse beplanning rondom die bevryding van ons mense korrek doen nie.  "Verootmoediging" is te duur - en beteken absoluut niks.  Staak dit.

Die kerk het vir 2000 jaar geld bymekaargemaak wat hulle vir net een doel aangewend het en dit was om ons mense daarmee te oorheers, om ons te bedrieg en om al ons eie, "inheemse" instansies mee te vernietig.  Die Rooms-Katolieke en Protestantse kerke sit op fortuine - hulle reserwes kan amper die wêreld koop, maar daardie geld word gebruik om mense gedienstig te hou aan hulle, die "groot hoer", haar "dogters" en die "konings van die aarde".  Dit is ‘n stelsel van politieke en geestelike slawerny.


WATTER ROL KAN GELD SPEEL?

Die valsheid, bedrog en verraad van die kerke word al hoe meer ontmasker en Westerlinge neem al meer kennis van die gevaar waarvoor hulle te staan gekom het.  Dit is ‘n stryd wat op die ou end ook met geld gestry moet word, maar dan sal geld nie gegee word om mense se gewetes vry te koop nie, of om die een of ander "god" te beïndruk nie, of om ‘n kaartjie na die hemel te bekom nie.  Nee, daardie fondse sal ingesamel word om te sorg dat ons nageslag nie van die aarde af verdwyn nie en om die nodige sosiale riglyne te bevorder wat sal verseker dat die Westerse Kroos oor ‘n duisend en meer jaar steeds sal bestaan.


VERWAG WESTERLINGE 'n "MESSIAS?"

Die antwoord is 'n duidelike "Nee".  Daar is niks in ons mitologie of oorleweringe of in die Skepping wat vir ons op die verwagting van 'n "hemelse redder" dui nie.  Westerlinge het nog nooit in hul geskiedenis vir hul redding na buite hulself gekyk nie.  Hulle het nog altyd hul eie probleme opgelos - en dit hoort so.  Ons moet ons eie heil met vrees en bewing uitwerk.

Die leerstelling van ‘n Messias vind sy oorsprong in die Verre en Midde-Ooste en aangesien daar nooit 'n Nuwe Testamentiese Jesus, die Christus, was nie, is daardie hoop buitendien vir Christene en enige ander mens 'n vergeefse droom.  Die Jode self, waarvandaan die Christene meen dat hulle hul "Verlosser" gekom het, het glad nie 'n goddelike Verlosser verwag nie en dit is foutief om die Ou Testament tot daardie interpretasie te dwing, om voor te gee dat sekere dele daarvan sou dui op 'n Joodse verwagting van die een of ander hemelse verlosser.

Die Jode het nooit ‘n "hemelse verlosser" verwag nie, maar 'n sterk aardse leier wat hulle na totale onafhanklik sou lei, op aarde – daarom hul heldeverering vir Bar-Kochba, daarom hul geskiedenis van onafhanklikheidsstrewe en gedurige opstand teen heidene wat ooit oor hulle geheers het. Dit bly hul begeerte om 'n wêreldmoondheid te word.  En daardie leier sou 'n mens wees, nie 'n god nie, veral nie 'n god-mens wat aanbiddingswaardig is nie aangesien dit teen die Tien Gebooie is, die allerheiligste wet na hul mening - "Jy mag geen gode voor my aangesig hê nie..."  Geen mens mag aanbid word nie - dit is vir die Jode die grootste van alle sondes, en daarom verfoei hulle (en die Moslems) ons, want ons aanbid ‘n mens.  Nee - die Jode verwag om oor die hele wêreld te heers en die enigste verlosser wat hulle verwag, is een wat hulle daarmee sal help.  Dit is wat met stories soos Josef in Egipte en die boek Ester en Daniel in Babilon geleer word, nie dit wat ons vir ons kinders uit Kinderbybels leer nie.  Kinderbybellesse soos dit tans is, mis die punt heeltemal.

Maar kom ons "droom saam" (n.a.v. die Stellenbosch se Leesrooster).  Sou ons Westerlinge nou skielik 'n "redder" benodig, dan moet die volgende vraag gevra word:

            Hoe sou so 'n "redder" se program van beginsels moet lyk?

Hier volg sommige van die paradigmas waarbinne so 'n "redder" sal moet optree en ‘n aantal beginsels wat hy die Westerling sal moet leer:

- hy moet ons, die Westerling, se oorlewing en voortbestaan verseker - hy sal dus opstaan teen enige iemand wat ons voortbestaan bedreig;
1)                                                                  - hy moet ons afkoms en oorleweringe eer en respekteer;
2)                                                                  - hy moet ons wys op die Al-Vader, of die Skepper en die Skeppingsorde;
3)                                                                  - hy sal die Natuurwette as grondbeginsel van ons sosiale strukture instel;
4)                                                                  - hy moet die onveranderlike Natuurwette wat in die Skepping ingebou is, vir ons en ons kinders leer en verklaar;
5)                                                                  - dit wat hy leer sal duidelik opgeteken wees, sonder dat daardie boek 'n soort "heilige boek", soos die Bybel, word;
6)                                                                  - sy leer sal nie die "skuldige gewete" gebruik om ons mense as gyselaars aan te hou nie;
7)                                                                  - hy moet ons gees bevry;
8)                                                                  - dit (beginsel direk voor hierdie) sal hy verniet doen - daar sal nie geld by betrokke wees nie;
9)                                                                  - hy moet ons polities bevry - dit sal geld kos;
10)                                                              - hy moet elke mens erken vir wie hy is en waar hy vandaan kom;
11)                                                              - hy sal dissipline (wet en orde) tot so 'n mate herstel dat Westerse lande weer soos die spreekwoordelike Eden sal lyk; ons motors sal met hul sleutels in ons opritte veiling bly staan en ons kinders se fietse sal vir dae in ons tuine kan lê sonder dat iemand ooit die gedagte om dit te steel sal oorweeg; ons vrouens en dogters sal nooit weer vrees vir verkragting en misdaad teen hulle nie;
12)                                                              - hy sal wegdoen met die werkloosheidsprobleem van ons mense;
13)                                                              - hy sal geldwaardes so beheer dat inflasie hok geslaan word en ons geld en beleggings nie waardeloos gemaak word nie;
14)                                                              - hy sal ons grense beheer sodat ons lande nie deur vreemdes binnegestroom word en ons op ons eie grondgebied met die werkloosheid van ons eie mense sit nie;
15)                                                              - hy moet wetgewing handhaaf wat ons kinders verbied om te trou met vreemdes soos die volgende ou woorde dit eens gestel het:

As die Here jou God jou inbring in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, en Hy baie nasies voor jou uitjaag ... mag jy geen verbond met hulle maak ... nie. Jy mag jou ook nie met hulle verswaer nie - jy mag jou dogter nie gee aan sy seun, en sy dogter nie neem vir jou seun nie . . .
(Deut. 7:1 tot 3 en aan).

     ... en in eie woorde verder:

Dit is die bevel van die Skepper:
1.                             Julle moet met hulle (ander rasse) religie niks te doen hê nie, want hulle religie sal julle verlei om te glo in die misterieë van ou Babilon wat niks met die waarheid en julle oorlewing te doen het nie; Julle moet hulle godsdiens geheel en al ignoreer en julle rug daarop keer want dit is saamgestel met die doel om julle te verlei en later uit te wis;
2)                                          Julle moet deurentyd bedag wees op die bedrog in die antieke godsdienste wat deur mense uitgedink is.  Dit bevat niks van waarde vir julle nie, maar is eintlik ‘n geestelik "virus" wat maak dat julle nie glo in julle eie voortbestaan nie;
3)                                          Die antieke godsdienste se priesters het hulself aangestel.  Hulle is nie deur die Skepper geroep nie.  Daarom is die Westerse wêreld in so ‘n vervalle toestand, want hulle bedrieg julle met hul valse woorde en dubbelspraak;
4)                                          Gee ag daarop dat julle fyn onderskei tussen elkeen wat na julle kom om te bepaal wie die waarheid praat en wie julle met soet woorde van bedrog wil verlei.

Sulke parameters is deel van ‘n belangrike "anti-virusprogram" wat hy in ons mense se gedagtes moet installeer.

Nee - Westerlinge verwag nie ‘n "hemelse, goddelike, messias" nie.

Inteendeel, daar is ‘n ander verwagting, naamlik dat:

1.         elkeen van ons mense dit sal doen wat nodig is om ons Kroos in hierdie lewe te beskerm;
2.         elkeen sy deel sal doen om bloedvergieting te vermy.  Elkeen moet ‘n ambassadeur van vrede wees en sy lewe daaraan wy om te sorg dat gekookte oorloë nie plaasvind nie (soos die onlangse oorlog teen Saddam Hoessein - hy sou kwansuis wapens van massa-vernietiging in sy arsenale opgeberg het en biologiese wapens wat die wêreldvrede bedreig het.  Geen bewyse daarvan kon tydens of ná daardie oorlog gevind word nie - en Westerlinge mag nie deel hê aan sulke onheilige optrede nie.  Elke Westerling moet sulke leiers se boosheid openbaar maak en hulle teëstaan.
3.         elkeen van ons moet besef dat die voortbestaan van ons eie mense (familie, bure, volksgenote) die hoogste prioriteit in die lewe is en daardie beginsel sal elkeen dryf om hulle wat onder ons hul rigting en beginsels in hierdie lewe verloor het, te dissiplineer om weer ons standaarde hoog te hou.


ANTICHRIS

Christene beswadder en vervolg altyd enige iemand wat iets teen Jesus te sê het.  So 'n persoon, soos dit hierna sekerlik ook met hierdie skrywer die geval gaan wees, word dan as die "antichris", of " ‘n antichris"  beskou, iets wat dadelik ‘n lisensie vir vervolging is.

Maar die leser word nou weer daaraan herinner dat ‘n belangrike aantyging oor die eeue heen teen die kerk ingebring is, nl. dat daar nooit so iemand soos die Nuwe Testamentiese Jesus was nie.  Indien dit die waarheid is, dan moet die Christelike kerk darem nou, ná twee duisend jaar, ophou om almal wat dit sê, dood te maak of te vervolg of te veroordeel en eerder ernstig te kyk na die juistheid al dan nié van daardie standpunt.

Hier is dit weer:

Die groot Onbeskryflike en Ongekende Skepper van die heelal het NIE 'n kind by 'n aardse meisie, wat reeds aan iemand anders verloof was, verwek nie.  Hy het NIE sy Oneindige, Onuitwislike en Almagtige genetiese materiaal met dié van 'n aardse "sondares" gemeng nie.  Dit is 'n mite uit antieke tye, meer as twee duisend jaar vóór die sogenaamde Jesus se geboorte, wat in hierdie geval verwerk is en in ‘n nuwe vorm aangebied is as ‘n feit.

Daardie stelling en die redes daarvoor word in tientalle boeke uiteengesit en die Christelike kerk het daarvan kennis geneem, maar nog nooit vir hul lidmate die teendeel gewys nie en selfs nooit so min as ‘n enkele bewys gelewer van die bestaan van Jesus, die Christus, nie.  Maar die kerk moet nou die bewyse vir die bestaan van Jesus, die seun van die Groot Ongekende en Onbeskryflike Skepper voorlê - en dit moet iets anders wees as dit wat reeds hierin en in talle ander boeke hieroor bespreek is.  Wees vir eens eerlik.

Daar is 'n beweging om alle gode en godsdienste gelyk te stel (soos gesien kon word in die Wêreld Parlement van Godsdienste, Kaapstad, Desember 1999).  Daar word deur sogenaamde Christene gesê dat Moslems en Hindoes deur hul "gode" of "boodskap" ook in die hemel kan kom, dit wil sê, sonder Christus.  Christus word dus gelyk gestel aan enige van die aarde se profete, soos Mohammed, Boeddha of die Dalai Lama, ens.  (As dit die geval is, waarom dan 'n Christen wees?  Dan kan ons mos maar aan enige ander geloof ook behoort).
Christene is daaroor ongelukkig want dit pas nie hul interpretasie van gebeure nie.

Wat hinder, is dat Westerlinge wat bewus is van die ondergang van ons Kroos, nog nie insien dat daar nooit ‘n Jesus, die Christus, was nie.  En hulle wil glad nie toelaat dat daar aan "Sy" status gepeuter moet word nie.  Hulle skilder "hom" darem as 'n blanke, of Westerling, wat in ou Palestina gewoon het, terwyl dit heeltemal onwaar is.  Jesus sou 'n Semiet, ‘n Jood, gewees het - geen twyfel daaroor nie.  Hy was immers "koning van die Jode".  Dit sou onmoontlik wees vir ‘n Westerling om koning van die Jode te word.

Een van die moderne interpretasies is dat Hy net nog 'n profeet was, maar die waarheid, geagte Kroosgenoot, is dat daar nooit eens so iemand was nie.  Ons ly nie so seer onder die kommunisme nie, en die Kroos staar nie vernietiging in die aangesig omdat ons van Jesus "minder maak" nie, maar omdat ons vir ons 'n "god" geneem het wat glad nie bestaan nie, 'n god net soos daardie hout- en klipgode van antieke tye.  Ja, mensgemaak.  Dit is waarom die Kroos in gevaar gekom het.  Ons glo in die bestaan van iemand wat nie bestaan nie, in 'n leuen, ‘n mite, en propageer dit totdat dit ons hele lewe oorheers en toe het ons gegaan en ons totale wêreldbeskouing daarom gebou.  Maar aangesien die Jesus-storie t 'n leuen is, het ons op sand gebou en nou tuimel die huis inmekaar.  Dít is die probleem.

Die feite rondom die bestaan al dan nié van Jesus, die Christus, is reeds deeglik deur ons voorste deskundiges ondersoek en die taak vir hierdie geslag is om die proklamasie van daardie ontdekking oral uit te dra en luid te verkondig.

Hierdie lewensbeginsel is reeds vir ons aangedui en dit is miskien een van die belangrikste van almal, naamlik dat elkeen van ons sal onderneem om in ons lewe net een ding te doen wat VIR ons eie Kroos sal tel.

Dit is nie die taak van ons geslag om klippe van vooroordeel te gooi en ons onkunde en belaglikheid aan die hele wêreld ten toon te stel nie.  Dít is nie wat ons moet doen nie.  Hierdie boodskap gaan aan alle "organisasies" wat voorgee dat hulle die belange van ons mense as beginsel onderskryf -
Bestudeer die bestaan al dan nié van hierdie belangrikste mens wat kwansuis ooit die aarde sou besoek het.

Na twee duisend jaar kan die "kerk", met al sy professore en al sy universiteite, seker nou al die antwoorde gee, of hoe?

Vervolging, die brandstapel en verbanning sal net bewys dat die tesisse in hierdie boek korrek is.  Boeke word alleen verbrand en mense vervolg wanneer vrees heers.  ‘n Instansie het nie nodig om hom tot sulke dade te wend as dit goeie antwoorde op eerlike vrae het nie.

Die gedagte dat "niemand anders iets weet nie", en dat die kerk alleen "weet wat op aarde aangaan", soos dit deur Christene oor die afgelope eeue heen geglo en aan die mensdom verkondig is, word van alle waarheid gestroop.  As daar ‘n groep is wat oor die algemeen nie-denkend is, dan is dit die leiers en lidmate van die Christelike kerk.


WETTE EN REGSTELSELS

Daar kan byna geen hoër versugting by ‘n Volk wees as dat hy sy eie regstelsel sal hê, een wat vanuit sy eie volksiel ontstaan het aangesien enige vreemde stelsel hom nooit sal bevredig nie, en eintlik teen sy sielsverlange sal inwerk, soos ons nou swaar belas is deur die huidige politieke stelsel wat in Suid-Afrika tot stand gekom het.  Dit het nie vanuit ons siel ontstaan nie en daarom is dit 'n vreemde stelsel.  Ons sal óf daarteen in opstand kom óf as gevolg daarvan onder gaan en vir ewig saam met ons nageslag verdwyn.

Dit is die onverbiddelike ordening van die natuur:

            Die sterkste sal oorleef.

So het die Ongekende en Onbeskryflike Skepper dit in Sy handewerk verordineer en dit is uiters teleurstellend dat die predikante van ons tyd nie soos een man in opstand gekom het teen hierdie bestel wat ons as ‘n groep soveel skade aandoen nie.  Indien hulle ‘n "profetiese gawe" gehad het soos hulle ons laat verstaan het, dan sou hulle mos nie kon verkondig het dat ons vir ‘n bestel moet stem waarin ons ons alles sou verloor nie.  In werklikheid het hulle ons bedrieg met stories van veiligheid en voorspoed in die nuwe Suid-Afrika, soveel so dat ons heeltemal mislei is en ons ons Skeppergegewe land weggestem het weens daardie misleiding.


INTERNE VERHOUDINGS

Een van ons mees ernstige probleme is dat ons mense nooit met hul werklike vyande slaags raak nie, maar aanhoudend intern met mekaar verskil.  Dit is een van die grootste redes vir ons ondergang.  Ons mense weet dit, want hulle praat gedurig daaroor en sê die hele tyd vir mekaar: "Ons kan nie saamstaan nie", en dan baklei ons self ons organisasies uitmekaar.  Manne wat ware leiers kon word, het na vore getree en die Volk se saak opgeneem, maar hulle is só deur hulle eie oningeligte mense aangeval, dat hulle naderhand die saak net so gelos het.  Dit gebeur herhaaldelik want ons is mislei om te dink dat ons iewers ‘n volmaakte leier gaan vind terwyl daar nie op aarde enige volmaaktheid is nie.  Ons mense dink ons leiers sal nie enige persoonlike tekortkominge hê nie, sal nooit foute maak nie, nooit iets verkeerd sê of doen nie, nooit uit plek wees nie, nooit met ou klere rondloop nie.  Volmaakte leier?  Daar is nie so iets nie.

Skrywer wonder wie hulle verwag.

Hulle verwag Jesus - die "volmaakte lam van God" - maar "Hy" bestaan nie.

Ons beter bitter vinnig besef dat ons "bloed" is van mekaar en net óns bloed kán en sál ons red.  Niemand anders stel belang in ons redding en voortbestaan nie.  Sal Indië die wit mense hier kom red?  Sal die Sjinese die wit mense hier kom red?  Nooit nie.  Alleen ons kan onsself red.

Ek weet van mense, (ja, in Suid-Afrika is baie van hulle), wat vir volksvreemdes meer doen as ooit vir hul eie mense.  Ons kan dikwels in elke rykmansbuurt sien hoe hulle die MIV/vigs-wesies aanneem en in stootkarretjies in winkelsentrums daar rondstoot.  Dit is ‘n skande terwyl daar van hul eie Kroos se kinders is wat aangeneem en gehelp behoort te word.

Om saam te staan is moontlik.  Ons geestelike leiers was veronderstel om daardie saamstaan te bewerkstellig, maar hulle het nie.  Het u hulle ooit hoor preek dat die wit politieke partye in belang van ons mense ‘n eenheid in doel moet bewerkstellig?  Nooit nie. 

Die verwagtinge rakende ‘n leier is hoog - en die Kroos mag nie die vyandige pers glo wanneer dit sy vernietigingswerk teen ons leiers doen nie.  Almal maak foute - kyk hoe gaan die Amerikaanse leiers te kere.  Een lieg luid met die verklaring: "I did NOT have sex with that woman" nadat hy betrap is in ‘n verhouding met daardie swartkopnooi.  Daar moet nie na persoonlike foute gekyk word nie, aangesien daar op aarde nie ‘n enkele mens is wat nie foute het nie, maar daar moet gekyk word na sy filosofiese begronding.

Dat ons nie kan saamstaan nie, is nog ‘n "virus" wat in ons siel en gees ingepraat is.  Dit word so dikwels herhaal dat ons nie meer kán saamstaan nie.  Instede daarvan, laat ons geestelike leiers ons daadwerklik leer en beveel om saam te staan en mekaar te beskerm en te ondersteun.  Dit is ‘n skande dat dit nooit gedoen is nie - maar ons ken die rede daarvoor.  Hulle was ook deurentyd in ‘n magstryd in Suid-Afrika gewikkel oor watter genootskap die sterkste sal wees.  Toe het die een die ander verneuk en mekaar se bates ingesluk.  Sommige predikante het selfs ook tot die politiek toegetree en as ons nou terugkyk, sien ons ‘n geskiedkundige rampgebied - met baie verkeerd en bitter min reg.

Daar was geen waarskuwings oor ons dalende geboortesyfers nie - getalle heers.

Daar was geen waarskuwings oor die verlies aan mag nie - die sterkste heers.

Daar was geen waarskuwings teen die antichristelike-kommunisme nie, inteendeel, ons geestelike leiers het hulle in Dakar gaan ontmoet en boedel aan hulle oorgegee.

Watter soort "virus" kan so sterk op ‘n "program" (ons denke) inwerk dat dit sulke totale chaos in die Volksiel kan saai?


VERRAAD VAN BINNE

Daardie "virus" het op ‘n dag die volgende insident tot gevolg gehad.  Dit word na vele oorweging hier verhaal :

Dit is 'n storie wat miskien nooit in die openbaar vertel is of vertel gaan word nie.  Ek vertel dit dus, wetende waar dit vandaan kom, nl. van iemand wat mnr P.W. Botha ken.

Op 'n dag toe hy aan bewind was, het die voormalige Staatspresident, P.W. Botha, die moderators van die gereformeerde kerke ontbied om met hulle as die "wagters op die stadsmure van ons volkstad" oor die toekoms van Suid-Afrika te praat.  Hy het gesê dat die druk op die destydse regering oplaai om sosiale en politieke veranderinge aan te bring en hy het hulle voor die belangrikste vraag wat in meer as drie honderd jaar in Suid-Afrika gevra is, gestel.

            "Is apartheid sonde?" wou hy weet.

Daar was 'n gelaaide stilte.  Dit was inderdaad 'n belangrike vraag.

Een van die persone teenwoordig was prof. Johan Heyns.  Hy het glo na die ander manne gedraai, vir 'n oomblik het hulle na mekaar gekyk en toe het hy wat Heyns was, na die Staatspresident gedraai en die verdoemende antwoord geuiter, 'n kort: "Ja - dit is".

Daardie antwoord was die einde van Westerse beheer oor Westerse sake in Suid-Afrika.  Op daardie dag was dit eintlik klaarpraat met ons en ons het dit nie eers geweet nie.  Die verraad is so verskriklik dat dit byna nie oorvertel kan word nie.

Daardie soort leiding van daardie soort "geestelike leiers" het ons Kroos vernietig.

Óf u weet reeds dat ons toekoms in ernstige gevaar beland het, óf u sal dit nooit weet nie.


GESONDE SEKSBEGRIP
(Let op die volledige bespreking hiervan voordat u die skrywer van enige iets wil beskuldig).

VERWRONGE SEKSUELE SIENINGS

Die algemene Christelike kerk loop oor van verwronge idees oor seksualiteit.  Sommige van hul sienings daaroor is soos volg en is verkeerd:

1)                  Seks is die oorspronklike sonde van Adam en Eva in die Tuin van Eden - as dit nie gebeur het nie, was ons nog almal in dardie Tuin.  Dit is mitologie en onwaar;
2)                  Seks is daarom op sigself sonde.  Die vrou "verlei" mans daarmee en bring hom so in sonde.  (Christene met die Nuwe Testament, Jode met die Ou Testament en Moslems met die Koran het daardie verwronge gedagte in gemeen);
3)                  Daarom is al die seksuele funksies van die liggaam en seksorgane ook sondig: ereksies, saadstorting, orgasmes, swangerskap (miskien nie sondig, maar onrein, sodat ‘n vrou haar ná geboorte moet gaan "reinig" - sien Lev. 12:6-8; Lukas 2:22), menstruasie (ook dalk nie sondig nie, maar wel onrein - Lev. 15:19-33; 2 Sam. 11:4), masturbasie (manlik of vroulik) wat nie in die Bybel bespreek word nie, is ook deur die eeue deur die kerk as sonde beskou en die geval van Onan word (verkeerdelik) as ‘n Bybelse geval daarvan voorgehou (Gen. 38:4 en aan).  (Kommentaar - Die geval van Onan het niks met masturbasie te doen nie, maar met ‘n antieke Joodse wet rakende die nageslag van ‘n gestorwe broer.  Daarby moet gesê word dat masturbasie nie die plek van seksuele liefde tussen man en vrou moet inneem nie, wat die normale, die geordende instelling van die Skepper is.  Masturbasie kan verslawend en uitputtend wees sodat diesulkes nie normaal funksioneer nie.   Sommige mans is so behep met masturbasie dat hulle nie in vrouens belangstel nie.  Daarteen moet gewaak word.  Dit kan as "sonde" onder die Wette van die Natuur beskou word.  Die Wette van die Natuur beveel dat kinders vir die Kroos voortgebring moet word.  Masturbasie mag nie die plek daarvan inneem nie.  Dit is waarom daar ‘n probleem met homoseksualisme is.  Homoseksualisme vervang nie mense nie - daar is geen voortplanting nie.  Homoseksualisme gebruik net mense materiaal op.  Homoseksualisme is verkeerd omdat dit nie gehoor gee aan die natuurwette nie, omdat dit nie voortplant nie).

In gewone spreektaal: Moenie met seks mors nie.  Wees ‘n heer.  Pas selfbeheersing toe.

4)                  Seks is alleen vir die maak van kinders bedoel. 

Shania Twain, die beroemde sangeres en haar wettig getroude man, Mutt Lange, het by 'n "sekte" aangesluit wat glo dat seks tussen hulle "sonde" is behalwe vir die verwekking van kinders - alleen dan is dit toelaatbaar, meen hulle.  Daar is baie mense wat onder daardie wanindruk verkeer, maar gelukkig is Shania nou ‘n ma - en dit word gehoop dat sy nie daardie onsin vir haar kinders sal leer nie en self verlos sal word van daardie wanopvatting, want daar bestaan nie so ‘n filosofie dat seks alleen vir die maak van kinders bedoel is nie.

‘n Dosent op seminarie het vir ons gesê dat seks alleen daar is vir die verwekking van kinders,  andersins is onthouding die regte lewenstyl.  Onthouding!  Moet dit tog net nie doen nie.  Daardie antwoord was vir die klas vol jong tokkelokke nie juis verblydend nie.  Ons is oortuig dat daardie lewensfilosofie nie van die Skepper afkomstig is nie.

Die mens se seksualiteit is nie per se sonde nie.  Martin Luther het gesê dis so normaal soos eet.  Ignoreer gerus daardie "leerstellige" beletsel op seks tussen eggenotes.

5)                  "En dit is ook nie eintlik iets wat op die rusdag gedoen moet word nie." is toe ook bygevoeg.  Wat?  Want die rusdag is die "sabbat", ‘n "heilige dag", en dan is seks verbode.  Ten spyte daarvan dat so iets nie in die Bybel staan nie, is dit vir ons gesê.

6)                  "Dit moet ook nie teveel gedoen word nie", is vir daardie teologieklas gesê.  "Wat is teveel?" wou ons weet, maar die antwoord daarop was nie duidelik nie.  Buitendien - wie sal daardie vraag beantwoord?  As ons dít vir Christene vra sal ons seker ‘n sirkustent vol verskillende antwoorde kry.  Hoeveel seks is vir u teveel, hoeveel vir my?  Ons is oortuig die natuur sal aandui wanneer iemand dit "teveel" doen...

Maar waar kom sulke onsinnighede vandaan?

Die leser moet vra of die Bybel verantwoordelik is vir hierdie verwronge idees rondom normale, Godgegewe, seksuele praktyke.

Kom ons kyk na 1 Korinthiërs. 7:1.  Daar staan geskrywe:

"... dit is goed vir ‘n man om ‘n vrou nie aan te raak nie..."

By daardie woorde van Paulus (‘n ander onbekende figuur in die geskiedenis - ons weet nie of hy ooit bestaan het nie - soek sy biografie in ‘n ensiklopedie), ontstaan die Christendom se anti-natuurlike seksuele filosofie.  Kerklikes het daardie woorde gelees, dit saam met die Ou Testamentiese gedeeltes oor die onreinheid van die vrou gevoeg, besluit dat die seksdaad die eerste "sonde" was, daarby besluit dat die vrou die instrument van die satan is en net op aarde is om mans te verlei en hulle van hulle siele te beroof.  Siestog.

Daardie stelling van Paulus is net so onsinnig as dié een wat Jesus kwansuis kwytgeraak het (Matheus 19:12) waar "Hy" kastrasie van mans "tot eer van die Here" aanbeveel.  Albei standpunte word vreesloos hier verwerp.

Daarteenoor word dit gestel:

Dit is goed vir man en vrou om hul eggenotes se liggame in die geheel te leer ken, hulle saam te geniet en vervulling in daardie seksuele dade te vind.  Die seksuele is rein en goed waar dit tussen getroude of gewillige, volwasse pare plaasvind.

Dit is ook goed vir seuns en dogters om verhoudings te hê (om te kys) en om met respek vir mekaar, mekaar van die teenoorgestelde geslag te leer.  Praat en leer mekaar oor elkeen se gevoelens sonder om primitiewe diere te word.  Betasting moet beperk word, aangesien dit lei na volwaardige omgang wat weer ander komplikasies meebring.  Vriendskappe behoort in groepe te blom - te veel alleen met mekaar - te veel vroegtydige swangerskappe.

Alle jongmense van albei geslagte word daaraan herinner dat masturbasie daar is om die vleeslike spanning tydens adolosensie te breek, maar ook sonder om af te daal na die dierlike, m.a.w. deur dit gedurig te doen.  Dit is daar sodat dit nie nodig is om iemand te verkrag om daardie spanning te breek nie, of om ‘n pes te wees met lede van die teenoorgestelde geslag nie.  Veel beter dat afleiding op sportgebied en ander aktiwiteite gesoek word.  Dit is ook privaat en beter as om in skadelike homoseksuele of lesbiese verhoudings vas te val.

Seuns en dogters moet dit nie vir die teenoorgestelde geslag so moeilik maak ander jongemense eintlik vir hulle bang is nie en seuns moet hulle met die meisies gedra. Meisies is nie op aarde geplaas om eenvoudig seuns se seksuele drange te bevredig nie.  Seuns moet geleer word om meer respek vir meisies aan die dag te lê.  Daardie meisies is die moeders van die kinders van ons toekomstige geslagte - hulle is bietjie belangrik - hanteer hulle so.

Dit is nie goed om voortydig met seks te speel nie.  Seks het gevolge wat volwasse verantwoordelikhede meebring.  Dis nie lekker om op dertien ‘n baba te hê nie.  Seksueel oordraagbare siektes moet ook in berekening gebring word.  Om seksueel aktief te wees vereis dat die koste daarvan deur die beoefenaars daarvan gedra moet word.  Doen dit - en betaal dan die prys wat dit eis.  Kinders kan nie.  Dus moet kinders "speel" - nie oorgaan tot volwasse seks nie.

Losse sedes vereis in hierdie lewe ‘n hoë tol wat niemand kan ontduik nie. 

1.  daar is oordraagbare siektes wat opgedoen sal word (die Natuur tree teen losbandigheid op), óf
2.  daar is geestelike lyding wat daarmee gepaard gaan (die innerlike mens [siel / gees] tree op teen daardie lewenstyl).

Oor die eerste: die meeste seksueel-oordraagbare siektes kan vandag genees word, maar daar is ‘n aantal wat nie genees kan word nie wat ernstige nagevolge inhou vir die persoon wat dit opdoen.  Dit kan verhoed word deur baie min verskillende bedmaats te hê.

Oor die tweede: die geestelike lyding wat met losse sedes gepaard gaan is moeiliker om te genees.  Elke keer as losse seks beoefen word, sterf daar iets van die betrokkenes se gees, oftewel, van hul siel - hulle sterf elke keer op emosionele vlak ‘n bietjie.  Dit sal prostitute kan bevestig.  Wat meer ernstig is, is dat talle van ons jong dogters wat misbruik is, dit kan bevestig.  Elke seun of ouer man wat hulle misbruik, pleeg ‘n emosionele moord op hulle - en daardie skade mag nie aan die toekomstige moeders van die Kroos aangerig word nie.  En mans dink losse seks raak hulle nie emosioneel nie - dit is nie waar nie.  Daardie lewenstyl is ook ‘n stadige selfmoord.  Mense vergeet en vergewe meestal nie hul eie swak optrede nie.  Op hierdie gebied moet albei geslagte so gesond moontlik wees, aangesien ons as geheel ‘n moeilike tyd in die gesig staar.

Dit is daarom belangrik om deurentyd met die nodige respek teenoor andere, en met die nodige selfrespek, op te tree.  Dit is ‘n moeilike, maar leerbare les.


DIE NATUUR EN SEKS

C                  Die Natuur (soos kwansuis ook "God" in Gen. 1:22 en 28) bevéél mens én dier tot die seksdaad en alle plante tot voortplanting en bevordering van hul eie spesie.  In daardie proses is geen dier of plant besorgd oor die voortbestaan of bevordering van ander spesies nie - net die mens is soms vanuit sy altruïsme verward en daarom bekommerd oor die voortbestaan van ander spesies, soms ten koste van sy eie voortbestaan en die bevordering van sy eie spesie;
C                  Die Natuur is só omdat dit deur die Skepper so ontwerp is, dus is dit Sy wil;
C                  Die seksuele verhouding is duidelik bedoel om tussen die manlike en vroulike plaas te vind aangesien dit op voortplanting gemik is.  Enige iets anders is ‘n mistasting en ‘n  misbruik van die seksuele;
C                  Daardie Skepper-verordende seksualiteit kan nie sonder aanraking geskied nie, daarom is Paulus se woorde hieronder téén die waarheid, en dus téén die Skepper.

Aan die een kant is dit die Natuur se bedoeling.  Aan die ander kant staan die "kerk" met haar verdraaide Pauliniese siening oor die seksuele gedrag van die mens, soos dit in 1 Korinthiërs gevind word waar ons daardie vervloekte Bybelse filosofie duidelik sien:

1 ... dit is goed vir ‘n man om ‘n vrou nie aan te raak nie..."
7 Want ek wens dat alle mense soos ek was; maar elkeen het sy eie genadegawe van God, die een so en die ander weer anders.

Volgens sommige oorleweringe, was Paulus glo ongetroud, of ten minste passieloos.  Hy het kwansuis nie seksuele drange gehad nie, maar dit is hoogs te betwyfel.

In die bostaande teksgedeelte sê hy dat hy wens dat almal soos hy was en dat mense wat maagde is, maagde moet bly, ens.

Watter onsin.  Indien almal soos hy was, sou daar op aarde geen kinders wees nie en sou die menslike ras in een geslag uitsterf.  Buitendien is sy begeerte lynreg teen sy eie sogenaamde "geïnspireerde" boek (die Bybel) wat beveel dat die mens "vrugbaar" moet wees en dat hulle "die aarde moet vul" - met kinders wat alleen deur seksuele aktiwiteit gemaak kan word.  Daar is geen ander manier nie (Gen. 1:28).

Skrywer vertrou dat hierdie botsings en weersprekings eens en vir altyd aan die leser sal toon dat die Bybel en kerk in totaliteit ‘n mensgemaakte en bose stelsel is.

In die verlede het mense met insig hard met ons probeer praat, en ons het nie geluister nie en die gevolge daarvan kan in ons wêreld gesien word.  Hier word nog twee wyshede aangehaal:

Religion began when the first scoundrel met the first fool.
(Voltaire)

If you are comfortable with a lie, you will never look for the truth.
(Anon.)


MAAGDELIKHEID

Die Rooms-Katolieke Kerk beskou seks as sondig en by hulle is die gewenste toestand maagdelikheid.  Meisies moet maagde bly, want hulle is dan "die bruid van Christus".  Maagdelikheid word in Roomse kringe so hoog aangeskryf dat daardie kerk se leer beweer dat Maria vir ewig ‘n maagd is al het sy Jesus gebaar.  Verdermeer ontken hulle dat sy ná Jesus ander kinders gehad het, terwyl daar etlike ernstige beweringe is dat sy ander kinders gehad het.

Ons is oortuig dat maagdelikheid as ‘n leerstelling kettery is en geestelik ongesond is - ongesond aangesien die menslike liggaam deur die Skepper ontwerp is en Hy sekere seksuele funksies daarin ingebou het en bedoel het dat kinders daardeur in die lewe gebring moet word.  Wanneer dit nie gedoen word nie, het dit al gebeur dat sulke vroue depressief en neerslagtig raak.  Daardie lewensgewende funksies móét in werking gestel word - dit is gesond.  Om dit nie te doen nie, is ongesond.  Verdermeer is daardie filosofie oor maagdelikheid eintlik kranksinnig aangesien ons ras ernstige skade ly as gevolg van elke seun en dogter wat nie vir ons kinders in die lewe bring nie.  Maagdelikheid word dus so sterk afgekeur dat dit eintlik verbied behoort te word weens die genetiese skade wat dit die Kroos berokken, dus:

Seuns en dogters uit die Kaukasise Westerse Kroos word hiermee verbied om by kloosters aan te sluit en hulle gene te onthou uit die gemene genepoel van ons mense.  Dit is ‘n "sonde" wat onherroeplik is, ja, dit is dié onvergeeflike sonde.  Dit is onvergeeflik, want as hulle nie babas het nie, is hulle nageslag VIR EWIG dood - hul kinders is dan dood, so ook daardie kinders se kinders en hul kinders - vir ewig.  Dit is so finaal nie eers die Skepper kan dit ontdaan maak nie.

Roomse priesters, biskoppe, kardinale en die pous mag nie trou nie, aangesien hulle van mening is dat die ongetroude status van hoër gehalte is, en heiliger is, as dié van die getroude status.

She (die Roomse Kerk) holds that celibacy is a state superior to marriage... (Boettner, bl. 381)

Dit is kettery, die mees ernstige mistasting in kerk en teologie, die mees skokkende filosofiese leuen!

Die seksuele lewe van die mens is heilig en reg en goed en nie opsig self sondig nie, en is deur die Skepper vir die mens se voortbestaan en genot daar gestel.  Die kerk se houding jeens die seksuele sy van die mens se aard, word dus hiermee verwerp.  Ons mag nie gebreinspoel word om te dink dat alles wat in die slaapkamer gebeur, net sondig en lelik is nie.  Dit is beslis nie so nie. 

Inteendeel, ons is oortuig dat die Kaukasise Westerling wel geheilig word deur binne die gemene genepoel seksueel aktief te wees: binne huweliksverband; of waar twee persone van teenoorgestelde geslag gewillig en oorwoë daaraan deel het.  Dit is eerbaar en reg en goed. 

Kinders en volwassenes mag nie gebreinspoel word om te glo dat "God" sit en kyk of iemand nie dalk die "slaapkamerdinge" geniet nie, of dat "Hy" belang het by wat tussen man en vrou gebeur nie - en as iemand net iets lekker doen - BOEM! - dan gaan  die bliksemstraal van "sonde" en "oordeel" jou tref.  Dit is gewoon onwaar.

Maar Paulus volhard in sy onsin in verse 25 en aan:

25 In verband met die maagde het ek geen bevel van die HERE nie...

Watter "bevel" moet hy hê?  Daar ís mos ‘n bevel.  Volgens Genesis moet maagde (manlik en vroulik) hul maagdelikheid opgee en kinders baar.  Dít is die bevel van die Skepper.  Is dit dan onduidelik vir priesters en predikante?  Die Skepper het nie nodig om Homself te herhaal nie.  Die Natuurwette is duidelik.

... maar ek gee my mening as iemand wat deur die barmhartigheid van die HERE betroubaar is...

... sê hy verder.

Die leser moet skrywer asseblief vergewe terwyl hy hierdie deur, wat in die Bybel deur die grote Paulus geopen is, ook vir homself oopstoot.  Skrywer gee dus sy mening aangesien hy deur sy keuse vir die Skepper en die waarheid betroubaar is, oor:

            - oor die bestaan van Jesus;
            - oor die juistheid, betroubaarheid en geloofwaardigheid van die Bybel;
            - oor die legitimiteit van die Kerk;
            - oor die wet van EER;
            - oor seksualiteit soos in hierdie gedeelte behandel;
- oor die lesse wat ons nie meer vir ons kinders gaan leer nie (sien bv. addendum 4 en 5    van hf. 7);
- oor die honderde lesse wat vir die kinders van die Kroos geleer gaan word (sien     hoofstuk 11, Beginsels vir die Westerling).

Hulle wat hierdie werk wil verbrand, word daaraan herinner dat dit niks minder as reg is dat al hierdie lesse met dieselfde respek behandel word as wat die woorde van die Bybel met respek behandel is, al was die meeste daarvan gedurig téén die uitdruklike Wette wat in die Skepping ingebou is.

Paulus het geen opdrag van "Bo"gehad om iets oor maagde te kwyt te raak nie, tog het hy sy opinie gelig en twee duisend jaar se hel en onsinnige optrede veroorsaak:

25 In verband met die maagde het ek geen opdrag van die Here nie, maar ek gee my mening as iemand wat deur die barmhartigheid van die Here betroubaar is.
26 Ek meen dat dit goed is vanweë die aanstaande nood - dat dit goed is vir ‘n mens om so (maagdelik) te bly.
27 ... is jy los van ‘n vrou, moenie ‘n vrou soek nie.
28 ...van nou af moet ook die wat vroue het, wees asof hulle nie het nie.

Hierdie woorde is van die grootste onsin wat hierdie skrywer ooit gelees het.

Ek wil vir die jeug sê: Soek ‘n vrou - van jou genetiese stamboom.  Soek ‘n man - uit jou genetiese afkoms.  Trou - binne jou bloedskakeling.  "Vermenigvuldig en vul die aarde."  Geniet die seksuele wat die Skepper vir ‘n ieder en ‘n elk daar gestel het en verwek ‘n nageslag.  Moenie ophou kinders maak net omdat tye sleg lyk nie.  Tye is eintlik altyd sleg (dink aan die Voortrekkers).  Wees positief.  Meer "goeie" ouers wat "goeie" kinders maak, wat "goeie" leiers word, sal "goeie" tye maak.

Vers 28 bevat nog meer sulke onsinnigheid:

28 Maar as jy trou, sondig jy nie; en as ‘n maagd trou, sondig sy nie.  Maar sulke mense sal verdrukking hê vir die vlees, en ek wil julle spaar.

Sal getroude mense dan meer "verdrukking ly" as ongetroudes, sodat hulle daarvan "gespaar" moet bly?  Ons glo nie.  Seksuele frustrasie vir ‘n ongetroude, dink ons, is ‘n erger hel as daardie wat binne ‘n vertrouensverhouding (of huwelik) ervaar word.  Baie mense wat ‘n "rein lewe" gelei het, wat nie voor die huwelik tot die seksdaad wou oorgaan nie, sal sekerlik onthou hoe hulle "gebrand" het van die natuurlike prosesse wat in hul liggame aan die gang was.  Baie wat so geleef het, het in dankbaarheid op hul knieë geval toe hulle uiteindelik kon trou sodat die verligting van seksuele druk "wettig" afgelei kon word!

En ons kan nie ophou kinders hê net omdat dinge nou sleg lyk nie.  As die Voortrekkers van Suid-Afrika en die Pioniers van die Amerikaanse weste so gedink het, was nie een van hierdie wêreldstreke beskaaf nie.  Albei het aangehou om kinders in die lewe te bring in die aangesig van vyandige inboorlinge.

Ja, mense wat nie trou nie, het sekerlik minder verantwoordelikhede en kan totaal selfsugtig lewe.  Kinders eis baie aandag en insette van hul ouers, maar Paulus (en die kerk en ons geestelike leiers) se raad kan nooit wees dat ons daarom nie kinders behoort te hê nie.  As die lewe veeleisend is en dit swaar gaan met ons mense, moet hierdie lewe deur u en my reggeruk word sodat dit vir die Kroos aangenamer sal wees om kinders te hê.  Die antwoord lê nie in om NIE kinders te hê nie.  Dit is geklikheid. 

Die antwoord lê in die opvoed en vorming van beter leiers vir ons sosiale omstandighede.

Die antwoord lê daarin dat ons ‘n wêreld vir onsself moet bou wat bevorderlik is vir ons mense.

Paulus se onsinnigheid gaan in vers 34 verder:

34 Daar is ook onderskeid tussen ‘n vrou en ‘n maagd; die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here om heilig te wees na die liggaam sowel as na die gees, maar die getroude vrou is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe sy die man sal behaag.

Die implikasie in die woorde "die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here om heilig te wees na liggaam sowel as na die gees" is duidelik dat diegene wat seksueel aktief is, minderwaardig is, eintlik "onheilig" is, en kwansuis nie besorgd is oor die dinge van die Here nie.  Dit is mos louter snert.  Kyk hoe getroudes, ouers met kinders, die kerk in Suid-Afrika opgebou het uit niks drie honderd jaar gelede, na wat dit geword het voordat dit van binne verrot het.

Vergewe my as ons nie in Suid-Afrika deur ‘n klein "roomse kerkie" regeer wil word nie, ‘n kerk vol priesters wat met ons seuns lol, en nonne wat ons dogters afrokkel en hulle in daardie helse kloosters toesluit nie!  Ons verwerp dit met alles waarvoor ons staan.

Permanente maagdelikheid is onnatuurlik, onredelik, kranksinnig en onheilig aangesien dit in stryd is met die Skepper se wette vir die instandhouding van die Skepping.  Daarenteen is die getroude vrou juis besig om die Skepper te behaag deur haar rol te vervul en kinders te baar.  Sy kan dit net in hierdie lewe vermag en sy behoort dit met oorgawe te doen.  Deur kinders te baar, vervul sy die wet van die Skepper en is sy juis "besorg oor die dinge van die Here". 

Dit was getroude vroue wat grootliks daartoe bygedra het om Suid-Afrika te bou tot die wêreldmoontheid wat dit in die sestiger- en sewentigerjare geword het.  Dit was hulle pannekoekverkope en ander harde werk wat kerke en politieke partye tot stand gebring het.

Getroude vroue met kinders is die room van ‘n Volk.

Die volgende teksvers toon Paulus se gesagloosheid oor die hele onderwerp.  Hy het sy standpunte oor die seksuele uit die duim gesuig.  Hy sê dit self:

            Ek het geen bevel van die Here hieroor nie... (vers 25)

Paulus het nie gesag vir sy standpunt nie.  Hy staan beskaamd.

Die Natuurorde beveel voortplanting, beveel dat lewe geskenk word in hierdie lewe.  Dit heilig ‘n lewe.  Dit vervul die lewe.  Dit is die eerste vervulling van enige lewe.

Die Natuurorde is die wil van die Skepper.  "Hy" wíl dit so hê en enige mens, ook nonne, priesters en die pous wat nie trou nie, oortree in dieselfde gees van wat bekend staan as die "onvergeeflike sonde".  As jy sterf sonder om kinders te hê, is dit onvergeeflik, want nie eers die Skepper kan dan vir jou kinders gee of jou gene vir jou Volk aangee nie.  Die ontsterflike wet van die Ewigheid is: Westerling, maak kinders vir die Westerse Kroos.

Teenoor Paulus se gesaglose aanbieding, is hierdie standpunt of filosofie is met gesag beklee aangesien dit die Natuurorde gehoorsaam.

Daar mag dalk lesers wees wat dink dat skrywer Paulus nie heeltemal korrek vertolk nie, maar dit is duidelik wat hy sê:

38 Daarom, ook hy wat in die huwelik uitgee, doen goed; maar hy wat in die huwelik nie uitgee nie, doen beter.

Nee.  Duisend maal nee.

Daar is geen onduidelikheid oor wat die uitwerking op enige volk sal wees wat sulke anti-lewe- denke aanhang nie.  So ‘n volk sal beslis uitsterf.  As jy jou vyand wil oorwin, leer dan sy mense hierdie les en dit is net ‘n kwessie van tyd voordat hy oorwonne is.

Paulus se "geskrifte" en standpunte is soos ‘n Trojaanse perd in ons gesamentlike gees "geplant".  Sulke anti-lewe-gedagtes is spreukwoordelik van die satan en die hel, en word hiermee verwerp.  Paulus se "teologie" en filosofie is gif vir die Westerse Kroos, en die eerlike en opregte student sal gou die gevaar daarvan insien.  Vanuit sulke gedeeltes het die nonne en priesters van die Roomse Kerk hul gedagtes van kloosters en die selibaatleer ontwikkel.

Funk and Wagnalls se ensiklopedie (soos ook Boettner) stel dit in die artikel : Celibacy, as volg, nl. dat die Rooms-Katolieke glo:

"...celibacy is a state of greater perfection..."

Hier is die wêreld se grootste onsin in ‘n paar woorde saamgevat!  En dit kom van Paulus en vanuit die kerk.


ONTMANNING IN BYBEL EN KERK

Daar is vroeër hierin daarop gewys dat die Nuwe Testament eintlik ontmanning (kastrering, die verwydering van die testikels) van mans voorstaan en aanbeveel?  Kom ons kyk weer na Jesus se woorde:

Want daar is persone wat onbekwaam is om te trou, wat van die moederskoot af so gebore is, en daar is persone wat deur die mense onbekwaam (gekastreer) gemaak is, en daar is persone wat hulleself onbekwaam gemaak (laat kastreer) het ter wille van die koninkryk van die hemele.  Wie dit (kastrasie) kan vat, laat hom dit vat. 
            (Woorde in hakies deur hierdie skrywer bygevoeg).

Aldus Jesus in Mattheus 19:12.

Laat jou kastreer "vir die koninkryk van God", sê Jesus en die Bybel.  Dis seker YHWH wat sulke mans in sy "koninkryk" wil hê (want is YHWH dan nie ook die outeur van die Nuwe Testament nie?), nie die Skepper nie.  Ons weet dit want die Skepper het met ‘n doel vir die man testikels gegee en as daardie doel nie volbring word nie, is dit een van die "onvergeeflike sondes".  Daar is dus geen manier onder die son dat die Skepper ‘n man gemaak het om vrugbaar te wees en terselfdertyd die woorde hierbo "geïnspireer" of "ingegee" het nie.  Dit word onbevrees verwerp.

Maar die Roomse Kerk het op ‘n skrikwekkende wyse met hierdie gedagte om gegaan.  ‘n Aanhaling vir die belanghebbende leser:

In Italy, during the sixteenth century, eunuchs were far from outcasts in the Roman Catholic Church.  Their popularity was due to a unique job opportunity created by a new art form - opera - and a revolutionary new style in singing, bel canto ("beautiful song"), characterized by a clarity of tone combined with brilliant vocal displays that were mastered only after years of training.  But these skills created a sexist quandry, as there was no one to sing the soprano’s refrains.  For centuries the Church and Catholic Europe followed Saint Paul’s injunction, "Let your women keep silence in the churches".  Therefore, women were banned from performing not only in church rituals but all stage productions.  The solution lay in making a man for the job, but to do so underhandedly, since castration was prohibited by Church law (tog het die kerklikes geweet wat aangaan, want daardie seuntjies het in hul kore gesing...)

Singled out for emasculation were exceptional choirboys between the ages of six and seven.  After recovery from his operation (waarvoor hy beslis NIE toestemming gegee het nie) the boy would continue taking voice lessons until he developed "an extraordinary chest expansion, an exemplary use of the diaphragm to support and control the emission of breath, an agile supple throat, great virtuosity and imagination in vocal display and ornamentation, and, in a majority of cases, a notable degree of personal vanity" (Encyclopedia Britannica).
(uit Kit Schwartz, The Male Member, bl. 97).

So - vir die kerk was dit ‘n "groot sonde" as ‘n vrou in die kerk (of in die openbaar) opgetree het, haar stem laat hoor het.  Dit was vir die kerk feitlik onvergeeflik - maar dit was niks om duisende seuntjies te ontman nie, om hulle lewens te verwoes op ‘n stadium dat hulle nie geweet het waaroor dit gaan nie, om hulle op ses en sewe jarige ouderdomme van normale manwees te ontneem en hulle van ‘n nageslag te ontneem.  Dis niks.  Dit gebeur tot eer van God!  En, wat daarvan, kan ons in gewone spreuktaal vra!  God beveel dit dan deur Sy Seun!

En daardie gekastreerders was verbied om te trou - omdat die Bybel ‘n verbod om te trou plaas op enigeen wat nie "al sy toerusting het nie...."-

He that is wounded in the stones (testikel), or hath his privy member (penis) cut off, shall not enter into the congregation of the LORD.  (Deuteronomium 23:1, KJV)

...maar dit is mense wat ten behoewe van die kerk daardie skade aan daardie jong seuns aangerig het, en dit omdat Jesus sê dit mag gedoen word!

Bring nou die kloutjie by die oortjie met al hierdie goed.

Geagte leser, bladsy op bladsy, punt op punt, is dit klokhelder dat die hele storie van die kerk deur mense opgemaak is, uitgedink deur kranksinniges wat onder in die draaikolk van onredelikheid vasgesit het, uitgedink deur skimagtige mense met ‘n agenda uit die hel.  "Aan die vrugte sal jy die boom ken" - kyk! moord, doodslag, vervolging van onskuldiges, magsug, leuens, verraad, losbandige seks onder die priestery oor eeue heen, verwronge seksualiteit oor eeue heen tot vandag toe (soos in Rooms Katolisisme - en vandag dink sekere Protestantse kerke daaraan om te herenig met daardie Katolisme!  Kan dit wees?).  Die skrywers van daardie ou dokumente waarop die Bybel gebaseer is, was mal, in ‘n sekere sin, maar nie so mal dat hulle nie besef het watter mag en rykdom hulle uit die hele ding sou bekom nie, en daarom het hulle dit opgerig, ‘n religieuse stelsel wat die mense paai en hulleself in ereposisies oor hulle aanstel.

En die eerste wapen wat hulle teen u en my gebruik is vrees - vrees dat ons dalk "die Here" ongehoorsaam sal wees, Sy wil en wet sal verontagsaam; vrees... vir ‘n mensgemaakte oordeel in ‘n mitologiese vuur, die hel, wat nie bestaan nie en nie in die gedagtes van ‘n eervolle en redelike Skepper opkom nie.

Wel - ons verwerp dan ook hierdie kwessie - vreesloos, soos ook al die ander verkeerde kerklike interpretasies wat in hierdie werk bespreek word.


VERDERE ONGESONDHEID

Die Natuur beveel die mens se seksualiteit op dieselfde manier as wat dit met elke dierespesie gedoen word.  Die opdrag om voort te plant is vir die voortbestaan van alle spesies van opperste belang en enige "skrif" of "heilige boek" of "priester" of "profeet" wat daardie opdrag in die minste probeer negeer, is niks anders as ‘n "ketter" nie. 

‘n Filosofiese stelling vir u oorweging:

Die seksuele verhouding tussen man en vrou is reg en goed en is die enigste wat deur die Skeppingsorde goedgekeur word, dit in die eerste plek binne die huwelik en, tweedens, waar twee volwassenes gewilliglik daartoe instem.  (Pedofilie en homoseksualiteit groepeer nie hieronder nie).

Daarby is seks vir die mens genotvol en het dit ‘n besliste terapeutiese kwaliteit - dit is so ontwerp, en aangesien die mens verstand het, is dit iets waaroor hy kan besluit wanneer of hoeveel keer hy dit wil doen - en die "kerk" mag nie daaroor voorskriftelik wees nie.  Om te verkondig dat seks alleen beoefen mag word vir die verwekking van ‘n kind, is ook "kettery".

Menige lesers sal wil weet of daar enige bewys is dat seks ook vir plesier bedoel is, en nie net vir voortplanting nie?  Ja, daar is beslis.

Deel van die anatomie van vroue is die klitoris wat geen ander organiese doel dien as om genot te verskaf nie.  Ons erken dit sonder om toestemming te gee tot die banale, dierlike of platvloerse.  Daardie verstand waaroor die mens beskik wat hom daartoe in staat stel om al die grootse uitvindings te doen, is ook daartoe in staat om ons te leer om ons seksualiteit op ‘n beskaafde en ordentelike manier te ervaar en uit te leef.  Beskaafdheid bly die doel en ‘n vark bly ‘n vark.

Sommige Christene of ander lesers mag van mening wees dat daar hiermee te vryelik met die menslike seksualiteit omgegaan word.  Die volgende stukkie (sensitiewe) geskiedenis word daarom vertel, met verskoning aan hulle wat daaroor sal skaamkry, maar ons kan soms verleë raak as dit by die medise dinge kom, nie waar nie?

Gedurende die negentiende eeu, tot in die vroeë jare van die twintigste, is ‘n vreemde "siekte" by vroue in Victoriaanse Engeland gewaar.  Dokters het dit "hysteria" genoem.  Vrouens, meestal van die middel en hoër stand het in die Victoriaanse tyd daaraan gely toe die seksualiteit van die mens, maar veral van "dames", weens ordentelikheid, nooit bespreek is nie. Dit was tog benede hulle om oor die slaapkamerdinge te praat.  "Hysteria" was gevolglik ‘n toestand wat aanhoudend herhaal is.  Dit het oor en oor gebeur.  Kan u raai wat die kwaal en behandeling daarvoor was?

Die kwaal was ‘n gebrek aan orgasme en masturbasie was die behandeling.  Dit is goed gedokumenteer.

Natuurlik, weens die ordentelikheid van die mense, moes mediese dokters daardie dames persoonlik behandel.

En ná die "konsultasie" was so ‘n vrou vir twee weke of ‘n maand weer so reg soos ‘n roer.

"Hysteria" het ontstaan omdat Engelse mans, na aanleiding van die puriteinse gedagtes wat die kerk verkondig het, geglo het dat hul eggenotes regte dames was, verhewe bo die gewone vrou op straat en straatvrou, dat hulle gebore is sonder enige natuurlike behoefte aan die seksuele, dat hulle hul glad nie met seks bemoei het nie en dat hulle geen behoefte daaraan gehad het nie.  Nee - hulle skoon en rein vroue het nie "gekom" nie en het nie "lus" gekry nie.  Sy moes net "vir volk en vaderland" reg lê en haar man se kinders baar (ekskuus).  Vir egte dames was dit onbetaamlik om seks te geniet en vroue wat seks geniet het, was prostitute.
En omdat seks tuis vervelig was, het die mans hulle op groot skaal na prostitute gewend aangesien húlle die daad tog ook soveel meer geniet het.  Engeland het gedurende die Victoriaanse era meer prostitute aan die lewe gehou as ooit in hul geskiedenis.  Vreemd was dit nie in daardie mans se gedagtes dat prostitute seks geniet het, maar hul eggenotes nie.  Meneer, wat is 2 + 2?  (Ekskuus).

Hysteria is vroeg in die twintigste eeu steeds deur die ‘n dokter se vinger "genees".  Moes ‘n vervelige werk gewees het.  (Ekskuus).

Die leser kan die juistheid hiervan gerus self nagaan.

Dus - die seksualiteit van die mens is wonderlik en hierdie boek sal die saak nie verder aanspreek nie.  Genoeg is op ander plekke daaroor geskryf.

Wat seks nie is nie, is dit wat die Christelike kerk oor twee duisend jaar daarvan probeer maak het.  Die kerk se lesse en uitlewing daarvan was heeltemal verkeerd en hopeloos te gebrekkig.

Die Christelike siening oor die seksuele ontwaking van jongmense, van die seksuele verhouding tussen ‘n man en sy vrou, oor maagdelikheid, oor die selibaatleer, oor kastrasie, oor nonne en monnike, word dus hiermee geheel en al verwerp.

Daar is soveel daarmee verkeerd dat ons dit gladnie as ‘n standaard of verwysingsraamwerk kan of mag aanwend nie, behalwe om daarna te kyk as die verkeerde.


ONAN

Alhoewel seksualiteit nie die onderwerp van hierdie boek is nie, kan ons nie daarvan afstaan sonder om na nog ‘n leuen en mistasting van die kerk te kyk nie.

Die geval van Onan word verkeerdelik aan ontluikende jong mans voorgehou as ‘n les vir enige een van hulle wat daardie sterk seksuele drange nie beheer nie, en dit sou waag om dit self te ontlaai.

Tog is Onan se verhaal nie ‘n voorbeeld van of ‘n les teen masturbasie nie.  Om so te sê, is geestelike bedrog.  Onan is gestraf omdat hy die Joodse god, YHWH, se instruksie om ‘n kind vir sy gestorwe broer by dié se vrou te verwek, verontagsaam het.  Dat predikante en Christene in die algemeen so oneerlik kan wees, is regtig verwerplik.  Die verhaal van hierdie man wat kwansuis gestraf word oor hy kwansuis masturbeer, word in Genesis 38 gevind.  Kyk of u dit daar kan vind:

7 Maar Er, die eersgeborene van Juda, het die HERE mishaag.  Daarom het die HERE hom laat sterwe.
8 Toe sê Juda vir Onan: Gaan in by die vrou van jou broer en sluit die swaershuwelik met haar en verwek vir jou broer ‘n nageslag.
9 Maar Onan het geweet dat die nageslag nie syne sou wees nie; daarom het hy, elke keer as hy by die vrou van sy broer ingaan, dit (sy sperma) op die grond verderwe om vir sy broer geen nageslag te gee nie.
10 En dit was verkeerd in die oë van die HERE wat hy gedoen het; daarom het Hy hom ook laat sterwe.

Ag ja, die vreemde verlange en opdragte van YHWH.

Onan is dood omdat hy nie vir sy broer ‘n nageslag wou verwek nie - nie omdat hy kwansuis gemasturbeer het nie.  Skynbaar het hy nie eens gemasturbeer nie, maar seks met sy broer se vrou gehad en onttrek voordat sy saad in haar beland het.

Die geval van Onan het geheel en al niks met masturbasie te doen nie.  Wat ons wel kan vra is of dit dan nie vir Onan sonde was om seks te hê met iemand met hy nie getroud was nie.  Indien die antwoord Nee is, kan ons teruggan en weer kyk na skrywer se stellings hierbo.  As dit wel sonde was, kan ons vra waarom hy nie daaroor gestraf is nie.

Wat wel uit die verhaal na vore kom, is dat Onan verskeie kere na die vrou gegaan het, en seks gehad het - dan het hy dit seker geniet, was dit seker vir hom ‘n aangename uitstappie, dan nie? Hy het tog gevorder tot by die klimaks...

Laastens, daar word glad nie in die Bybel vir die jeug enige leiding gegee oor hul seksuele ontwaking wat hulle almal ervaar nie.  En vanuit die kerkewêreld was daar ook net die oordrewe Christelike teenkanting en verdoemenis in hul boeke en sedeleer daaroor.  Die meeste van ons het grootgeword met daardie oordrewe gevoel dat alles wat met seks te doen het, verwerplike "sonde" en vieslik was.  Hande is geslaan en kinders is gedurig ‘n luide "sies" toegesnou sou hulle iets aangaande hul liggame ontdek of daaroor uitgevra het.  Daardie antwoorde en optrede was en is werklik verwerplik.  Ons het ook mos gedink ons ouers doen "dit" nie en was dit vir die meeste van ons ‘n groot skok toe ons dit agtergekom het.  Daardie kerklike en Christelike lesse is verkeerd en onnatuurlik en word verwerp.


NORMALE SEKSUELE GEDRAG

ii                    Om al jou liggaamsfunksies te ken en te verstaan wat gebeur, is goed en reg.
ii                    Om saam met ‘n lid van die teenoorgestelde geslag in ‘n standhoudende verhouding te leef waar daar ‘n "commitment" is, ‘n wedersydse vrywillige verbinding en toewyding aan mekaar, met ‘n enkele seksmaat (of dan, om te trou) is eerbaar, edel en "heilig" en die regte ding om te doen.
ii                    Om kinders in die lewe te bring, is die hoogste vervulling van die gawe van die lewe.
ii                    Seks is nie "sonde" nie.  Om geld te maak uit seks, is verkeerd (prostitusie, pornografie, ens).  Dit hoort nie onder ons nie.  Skrywer sou graag wou hoor dat ons politieke leiers in die openbaar oor pornografie en prostitusie praat en by ons jongmense pleit om nie daarby betrokke te raak nie, dat hulle ‘n pleidddooi tot ons jong meisies sal rig om nie vir pornografiese fotos te poseer nie, ook dat ons jong mans nie hul susters sal korrupteer en verlei met sulke praktyke nie, en dat ons mense nie sal toelaat dat sulke bedrywighede in ons midde floreer nie.
ii                    Om "rond te slaap" en aan "vrye seks" deel te neem, is nie in harmonie met die Natuurwette nie.  Bewys: die Natuur antwoord self op losbandigheid, op daardie soort gedrag - geslagsiektes ontstaan en steek aan by permissiwiteit.  Losbandigheid bring talle geslagsiektes, ook MIV/vigs.
ii                    Seks met wedersydse respek, binne ‘n bestaande verhouding is sekerlik die gewenste toestand.  Die antwoord op hierdie vraag (uit ‘n poplied) sal ‘n goeie riglyn verskaf:
                        How can we be lovers if we can’t be friends...?
ii                    Seks met een maat is veilig en nader aan die doel van die Skepper as ‘n rits "one night stands".
8.         Seks binne rasgrense is die enigste wat toegelaat kan word en word vereis, behalwe dat dit ook die veiligste is wat seksueel-oordraagbare siektes betref.  Die geskiedenis van geslagsiektes dui daarop dat die meeste daarvan nie in Europa ontstaan het nie.  (Hieroor kan die leser self navorsing doen).  Daar is sewe hoofrasse onder die mensdom: kaukasies (wit - die "ons" van hierdie skrywe), negroïde (swart), mongoloïde (oos-Asië), boesman, aborigine (Australasië), Indiër, Semiete (Jode, Arabiere - volkere van die midde-Ooste).  Die rasgrense vir ons mense sluit in die volgende: volbloed wit Suid-Afrikaners, Franse, Skotte, Iere, Engelse, Amerikaners, Australianers, Nieuw Seelanders, Kanadese, Duitsers, Nederlanders, Dene, Noorweërs, Swede, Finne, Wit-Russe, wit Zimbabweërs en Zambiërs, ens.  Dit is maklik om te sien wie jou rasgenote is want ras is ‘n Natuurverskynsel.  Wit mense IS wit mense.
9.         Seks binne die rasgrense is die enigste wat vir ons mense toelaatbaar is.  Seks oor die rasgrense heen is die grootste "sonde" wat daar is en dit is onvergeeflik omdat die gevolge daarvan onomkeerbaar is.  Baster kindertjies is nie die bedoeling van die Skepper nie en selfs Hy kan nie sulke bastertjies ongedaan maak nie.  Om die genetiese lyne wat oor duisende jare in jou ontwikkel het te vernietig, is die grootste tragedie wat huidig in die Weste plaasvind.  Moet dit nie in die onbesonnenheid van jeugdigheid doen nie - jy sal dit berou.  Wanneer ‘n mens ouer word, sien mens die dwaasheid daarvan in.


SAMEVATTING

Ten slotte by hierdie hoofstuk:

Ons mag ons kinders in die toekoms glad nie op mites grootmaak wat aan hulle voorgehou word asof dit die reine waarheid is terwyl dit eintlik vergissings van die primitiewe verbeelding is nie.

Ons mag glad nie meer vir hulle vertel dat hulle daardie mites nie mag ondersoek nie en net moet "glo" aangesien ons "deur 'n spieel in 'n raaisel kyk" en nie alles kan verstaan nie.

Ons kan glad nie verwag dat die wêreld 'n beter plek om in te lewe sal word terwyl ons vir ons kinders oor die verlede en oor sogenaamde "goddelike handelinge" lieg nie.

Die verbeeldingsvlugte van lank vergane skrywers wat nie verder aan ons kinders geleer mag word nie, sluit die volgende in:

- dat die wêreld slegs 6000 jaar oud is;

- dat ons nou in die een of ander "sewende millennium" leef wat kwansuis in 'n boek genaamd Openbaring beskryf word;

- dat die Genesis-verhaal oor die skepping die goddelike waarheid is.  Hierdie planeet en die heelal is nie geskape soos dit daar opgeteken is nie;

- dat Adam en Eva die eerste mense op aarde was, soos die Genesis-verhaal dit probeer beskryf;

- dat daardie sogenaamde "eerste ouerpaar" die een of ander "oortreding" in "Eden" begaan het wat die oorsaak van al die probleme in die wêreld is, dat dit die oorsprong van die "erfsonde" is en dat daardie daad alleen deur ‘n "godeseun" wat daarvoor moet sterf ongedaan gemaak kan word ;

- dat 'n man genaamd Noag geleef het en dat hy die wêreld se dierespesies van verdwyning in ‘n wêreldwye vloed gered het deur hulle in 'n groot boot, die sg. Ark, in te neem sodat hulle op daardie wyse die sg. sondvloed en die dood ontkom het;

- dat álle mense op aarde en álle rasse van Noag se drie seuns, Sem, Gam en Jafet, afstam;

- dat ‘n man genaamd Abraham 'n verbond met "God" gesluit het wat nou beteken dat sekere mense meer uitverkore is as ander.  Dit het nooit gebeur nie;

- dat die verhale van Isak en Jakob, Josef in Egipte, Moses en die Eksodus, Sinai en die Tien Gebooie, Jerigo en die mure wat omgeval het, die son wat stilgestaan het vir 'n mens, ens., enigsins ‘n greintjie van waarheid bevat;

- dat die Onbekende en Onbeskryflike Al-Vader dit nodig geag het om Sy allerheiligste Saad met dié van ‘n aardse, "gevalle", "sondares", en reeds verloofde Jodin, genaamd Maria, te meng.  Dit het nooit gebeur nie;

- dat die gevolg van die vermenging van daardie Ewige en Heilige Saad met dié van ‘n mens soos u of ek, die persoon Jesus was, dat hy wondere gedoen het, doodgemaak is, maar vanself weer lewend geword het, en nou in die hemel aan die regterhand van die Onbekende en Onbeskryflike Al-Vader sit.  Dit is nie waar nie;

- dat daardie "Jesus" weer eendag gaan terugkom om dinge hier op aarde reg te stel;

- dat daar enige waarde daarin is om die res van die verhaal vanaf "Handelinge" tot "Openbaring" te bestudeer;

- dat dit enigsins nodig is om enige van die boeke van Genesis tot by Openbaring te bestudeer, behalwe om te weet wat om nie te glo nie;

- dat dit nodig is om aan ‘n kerk of ander mistiese "religie" te behoort (m.a.w. dat die mensdom enigsins moet glo aan gode (een of drie of meer), gode-seuns, engele, goddelike ingryping in aardse sake soos die Bybel probeer leer, profete en profesie; dat ons ons gode kan eet (nagmaal) of hul bloed kan drink (nagmaalwyn), dat daardie brood in die liggaam van ons god verander word (transsubstansiasie), goddelike wonderwerke soos dié in die Bybel, ens.

- dat ons mense enigsins hul geld of ander lewensmiddele in die kerke se programme moet stort wat deur die predikante beskou word as behulpsaam "vir die redding van die mens se siel" - want dit is nie.

Aangesien daar nie 'n enkele bewys vir die bestaan van Jesus, die Christus van die Nuwe Testament, in die geskiedenis is nie, en ook nie vir byna elke ander Bybelkarakter nie, kan ons met veiligheid aanneem dat die hele verhaal bloot 'n versinsel is en die meeste ander feite wat uit dieselfde boek kom, ook bloot mitologies van aard is.  Omdat dit mitologies en van Asiatiese oorsprong is, is dit skrywer se appél dat ons, die Westerse wit mense ten minste na ons eie mitologie terugkeer, as ons dan mitologie wil hoor en bestudeer.

Daarmee kry ons klaar met Jesus, die Bybel en die Kerk.


SKRYWER SE GESAG

Sonder om aanstellerig te wees, maar aangesien hierdie werk gefundeer is op die ewige Natuurwette van die Skepper, en aangesien skrywer oortuig is dat dit baie nader aan die waarheid is as omtrent alles wat in die Bybel gevind word, word hierdie deel afgesluit op soorgelyke manier as waarop Paulus sy werk met gesag beklee het.  Paulus se woorde aan die einde van sy sewende hoofstuk van l Korinthiërs word effe aangepas en as gesag vir die inhoud van hierdie boek opgeëis, naamlik:

40 ...ek meen dat ek ook die Gees van die Skepper het...

...so baie anders as die gees van YHWH wat Paulus kwansuis gehad het...


Religion began when the first scoundrel met the first fool.

No comments:

Post a Comment