Thursday 12 April 2012

HOOFSTUK 5



VERDERE PARADIGMA VERSKUIWINGS
  
In hoofstuk 4 het ons gesien hoe die vermeerdering van kennis oor die laaste paar eeue reeds twee belangrike Bybelse paradigmas verskuif het.

Dit was:
Nr.  1 - DIE EERSTE GROOT PARADIGMAVERSKUIWING -
ONTSTAAN BINNE DIE KERK - LUTHER
naamlik, toe teoloë self 'n verskuiwing veroorsaak het (Luther en ander hervormers) - weg van dit wat oor meer as duisend jaar vanuit Katolisime gevloei het na dit wat toe Protestantse leer en interpretasie geword het;

Nr. 2 - DIE TWEEDE GROOT PARADIGMA VERSKUIWING -
ONTSTAAN VANUIT DIE WETENSKAP - GALILEO
2.1 - STERREKUNDE - Deel l
Dit was die sterrekundige ontdekkings van Copernicus en Galileo.

Daar is egter veel meer as net daardie ontdekkings wat vandag soos stormwinde aan die skanse van die kerk ruk.


WETENSKAPPE WAT ONS BEGRIP OOR DIE BYBEL BEïNVLOED

            godsdienswetenskap
            sterrekunde
            literatuurwetenskap
            rede
            argeologie
            paleontologie
            geologie
            natuurkunde
            genetika
            antropologie
            aardrykskunde
            biologie
            skeikunde
            wiskunde
            skryfkuns
            geskiedenis
            chemie en sekerlik vele ander ook.

Hierdie wetenskappe het verdere uitdagings tot ons begrip oor kerklike en Bybelse begrippe  meegebring en elkeen het ons opnuut met keuses oor die waarheid uitgedaag.  Die gevolge van bogenoemde wetenskappe op die Christelike religieuse interpretasie word hierbenewens bespreek.


Nr. 3 - DIE DERDE GROOT PARADIGMAVERSKUIWING
ONTSTAAN VANUIT DIE LITERATUURWETENSKAP

Die wetenskap van die letterkunde, of literatuur, kan die opregte student baie help.  Om geskrewe aanbiedinge te ontleed, om die skrywer se skryfstyl, woordgebruik en lewe na te vors, die tye waarin hy geleef het, die omstandighede rondom die skryf van 'n spesifieke boek, dit alles kan die leser baie meer van die inhoud daarvan leer en gevolglik verkry die student groter insig daarin.  Sonder daardie soort studie is enige diepsinnige boek van veel minder waarde.


INSPIRASIE

Voordat ons oorgaan na die studie van die letterkunde, moet ons eers kyk na wat onder "Bybelse inspirasie" verstaan word, want die kerk sê dat die Bybel "geïnspireer" is toe dit geskryf is.

Die vraag oor wat inspirasie is, ontstaan by die lees van 2 Timotheus 3:16.
Die hele Skrif is deur God ingegee ... 

Daar is hoofsaaklik twee interpretasies van wat nou eintlik met "ingegee" bedoel word.

DIE EERSTE INTERPRETASIE VAN "INSPIRASIE"

Die eerste interpretasie wat deur die antieke kerk gehuldig is en wat vandag steeds onder sekere groepe gevind kan word, is die gedagte dat inspirasie eintlik "diktasie" was.  Aangesien God die  Bybel "gedikteer" het, mag dit nie en kan dit nie bevraagteken word nie.  Dit het derhalwe die hoogste gesag op aarde en dit is vir alle volke in alle tye absoluut gesaghebbend.  Verdermeer word dit verstaan dat geen ander "heilige boek" van enige ander volk deur "God" se toedoen ontstaan het nie en dat "God" nie daardie ander boeke "gedikteer" het nie.  Want as "God" die Koran ook "gedikteer" het, waarom is dit dan so anders as die Bybel?  Indien daardie argument verder gevoer word, sal u agterkom dat dit op algehele gekheid afstuur.

Maar wat is "diktasie?"  ‘n Maatskappybestuurder dikteer 'n brief; hy praat met sy sekretaresse en sy hoor hom en skryf sy woorde in snelskrif neer.  Wat sy geskryf het is dan 'n presiese weergawe van wat haar baas gesê het.

Binne die algemene kerk is daar mense wat glo dit is wat gebeur het toe die "Bybel" tot stand gekom het.  Hulle meen "God" het gepraat en Moses, Jesaja, Jeremia en Esegiël en die ander profete en skrywers het Sy stem letterlik gehoor en het Sy woorde net so neergeskryf sodat die Bybel nou ‘n presiese weergawe is van wat "God" destyds gesê het.

Maar is dit werklik wat gebeur het?

Sommige kerke se professore, sommige predikante en sommige lidmate glo dit.  Ander kerke se professore, predikante en lidmate glo nie dat dit gebeur het nie.

Maar die meeste lidmate het egter nog nooit eens daaroor nagedink nie.  Hulle weet nie eens dat daar so 'n leerstelling is sodat hulle daaroor kan of moet dink nie.

En die vraagstuk word nie een kant of die ander gefinaliseer nie.

Indien inspirasie wel "diktasie" was, het die eerlike en opregte student die reg om te vra waarom God dan vir daardie skrywers so verkeerd "gedikteer" het oor bv. die posisie van die aarde in die hemelruim of oor die beweging van die son en die hemelliggame in die ruimte.  Hy kon net sowel juis gewees het en die korrekte werking daarvan "gedikteer" het.  Dan kan ons ook vra waarom die Bybel ons onder die indruk bring dat die wêreld net sowat ses duisend jaar oud is terwyl ons weet dat dit veel ouer is as dit.  Ons kan vra waarom God Jesus se stambome so verskillend aan Mattheus en Lukas "gedikteer" het en waarom daar so veel botsende inligting en verkeerde detail in die Bybel is.  Wat kan tog God se bedoeling gewees het met sulke teenstrydighede, foute en gebreke?

Vriende wat die Bybel wil verdedig en wat beweer dat ek te ver gaan, moet doodstil bly totdat hulle ten minste 'n paar van die boeke gelees het wat sulke kritiek uitspreek.  Boeke soos The Encyclopedia of Biblical Errancy en The Late Great Book the Bible en Remsberg se The Christ is 'n paar van die talle boeke wat daaroor geskryf is.  Daardie vriende moet weet dat 'n klag van onkunde teen hulle ingebring word - ons sê Christene is oningelig oor hulle eie saak.  Hulle weet nie van die foute en gebreke in hulle eie leerstukke nie.

As God gedikteer het, sou dit onmoontlik gewees het om soveel skietgoed teen die Bybel te versamel.

DIE TWEEDE INTERPRETASIE VAN "INSPIRASIE"

Die tweede interpretasie is baie losser en stel dit dat inspirasie plaasvind wanneer sogenaamde "heilige mense" deur die "Heilige Gees" oor 'n saak "geïnspireer" word sodat hulle 'n sekere aspek van die "verlossingswerk" in hul gedagtes begryp het en dit dan in hulle eie taal en eie woorde op skrif stel.

Talle professore, predikante en lidmate glo aan hierdie tweede interpretasie, nl. dat inspirasie begin het met 'n idee wat deur die "Heilige Gees" in iemand se kop "geplant" is en waaroor daardie persoon dan moet nadink en besef dat dit 'n goddelike gedagte was.  Dan moes hy dit neerskryf op die beste manier wat hy kon en dit het toe die Bybel geword.  So het dit gekom dat menslike foute ingesluip het by die skryf van die Bybel.

So word die leser gekonfronteer met twee uiteenlopende gedagtes waaroor hy standpunt sal moet inneem:

óf die "Heilige Gees" werk só sterk op 'n skrywer in (sodat inspirasie eintlik diktasie word) dat God se gedagtes werklik foutloos oorgedra word en gevolglik is dit wat daardie skrywer rakende die "verlossingsleer" gepen het, absoluut foutloos wanneer in ag geneem word dat die "Heilige Gees" agter die skryf van elke woord sit;

óf die "Heilige Gees" werk nie so sterk op so 'n skrywer in dat sy werk letterlik foutloos daar uitkom nie, wat natuurlik die deur oopmaak vir allerhande interpretasies en gevolglike debatte oor wat nou eintlik foutloos is en wat nie.


GEKLIKE GOD?

Dit kan dus eintlik net die een of die ander wees.  Óf "God" het "gedikteer" en die Bybel is foutloos, óf die Bybel is vol foute want "God" het dit nie gedikteer nie - en daarom is daar honderde kritieke foute in daardie sogenaamde "Heilige Boek" - iets wat nie so hoort nie..

En as "Hy" dit nie gedikteer het nie en dit bestaan uit menslike gedagtes wat miskien deur die "Heilige Gees" beïnvloed is, dan kan die –

1)                  stigter van die Mormoonse geloof daarop aanspraak maak dat die "Heilige Gees" hom gehelp het om die goue plate wat die engel Moroni vir hom gebring het, te help ontsyfer en dus is die Mormoonse geloof God se eintlike bedoeling op aarde en daarom sal ons almal Mormone moet word of vergaan;

2)                  stigters van die Sewendedag-Adventiste Kerk hulle ook die reg toeien om te verkondig dat die "Heilige Gees" die bron van hulle inspirasie was toe hulle sekere tekste in die Bybel só geïnterpreteer het dat hulle kerk tot stand gekom het, en om die "Heilige Gees" op te eis as die bron van hul profetes, mev. Ellen White, se visoene sodat hulle kan sê dat hulle kerk God se eintlike bedoeling op aarde is sodat ons almal Adventiste moet word of verlore gaan;

3)                  stigter van die Jehova se Getuies daardie gedagte ook vir hom opeis en voorgee dat net sy interpretasie van die Christelike geloof alleen die bedoeling van God op aarde is sodat ons almal Getuies moet word of verlore gaan.


Net so kan die stigters van elkeen van die derduisende Christelike sektes (en van alle ander gelowe dan ook, bv. Boeddhisme, Hindoeïsme, Islam, Spiritisme), daarop aanspraak maak dat die "Heilige Gees" vir hulle meer "lig" gegee het as vir enige iemand anders en sodoende kan hulle daarop aanspraak maak dat hul interpretasie van die heilsleer die enigste bedoeling van God op aarde is sodat alle mense by hulle móét aansluit en hulle spesifieke interpretasie móét glo, of in die ewigheid verlore gaan.

Maar, ás dit die geval is, dán het ons groot moeilikheid, want hoe sal ons dan ooit verstaan hoe "God" vir so baie mense sulke verskillende gedagtes gegee het, want party gelowe is regtig verregaande, selfs gek.  Dink maar aan die Amerikanse sekte wat in hul erediens met giftige slange speel.  As iemand gepik word en sterf, sê hulle, was daardie persoon se saak nie reg nie en dan was sy dood "God" se wil.

Gek.  "A Descent into Madness".  'n Afwaarts draaiende maalkolk na kranksinnigheid.

So 'n losse interpretasie van hoe die Bybel tot stand gekom het, maak "God" verantwoordelik vir al die uiteenlopende godsdienstige sektes - van dagga-rokende Rastafarieërs met hul tooings hare, slanghanteerders in die VSA, veelwyweraars soos die Mormone gewees het en ook offeraars van kinders en diere.

Die groot Onbekende en Onbeskryflike Skepper mag nie en kan nie vir hierdie verwarring verantwoordelik gehou word nie.

Christene en ander gelowiges wat bely dat daar net een "God"is word gevra hoe daar soveel kerke en verskillende leerstellings kan wees wat kwansuis almal deur Hom geïnspireer is?  As dit so is, kan ons met reg dink dat Hy "mal" is, want "Hy" het dan hierdie Babelse verwarring tot stand gebring.


INSPIRASIE - GEKKE LEERSTELLING

Op die ou end is die kerke se leer oor "inspirasie" so wisselvallig en onseker dat die opregte student nie anders kan as om tot die gevolgtrekking te kom dat alle kerke en sogenaamde sektes maar net dieselfde wolhaarstories "smous" nie - die pouse en Calvyn, Wesley en Luther, Russell en Wolmarans, Swaggert, Tutu en Boesak, almal verkoop aan die mensdom waardelose aandele in dieselfde bankrot piramideskema.  Nie een het meer van die "krag van die Heilige Gees" as die ander "ontvang" toe hulle hul boeke en interpretasies neergeskryf het nie.  Nie een het die reg om enige een onder die indruk te bring dat almal in die hele wêreld aan sy "kerk" moet behoort, of in ewigheid verlore gaan nie.  Hulle is almal besig met dieselfde slenter - om te verkoop wat hulle nie het nie en nie kan bewys nie, waarvoor daar geen waarborg bestaan nie en wat nie in die geskiedenis met enige vorm van realiteit beslaan is nie.

Teoloë weet dat die leerstelling oor die inspirasie van die Bybel baie problematies is en dat dit die deur vir enige godsdienstige interpretasie oopgooi.  Daarom hoor ons so min daaroor en daarom is die kerkewêreld so 'n Babiloniese verwarring.


GEESTELIKE BEDROG

Al wat nodig is vir 'n nuwe kerkgenootskap of religie om tot stand te kom is dat iemand sal beweer dat "God met hom praat".  Sodra iemand dit sê, glo die mense daardie persoon onvoorwaardelik.  Deur die eeue heen was dit die een slenter waaronder die meeste bedrog ooit gepleeg is.  Almal glo daardie persoon alhoewel God nog nooit met u of met my gepraat het nie. Niemand wat beweer dat "God met hom praat", kan dit in die minste bewys nie.  Dit is 'n leuen.

As "God" met ander mense praat - waarom nie met u nie?  U is mos baie "gelowig", dan nie?  U wil mos sy stem hoor, nie waar nie?

Die eerlike en opregte student moet homself afvra waarom God nooit met hóm praat nie?  Wat is die predikante en pastore, die Ray McCauleys en die Theo Wolmaranse, die Jimmy Swaggerts, die Rodney Howard-Browns en die Reinhard Bonncke's dan beter as u dat Hy nooit met u praat nie?  Die McCauleys skei en Jimmy Swaggert raak met prostitute deurmekaar, tog verkondig hulle dat "God met hulle praat".  Is daardie manne dan enigsins beter of hoër as u dat húlle Sy stem hoor, maar u (en ek) nie?  En dit terwyl hulle dieselfde skandes oorkom as "gewone" mense?

Ons (u en ek) is opregte soekers na die ewige waarheid van die Skepper, maar Hy praat NIE met ons nie.  Waarom nie?  Waarom met húlle wat soms niks beter as skelms is nie?

MAAR NET 'n IDEE

Ons kan seker wees dat die Skepper NIE met mense praat nie en dat "inspirasie" nie is wat kerke voorgee nie.

Inspirasie is niks meer as 'n gedagte, 'n idee, wat in 'n mens se brein ontstaan wanneer 'n mens 'n bietjie dink nie.

So kan daar ook van hierdie boek gesê word dat dit "geïnspireer" is.  Op dieselfde basis kan hierdie skrywer sê dat hy geïnspireer is om 'n boek teen die mite van 'n god-mens, Jesus, te skryf - want "God het met my daaroor gepraat."  U sien, "God" het vir my gesê dit is tyd om 'n einde te maak aan die bedrog wat in "Sy" naam gepleeg word.  Dit word gesê met dieselfde gesag as wat enige predikant of pous praat.


VOORBEELDE VAN INSPIRASIE

Henry Ford was "geïnspireer" toe hy sekere aspekte van die motorvoertuig en die vervaardiging daarvan uitgedink het.  Mense sê van sy werk – "Sjoe!  Dis nou geïnspireer!"  Het "God" vir hom die planne gegee – net so, die hele fabriek?  Nee.  Ford Motor Maatskappy het oor 'n eeu gegroei en ontwikkel.  Tog was Ford ‘n inspirasie vir talle ander vervaardigers wat hom nageboots het.  Toe raak hulle geïnspireer deur sy produksiemetodes.

Chris Barnard was geïnspireer toe hy die eerste hartoorplanting gedoen het.  Mense sê van sy werk - "Sjoe!  Dis nou geïnspireer!"  Het "God" vir hom gewys hoe om dit te doen?  Nee wat.  Hy het dit uitgedink oor jare heen en eers op diere geoefen.  Die gedagte van hoe ‘n hartoorplanting gedoen kon word, het oor baie jare se studie, met swoeg en sweet gegroei en ontwikkel.  Daarna was dr. Barnard ‘n inspirasie vir ander dokters wat sy werk nageboots het en toe was hele mediese wêreld geïnspireer.


KERK GROEI EN ONTWIKKEL STEEDS

Die geskeidenis leer ons dat die teologie en die kerk se leerstellings ook oor eeue heen gegroei en ontwikkel het.  Dit was nie eensklaps daar nie, tog word u en ek onder die indruk gebring dat die kerk en die leerstellings eensklaps bestaan het, dat dit alles binne die drie jaar van Jesus se prediking tot stand gebring is, maar dit is nie die waarheid nie.  Die feite is baie anders en baie dinge word vir ons weggesteek.

Die kerk en die leerstellings is nie in daardie drie jaar van Jesus se sogenaamde prediking "gegee" nie.  Dit is nie in die leeftyd van Jesus gegee nie, ook nie in die leeftyd van die apostels nie en laastens ook nie in die leeftyd van die kerkvaders nie.  Inteendeel, die kerk en die leerstellings van die Christendom groei en ontwikkel vandag nog en dit hang net af wie in beheer daarvan is, hóé dit ontwikkel en watter interpretasies aangeneem word as amptelike leer en watter nie.  As Tutu en Boesak leiding gee, word die Belhar Belydenis aangeneem, 'n teologiese verklaring wat teen Westerlinge gekant is.  As prof. Willie Lubbe van die AP Kerk leiding gee, dan is Belhar seker kettery.

Vir die eerlike en opregte student is dit 'n ernstige gedagte.  As hy die kerk se storie wil glo, moet hy gaan kyk hoe die leerstellings ontstaan en ontwikkel het en vir homself besluit of daardie ontwikkeling reg en "heilig" was.

Wat inspirasie nie is nie, is 'n waarborg teen foute en misverstande.  Die opregte student kan met die grootste denkers se werk meningsverskille vind en dit sal goed wees indien Christene sal ophou om almal goedmoeds te vertrou met al die onsinnighede wat deur allerhande kwaksalwers aan hulle opgedring word en weer hul "Godgegewe" rede en vermoë tot logiese denke begin gebruik.  Dit sal baie pyn en lyding verhoed en ons inderdaad red van die vernietiging wat ons nou in die gesig staar.  Ons mense glo enige iemand en daarom word so baie geld in piramide-skemas belê en verloor.  Ons kerke behoort ons eerder te leer om mense NIE sommer so te glo nie.  Ons behoort ons eers te vergewis van die feite voordat ons onsself in iets begewe.  Maar hulle kan dit nie doen nie, want dan sal mense ook leer dink oor die sogenaamde "ewige dinge" en dan is vrae oor inspirasie ook op die lys onderwerpe wat ondersoek gaan word.


LITERATUURWETENSKAP VERANDER AAN BESTAANDE PARADIGMAS

Ná die Kerkhervorming het die kerkewêreld steeds bly staan by die gedagte dat die Bybel die opperste gesag oor alle dinge is en die hervormers het dit uitgespreek in hul leuse - "Sola Scriptura" - die Skrif alleen.  Vir Protestante is daar net een bron van gesag, nl. die Bybel - of so sê hulle - terwyl die meeste hul eie geskrifte geredelik daartoe byvoeg.  Vir Katolieke is die uitsprake van pouse en kerktradisie ook gesaghebbend.  Daar is byna geen verskil tussen die twee groepe nie.

Maar in die laat 20ste eeu en begin 21ste eeu dring die besef al meer deur dat die Bybel nie is wat eens daaroor aangeneem is nie.  Al meer besef mense dat hulle beslis daarvan afstand moet doen.  Die Bybel bevat nie genoeg "lig" vir die moderne mens se behoeftes nie.  Die Christelike Weste tuimel inmekaar ten spyte van die Bybel.

Miskien is dit meer akkuraat om te sê die weste tuimel inmekaar as gevolg van die Bybel.

Teen die tyd van die Renaissance het die geleerdes die inhoud van antieke dokumente begin ondersoek.  Hulle het gekyk na woord- en taalgebruik, sintaks, spelling, ens.  Daaruit kon baie afleidings gemaak word.  Byvoorbeeld as 'n dokument voorgehou word as baie oud, maar het woorde bevat wat in die tyd van die beweerde skrywe daarvan nog nie bestaan het of nog nie in gebruik was nie, het hulle die dokument met agterdog bejeën.

Terselfdertyd het die Renaissance 'n oplewing in die belangstelling in die verlede, en veral in die klassieke letterkunde, gebring.  Saam daarmee het noodwendig ‘n belangstelling in die geskiedenis gekom.  En die belangstelling in die geskiedenis sou weer die aanleiding daartoe wees dat mense bewus word van die feit dat hulle anders is as die mense van die antieke tyd.  Dit is hierdie bewuswording van die andersheid van die mense van die klassieke tyd wat die eerste probleme vir die Skrifuitleg begin skep het.  Die vraag het nou ontstaan: As die tekste wat ons lees inderdaad oud is en as die mense van die tyd van die tekste inderdaad soveel van ons verskil, hoe kan daardie tekste dan vir ons ‘n boodskap hê?... Ou dokumente is nou nie meer geglo net omdat hulle oud was nie.  Elke dokument is op sigself ondersoek en aan die rede onderwerp.
(ABC van Bybeluitleg, bl. 84, klem bygevoeg).

Met hierdie nuwe wetenskap is daar na al daardie antieke geskrifte gekyk en het selfs die teoloë besef dat nie al die ou boeke as outentiek aanvaar kon word nie.  So is die meeste as vervalsings uitgewys en 'n paar ander is beskryf as die "apokriewe boeke" - d.i. boeke wat "Bybels" klink of skyn te wees, wat in die Septuaginta (antieke Griekse vertaling van die Ou Testament) opgeneem was, maar waarvan die oorsprong en boodskap van die outeur onder vendenking was.  Die Rooms-Katolieke het daardie boeke nog altyd aanvaar, maar Protestante het hulle as "twyfelagtig" beskou en hulle nie erken nie.  Dit was eers in 1999 dat die gereformeerde kerke in Suid-Afrika die apokriewe boeke in 'n nuwe weergawe van die Bybel ingesluit het, genaamd Die Bybel met Deutero-Kanonieke Boeke.  Oor vyf honderd jaar van Protestantse geskiedenis was daardie boeke vir Protestante onaanvaarbaar - nou word hulle aanvaarbaar gemaak.  Dit is voorwaar interessant.

Weer - die apokriewe boeke is boeke wat skynbaar deel van die Bybel kon wees, maar aangesien hulle ontstaan en boodskap ernstig te betwyfel is, was hulle nog altyd onder verdenking.  Op seminarie was hulle vir ons taboe.

Nou word u, Protestantse Christene, aangemoedig om dit aan te neem en te glo.

Dit word dus duidelik dat die kerk en die leerstellings steeds ontwikkel en groei - en dat dit afhang van wie aan beheer is, watter rigting daardie groei en ontwikkeling sal aanneem.


ONBEKENDE BYBELSKRYWERS

In daardie tyd (ná die Kerkhervorming) is daar ernstig na die ontstaan van die Bybel gekyk.  Waarom?  Omdat dit die lewens van soveel mense beïnvloed.  Ons leidende denkers wou hulle vergewis dat 'n boek met soveel invloed ten minste vol waardevolle inligting is.  Maar toe begin dit inmekaar stort...

Soos in die geval met die Jesus-figuur waaroor Schweitzer sê dat dit vanself uitmekaar geval het toe dit ondersoek is, so het dit toe met die Bybel gebeur.  Die oomblik toe dit van naderby bekyk is, het allerhande ongerymdhede na vore getree, byvoorbeeld dat die vyf boeke van Moses, die Psalms van Dawid en die boek van Jesaja nie deur slegs 'n enkele skrywer geskryf is nie.  Daardie deskundiges is oortuig dat Jesaja deur ten minste drie persone geskryf is.  Die letterkundige inhoud dui daarop.

Wat die Pentateug betref wil die opregte student seker wees dat Moses dit alleen geskryf het, aangesien ons so geleer is.  Maar die literatuurwetenskap ondermyn daardie "leerstelling" of standpunt. Die woordgebruik, analise van die inhoud en 'n gesonde dosis van die rede daarby laat geen twyfel dat ander skrywers daarby betrokke was nie.

Ons moet onsself afvra hoe Moses die verhaal van sy eie begrafnis in Deuteronomium 34 kon geskryf het.  Vanaf vers 5 lees ons:

5  Toe het Moses, die kneg van die HERE, daar gesterwe in die land Moab, volgens die bevel van die HERE. . . .
6  En Hy het hom in die dal in die land Moab, teenoor Bet-Peor, begrawe . . .
7  En Moses was honderd-en-twintig jaar oud toe hy gesterf het . . .

Wie skryf daar?  En as die graf van Moses nog nooit gevind is nie, hoe weet die skrywer waar dit is?  Het God Moses begrawe?  Dit staan daar.  Die groot Ongekende en Onbeskryflike Skepper van hemel en aarde "begrawe" Moses?  Nee.  Iemand anders skryf hierdie deel en ons weet glad nie wie dit is nie.

By die aanhef van Deuteronomium staan daar: "DIE VYFDE BOEK VAN MOSES", maar ons besef duidelik dat iemand anders groot dele daarvan geskryf het - en dit ná Moses se dood sodat hy nie die ander skrywers se insette ten minste nagegaan het nie.  As dit so is, dan is Deuteronomium nie die "boek van Moses" nie, maar miskien net 'n boek van iemand OOR Moses.

Dele van daardie boeke is in die derde persoon geskryf, soos Numeri 12:3 :

Maar die man Moses was baie sagmoedig, meer as al die mense op die aardbodem.

Dit is onredelik om te dink dat 'n skrywer so van homself sou skryf, veral as daardie persoon dan die statuur van iemand soos ‘n Moses verwerf het.


PLEKNAME

Prof. Spangenberg van UNISA gaan verder en wys daarop dat sekere van die plekname wat in die Pentateug gebruik word, eers baie later as die tyd van die uittog in gebruik gekom het.  Moses kon hoegenaamd nie daardie name gebruik het indien hy die uittog vanuit die uittog beskryf het nie aangesien daardie plekke toe nog nie bestaan het nie.  (Vergelyk Genesis 14:14 en Rigters 18:29).  Dit is seker dat 'n latere skrywer die verhaal geskryf het teenoor plekke wat hy geken het en hy die gebeure daar laat afspeel het, maar vandag weet ons dat hy nie die korrekte inligting voor hom gehad het toe hy daardie verhaal geskryf het nie. 

Sy "inspirasie" het nie reg gewerk nie.

Wie was daardie skrywer?  Wat was sy doel toe hy so geskryf het?  Kan ons hom vertrou as sulke foute so maklik uitgewys kan word?  Waarmee anders fouteer hy?  Onthou - u ewige lewe is op die spel.

Verder moet daar onthou word dat die verhaal van die uittog uit Egipte wat in daardie eerste vyf boeke begin, nie voltooi is met die afsterwe van Moses nie, maar in die boek Josua verder opgeteken word.  Indien Moses geroep was om die Eksodus-verhaal op te teken, word dit belangrik om te onthou dat sy lewe kortgeknip is voordat hy daardie taak afgehandel het - dit is nou as dit alles vir ons verlossing vandag so belangrik sou wees dat ons glad nie daarsonder sou gered kon word nie. 

As dit so belangrik is, is die foute onaanvaarbaar en as dit NIE so belangrik is nie, waarom steur ons ons dan daaraan?


SKRYFSTYL

Die letterkundige bestudering van die Pentateug laat dus geen twyfel dat verskillende mense in verskillende tye aan die eerste vyf boeke van die Ou Testament gewerk het nie en daarom het die teoloë se standpunt vandag verskuif sodat hulle erken dat Moses nie die eerste vyf boeke van die Bybel alleen geskryf het nie.  Maar so ons is geleer en ons het ons lewens daarvolgens ingerig.

Wanneer en deur wie sal hierdie verkeerde interpretasies reggestel word?

En as ons "gevalle mense" vandag 'n fout in die Bybel (wat kwansuis vier of vyf duisend jaar oud is) moet regstel, hoe op aarde sal ons dit doen?  Wat weet ons van Metusalag of Lameg of Jubal?  Daar bestaan geen inligting oor hulle en baie ander Bybelse figure en gebeure nie.  Buitendien mag "geen jota of tittel" daaraan verander word nie.

Wat belangrik word as ons na sulke voorbeelde kyk, is ons hedendaagse denke daaroor.  Hoe sien ons nou hierdie boek, die Bybel?  Verander daar ook vir óns iets en gaan ons óns lewens anders inruim wanneer óns met so 'n onwaarskynlike skeppingsverhaal of sondvloedverhaal gekonfronteer word? 

Ja, daar kom groot veranderinge en ons kan 'n sug van verligting slaak, want daardie dinge was vir baie van ons nog altyd 'n probleem en ons het almal geweet dat ons ons gewete kruisig wanneer ons onsself dwing om dit te glo.

Die literatuurwetenskap het dus 'n verdere paradigma verskuiwing rondom die Bybel afgedwing sodat ons nooit weer op die ou manier na daardie eerste stories kan kyk nie.  Vir ewig het die waarde van die Bybelverhale oor die skepping en daardie eerste gebeure vir die opregte student verander.

Wanneer ons dus by die letterkunde 'n draai maak, leer ons dat 'n boek nie uit verband bestudeer moet word nie en dat die omstandighede rondom die ontstaan daarvan ook in ag geneem moet word.  Die literatuurwetenskap waarmee elke hoërskoolkind te doen kry, leer hulle hoe om elke boek, of werkstuk, krities te evalueer. 

'n "Begripstoets" moet op alles wat ons lees, gedoen word - dán eers gaan 'n boek vir ons "oop".

Doen ook begripstoets op die Bybel, geagte leser.  Dit is nie sonde nie.  Vra uself of dit wat u daar lees logies is, redelik, heilig, korrek, die waarheid is., ens.


FLIEKS

Moet mense in die toekoms, wanneer hulle die groot rolprentbiblioteke van Hollywood vind, terugkyk en sê dat daar in ons tyd 'n reuse gorilla genaamd King Kong was en dat daar wetenskaplikes was wat die dinosourus weer op 'n eiland genaamd Jurassic Park laat herleef het? Oor vyf honderd jaar sal daardie flieks moontlik as ware geskiedenis of dokumentêre waarheid oor ons tyd aangesien word, as daar nie met oorleg daarna gekyk word nie.  Dan sal fiksie weer vir waarheid aangesien word, net soos sommige van ons nou na die fiktiewe Adam en Eva en Noag terugkyk en glo dat dit die waarheid was.  Goddank dat daar reeds op die gevare daarvan gewys is.  Dit sal 'n tragedie wees indien toekomstige geslagte na die rolprente van ons tyd kyk en daardie gemors aanneem as 'n korrekte rekord van hierdie era.  Was daar in ons tyd 'n Superman, ‘n Batman, ‘n Sheena, Queen of the Jungle, ‘n Tarzan?  Is Mary Poppins ‘n ware biografie?  Maar dis byna dieselfde as die verhaal van die Von Trapp-gesin - en dit het min of meer so afgespeel.

Wat is waar en wat is fiksie?

In antieke tye het volwassenes vir kinders stories vertel om te verduidelik wat "eens lank gelede" in oertye gebeur het.  Dit is mitologie, soos die verhale van Dionysos, Isis en Ra, Mithra en vele ander gode en kinders van gode wat gebore is uit maagde en wat onder die mense kom leef het om hulle te "red" van ‘n gewisse ondergang.  Daardie oer verhale het, met wysigings en veranderinge, hul weg tot in die Bybel gevind.  Hulle het gegroei en ontwikkel.

Dit is 'n tragedie dat daardie mitologie nou aangesien word vir "onbetwisbare" en "goddelike" waarheid.  Meer nog, dit is uiters tragies dat mitologie die "woord van God" geword het, dat miljoene mense vermoor is oor daardie mites en dat ons ons gewetes laat bind deur sulke mites.

            Mites bind. Die waarheid bevry.
            Bygeloof bind. Feite bevry.
            Vandag se waarheid is die feite van môre.

Die WAARHEID moet nou, meer as ooit tevore, gesoek word.  Ons "ewige lewe" hang daarvan af.


Nr. 4 - DIE VIERDE GROOT PARADIGMAVERSKUIWING
DIE REDE

Nadat mense eeue lank nie vir hulself mag gedink het nie, was die bevryding van hul denke vir baie mense 'n totale skok, maar die filosowe het die mense geleer dat hulle moet dink, dat hulle hul rede moet inspan.

Dit is natuurlik 'n gedagte wat vir baie kerke en predikante totaal ketters is.  Baie predikante wil nie hê dat lidmate vir hulleself moet begin dink nie.  Dit is inderdaad Protestantse predikante wat vir ons mense leer dat hulle net "soos kindertjies" moet glo.  Let op hoe naby dit aan Middel-eeuse Katolisisme is.


Maar kindertjies glo pedofiele ook...

Die voorbeelde van groot denkers soos Huss, Copernicus, Luther, Galileo, Kepler en Newton was 'n aansporing juis tot eie denke en daardie denke het gelei tot al die groot uitvindings en vooruitgang van ons tyd.

Johannes Huss (1372 - 1450), een van die vroegste kritici van die (Roomse) kerk, het verskeie interpretasieverskille met die Katolisisme gehad, o.a. oor die uitverkiesing, dat die pous NIE hoof van die kerk is nie, maar Christus (hy het die pouse, biskoppe en kardinale as 'n klomp misdadigers beskou), dat die Bybel die hoogste gesag in die kerklike lewe is, nie die tradisies en woord van pouse nie, ens.  Dit was 'n voorloper tot die Kerkhervorming.

Johannes Kepler (1571 - 1630), het die suiwerste wette van planetêre beweging neegelê, was 'n briljante wiskundige en sy werk is bevestig deur talle ander astronome.

Isaac Newton (1643 - 1727, het die wetenskap-omwenteling van die sewentiende eeu tot 'n hoogtepunt gedryf, het die fisika van die natuur beskryf en talle nuwe ontdekkings oor die natuur gemaak.  As iemand ons vandag die weg wys, is dit hy en Kepler.  Vir meer as drie duisend jaar het die Weste se voorste denkers gepleit dat die mens hom na die natuurwette moet wend sodat hy kan begryp watter rol hy op aarde moet speel, maar vir die totale tyd van Roomse oorheersing en deur die tyd van die Protestantisme, is daardie kritieke waarheid misken.  Nou eers het die wetenskaplikes voorbrand gemaak en die Westerling kan hulle volg.

Maar dit is Francis Bacon (1561 - 1626) wat Europa leer dink het.  Hy het gesê "Kennis is Mag." en het verklaar dat die mensdom die natuur moet bemeester deur wetenskaplike ontdekkings en ander uitvindings.  Mense moet deur eksperimente bewys wat hulle as beginsels aanvaar.

Mense het begin redeneer, toe nie meer met mites en bygeloof as onderligging nie, maar met die beginsels wat deur die nuwe wetenskappe ontdek is - die beginsels wat in die Skepping neergelê is.  Daardie denkers het gesê dat mense van hul feite seker moes wees en ontslae moes raak van die gedagte dat tradisie, mities en legendes belangriker is as feite.

Die belangrikste implikasie daarvan was dat "waarheid" nie meer aan die kerk alleen behoort het nie.

Voorheen het "waarheid" bestaan uit dit wat die pous en die Roomse Kerk gesê het.  Waarheid was ietwat van 'n "misterie", 'n geheimenis, onbewysbaar, maar kwansuis "waar" net omdat 'n priester dit gesê het.  As hy dit gepreek het, dan was dit die Kerk se woorde en daarom "waar".  Waarheid was in 'n ander bestaansvak, bo, in die hemel, verhewe en daarom geopenbaar aan die mense en nie ontdek nie.  Daarom hoor ons skrifgeleerdes wat sê: "God het met my gepraat en vir my gesê ... The Lord spoke to me...".  Hulle beweer waarheid word geopenbaar, deur 'n visioen gegee, maar die ontploffing van kennis oor die laaste drie honderd jaar het bewys dat waarheid nooit geopenbaar word nie, maar altyd deur harde werk, studie, ontleding, eksperimente, ens., bewys word.

Dus, geagte leser, as die ontstaansgeskiedenis van die Christelike kerk waar is soos dit in die "evangelies" opgeteken is, as dit werklik so gebeur het, dan sal dit moet bewys kan word - maar dit kan nie.

Die kerklikes het egter dadelik standpunt ingeneem toe daardie insae gekom het:

Verskeie teoloë het heftig teen hierdie nuwe filosofie gereageer en standpunt daarteen ingeneem en selfs gesê dat hulle verkies om (saam) met die Skrif te dwaal as om ‘n aanhanger van nuwere idees te wees.
            (Perspektiewe op die Bybel, bl. 13)

Volstruis met kop in die sand.

Twee uitkyke.  Twee skole.  Twee rigtings.

En daar begin interpretasie.  As waarheid "geopenbaar" word, dan maak dit die deur oop vir iemand om dit te "ïnterpreteer".  Wie "interpreteer?"  'n Priester!  Tog het ons reeds gesien dat ons hulle nie kan vertrou nie.  Hulle interpreter die een so en die ander sus, nooit sonder twis of meningsverskille nie.

Terwyl die priesters twis, staan die waarheid onaangetas daardeur.

Maar mense het reeds besef dat hulle "waarheid" kon bewys en verklaar, en u en ek moet dit steeds doen.

In Engeland het dr. William Harvey (1578 - 1657) bewys dat bloed deur die liggaam sirkuleer, dat die hart inderwaarheid ‘n pomp is wat die bloed deur die bloedvate stoot.  Eers was die gedagte kettery, maar toe het hy dit bewys.

En toe volg 'n lang lys denkers wat ons gerig het op die weg uit die geestelike duisternis van die "Donker Eeue".  Hobbes, Descartes, Spinoza, Leibniz, Locke, Berkeley, Hume, Rosseau, Kant, Hegel, Schopenhauer, Nietzsche, Albert Schweitzer en vele ander.

Die gevolge van die inspan van rede het ook die mens se interpretasies van die Bybel beïnvloed.  Mense het die wet van swaartekrag in die heelal begryp en het toe gevra of dit moontlik is dat die son kon stilstaan en dit oor 'n storm in 'n teekoppie, nl. die een of ander geskil tussen twee groepies Semiete iewers in die Midde-Ooste?  Kon die son gaan stilstaan vir 'n Joodjie? het hulle gevra.  Dit het al meer onwaarskynlik begin lyk en het nie gebeur nie.

Dit is onsin.

Elke studierigting het wonderlike beginsels na vore gebring en elkeen het 'n invloed op ons interpretasie van die Bybel meegebring.  Denkers het gevra: "As dit in die natuur so werk, as dit 'n Natuurwet is, wat is die kanse dat daardie wet verander sal word tot voordeel van een of ander mens met 'n probleem iewers in Egipte of Palestina?"

Hoe meer die wetenskap uitgevind het, hoe groter impak het dit op Bybelse stories gehad.

Al meer is besef dat daar nie langer met primitiewe oë na die Bybel gekyk mag word nie.  Al meer is besef dat sulke verhale opgeteken is deur oer mense wat geen benul gehad het van die Natuurwette nie of van die samestelling van die kosmos nie.  Al meer mense het ingesien dat die Bybel nie die boek is wat die Kerk gesê het dit was nie.

Denke, feite, wetenskap en wiskunde - die bewysbare - het die plek van bygeloof, mites en legendes ingeneem.

Die vraag is - waarheen neem al hierdie dinge ons?  Neem dit ons na die woestyn van die dood of na die paradys van die lewe?
Daar is sekerlik geen teoloog meer wat nie bewus is hiervan nie, maar hulle meen dat dit nie saak maak nie, dat ons geloof, ten spyte daarvan, onaangetas bly.

Dit is nie waar nie.  Honderde ander geleerdes is oortuig dat dit wel baie saak maak en dat ons nie sonder meer kan aangaan asof niks gebeur het nie.

Na al daardie honderde duisende ure van studie deur die voorste studente wat die Weste kon oplewer, word hierdie vraag deur een geleerde gevra:

Het dit wat (in die Bybel) beskryf of vertel is, werklik gebeur of werklik só gebeur?
(Rewolusie en Reïnterpretasie, bl. 7)

- en dit word so beantwoord deur daardie briljante studente, veel groter as hierdie skrywer:

Een van die resultate van die histories-kritiese ondersoek van die Ou Testament wat tot vandag toe nie betwyfel word nie, is dat die meeste dokumente daarin ‘n lang ontstaansgeskiedenis gehad het.  Dit is wel so dat daar vandag kwalik eenstemmingheid is oor die ontstaans-geskiedenis van ‘n enkele boek in die Ou Testament en dat die verwarring oor die ontstaan van die Pentateug (eerste vyf boeke van die O.T.) groot is.
(Ibid. bl. 38).

Ons weet nie hoe, waar, wanneer of deur wie die eerste vyf boeke van die Bybel ontstaan het nie. Dit is "ekspert-opinie", die opinie van die teoloë en professore self.  Hulle weet hierdie dinge, maar dit word NIE vir die man op straat vertel nie....

Met die besef hiervan het daar ‘n verdere paradigmaverskuiwing vir baie teoloë plaasgevind.  Let op dat hierdie verskuiwings nie vir "alle" teoloë gebeur het nie, maar daar is van hulle wat nooit weer na die Pentateug kon kyk en aanvaar dat dit wat daar geskrywe staan, die absolute en onbetwisbare waarheid is nie, terwyl ander teoloë hul by die antieke sieninge hou, nl.  dat die Bybel die waarheid IS en dat niks anders saak maak nie.  Hulle "dwaal liewer MET die Bybel as om nuwe kennis daaroor in te sien of aan te neem".

As die wêreld 'n mooi plek was, 'n wonderlike tuiste vir u en my, as ons kinders veilig was - kon ons dalk gedink het dinge werk goed en kon ons dit toegeskryf het aan ‘n goeie "geloof" of religie.  Maar dinge lyk sleg.  Daarom moet ons weer kyk na alles wat ons rig, na die bron van ons wêreldbeskouing, en opnuut weer besluit of daardie riglyne van enige waarde is, of hulle voldoen aan die eise van ons tyd, of hulle gaan verseker dat u en ek gaan oorleef - of nie.


Nr. 5 - DIE VYFDE GROOT PARADIGMAVERSKUIWING
ARGEOLOGIE

DIE SKEPPING - 4004 V.G.E

Geskiedkundiges het byvoorbeeld bewys dat die geskiedenislyn wat in die Bybel opgeneem is en deur die kerk voorgehou is as die reine waarheid, foutief is. Die priester, James Ussher, het datums toegeken aan Bybelse gebeure soos byvoorbeeld die tyd van die skepping, Moses, Noag en die vloed - datums wat bereken is volgens die inligting wat in die Bybel opgeteken is.

Met al die beskikbare argeologiese en geskiedkundige inligting is dit vir die moderne mens onmoontlik om sy lewe verder rondom 'n datum vir die skepping in te rig wat op sy beste "uit die duim gesuig" is.  Ons kan nie verder toelaat dat predikante ons tot die letter wil voorskryf oor presies hoe en wanneer hierdie wêreld ontstaan het nie.  Hulle weet nie en dit is net die mees oningeligte mense wat steeds kan glo dat die skepping 'n skrale ses duisend jaar gelede plaasgevind het.  Dit is eenvoudig nie die waarheid nie.  Die aarde is baie ouer en lewe op hierdie aardbol bestaan veel langer en op talle ander maniere as wat deur die Bybel aangedui word.  Die feit dat dinosourusgebeentes gevind is, is maar een bewys dat die Bybel nie alle inligting oor die aarde bevat nie.  Daar is ongetwyfeld meer aan die geskiedenis as wat in daardie boek bevat word.

Kennis bring begrip en begrip bring bevryding.  Kennis kom van die Skepper.  Die waarheid bots nie met Hom nie, maar kennis verskuif die paradigmas wat deur mense daar gestel is.  Kennis verander dit wat MENSE oor die Skepper en die skepping te sê het, maar dit verander nooit aan die Skepper of die skepping self nie.  Kennis bring ons nader aan Sy ewige insettinge en die waarheid daaroor.

Ons weet dat kennis oor die afgelope vyf honderd jaar met rasse skrede toegeneem het.  Letterlik honderde studente wie se denke van sektarisme bevry is, het elke moontlike onderwerp onder oë geneem en talle fasette daarvan uitgepluis.  So ook het die ontstaan van die mens en sy wêreld onder die loep gekom en daar is duidelik bewys dat die geskiedenislyn wat dan "gesaghebbend" sou wees, naamlik die Bybelse geskiedenislyn beslis nie strook met die argeologiese bewyse nie.

Daar word beweer dat Thomas Jefferson die eerste werklike wetenskaplike "opgrawer" of argeoloog  was.  Hy het Rooihuid-terreine opgegrawe, deeglike notas van sy ontdekkings aldaar gemaak en toe tot sekere gevolgtrekkings daaroor gekom. (Sien Britannica, art. Archaeology).  Opgrawings is oral oor die wêreld gedoen en het argeoloë saam met geoloë en ander spesialiste, eers stadig, maar mettertyd al vinniger, die legkaart van die oer-geskiedenis van die aarde begin bou.  Dit het tyd geneem om daardie prentjie te bou, maar in die twintigste eeu het 'n beeld na vore gekom wat die Bybelse een totaal vernietig het.  Met elke ontdekking het die kerk teëstand gebied.  Alles was vir hulle kettery, maar die oormag van die getuienis was oorweldigend en vandag het die Westerling reeds die plek bereik waar hy besef dat alles wat die predikante sê nie noodwendig die waarheid is net omdat hy dit sê nie.  Vandag betwyfel min wetenskaplikes dit dat die aarde en die heelal ouer is as die ongeveer 6004 jaar soos vanuit die Bybel bereken word.

So is daar argeoloë wat beweer dat die Egiptiese beskawing buitendien ouer is as daardie 6004 jaar, aangesien die oorspronklike Egiptenare 'n geweldige groot hoeveelheid tegnologiese kennis moes opgedoen het om die piramides te kon bou.  Daardie reuse strukture is nie aan die begin van Egiptiese aktiwiteite opgerig nie, maar eers nadat baie ervaring opgedoen is en baie kennis versamel is, d.w.s. aan die einde van 'n lang tyd van tegnologiese vooruitgang.  Eers ná so 'n tydperk (en dit moes 'n lang tyd gewees het) is die piramides en ander groot tempels opgerig.

Die implikasie daarvan is dat die Egiptenare reeds voor die "sondvloed" besig was met die daardie versameling van kennis.  Verdermeer dui die argeologie daarop dat die oudste van die piramides reeds meer as 2500 jaar voor ons era opgerig is en dit is ook voor die Bybelse sondvloed.  Maar volgens die Bybel was daar toe nog nie sulke tegnologiese vordering nie.  Meer - op daardie tydstip was die verwerking van yster nog nie eers ontdek nie - hoe sou sulke klip gekap word sonder yster?  Indien die sondvloed ná die oprigting van die piramides plaasgevind het, moet verduidelik word waarom daar geen waterskade aan die mummies, piramides en ander artifakte in Egipte gedoen is nie.

En toe het die oprigters van daardie piramides verdwyn saam met die kennis oor die oprigting van daardie reuse monumente (sien Kemp se March of the Titans, hoofstuk oor Egipte.  Sy gevolgtrekkings is uiters interessant).

Volgens Ussher se berekeninge wat volgens die verhale van die Bybel bereken is, was:

  i.    die skepping                    - 4004 V.G.E. (voor gemene era, oftewel voor Christus)
             ii.    Noag en die vloed           - 2349 V.G.E.
iii.    Moses                              - 1491 V.G.E.

Kemp het 'n soortgelyke gedagte oor die veel vroeër bestaan van die mens en meen dat groot getalle mense Egipte bewoon het lank voor 5600 VGE.  Hy stel dit so:

Although situated in North Africa, Egypt had been settled by three White groupings prior to 3500BC, namely Old European Mediterranean types, Proto Nordics and Nordic Indo-Europeans, with the latter group penetrating the territory as part of the great wave of Indo-European invasions which took place from 5600 BC onwards.  Living in typical Neolithic settlements, this period op Egyptian history is called the pre-dynastic period and is formally considered to have come to an end in 3100 BC.
            (March of the Titans, bl. 56)

5600 jaar voor Christus was vóór die Skepping - volgens Bybelse tyd.

Maar dis nie al nie.  Rotstekeninge in Europa dui op die teenwoordigheid van mense daar so ver terug as 9000 jaar en klipgereedskap wat diep ondergronds in myne gevind is, dui op die handewerk van mense baie verder terug as dit.

In the Americas one group was concerned with finding evidence of human life in the New World before the end of the Ice Age.  With knowledge gained from a plethora of new finds, they were able to set the date for the first humans in America ever farther back; by 1962 a date of 10,000 to 20,000 years was quite acceptable.
            (Funk & Wagnalls, bl 245, artikel "Archaeology").

Mense in Noord-Amerika wat gereedskap gebruik, meer as 20,000 jaar gelede.

Kemp sluit daarby aan:

These early Whites also developed fired ceramics, with statuettes and other fired objects dating from approximately 26,000 BC having been found in the present day Czech Republic.
            (Kemp, bl 9)

Langs die artikel waaruit hierbo aangehaal is, is ook 'n foto van 'n menslike skelet van 25,000 jaar gelede.

Sedert 1960 is groter insig verkry en meer akkurate metodes gebruik om artefakte te dateer.  Die  bogenoemde ensiklopedie gaan verder:

In the New World, studies of early humans indicate that they may have come to the landmass some 40 000 to 100 000 years ago.
            (Funk & Wagnalls, artikel "Archaeology",)

Dit is nie die doel van hierdie werk om vas te stel hoe oud die aarde of die heelal is nie.  Genoeg is dit om te sê dat ons redelik seker kan wees dat dit heelwat ouer is as die ongeveer 6000 jaar wat deur Bybelse inhoud beweer word.

At Mehrgarh, Pakistan, the earliest domesticated plants (wheat, barley) and animals (cattle, sheep, goats) have been found in a village dating from before 6000 B.C....
            (Ibid)

Daardie plek was dus bewoon twee duisend jaar voor die aangewese datum vir die skepping wat Ussher bepaal het uit Bybelse gegewens.

Ses duisend jaar voor die gemene era (v.C.) is byna net so ver terug as die bestaande opgetekende geskiedenis en in daardie vroegste van alle optekeninge is daar nog geen aanduiding van die Ys-tyd wat ons weet wel plaasgevind het.  Indien alles van die begin af in die Bybel opgeteken is, wanneer was die ystyd dan?  Onthou - die hele Europa en Asië was toe onder daardie yslaag en dit het 'n tropiese wêreld bedek.  Fossiele en gebeendere van mamoete en ander diere wat in warm klimate leef is daar gevind.  Daarom kan ons sonder twyfel aflei dat die Bybelse geskiedenis eers begin lank ná daardie ys-tyd.

Daar is geen twyfel by ons leidende denkers nie dat die aarde veel ouer is en menslike bestaan op die aarde heelwat verder terug strek as die betreklik kort tydjie wat deur die Bybel aan ons voorgestel word.

Saam met daardie bewyse van beskawings en mense lank gelede, is daar ook gevind dat die Bybelse geskiedenislyn nie deur die argeologie gestaaf word nie.

Al wat die argeologie tot groot blydskap van die kerk bewys het, was om 'n paar dorpe en stede te vind waar Bybelse gebeure hulle kwansuis sou afgespeel het, maar die gebeure self is nie deur die argeologie gestaaf nie.  Byvoorbeeld - daar is 'n klip met die naam Dawid op.  Moontlik is dit 'n verwysing na koning Dawid en is Christene ewe skielik bly dat sy bestaan deur die argeologie bevestig word - maar daar is geen bewys van 'n Goliat nie of dat hy as skaapwagter so 'n reus doodgemaak het en sy kop afgekap het nie.  Daar is ook geen bewys dat Batseba bestaan het nie, dat Dawid haar begeer het en haar man na die voorste linies gestuur het om daar te sterf sodat hy haar vir hom as vrou kon vat nie. 

Bybelse argeologie het plekke soos Ai, Megiddo en Kapernaum gevind, maar daar is geen teken van 'n Simson nie, geen optekening van so 'n sterk man wat met 'n eselkakebeen honderde vyande doodgeslaan het nie, ens., ook nie dat hy 'n tempel op hulle koppe omgetrek het nie.  Daar is ook nie bewyse vir die bestaan van 'n Delila nie.

Argeoloë het Salomo se tempelfondasies uitgewys, maar hulle kry geen bewyse vir Abraham, Isak en Jakob nie, nie vir Josef en Potifar nie, nie vir Henog of Noag nie.

Om dit in eenvoudige taal te stel, haal ek aan uit die tydskrif TIME van Des. 18, 1995, bl. 43:

Sê Hershel Shanks, stigter-redakteur van die invloedryke tydskrif Biblical Archeology Review: "Byna nooit kom die argeologie in aanraking met die mense wat in die Bybel genoem word nie". (Vry vertaal)     (24)


Die argeologie word bitter min gekonfronteer met die mense wat in die Bybel genoem word. Vreemd, om die minste te sê.  Tog vind argeoloë bewyse vir mense wat veel vroeër geleef het - Ramses, Hatshepsut, Cicero en talle ander - maar die Bybelse karakters is steeds niks meer as skimme nie.  Dit wat volg sal seker vir Christene nog meer ontstellend wees:

Aan die ander kant, verklaar talle geleerdes, is baie van die Bybelse verhale verwronge, en sommige karakters en gebeure is sekerlik blote fiksie.  Die meeste geleerdes vermoed dat Abraham, Isak en Jakob, Judaïsme se tradisionele stigters nooit bestaan het nie, baie twyfel aan die Egiptiese slawerny en die Eksodus, en baie min van hulle glo dat Josua Jerigo oorwin en die Beloofde Land ingeneem het.  Die slegste scenario is dat die bogenoemde gefabriseer is lank ná dit veronderstel was om te gebeur.
                (Ibid) (klem bygevoeg, vry vertaal)      (25)

Snap u dit?  Die verhale van Abraham, Isak en Jakob, en die Eksodus is alles gefabriseer - lank ná dit kwansuis gebeur het.  So dink sommige godsdienswetenskaplikes.

Miskien dink u dat sulke tydskrifte maar net sensasie soek en enige iets sal publiseer ten einde verkoopsyfers te verhoog.  Kom ons kyk dan na 'n artikel oor "Abraham" in die gesaghebbende National Geographic van Desember 2001.  Die skrywer daarvan vra:

Why is Abraham so vividly alive today?  Faith - Judaic, Christian and Islamic - and his majestic yet elusive presence provide one answer.  But the most eloquent explanation I’ve heard originated with Rabbi Menahem Froman, who lives near Hebron.  He said, "For me Abraham is philosophy, Abraham is culture.  Abraham may or may not be historical.  Abraham is a message of loving kindness (daarmee word nie saamgestem nie).  Abraham is an idea.  Abraham is everything.  I don’t need flesh and blood".
(Bl. 98)

So - hy, 'n rabbi, en die rabbi’s weet waar hulle (die Jode) vandaan kom, laat die kat uit die sak:

Vir my is Abraham filosofie.  Hy is kultuur.  Abraham is of is dalk nie ‘n geskiedkundige werklikheid nie.   Hy is ‘n idee.  Hy is alles... ek het nie vlees en bloed nodig nie.

Daardie is miskien van die belangrikste woorde wat hierdie skrywer ooit oor Abraham of die Jode gelees het.  Die inhoud en betekenis daarvan is eintlik verstommend – Abraham het gelewe omdat Jode, Christene en Moslems dit “glo”, nie omdat daar enige bewys is nie.

Die skrywer van daardie Geographic-artikel het sy eie getuienis oor Abraham:

In my quest for Abraham... it was frustrating to find myself continuously suspended between different sets of legends - like virtual realities - with no facts to direct my investigation... Given the vacuum of evidence, it is understandable that historians and archeologists are locked in debate about the patriarch’s existence and time of birth...
            (Bl.106)

Abraham, sê hy, is 'n legende, soos 'n kuber-werklikheid, sonder enige feite om die soeke te lei...

... en Israel Finkelstein, voorsitter van die Departement Argeologie by Tel Aviv Universiteit, spreek sy onsekerheid uit soos volg:

Whether there was a historical Abraham or not, I cannot say...
            (Bl.107)

Dit is die aartsvader van die Jodendom waaroor hierdie Jood so praat.  Verstommend.

Skimme.  Legendes.  Mites.  Oorkondes.  "Te betwyfel dat hy ooit bestaan het..." - dit is die gevolgtrekking waartoe talle geleerdes kom wanneer hulle geen getuienis van sulke mense of gebeure vind nie.  Onthou - argeoloë het reeds artefakte gevind wat veel ouer is as daardie veronderstelde Bybelse gebeure en daarmee kon hulle talle ander historiese gebeure bevestig.

Professor Cross stel die beginsel van Bybel-interpretasie ondubbelsinnig.  Sy stelling is uiters belangrik: 
"As dit nie deur die geskiedenis (argeologie) bewys kan word nie, dan is dit nie geskiedkundig nie"(TIME, Des.18, 1995)
"They say of Bible material, ‘If it cannot be proved to be historical it is not historical’", explains Frank Moore Cross, professor emiritus of Oriental languages at Harvard...
            (TIME, Des.18, 1995)

En nog is het einde niet:

But even scholars who believe they really happened admit that there’s no proof whatsoever that the Exodus took place.  No record of this monumental event appears in Egyptian chronicles of the time, and Israeli archaeologists combing the Sinai during intense searches from 1967 to 1982 - years when Israel occupied the peninsula - didn’t find a single piece of evidence backing the Israelite’s supposed 40-year sojourn in the desert... The story has the flavour of pure myth.
            (Ibid, bl 46)

Daar is geen bewyse dat die eksodus (uittog) ooit plaasgevind het nie.  Verdermeer is daar geen argeologiese bewys in Sinai dat die Jode vir 40-jaar daar rondgedwaal het nie.  Volgens die voorste argeoloë is daardie verhale pure mitologie.

There was no Moses, no crossing of the sea, no revelation on Mount Sinai.
Daar was geen Moses nie, geen oorstekery van ‘n see nie, geen openbaring op Sinai nie.
            (Ibid, bl.45)

Hierdie feite is welbekend onder die geleerdes.  Dit is net ons, die gemiddelde Westerling wat by die miljoene in die kerke sit, wat dit nie weet nie.  Ons luister nie na feite nie, maar na die "skrifgeleerdes" se soetsappige preke oor onsinnigehede wat NOOIT gebeur het nie.  Dit is ons geestelike leiers wat NIE hierdie dinge vir ons vertel nie.

Klink dit eerlik en opreg?  Klink dit asof hulle verkondigers van die waarheid is?

Nee!

Vandag weet ons dat Ussher se tydtafel sinneloss is.  Nooit weer kan enige gedagte van "sewe periodes van 'n duisend jaar" enige betekenis hê nie.  Nooit weer kan die Westerling die Genesis 1 verhaal lees en dit as 'n gesaghebbende dokument aanvaar nie.  Nooit weer mag iemand as ketter uitgekryt word as hy nie met die Genesis 1-mite saamstem nie.


KOMMENTAAR OP WOORDE: "Abraham is a message of loving kindness".

By die aanhaling uit Geographic hierbo is 'n kommentaar bygevoeg wat verduidelik moet word.

Abraham is a message of loving kindness  (daarmee word nie saamgestem nie).

Die mite van Abraham hou geen "liefdevolle welwillendheid" vir die Westerling in nie.  Die enigste liefdevolle welwillendheid wat van Abraham uitgaan is daardie tot die Jode self.  Volgens die storie is Abraham deur die mitologiese god, YHWH, gekies om die vader van die Jode te word en mitologiese beloftes is aan hom gemaak, nl. dat die Jode in getalle groot sal word, dat hulle sy uitverkore volk sal wees en dat die een of ander messias uit hulle sal voortkom.  Dit sal goed wees indien die leser sal onthou dat daardie verhaal in totaliteit 'n versinsel is.  Dit is van alle waarheid ontdaan gemaak.

Die implikasie van daardie sogenaamde beloftes is dat die Westerling en elke ander volk op aarde deur daardie YHWH in 'n minderwaardige posisie geplaas is en dat hulle aan die Jode ondergeskik is.  Daardie gedagte as teologiese waarheid word hier verwerp.

Ons is oortuig dat die Skepper nie sulke voordeel aan enige iemand gegee het nie of verantwoordelik gehou kan word vir die vooroordeel en lyding wat as gevolg daarvan ontstaan nie.

Abraham is vir die Westerling van geen belang nie.  Inteendeel, daardie legende is uiters vyandiggesind teenoor ons en is die oproep dus om dit duidelik en ondubbelsinnig te verwerp.

ANDER BELOFTES AAN ABRAHAM

1.  Dit is belowe dat die Jode "baie" sal word, maar na die sowat 30 en meer eeue sedert die belofte gemaak is, is die Jode nog maar een van die kleinste volke op aarde.  Die belofte word dus gesien waardeloos te wees.
2.  Dit is belowe dat 'n messias vanuit hulle sal voortkom.  Hierdie skrywe dui juis daarop dat die Skepper nog nooit "'n messias" belowe het nie.  Daar is NIE so iets nie.  Dit is moontlik om tot die gevolgtrekking te kom dat die Joodse volk hulself as daardie messias beskou, as die redders van die wêreld, maar by daardie redding kom ook wêreldbeskouing wat nie alle Westerlinge pas nie, en wat meestal onhoudbaar sal wees.

Ons is oortuig dat daardie sogenaamde "beloftes" niks meer is as geestelike of teologiese bedrog en baie kan nie daarmee saamstem of dit so aanvaar nie.


WAAR HET INLIGTING OOR DIE SKEPPING VANDAAN GEKOM?

Die opregte student gaan onmiddellik vra waar daardie inligting dan vandaan gekom het om daardie geskiedenis in Genesis op te teken.  Wie was tydens die skepping by om te vertel hoe en wanneer dit gebeur het?  Wie het vir Noag, Abraham, Isak en Jakob geken sodat hulle verhale geskryf kon word?  Wie het Josef geken sodat sy verhaal in die Bybel is, maar nêrens in Egipte op klip gevind kan word nie?  Wie het Moses se geskiedenis so goed geken dat hulle alles daaroor kon opteken?  Wie het Job geken en sy verhaal vertel?  Nee, almal weet Job was nie 'n regte persoon nie.  Hy was mos maar net 'n verpersoonliking van die mens en sy stryd, nie waar nie?  Baie teoloë verkondig dit lankal reeds so.

En dit was nie "inspirasie" nie.  Dit is reeds hierbo bespreek.  Inspirasie is verleidelik.

Ons het in Suid-Afrika die oorleweringe van Harry die Strandloper, maar wie kan sy lewensverhaal slags drie honderd jaar nadat hy gelewe het, opteken?  Wanneer is hy gebore?  Wie was sy ouers?  Hoeveel kinders het hy gehad?  Wat was sy drome, aspirasies en politieke oortuigings?

Vandag, nie vol veertig jaar na die moord op Dr. Verwoerd, kan sy verhaal nie sonder groot onmin vertel word nie.  Sy filosofie is so verdraai weens die karaktermoord in die media op hom, dat hy reeds een van die wêreld se grootste demone geword het.  Tog was hy onder wit en swart 'n populêre man toe hy geleef het.  Meeste van sy tydgenote het hom nie as 'n demoon gesien nie – dit is iets wat sommige geskiedskrywers ná die gebeure van hom gemaak het.

Al het ons geleef toe dr. Verwoerd aan bewind was, kan u en ek nie sy verhaal skryf nie aangesien ons hom nie geken het nie en enige poging van ons om dit te doen, sonder die inligting van hulle wat hom geken het en getuies van sy lewe was, sal 'n fiasko wees.  So 'n boek sal gevul wees met onjuisthede en leuens.

Een wysgeer stel dit so:

Aan geskiedskrywers word 'n gawe gegee wat selfs die gode nie beskore is nie, naamlik om dit te verander wat reeds gebeur het.

Hoe kon Esra en Nehemia die waarheid oor die verhaal van die wêreld vertel het net 'n paar honderd jaar voor Christus?  (Dit word bespiegel dat hierdie twee die eerste vyf boeke van die Ou Testament geskryf het).  Ons het reeds gesien hoedat sulke skrywery nie aan inspirasie toegeskryf kan word nie.  "Inspirasie" is mos ook verantwoordelik vir die ontstaan van al die "sektes" en vreemde bewegings.  Buitendien laat "inspirasie" teveel foute en onwaarhede toe.  Dit het ons reeds ingesien.

Daarom is ons oortuig dat byna alles in die Bybel pure duimsuiery is.

Daar is huidig baie meer inligting van ander skrywers hieroor.  Die bewyse teen die Bybelse interpretasie van ontstaan en bestaan raak in ons tyd onomstootlik.

Maar ons is nog nie klaar nie.  Daar is meer - baie meer.


Nr. 6 en 7 - DIE SESDE EN SEWENDE GROOT PARADIGMAVERSKUIWINGS
PALEONTOLOGIE EN GEOLOGIE

Tesame met die insigte wat die wetenskap van die argeologie meegebring het, het die werk van Georges Cuvier (Frankryk, 1769-1832), die eerste paleontoloog, met sy studies van fossiele en rekonstruksies van uitgestorwe spesies beslis 'n speek in die geordende beeld van die Bybel gesteek.  Die studie van skelette van oer "mense" en fossiele van dinosourusse en vele ander prehistoriese diere het onder sy leiding 'n wettige en geordende wetenskap geword.

Omdat hierdie nie 'n skripsie oor daardie oerdiere en oer-"mense" is nie, gaan dit nie hier behandel word nie.  Genoeg materiaal is reeds daaroor gepubliseer.  National Geographic en ander gesaghebbende joernale het ook talle artikels en foto’s van daardie fondse die lig laat sien en die eerlike student kan daarin sy naslaanwerk gaan doen om hom te vergewis van die belangrikheid van daardie ontdekkings.  Dit is vir hierdie skrywer opvallend hoedat die totale Christendom hierdie onderwerp bloot vermy.  Hulle dink as hulle nie daarna kyk nie, dan bestaan dit nie en sal dit weggaan.  Maar die skelette van vier-verdieping hoë "dinosourusse" en tientalle ander sulke reuse en oerdiere is gevind en opgegrawe.


KRITIEKE VRAAG

Tog moet hierdie kritieke vraag aan die algemene kerk gestel word: - Wanneer het daardie oermense die aarde bewandel en wanneer het daardie reuse diere geleef as die skepping net 6000 jaar gelede plaasgevind het?  Rotstekeninge en die skryfkuns is dan ook 6000 jaar oud.  Die bekende geskiedenis van die mens trek al by 6000 jaar verby, d.w.s. van daardie beweerde "begin" af.

Die Bybel maak ook geen melding van oermense nie en praat ook nie van dinosourusse nie.  Tog word ons vertel dat dit die geskiedenis van die wêreld van die begin af is.

Die bekende geskiedenis van die mensdom reik al verder terug as nege duisend jaar - d.w.s. drie duisend langer as die tyd wat Ussher vir die sogenaamde Genesis-skepping bepaal het en daarin word geen melding gemaak van daardie oermense en -diere nie.  Daar is ook geen rotstekeninge van sulke diere nie, tog is bestaande rotstekeninge veel ouer.  Dus het daardie "oer" mense en diere geleef voor Ussher se tyd vir die eerste skepping.

Daardie oermense en -diere het gewis geleef.  Hulle gebeendere word oral in museums uitgestal.

Dus, as die geskiedenis van die mens en die aarde van die begin af in die Bybel opteken is, wanneer het daardie reuse dinosourusse en oermense dan geleef?  Wanneer het die verre Noorde so skielik gevries dat duisende mamoete met vars, groen kos in hul bekke en pense, in 'n oomblik, in hul spore, gevries het?  Dit het so skielik gebeur dat "vars" mamoetvleis in die vorige eeu in restuarante aan mense voorgesit is?  Tog het hulle uitgesterf voor die mens se vroegste herinneringe.

Fossiele van varings en palms wat deur paleontoloë bestudeer is, bewys dat Siberië eens 'n tropiese paradys was, die tuiste van mammoete en talle ander diere soortgelyk aan die wat in midde-Afrika gevind word, maar dat daardie hele landstreek in 'n oogwink in ysige koue gedompel is.

Wanneer dan, volgens die Bybel wat die geskiedenis van die begin af opteken, het dit gebeur, as dit nie 'n bietjie verder terug is as 6000 jaar nie?

Geological evidence shows that life has existed on Earth for some billion years.
Geologiese getuienis toon dat lewe op Aarde reeds sowat ‘n biljoen jaar bestaan.
            (Funk and Wagnalls, artikel "Geology").


ONNOSELES EN ONINGELIGTES

Ek is oortuig dat geen geleerde of redelike mens vandag meer sal erken dat die aarde net 6000 jaar oud is nie.  Westerlinge raak oortuig dat die geskiedenis van hierdie aarde veel langer is as wat die kerke nou nog aan ons voorhou, maar hierdie gedagte hou ernstige implikasies in vir die algemene kerk.

Indien die algemene kerk sou toegee dat die aardsbestaan veel langer is as ses duisend jaar, dat dit dalk oor miljoene jare strek, sal die verhaal van die "ou slang" en die "vrug" wat Eva kwansuis geëet het, in die niet verdwyn.  Dan sal daar geen sondeval wees nie en gevolglik geen behoefte aan 'n "messias" nie en die raison d’etre vir die kerkbestaan verval in 'n oomblik.

Vir die eerlike en opregte student word dit vandag al makliker om agter te kom dat daardie skeppingsverhaal net 'n niksseggende mite is wat geen waarde vir die Westerling inhou nie.

Dit is een betoog in hierdie skrywe, nl. dat daardie skeppingsmite die begin van u en my ondergang is.  Die gedagte van 'n sondeval ontstaan daaruit  en aangesien daardie leuen die basis is van ons totale opvoedingsraamwerk, veroorsaak dit skisofrenie onder ons.  Mense word geestelik siek gemaak met daardie sogenaamde teologie wat nie die waarheid is nie.  Ons mense is nie onnosel nie en hulle bespeur die bedrog, maar word dit oor en oor vertel sodat hulle dit naderhand in alle opregtheid glo - maar dat dit bedrog is bly altyd in hul onderbewussyn en dit knaag aan hul geestesgesondheid.  Hulle besef dat die Bybelstories nie die waarheid is nie, maar sal dit nie op eie houtjie verwerp nie.  Vrees vir "wat die mense sal sê", hou hulle gebonde aan die mites en onderdanig aan die kerk.

Maar ons is oortuig dat die legendes van die skepping, die sondeval, die eerste moord, die sondvloed en al die ander, soos opgeteken in Genesis 1 tot 50, dadelik vanuit die denkraamwerk van ons mense verwyder moet word.

Binnekort sal net die onnoseles en oningeligtes glo wat die kerke verkondig.
(om dr. D. Ford, D.Th., Univ. van Edinburgh, te parafraseer).
            Eventually only the ignorant and the unthinking will be left in the church!)
(paraphrase).

Ons kan met vrymoedigheid sê dat die nag van 31 Desember 1999 - 1 Januarie 2000 nie die begin van 'n sewende millennium was nie.  Ons weet nie wanneer die aarde geskape was nie.  Dit was lank gelede en niemand was by om daaroor te getuig nie.  Adam en Eva was beslis ook nie die "eerste mense" op aarde nie.  Wat die ander belangrike Bybelse "tyd" betref, naamlik die tyd van Jesus, het ons ook nie 'n idee wanneer hy kwansuis "gebore" is nie.  Die datums verskil met byna twintig jaar, dus was daardie oorgang ook nie die begin van 'n tweede millennium ná Christus nie.  Niemand weet wat hierdie twee datums is nie.

Al was die "skepping" sowat ses duisend jaar gelede, was daar buitendien geen telling van maande en jare in daardie vroegste tye nie.  Argeoloë en geskiedkundiges weet dat die telling van jare oor lang millennia heen ontwikkel het en dat daar baie stryd was oor hoe dit gedoen moes word en van wanneer af.  Let wel: as dit vir "God" belangrik was dat die mens rekening moes kon hou van die verloop van die eerste ses duisend jaar sodat 'n sewende tydperk van 'n duisend jaar bepaal kon word, dan moes hy vir Adam ook die kalender gegee het, en 'n pen om tyd daarmee af te merk.

Hy het nie.

So 'n kalender bestaan nie.  Sulke tydsberekening is nooit gedoen nie.
Aan die ander kant hou die Skepper Hom nie op met sulke tye en insidente nie en aangesien ons nie weet wanneer die begin was nie, kan ons aanneem dat Hy dit nie nodig ag vir die mens om te weet nie.


JAARTELLING FOEFIE

Die gedagte van 'n jaartelling van die begin van die aarde af is een van die grootste foefies waarmee gelowiges nog ooit gevang is.  Dit is 'n slenter.  Wat verstommend is, is dat intelligente Westerlinge sulke onsin glo - u wat die ruimte betree het, wat hart-oorplantings doen, wat die motorkar uitgedink het, wat duikbote en lugballonne in julle diens ingespan het - dit skok my dat u sulke onsin glo en glo dat "God" met die een of ander pastoor, of dominee, of tentbewoner in die Midde-Ooste, daaroor "gepraat" het.

Daardie Bybel-stories het nooit gebeur nie.

Dat u, die Westerling dit glo, is skokkend.


SPOOKSTORIE-PREKE

Dan word apokaliptiese voorspellings in die laat negentigs oor die einde van die wêreld gemaak, aan die vooraand van die begin van die sogenaamde sewende "duisend jaar" periode, voorspellings wat geen doel dien nie.  Dit was alles bangmaak-stories om geld uit mense se sakke te kry sodat sekere "skrifgeleerdes" 'n bestaan kan maak en in weelde kan leef.  Dis wat dit was.  Nie een van hulle bangmaakstories het tog uitgekom nie.

Kon daardie "preke" 'n geestelike of goeie doel gedien het?  Nee - nie eers dit nie.

Sulke "profesieë" is nog altyd met raaiselagtige bedoelings deur suspisieuse karakters uitgespreek om vrees by mense op te wek met die doel om mag oor hulle te verkry.

Niemand weet hoe oud die aarde is nie en die Skepper het glad nie laat weet dat die onheil ons op die een of ander verjaardag van die aarde gaan tref nie.  Dit is onsin.  Maar sommige predikante en "laaste-dae pastore" en profete verkondig dit.  Dit is verfoeilike teologiese bedrog wat met minagting verwerp moet word.

Sulke apokaliptiese voorspellings dien ook nie 'n goeie geestelike doel nie.  Wanneer iemand dit vir die eerste keer hoor, kan daar 'n soort "bekering" plaasvind en dit kan iemand aanspoor om "heilig" te wil lewe, maar as die voorspelling nie bewaarheid word nie, wat dan?  Die Jehova se Getuies het gesê Jesus kom in 1914.  Hy het nie.  Toe moes die storie verander word.  Hy het kwansuis "ongesiens" gekom en "hy" is nou hier, het hulle beweer.  Is dit so?  Toe sou die wederkoms gedurende die sewentigerjare gebeur, het hulle gesê.  Dié nuus was in die media uitgedra, maar dit het wéér nie gebeur nie.  By elke so 'n voorspelling word aanhangers gewerf en word geld in die koffers van die kerk gestort.

Ja, geld.  Die wêreld draai om geld... en die kerk ook.

Die kerk moet eintlik geregistreer: KERK (Edms) Bpk.


GOEIE MENSE VERSUS SLEGTE MENSE

Indien die aangewese tyd aanbreek en verbygaan sonder dat iets gebeur het, raak net soveel lidmate weer weg, raak hulle weer "ongelowig" en "afvallig", want hulle is ontnugter en seergemaak deur daardie preke en profesieë wat nie bewaarheid is nie.  So is meer mense nou al deur die kerk seergemaak as wat op die ou end 'n goeie lewe gelei het as gevolg van die kerk se invloed op hulle (meer hieroor in hoofstuk 8, "Descent into Madness").

Goeie mense is goeie mense en hulle bly goeie mense.  Goeie mense het nie die kerk nodig om van hulle goeie mense te maak nie.  Hulle IS goeie mense.  Daar is miljoene goeie mense buite die kerk.

Die "kerk" was en is NIE die finale skeidslyn tussen goeie en slegte mense nie.  Daar is baie skelms in die kerk.  Daar is predikante wat bedrog pleeg, kerklikes wat heel dag lieg en bedrieg en daar is baie mense buite die kerk wat enige tyd van hoër gehalte is as die meeste mense binne die kerk.  Baie goeie mense het die kerk verlaat omdat hulle nie met die verval binne die kerk kan saamleef nie en hulle het tog goeie mense gebly.  Goeie mense kan goed bly sonder gedurige verwysings na "Abraham en die gevette kalf" wat met ons niks te doen het nie.

Goeie mense IS goeie mense omdat hulle goeie mense is.

En slegte mense is sleg, ten spyte van die kerk se teenwoordigheid op aarde.  Die tronke loop oor - en nou met al die bedrywighede van die kerke, meer as ooit.

Moraliteit van hoë gehalte en kwaliteit het beslis in talle kulture bestaan voor daar ooit ‘n Christen was.  Wetgewing, orde, dissipline en bekamping van misdaad het plaasgevind lank voor "Moses en die Tien Gebooie".

Christene dink dat die Christendom wet en orde bring.  Dis verkeerd.

Die misdaad in, en geestelike verval van die Weste is die gevolg van die gebrekkige leerstellings van die Christendom wat op leuens gebou is.  Die wêreldbeskouing wat op die leerstelling van liefde gebou is, het nie die vermoë om misdaad en misdadigers vas te vat nie.  Dit is net "vergewe, vergewe" die hele dag lank en misdadigers lag ons uit vir die sotlike bestel waaronder ons leef, wat hulle toelaat om te maak nes hulle wil.  Misdadigers is vry en "Christene" sit al hoe meer in die tronke van hul wonings en woonbuurtes.

Dis regtig pateties.


KERK EN TEOLOOG MOET BEWYS

Dus het daar 'n verdere paradigmaverskuiwing plaasgevind.  Wetenskaplik gesproke is daar geen twyfel dat die aarde en die heelal ouer is as wat die kerke beweer nie en dat lewe op aarde ook langer hier voorkom as wat die Genesis-verhaal aandui.

Indien hierdie afleiding verkeerd is, berus die onus nog altyd by die kerke om die wetenskap reg te help met die "ware feite" oor hoe die aarde en die heelal geskape is.  Wys die wetenskaplikes waar hulle verkeerd is.

Ek weet nie hoe die kerk dit sal vermag nie.  Hulle doen nie wetenskap nie, hulle doen nie sterrekunde nie, weet min van die argeologie, minder van die geologie en paleontologie en byna niks van die antropologie nie.  Om die waarheid te sê, die kerk weet baie min van enige hierdie spesialis gebiede nie.  Nee, die kerk weet net wat hy "glo", maar kan niks daarvan bewys nie.

Wat seker is, is dat die Bybel, toe dit ondersoek is deur wetenskaplikes wat gespesialiseer het in die teologie, sterrekunde, wiskunde, letterkunde, filosofie, argeologie, geologie, antropologie en die paleontologie, nooit weer gesien kon word as 'n boek wat die waarheid omtrent die skepping en die geskiedenis van die wêreld vertel het nie.

Hierdie wetenskaplike studierigtings het 'n ernstige krisis vir die raison d’ être van die Christelike Kerk meegebring.


Nr.  8 - DIE AGTSTE GROOT PARADIGMAVERSKUIWING
STERREKUNDE (deel ii)

Die Teleskoop

Christene hou nie daarvan as daar gesê word dat die aarde en die heelal miljoene jare oud is nie.  Hulle dink sommer 'n mens wil dan die een of ander Darwiniet word wat, volgens hulle, een van die grootste "ketters" ooit was, maar 'n studie oor die ouderdom van die aarde lei nie noodwendig tot die "ewolusieteorie" nie.  Tog is sterrekunde 'n noodsaaklike studierigting.  Om elke sterrekundige te beskuldig dat hy ‘n ewolusionis is, is pure onkunde.  Daar is baie meer aan Darwin se filosofie as die kinderlike gedagte dat mense van ape afstam.  Om sy gedagtes oor "natuurlike seleksie" (natural selection) summier te verwerp, dui ook op insigloosheid.  Natuurlike seleksie werk op hierdie aarde - daarmee is verskeie soorte honde (bv. herdershonde en dobermans), perde, katte, beeste, skape en ander diere geteël.  Die proses vind ook plaas onder mense.  Ontkenning daarvan toon onkunde.  Lees.  Lees altyddeur.

Die kerklike paradigma is dat die aarde net sowat ses duisend jaar oud is, maar wetenskaplike studie sedert die Renaissance het daardie paradigma omver gegooi. Priester James Ussher het datums vir sommige van die hoofgebeure in die Bybel, soos die vloed van Noag en die tyd van Moses, ook die presiese jaar van die skepping, vasgepen, nl. 4004 V.G.E. Dit sluit die skepping van die wyer heelal in.  Dit was toe dat Adam en Eva, die sg. heel eerste mense ooit en die heel eerste diere ooit, geskape is.  Daardie datums vorm steeds deel van die kerklike paradigma.  As dít nie die basis van die kerklike paradigma uitmaak nie, kom al die leerstellings in gedrang - van die sondeval tot by die opstanding.

Maar die wetenskaplike studie van lig bewys ook dat die heelal ouer as 6000 jaar is.  Lig trek teen 'n sekere snelheid, naamlik 186,000 myl, of sowat 300 000 km per sekonde, d.w.s. maan toe in een en 'n kwart sekonde.  Met driehoeksmeting, gevorderde wiskunde en spektroskopiese analise van sigbare lig se golflengte- en frekwensie-verskuiwings kan die afstand van ver sterrestelsels bepaal word en weet ons dat hul lig in sommige gevalle reeds honderde duisend jare teen daardie spoed na ons toe aankom, so ver is daardie sterre van ons af.  In sommige gevalle is daardie lig reeds miljoene jare aan't kom.

Daarmee word die volgende paradigmaverskuiwing rakende die Bybel vermag:

Die heelal is ouer as 6000 jaar en hoofstukke soos Genesis 1, wat die skepping van die heelal beskryf, word vandag as deur sommige van die voorste geleerdes as allegories beskou.  Genesis 1 is op sy beste bloot 'n voorstelling van hoe oermense eens gedink het dat alles gemaak is, maar dit is nie geskiedkundige of wetenskaplike waarheid nie en daarom kan die "kerke" dit nie as siele-reddende dogma aanbied nie.  Maar hulle hét.

Daarvan kan afgelei word dat die sogenaamde profetiese insig van ons "geestelike leiers" in die Weste uiters gebrekkig is.  Hulle moes dit kon insien.

Dit is 'n belangrike verskuiwing, aangesien daar onder Protestante verskeie groepe bestaan wat met die begin van die jaar 2000 die aanbreek van 'n sewende periode van duisend jaar verwag het en daarmee saam die einde van die wêreld.  Na aanleiding van die Bybelboek, Openbaring, se verwysings na 'n tydperk van 'n "duisend jaar", word daar sommer aangeneem dat daar dan sewe sulke periodes is, wat soos 'n week in sewe dae verdeel is.  So, dink hulle, moet die hele geskiedenis van die mens dan ook in sewe periodes van een duisend jaar verdeel word.  Maar dit is buitendien net ‘n interpretasie van wat daar geskrywe staan en daar is geen wetenskaplike bewyse daarvoor nie.  Ons beste denkers is boonop uiters onseker oor die oorsprong van dit wat daar geskrywe is.  Die jaartelling wat ons Westerlinge huldig, is dat die jare 2000 so pas begin het, maar dit is 'n arbitrêre telling wat iewers tussen êrens en nêrens begin het.  Die begin van die eerste millennium, oftewel die geboortedatum van Jesus, is onbekend en varieer tot met twintig jaar.  Daarom kan ons glad nie weet wanneer so 'n sewende periode van 1000 jaar begin het nie.  Indien ‘n raaiskoot in Christelike terme gewaag sou word, dan raai hierdie skrywer dat die derde duisendjarige tydperk sedert Jesus reeds iewers in die tagtigerjare moes begin het - en die wêreld het nie vergaan nie.

Daarby is hierdie aarde se 6000ste verjaardag al millennia lank reeds verby.

Dit word sonder twyfel deur die sterrekunde aangedui.

Dr. J. H. Kroeze gee ons in sy boek, "Adam en Eva", ‘n idee van die grootte van ons sterrestelsel (galaxy):

Ons sonnestelsel, die son en sy planete, behoort tot ‘n groep van miljarde van sterre wat geleë is in ‘n wye sirkel, soos ‘n wawiel, wat ronddraai.  Dit het ‘n straal van 50 000 ligjare. Ons sonnestelsel lê nie soos die meeste sterre in die middel nie, maar 30 000 ligjare van die sentrum af. Die son neem omtrent 200 miljoen jare om eenmaal om die melkweg te beweeg.  Sterrekundiges meen te kan vasstel dat die son reeds 30 keer so ‘n omwenteling volbring het.
Hoe oud is die son dan nie?     (bl 14).

Hoe oud is die son dan nie? vra hierdie Bybel-gelowige.  Die implikasies van sy vraag is verpletterend vir die 6000 jaar-skeppingsteorie.

Nuwe metings dui op ‘n groter sterrestelsel (galaxy):

A ray of light moving at about 300,000 km/sec (about 186,000 miles/sec), would require 150,000 years to traverse the Milky Way from edge to edge.
(Funk & Wagnalls Encyclopedia, artikel Astronomy)

As ons die lig van die eindes van ons sterrestelsel (galaxy) kan sien, is daardie lig reeds ten minste 150,000 jaar oud, want dit is hoe lank dit geneem het om ons te bereik van die ander kant van ons melkweg af.  Wat die wetenskaplikes meer verstom, is dat lig gesien kan word wat van veel verder gekom het.  (Sien Joubert se "Die Groot Gedagte", afbeelding 2 en ook "afbeelding 10" se onderskrifte.  Daar word gepraat van ‘n sterrestelsel wat "40 miljoen ligjare ver is".)

Op 27 Februarie 1994, het die Hubble-ruimteteleskoop met feitlik onweerlegbare bewyse van die bestaan van ‘n swartkolk in die reuse elliptiese galaksie M87, vyftigmiljoen ligjare ver in die konstellasie van Virgo, vorendag gekom.
            (Sien "Die Groot Gedagte", bl. 162).

Gesien die wetenskaplike feite wat aan ons bekend is, is daar geen manier dat die "eerste gebeure" wat in Genesis 1 opgeteken is, net 6000 jaar gelede plaasgevind het nie:

1. In die begin het God die hemel en die aarde geskape...
3. Laat daar lig wees...
14. Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae, sowel as jare.  16. God het toe twee groot ligte gemaak: die groot lig om te heers oor die dag en die klein lig om te heers oor die nag, ook die sterre...

Dit, die eintlike "skepping" van "hemel en aarde", met sonne en planete, het nie net ses duisend jaar gelede gebeur nie.  Tog verkondig die algemene kerk daardie interpretasie.  Daarvoor kan net een motivering bestaan - hulle doen dit sodat hulle by die leerstelling van die "sondeval" kan uitkom.  Daarsonder tuimel hulle totale religieuse stelsel inmekaar.  Hulle moet kan weet wat in "Eden", "aan die begin", gebeur het, nl. dat daar 'n "boom van kennis van goed en kwaad" was en dat die eerste mense die een of ander wet oortree het toe hulle die vrug daarvan geëet het.  Daardie gedagtes moet binne bereik van menseheugenis wees en ses duisend jaar is kwansuis binne daardie bereik.  'n Honderd duisend jaar is nie, 'n miljoen jaar nog minder - en dit is een van die Christelike kerk se grootste probleme met die wetenskap.  Die wetenskap plaas die skepping en die gebeure aldaar buite bereik van menslike insig, begrip of kennis en dit vernietig onmiddellik die kerk.  Eenvoudig - soos Holmes altyd vir Watson gesê het.

Sedert die Renaissance het Westerlinge al meer besef dat die Skepper ONBE KEND is.  Die Skepper is anderkant die reik van menslike begrip of visie.  Die Skepper is ook nie YHWH, die stamgod van die Jode, nie.  Dit is 'n leuen om dit te beweer.  Die Skepper is ook niemand se "tjommie" nie (ekskuus) en die bewering dat "Hy" gou-gou Sy "tjommies" uit die moeilikheid sal help indien hulle in die moeilikheid beland, is geestelike bedrog.  Ons is van mening dat die moderne "skrifgeleerdes" moet ophou met daardie bedrog aangesien die stryd teen hulle oplaai.  Verdermeer bestaan daar geen korrekte beskrywing van "Hom" nie want niemand het "Hom" ooit ontmoet of gesien nie.  Dit is 'n onomstootlike feit.  Daarom moet al die lasterlike versinsels wat oor "Hom" opgerig is, sonder versuim afgebreek en weggeruim word.  Daardie wolwe wat hulle vir skaapwagters uitgee moet weet dat sou daar so iets wees as 'n laaste oordeel, die leuenaars eerste in daardie oordeel sal staan en die swaarste straf sal ontvang.  Die volgende Bybelteks moet maar tot hulle spreek:

Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God.   (Heb.  10:31)

Hulle gaan bars.

"Hy" is die groot Onbekende en Onbeskryflike.  Ons weet nie wie of hoe Hy is nie - en dit bring die totale aanbieding van die algemene Kerk, die sogenaamde "Heilsgeskiedenis" in gedrang.

Ons glo nie dit is verkeerd om te erken dat ons nie weet wie vir die skepping verantwoordelik is nie.  Daardie bekentenis is meer opreg as die bedoelings van hulle wat daardie sprokies oor meer as twee duisend jaar vir ons vertel het.

Die Skepper en die skepping is veel groter as wat ons ooit gedroom of begryp het.  Die Hubble-teleskoop bring daardie waarheid tuis.

In die ruimte eeu bereik die Westerling wasdom en vra:

Is daar vir ons enige iets van waarde in die Bybel?

Ons glo nie.

En miljoene van ons mense stem daarmee saam.

Baie van die kerk se leiers sou met my wou saamstem, maar hulle moet hul loopbane en inkomste beskerm en sou sekerlik poog om hierdie inligting óf geleidelik bekend te maak, óf glad nie.  As hulle dit geleidelik doen, kan die storm beheer word en saggies oorwaai sonder om enige skade aan hulle strukture te veroorsaak.  Dan herhaal hulle die Kerkhervorming wat nie daarin geslaag het om die totale Roomse Kerk te vernietig nie; dan sal dit weer wees soos met die APK wat nie daarin geslaag het om die totale NG Kerk te omver te gooi nie.  En as hulle dit glad nie moet bekend maak nie, bly alles gerieflik soos dit was.

Die besef dat die godsdienste van die wêreld bloot mensgemaakte stelsels is, begin sterk onder ons Westerlinge posvat.

Waarom onder Westerlinge?  Omdat hul denke, hul rede, hul wetenskap uiteindelik hul bevryding meebring.  Uiteindelik word die houvas van die legendes, mites en bygeloof verbreek waarmee die Katolisisme en die Christendom hulle vir bykans twee duisend jaar lank geboei het.

Meeste ander godsdienste het nooit verklaar dat hulle deur "God self" gestig en in die lewe geroep is nie.  Hoofsaaklik is daar net drie godsdienste wat daardie gedagte aan die mensdom probeer verkoop.  Die eerste is die Judaisme en dit het die ander twee gebaar, nl. die Christendom en die Islam.  (Abraham is mos die vader van al drie, dan nie?)  Met al die paradigmaverskuiwings wat huidig aan die kerkewêreld ruk, dring die besef al duideliker deur dat die "gode" nooit 'n godsdiens of religieuse stelsel op aarde probeer stig het nie.  Mense doen dit - en mense maak droog (ekskuus).

Daar is meer.


Nr.  9 - DIE NEGENDE GROOT PARADIGMAVERSKUIWING
NATUURKUNDE

By hierdie afdeling sal daar gewys word op hoe 'n kombinasie van wetenskappe 'n byna vernietigende uitwerking op ons persepsie van Bybelse gesag en interpretasie uitgeoefen het.

So sal die leser 'n idee vorm oor hoe belangrik dit is om wetenskaplike feite en bewyse teen mitologie in ag te neem wanner dit by dinge soos die waarheid kom.  Dit het die mens se denkraamwerke oor daardie legendes verander.

Die natuurkunde: biologie, genetika, aardrykskunde en antropologie het 'n interessante uitwerking op ons beskouing van sekere Bybelverhale.

In die verhaal van die sondvloed, van Noag en die Ark, wat vir die Bybelgelowige so belangrik is, vind ons 'n baie interessante sameloop van vrae en antwoorde.


DIE SONDVLOED - (2349 V.G.E, volgens Ussher)

Wanneer die Bybelse verhaal van die "sondvloed" gemeet word aan die wette wat die bogenoemde wetenskappe vanuit die natuur geformuleer het, word die verhaal 'n finale nekslag toegedien.  Met 'n bietjie insig kan elkeen begryp dat die verhaal net dit is - 'n verhaal, 'n mite, 'n legende, met dieselfde gesag as Hansie en Grietjie.

Priester Ussher het mos die datum vir die sondvloed bepaal volgens die Bybelse geskiedenislyn en daar is geen rede om grootliks met hom te verskil as die Bybel as riglyn gebruik word nie.

Eerstens is die totale geologiese en argeologiese wetenskaplike wêreld daarvan oortuig dat daar NIE so 'n vloed plaasgevind het in enige jaar wat enigsins naby die jaar 2349 VGE is nie, want daar is geen aanduiding in die totale geologiese rekord van ons planeet dat die aarde deur 'n vloed van sowat 8 kilometer diep verwoes is nie.  Indien daar enige bewys daarvoor sou bestaan het, sou die dosente op seminarie dit sekerlik met ons gedeel het.


BOESMANVLOED

Streeksvloede het wel plaasgevind, soms baie groot vloede, maar om te beweer dat die hele wêreld en al sy lewende wesens net vier en half duisend jaar gelede in so 'n vloed uitgewis is, kan net nie bewys word nie.

Die leser sal sekerlik die Laingsburg-vloed van die sewentigerjare onthou.  'n Ongekende vloed het die dorpie in die nag getref, wat skokkende verwoesting aangerig het.

Veronderstel dit het 350 jaar gelede gebeur, toe Hottentotte die enigste inwoners daar was.  En veronderstel verder dat dié twee of drie gesinne wat daar gewoon het, daardie nag almal verdrink het en dat hulle liggame nooit gevind is nie, soos in 1974 in Laingsburg gebeur het.  Dit sal maklik wees om te dink dat, as net een of twee Hottentotte daardie vloed oorleef het, hulle sou geglo het dat die hele wêreld vergaan het.  Hulle sou tot so ‘n gevolgtrekking kon gekom het.  Wat het hulle van Amerika, Europa en Asië geweet?  Niks.  Wat hulle betref, het die hele wêreld en al die mense en diere in daardie nag vergaan.  En as hulle later in die Karoo gaan jag het en op 'n trop springbokke afgekom het, en ander Boesmans, sou hulle gewonder het hoe hulle die "wêreldvloed" oorleef het.  In 'n groot, groot skip, of dalk in 'n eier...?

Daar is geen twyfel dat 'n geweldige streeksvloed in die omgewing van Mesopotamië, moontlik rondom die Eufraatrivier, lank voor die ontstaan van Babilon, die basis was van die sondvloed-verhaal nie.  Daardie legende is ook veel ouer as 2349 VGE en kom uit oertye ver noord-oos van Palestina.  So 'n verhaal word in die Gilgamesh-tablette aangetref.  Daarin word vertel van die avonture van god-mense, ook van ‘n geweldige vloed waarin die "hele wêreld" vergaan het en een man, sy gesin met 'n paar diere wat in 'n "eier" die vloed oorleef het.  Vanuit die Ensiklopedie van die Mitologie kom die volgende:

Oetanapisjti: Die hooffiguur in die sondvloedverhaal vervat in die elfde plaat van die sogenaamde Gilgamesj-epos van die Ou Mesopotamië.  Hy is ‘n Akkadiese held wat saam met sy vrou die (Babiloniese) sondvloed oorleef het en deur die gode ontsterflik gemaak is.  In ander weergawes van die sondvloedepos (o.m. die Atragasismite) heet hy Atragasis ("buitengewoon wyse").  Sy Sumeriese naam is Zioesoedra.  Hy toon ‘n groot ooreenkoms met die veel latere Bybelse figuur Noag.

Mettertyd is daar verder geborduur op die antieke legendes van daardie kastige "wêreldvloed" en het ons vandag in die Weste te doen met die Noag-verhaal uit die Midde-ooste.

Hierdie oorleweringe het gegroei en ontwikkel.


ONINGELIGTE CHRISTENE

Daar kan nie meer gestry word dat die vermeerderende kennis van die mensdom nie die paradigmas van Bybeldenke verander en verskuif het nie.  Die meeste mense weet dit, behalwe Christene aangesien hierdie inligting nie van die kansels af verkondig word nie en nooit die tema van populêre Christelike boeke is nie.  Dit sou die voortbestaan van die "onderneming" ernstig bedreig.  Baie skrifgeleerdes sal werkloos raak.

Tog is hierdie inligting binne bereik van Christene, as hulle net ‘n bietjie moeite wil doen.

Iemand het hierdie wysheid kwytgeraak:

Die beste boek is nie noodwendig die blitsverkoper nie.

Die vraag is net of ons die verstand, wat die Skepper ons gegee het, sal gebruik wanneer ons met sulke verhale gekonfronteer word.

Die verhaal van Noag moet nou van naderby ondersoek word.


NOAG SE ARK GEKAAP

Eerstens is daar die tergende vraag oor wat van Noag se Ark sou geword het.  Dit moes 'n reuse skip gewees het om al daardie diere en kosvoorrade te dra.  Dis voorwaar vreemd dat daar geen spoor van gevind kan word nie en dat daar glad nie in die geskiedenis enige aanduiding daarvan is nie.  Daardie eerste en grootste skip op aarde het spoorloos verdwyn sodat daar nie eers rotstekeninge daarvan of die een of ander geskrewe rekord daaroor iewers gevind is nie, behalwe dit wat as niks anders as mitologie beskryf kan word nie.  Ons vind dit uiters vreemd dat daar geen teken van daardie boot gevind kon word nie.

Die gesaghebbende tydskrif, National Geographic, het in sy April 1998 uitgawe foto's gepubliseer van Romeinse houtskepe wat dateer uit die jaar 100 V.G.E. wat steeds onder die Middellandse See lê.  Die skepe kon gemeet word, hul dra-kapasiteit kon bereken word en daar het selfs van hul vrag nog behoue gebly.

100 V.G.E..  Dit is halfpad terug na Noag toe.  En boonop lê daardie skepe in water.  Die "ark" was mos op droë grond gelaat, ver van die see af.  Daar moes dit vir honderde jare gelê het en sou mense daarvan geweet het en die verhaal vir hulle kinders vertel het.  Maar dit is nie die geval nie.

In Egipte is daar hout skepe gevind wat ongeveer 5000 jaar oud en ouer is. (vgl: Hancock: Fingerprints of the Gods, deel vii).  Daardie skepe kom uit die tyd van Noag – tog is daar geen spoor van die "Ark" nie.

Talle geskiedkundige bewysstukke wat meer as 5000 jaar oud is, soos die mummies, die farao’s se skatte en hiërogliewe van Egipte bestaan nog, wat beteken dat hulle vanuit tye voor daardie wêreldvloed dateer en dat hulle ten spyte van Noag se agt kilometer diep vloed behoue gebly het.  Dit rym nie.  Daar is kleitablette wat ouer is en wat nie tot modder gereduseer is nie, geskrifte wat nie van kliptafels afgewas is nie, mummies wat nie verrot het nie, of weggespoel het nie, dokumente wat in die Eufraatgebied op kleitablette geskryf is en wat beslis in daardie watervloed sou verbrokkel het, maar wat nogtans behoue gebly het, waarin oorloë en mense se lewensverhale opgeteken is.  Maar daardie allerbelangrike, reuse skip wat die mensdom en die totale diereryk van uitwissing gered het, het spoorloos verdwyn sodat selfs die plek van sy stranding ná daardie "vloed" onbekend is.  Geen oorkonde lei wetenskaplikes en argeoloë in daardie soektog nie, behalwe na "Ararat" in Turkye, waar daar oor dekades heen gesoek is maar niks gevind is nie.

Dit is inderdaad interessant dat die "boek van waarheid" aandui dat die duif uit die Ark eerste die piek, Ararat, gevind het terwyl Everest eerste moes uitgesteek het.  Everest en talle ander hoër pieke sou te voorskyn gekom het voor Ararat.  Maar nou ja...

As in gedagte gehou word dat die ligging van die stad Babilon en baie ander antieke plekke vanuit die dae voor die sondvloed aan ons bekend is aangesien hulle NIE weggespoel het nie, ook die oorblyfsels van Farao's en baie artifakte uit antieke Egipte wat van vóór daardie vloed nou in ons besit is, dan is dit 'n aanduiding van die problematiek rondom die sogenaamde leerstelling van die sondvloed wat die wêreld (en alles wat daarin is) sou vernietig het sodat net agt mense dit oorleef het en daar tog nie 'n enkele argeologiese bewys daarvoor bestaan nie.

Om die minste te verwag, sal ons dink dat daar iewers spore van die ark sou oorgebly het. Wanneer 'n beraming gedoen word van die grootte daarvan, 'n skip groot genoeg vir sewe pare van elke rein dieresoort en twee pare van elke onrein soort, met genoeg kos vir al daardie maande van reën en die vloed, die tyd wat verby moes gaan tot die plante en oeste wat verwoes was, weer kon groei, dan sou dit vele male groter as die Titanic moes gewees het, maar dit het spoorloos verdwyn.  Hedendaagse ingenieurs meen ook dat so ‘n groot skip onmoontlik gebou kan word uit hout.  Volgens Bybeltyd, is die "Ark" gebou voor die gebruik van yster onder mense bekend geraak het, dus kon die hout balk op daardie skaal nie bymekaar gehou word nie.  Die lengte en gewig van so ‘n vaartuig sou veroorsaak dat dit uitmekaar val.  Dan is dit boonop onmoontlik vir een man met sy drie seuns om so ‘n vaartuig te bou - al kon hulle 300 jaar daaraan werk.  Hierdie faktore word nooit deur Christene in berekening gebring nie.


VOEDSELPROBLEME EN NATUURKUNDE

As gevolg van die hoeveelheid kennis oor diere, insekte en plante (biologie) wat ons in die moderne tyd opgedoen het, weet ons dat die koedoe net sekere blaarsoorte eet.  Die koedoe kom uit Suider-Afrika en die bome wat hom van sy dieet voorsien, groei net in daardie landstreke.  Hoe het Noag daardie blaarsoorte in die ark gekry en hoe het dit sonder verkoeling vir maande aaneen vars gebly?  En dit is blare vir net een boksoort – wat van al die ander?  Die swartwitpens spog met 'n nog meer puntenerige dieet.  Was die grassoorte wat hy vreet op die ark?  Dink maar aan die gespesialiseerde diëte van die Pandabeer om nie eens die Koala uit Australië te praat nie.  Daar moes tiene van tonne boombas, doringtakke, grasse, sade, bamboes, piesangs, bessies en allerhande vrugte geweeshet wat vir ses maande en langer behoue moes bly.

Wat het leeus, luiperds, jagluiperds en ander roofdiere geëet, jakkalse, hiënas, aasvoëls, wilde honde van die laeveld en die dingo van Australië - want hulle eet tog vleis?

Was die ysbeer in die ark?  Is hy robbe gevoer?

As reëlings daarvoor getref moes word, was die voedselprobleem genoeg om enige mens rasend te hê.  En wat van die verwydering van dierlike uitskeiding?  Hoe het agt mense daardie skip ses maande lank skoon gehou?


BESTEMMING EN AARDRYKSKUNDE

Asof dit nie genoeg is nie, bly die volgende vrae uit die natuurwetenskap 'n antwoord skuldig.

Indien die ark iewers in Turkye gestrand het, soos die oorlewering dit wil hê, hoe het Koalabere vandaar tot in Australië gekom (die enigste plek op aarde waar hulle gevind word)?  En ook die Kangaroe?  Wat van die Dodo wat net op Madagaskar geleef het – hoe het dit daar gekom?  Dan is daar die Galapagos-eilande anderkant Suid-Amerika, waar Darwin 'n hele aantal spesies gevind het wat net daar op aarde te vinde is.  Hoe het daardie vreemde reptiele en ander spesies van Turkye af daar gekom, indien die ark dan op 'n berg in Turkye gestrand het?

So is daar oral in ver lande dieresoorte wat net in daardie streke te vinde is, soos die Noord-Amerikaanse buffel (bison).  Hoe het dit daar gekom?  In Suid-Amerika word 'n slang, die anakonda, gevind – hoe het dit daar gekom?  Het dit regoor Europa geseil, hy en sy maat, geswem na Suid-Amerika, nêrens oppad soontoe gepaar en hulle nageslag agtergelaat nie, en toe in Suid-Amerika alleen hul tuiste gevind tot vandag toe?

Wat hierdie Bybelverhaal betref, wanneer het die talle soorte dinosourusse dan geleef?  Was dit voor die sondvloed en, indien wel, moes hulle nie dan ook op die Ark gewees het nie?

Dink aan al die verskillende soorte wurms, muskiete, die meer as twee duisend verskillende soorte vlooie, die duisende soorte skoenlapper (een spesie word net aan die Suikerbosrand te Heidelberg gevind - hoe het dit daar gekom?), sprinkane en krieke, en tiene van duisende ander spesies uit die insektewêreld.  Was hulle almal in die Ark?  Het Noag hulle persoonlik ingesamel of het hulle daar aangehop gekom (ekskuus)?

Die eerlike en opregte student moes nou reeds besef het dat daar ernstige vrae rondom hierdie verhaal oorbly, vrae wat oor twee duisend jaar nie bevredigend deur die kerke beantwoord is nie en waaroor ons voorgeslagte in Europa doodgemaak is toe hulle dit nie wou glo nie.

Die argeologiese rekord en die natuurwetenskap is in ernstige botsing met die Bybelverhaal oor die sondvloed.  Sommige teoloë en godsdienswetenskaplikes neem nou die standpunt in dat so 'n wêreldvloed wat agt kilometer diep oor die hele aarde was, nooit plaasgevind het nie en dat daardie storie sy wortels vind in die een of ander oer streeksvloed, wat sekerlik in die Eufraatgebied groot skade aangerig het en wat toe, deur die mense in hul onkunde oor die grootte van die aarde, ervaar is as 'n wêreldwye vloed.

Die geskiedenis het tot dusver nog geen rekord opgelewer van iemand soos Noag nie.  Hy self het geen rekord van daardie "heilsgebeure" nagelaat nie en niemand anders in Noag se leeftyd het die verhaal op klip of papirus of klei opgeteken nie - wat alles daarop dui dat daar nie so 'n persoon was wat 'n ark-skip baie groter as die Titanic gebou het nie of dat al die diere van die wêreld in so 'n boot ingegaan het nie.

Die verhaal is 'n mite.

Al hierdie feite en vrae bring mee dat die paradigmas verskuif word wat in die verlede ons denke oor sulke verhale gelei het.

Maar ons is nog nie klaar nie.


VERDERE VRAE OOR NOAG SE ARK

Die National Geographic tydskrif van Desember 1987 beskryf die vonds van een van die oudste skeepswrakke wat nog ooit gevind is.  Die wrak kom uit die 14de eeu voor die gemene era. Goudware, potwerk, spiespunte, dolke, tin, ens., is alles gevind.  Die boonste deel van die romp het weggevrot, maar die onderste deel wat in die modder weggesink het, het behoue gebly. Daarmee kon argeoloë selfs die tonnemaat daarvan bereken.

Die 14de eeu voor Christus (3400 jaar gelede) is baie naby aan die tyd van die sogenaamde sondvloed wat kwansuis. 'n duisend jaar vroeër plaasgevind het en tog het 'n skeepswrak uit 'n tyd só naby aan Noag behoue gebly tot vandag toe.  Indien dit kon gebeur, dan is dit moontlik dat die Ark van Noag ook behoue moes gebly het, veral gesien in die lig daarvan dat so 'n groot wonderwerk in die gedagtes van die mense daaraan verbonde sou wees.  Die mensdom sou dit beskou het as die allerheiligste van ikone, 'n reliek, en hulle sou terdeë bewus gewees het van die waarde daarvan.  Dit sou sekerlik 'n "heiligedom" geword het, 'n plek waarheen pelgrims sou gegaan het – mense is tog só lief vir pelgrimstogte – en al die mense in die hele wêreld sou geweet het van die bestaan daarvan.

Party sal redeneer dat die Ark nie so lank sou gehou het nie, dat dit teen hierdie tyd reeds heeltemal sou vergaan het.  Ek verskil daarmee – dit sou bewaar gewees het – as dit was wat Bybel daarvan maak, maar dit is moontlik dat dit nie behoue sou gebly het nie.  Dan moet ons vra hoe lank dit dalk behoue kon gebly het – veral as daar die een of ander bewaring daarvan plaasgevind het (onthou – mense het in antieke tye geglo aan bewaring.  Dink aan die Egiptenare wat van voor die tyd van die sogenaamde sondvloed reeds hul Farao’s in mummievorm en talle ander artifakte bewaar het.  So is daar talle grafkelders en kunskatte in ander dele van die wêreld oor duisende jare heen deur mense bewaar).  Indien die Ark vir net 'n duisend jaar behoue gebly het, sou die verhaal en finale bestemming daarvan beslis bekend gewees het.  Die Babiloniërs, Perse, Grieke en Romeine sou rekord gehou het daarvan.  Mense hou reeds vir duisende jare rekord van hul doen late.

Chris Hastings skryf die volgende:

ANIMALS INTO THE ARK TWO BY TWO?  NOT IF YOU BELIEVE THE BBC

By Chris Hastings, Media Correspondent

(Filed: 07/03/2004)

The Biblical story of Noah's ark is a "great myth", devoid of any scientific or historical credibility according to a new BBC programme about the great flood.

Noah's Ark, which has been produced by the Corporation's religion and ethics division, argues that there is no evidence to support the idea of an ark, a global flood or even a man called Noah. It claims that the story in the Book of Genesis was a fabrication inspired by the story of King Gilgamesh, who was caught up in a flood while trying to transport his own livestock.

Gilgamesh, who was King of Uruk in Babylonia in around 2,700 BC, had a shaved head and wore make up as well as a kilt. He bore no resemblance to the traditional image of Noah as displayed in countless paintings.

He and his family were stranded at sea when a freak flood swept them from the river they were in. Unable to drink seawater they stayed alive by drinking the beer that they were transporting. Jeremy Bowen, the programme's presenter, tells viewers: "It is time to forget the original story and start again. The traditional notion of the Noah story does not pass any sort of rational or historical test. Maybe it was not meant to, maybe it was made up."

In the programme, Bowen interviews a number of scientists and historians who dismiss the idea that the world was engulfed by a global flood. They say that there is not enough water in all of the world's oceans to support a torrent of such proportions. Bowen further concludes that even 40 days and nights of continuous rain would not have produced enough water.

Recent claims that the flooding could have been caused by a comet bursting onto the earth's surface are also dismissed.

Bowen and his team also contradict traditional notions about the ark itself, saying that such a huge ship - two thirds the size of the Titanic - would have not been possible with the level of technology available at the time. Loading so many animals onto a single vessel would have taken 35 years it claims.

They conclude that the Noah story was invented by Jewish scribes who embellished the story of Gilgamesh to evoke an all powerful and vengeful God.

Weereens - nee.  Die feit dat die Ark nêrens te vinde is nie, is 'n belangrike bewys teen die bestaan daarvan in die eerste plek.  Daar is niks want daar was niks.  Dit is 'n mitologiese verhaal sonder substansie.  En dan wil skrywer hom verstout om te sê dat National Geographic of ander deskundiges dit al sou gevind het as dit op die aarde was.  Ons moet net versigtig wees dat die een of ander ou skeepswrak nie aan ons opgedis word as die oorspronklike ark nie.  Baie bedrog vind plaas met ou artifakte.


Nr.10 - DIE TIENDE GROOT PARADIGMAVERSKUIWING
WETENSKAPLIKE NAVORSING OOR DIE GENETIKA EN ANTROPOLOGIE

i) GENETIKA

Indien die totale mensdom in daardie sogenaamde sondvloed uitgewis is, moet die vraag gevra word waar al die rasse dan vandaan kom en dit net oor ‘n tydperk van sowat 4300 jaar?

Argumentsonthalwe neem ons aan dat Noag 'n Jood was, hy was mos, dan nie?  Dan was hy 'n Semiet.  Waar het die Kaukasiese witras dan vandaan gekom, die Negroïde-ras (swartes van Afrika), die Boesman wat 'n eie ras verteenwoordig, die Aborigine van Australië en die Mongoloïed (geelmense) van die ooste?  En dit in net 'n skrale 4300 jaar?  Die antropologie vertel ons dat die Sjinese reeds langer as dit bestaan.  Boonop het die die argeologie dit reeds bevestig.  Die verskillende rasse kon nie en het nie in hierdie betreklik kort tydjie ná die sogenaamde "sondvloed" eers ontstaan nie. 

'n Ernstige leuen word hier oopgevlek.

Gregor Mendel (1822 - 84) is bekend weens die nuwe wetenskap waarvan hy die vader is, nl. die genetika.  Volgens die onomstootlike wette van genetika is dit onmoontlik dat al die menslike rasse op aarde uit één ouerpaar kon voortkom.  Die vier mense, Adam en Eva en Noag en sy vrou, as twee ouerpare, kon nie verskillende rasse voortbring nie.  Die genetika stel dit dat swartmense nie uit witmense gebore kan word nie, net so min as wat dit andersom kan gebeur.  Dit is vernietigend vir die Adam en Eva-storie en ook vir die Noag-storie.

'n Perd kan net 'n perd baar.  Met kruisteling van perde kan ander en selfs nuwe soorte perde geteël word, maar 'n leeu of olifant kan nie vanuit 'n perd geteël word nie.

Adam en Eva, indien hulle ooit bestaan het, was óf wit óf swart, óf geel óf bruin en hulle afstammelinge of nageslag kon alleen van dieselfde rassoort wees.  As hulle, sê nou maar wit was, kon hulle nie swart kinders voortbring nie, dus is hulle nie die ouers van die swartras nie.  Indien hulle swart was, kon hulle nie wit kinders voortbring nie en was hulle ook nie die ouers van die witras nie.  Die wette van die genetika laat dit nie toe nie.  Verdermeer - om te beweer dat 'n ander ras ontstaan het ná Kain se moord op Abel, is onsin aangesien geen ander moordenaar ooit kinders van 'n ander ras voortgebring het ná hy die moord gepleeg het nie.  Onthou daarby dat daardie vier mense nooit bestaan het nie.  Hulle is mitologiese figure en daarom is Kain nie die vader van ander rasse nie.

So ook in Noag se geval.  Noag was 'n Semiet, 'n Jood.  Die Jode eis hom mos op as hulle voorvader, nie waar nie?  As ál die mense op aarde uitgewis was soos die Bybel meen, behalwe Noag en sy gesin, dan het net een ras van mense oorgebly en hulle kinders sou van daardie ras wees.  Dit word deur die wette van genetika bepaal.  Noag was kwansuis 'n Semiet en kon dus net Semietkinders voortbring.  Verdermeer kan Noag nie verantwoordelik gehou word vir die ontstaan van swartmense nie, ook nie van wit- of geel- of bruinmense nie.  Eindelik word dit duidelik dat Noag nie die vader of 'n voorsaat van Westerlinge of enige ander ras is nie, behalwe dan van Semiete.  Buitendien is ons en talle godsdienswetenskaplikes oortuig dat die Noag-verhaal net 'n fabel is en dat hy nie bestaan het  nie en dat hy nie die vader van allerhande rasse geword nie.  Gevolglik is die vervloeking van Gam ook mitologies en kan ons nie na die ontstaan van ander rasse by hom kan gaan soek nie.  Gam is kwansuis vervloek omdat hy sy vader se naaktheid gesien het en wil party Christene te kenne gee dat hy as gevolg daarvan die vader van ander rasse geword het.  Watter onsin.  Eerstens is die hele verhaal 'n fabel en daarom steek daar geen waarheid in die bewering nie en tweedens, as dit so is dat mens se kinders skielik van 'n ander rassoort sal wees as iemand sy pa se naaktheid gesien het (Genesis 9:18 tot 25), dan is miljoene van ons in die moeilikheid - verpleegsters, dokters, kinders wat iewers in 'n badkamer of slaapkamer ingebars het toe hulle ouers naak was.  Dit is nie so nie.  Dit is 'n foutiewe interpretasie en leerstelling, 'n voëlverskikker wat sy werk doen om mense bang te maak vir YHWH, die priesters en die kerk.

Een ras kan nie 'n ander ras voortbring nie.

Dit is 'n wet van die genetika en ons is oortuig dat die Skepper nie Sy ewige wette abrogeer oor sulke onbenullighede in die kosmos nie.

Die werk van Mendel word nooit in die kerk verduidelik nie.  'n Mens kan byna sê dat Mendel vir die kerk nie bestaan nie, maar die eerlike en opregte student sal dadelik die implikasies van hierdie deel van die bespreking insien.  Dit is inderdaad vernietigend vir daardie legendes wat oor millennia heen aan ons oorgedra is.

ii) ANTROPOLOGIE

Die antropologie het reeds bewys dat die Chinese beskawing so oud is as 6000 jaar en in ou Europa vind ons rotstekeninge van sewe duisend jaar gelede.  Argeoloë weet dat die Egiptenare reeds vóór die sogenaamde Bybelse sondvloed bedrywig was.  Inteendeel, hulle is oortuig dat die eerste piramides gestaan het voor Ussher se berekende tyd vir die sondvloed..  Ook die swartes van Afrika bestaan vanuit ‘n tyd vóór die sogenaamde "sondvloed".  Die Majas, Asteke en Incas van Sentraal- en Suid-Amerika het bestaan voor, tydens en na die tyd van daardie mitologiese vloed.  Daardie beskawings is NIE deur die sondvloed vernietig nie.  Die Spaanse invallers van die sewentiende eeu het nog met sommige van hulle te doen gekry.

Weereens dui die wetenskaplike ontdekkings wat oor die laaste paar honderd jaar gedoen is, daarop dat die stories wat in die Bybel vervat is, net dit is – stories uit antieke tye wat vir oningeligte mense probeer vertel het waar en hoe dinge ontstaan het voordat hulle besef hoe groot of hoe oud die aarde en die heelal is.  Ons noem sulke verhale "mites" of "legendes".

Om dit te doen, was goed – vir hulle, onder daardie omstandighede.  Dit was al wat hulle gehad het.  Vandag is dit nie goed om die denke van ons kinders vol onjuisthede te prop en hulle onder die indruk te bring dat hulle dit nie mag bevraagteken nie, ook dat hul verlossing daarvan afhang, dat hulle verlore sal gaan indien hulle dit nie aanvaar nie.  Net soos kinders naderhand moet besef dat daar nie ‘n Kersvader is nie, net so moet mense nou besef dat daardie verhale niks meer as legendes is nie.  Ons moet vandag eerder opgevoed word met dit wat waar is, met wetenskaplike kennis wat bewys is.  Ons leef immer in die era waarvan gesê word:

" ... en die kennis sal vermeerder ... " (Dan 12:4)

STAMGODE

Weens daardie "kennis wat vermeerder", weet ons dat al die gode van die geskiedenis mitologiese gode was - Jupiter, Mars, Mercurius, Osirus, Isis, Diana, Atlas, Neptunus, Zoroaster, Enki, Thor, Freya en ‘n duisend ander ook.  Hul inmenging in menslike gebeure, weet ons, het nie gebeur nie.  Hoe is dit dat helder denkende Westerlinge dit nie kan insien nie?

Die totale nie-Christelike wêreld weet dat YHWH net so ‘n mitologiese stamgod is as enige van die ander.  Daarby weet hulle dat die god-mens, Jesus, ook mitologies is soos ál die ander gode-kinders wat deur die eeue heen in antieke tye verskyn het, bv. Dionysos (of Dionusos).  Hy het ook gesterf en is weer opgewek, is ook hemel toe, het ook ‘n onsterflike ma, die godin Semele, ens.  Dit is mitologie en almal weet dit.

Om te besef dat YHWH bloot mitologies is, is 'n dringend-noodsaaklike tree in Westerse volwassewording.

Wat uiters boosaardig is, is dat ons ons kinders met allerhande bangmaakstories dreig oor hierdie fabels.  Niks goed en bevorderlik kan daaruit voortkom nie.  Opvoeding kan nie met dreigemente van die hel gedoen word nie, maar veel eerder deur beginsels te leer wat op waarheid gebou is.

Kennis het vermeerder, in die laaste honderd jaar meer as in alle tye sedert die skepping.  Nuwe kennis word gedurig aangeteken en die moderne mens mag nie stilstaan by oeroue legendes wat onwaarhede bevat wat mense onder mekaar vertel het toe hulle nie van beter geweet het nie.  Daardie legendes het buitendien niks met ons heil te doen nie en dit is onsinnig om aan sulke mites te bly kleef.


MOSES - 1491 V.G.E. (volgens Ussher)

DIE BEKENDE PARADIGMA, ARGEOLOGIE EN ANTROPOLOGIE

Een van die grootste figure in die Bybel wat 'n reuse invloed op die Weste uitgeoefen het, is die wetgewer, Moses, wat dan volgens die verhaal op die berg Sinai met "God" ontmoet het.  Daardie verhaal is ook een wat oor millennia heen deur ons mense aangeneem is as die reine en heilige waarheid.

Wat is die bestaande denke oor hom?  Hoe lyk die Moses-paradigma?

Moses was kwansuis 'n Jood wat in Egipte gebore is toe daar 'n wet afgekondig is wat die dood van al die manlike klein Joodjies vereis het, want die groot Farao was glo bang vir die Joodse slawevolk en hul getalle.  Die geskiedenis dui glad nie op so ‘n vrees onder enige van die Farao’s nie.  Nietemin, Moses is toe deur sy ma in 'n mandjie geplaas en rivier-af na sy noodlot gestuur.  Wonder bo wonder is hy deur Farao se dogter gevind en aangeneem sodat Moses, die vyandskind, in die paleis van Farao grootgeword het.

(Kan u uself indink dat koningin Elizabeth 'n vreemde kind, nogal een van haar aartsvyande se kinders binne-in Buckingham Paleis sal toelaat en hom sal grootmaak en hoe daardie vreemde kind dit byna-byna regkry om in die plek van die troonopvolger, prins Charles, koning oor die Britte te word?  Stel u net voor dit is Dodi al Fayed se kind.  Dit is ondenkbaar.)

Moses het toe al die tyd geweet dat hy 'n Jood is, want gelukkig is hy deur sy eie moeder in Farao se paleis grootgemaak, en dit teen die uitdruklike bevel van Farao.  So het hy, volgens die legende, die lyding van sy mense, die Hebreërs, raakgesien terwyl hulle as slawe vir Farao gewerk het.  Eendag het hy 'n Egiptenaar wat een van sy volksgenote mishandel het, doodgeslaan en moes hy na die woestyn vlug.  Later het hy teruggegaan en vir die vryheid van sy mense gepleit en ook die tien plae oor Egipte gebring.  Na die tiende plaag, naamlik die dood van al die eersgeborenes van Egipte, het die Jode die reg verkry om die land te verlaat.  Moses het die Rooi See oopgemaak en die voortvlugtende Jode het op droë grond na Arabië deurgestap waar hulle vir veertig jaar in die woestyn rondgedwaal het.  So is daardie verhaal van kleins af vir ons geleer.

Die getal wat Egipte verlaat het, was ses honderd duisend man, sonder vroue, kinders, slawe en diere (vgl. Eks. 12:37).  Toe het Moses die berg Sinai uitgeklim en die "God van Israel" (d.w.s. YHWH) daar ontmoet wat die Tien Gebooie aan hom gegee het - 'n wet wat volgens die storie, van só 'n hoë gehalte was dat dit nog nooit op aarde gehoor is nie sodat dit tot vandag toe bekend staan as die hoogste morele wet in die wêreld.  Moses het ook water uit rotse beveel en kos uit die hemel wat al daardie mense vir veertig jaar in die woestyn laat oorleef het.  Daarna het Moses gesterf en later het sy mense die sogenaamde "Beloofde Land" ingegaan.  (Let op die feit dat daardie land toe reeds aan ‘n ander volk behoort het...)

Dit is min of meer die storie.


PARADIGMA VERSKUIF

Met die kennis wat vermeerder, het die paradigmas oor hierdie storie ook verskuif en moet die eerlike en opregte student die verhaal nagaan en uitvind of alles letterlik gebeur het soos dit daar staan.

Die wetenskaplike studie van geskiedenis en argeologie het groot bydraes tot ons begrip van die verlede meegebring.  Meer insae in die geskiedenis verskuif noodwendig die paradigmas van ons denke daaroor.  So het daardie studies ook groot implikasies vir die verhaal van Moses meegebring.

In 'n paar verse, wat as die reine waarheid aangeneem word, lê eintlik soveel vrae dat dit my verstom dat ons Kroos (die Westerling) dit vir so lank vir soetkoek opgeëet het.

1. Soos reeds vermeld, lyk dit beslis nie asof Moses sy eie geboorteverhaal geskryf het nie, want as 'n mens jou eie verhaal sou skryf, vra ek u, sou mens dit só skryf?  Lees weer Eksodus 2:1 en 2 met die letterkundige paradigma in gedagte waar Moses blyk joernalistiese skryfstyl te gebruik  en let op na die woordkeuse aldaar:

En 'n man uit Levi het gegaan en 'n dogter van Levi geneem.
En die vrou het swanger geword en 'n seun gebaar en toe sy sien dat hy mooi was, het sy hom drie maande lank weggesteek.

Ons is saam met talle Bybelspesialiste oortuig dat Moses nie daardie woorde geskryf het nie.

2. Dan word gesê dat al die (Hebreeuse) manlike babas in die Nyl gegooi moes word, maar dat die dogters mag lewe (1:22).  Waarom sou Farao die manlike geslag van sy slawe uitroei wat al die harde werk moes doen? (1:14).  Is dit redelik om te dink dat hy vroulike slawe wou hê wat weens hul liggaamlike kragteveel stadiger sou werk?  Daar is ook geen argeologiese bewyse vir hierdie bevel nie.

3. Die verhaal vertel dat Farao "bang" geword het vir die Hebreërs en toe al die seuns wou doodmaak.  In die onlangse tekenfliek, 'Moses, Prince of Egypt', word die hiërogliewe (prentjieskrif van ou Egipte) kamtig gewys, wat dan kwansuis die historiese rekord van daardie moordopdrag sou wees, maar daar bestaan glad nie sulke hiërogliewe in Egipte nie.  Dit is doelbewuste Hollywood-bedrog en geen Westerling behoort hulle kinders toe te laat om daarna te kyk nie, want dit is blatante leuens en daar skuil groot gevaar daarin.

Weer - daar is geen rekord van 'n opdrag dat al die slaweseuns vermoor moes word nie en dit kan nie anders as 'n versinsel beskou word nie.

Groter denkers en skrywers as hierdie skrywer is oortuig van die juistheid hiervan.

So - Farao se dogter en haar slavin vind toe die baba Moses in die mandjie.  Dis hoe die verhaal dit het, maar wat eintlik ondenkbaar is, is dat die prinses teen haar vader se opdrag die veroordeelde baba aan die lewe sou hou, sou aanneem en in die paleis sou inneem en daar sou grootmaak.  Dit is net so onwaarskynlik as dit in moderne Buckingham Paleis kan gebeur.  Die prinses het geweet van haar vader se opdrag, maar sy beveel nietemin:

"Neem hierdie seuntjie en versorg hom vir my en ek sal jou loon gee . . ."
(Eks. 2:9) (eie klem)

Dis verregaande.

Ai, die wêreld van die romanskrywer is so interessant, maar ons leef in 'n wêreld waar fiksie juis eerder as die waarheid geglo word.  Dit is 'n gegewe.

Een van die Christelike kerk se grootste probleme is dat daar geen argeologiese of geskiedkundige rekord van 'n persoon soos Moses is nie.  Nêrens in die hiërogliewe rekord van antieke Egipte of op enige kleitablet of papirusrol van enige van die Midde-Oosterse lande is daar so 'n naam of karakter met daardie hoedanighede gevind nie.  Selfs met eerwaarde Ussher se tydsberekeninge kon die geskiedkundiges Moses en die gebeure wat hul kwansuis in die boek, Eksodus, afgespeel het, nie gevind word nie.  Ja - die proponente van die Bybel bespiegel baie daaroor.  Dan identifiseer hulle dié Farao en daardie een as die Farao van die uittog - maar geen optekening van sulke gebeure is ooit gevind nie.

Moses is een van die kerkewêreld se belangrikste persoonlikhede, onder andere omdat hy "God" persoonlik ontmoet het, word gesê, maar ál die proponente van die Christendom saam het tot nou toe nog nie met 'n enkele bewys vir sy bestaan óf die Eksodus-gebeure vorendag gekom nie.

Die kerklikes het ‘n argument vir die gebrek aan hiërogliewe oor die hele aangeleentheid.

Hulle hou vir ons die volgende verduideliking voor, nl. dat die Egiptenare nooit sulke gebeure soos die "tien plae" of die "eksodus" sou opgeteken het nie aangesien dit vir hulle vernederend was en hulle nie hul nederlae opgeteken het nie.  Dis die blinddoek wat gebruik word.

Dit klink so goed en pragtig.  Dit is so 'n oulike ontsnapping vir die kerklikes.  As teologie studente het ons daardie storie geglo.  Sodra mens ‘n storie glo, bevraagteken mens dit nie.


VRAE ONBEANTWOORD

VERNEDERING

Gaan weer in u gedagtes terug na die bewyse vir 'n geskiedkundige figuur wat ons in die voorafgaande studie oor Jesus aangebied het en vra self af waar die nuusmedia van die dag dan was. Oorloë uit daardie tye is wel opgeteken, konings en koningshuise se verhale is in hiërogliewe en spykerskrif verewig.  Waarom het niemand dan oor daardie "eksodus", die Jode se "groot trek", geskryf nie?  En al aanvaar ons die idee dat die Egiptenare nie hul vernederinge opgeteken het nie, moet ons vra of dit 'n soort onveranderlike geskiedkundige reël is.

Indien ons na die oorloë van Suid-Afrika kyk, dan weet ons hoe swaar die Trekkers by Weenen, Blaauwkraantz, Moordspruit en ander plekke gekry het.  Ons weet hoedat Shepstone Pretoria binnegery het en die Vierkleur van die Zuid-Afrikaansche Republiek gestryk en die Union Jack van Groot Brittanje gehys het.  Ons weet van die nederlaag by Paardeberg onder Cronjé en die finale oorgawe en vernederende Vrede van Vereeniging.  Teken volke nooit hul nederlae op nie?  Doen die "media" of die geskiedskrywers van die tyd dit ook nie?

‘n Stelling soos: "Die Egiptenare en ander trotse volke het nie hul nederlae opgeteken nie" het geen basis in die werklikheid nie.

Al is daardie gedagte waar, ontstaan die volgende vraag onmiddellik: Word ‘n nederlaag van die Egiptenare dan nie deur hul vyande as ‘n oorwinning beskou nie?

Egipte het tog ook vyande gehad.  Dit sien ons in die argeologiese rekord van daardie land.  In die pragtige boek, Egypt The World of the Pharaohs, (bl. 240), is daar 'n foto van 'n kissie wat in Tutankhamen se grafkelder gevind is.  Daarop word sy vyande uitgebeeld - nl. die swart volkere suid van Egipte.  In Kemp se March of the Titans, (hf. 8, bl. 65) is 'n foto van die ander kant van daardie kissie waarop ons kan sien dat die Semiete as vyande van Farao uitgebeeld word.  Op bl. 63 is 'n foto van Tutankhamen se sandale en op die binnesole word daardie vyande ook uitgebeeld - links - die swart volkere suid van Egipte en regs, die Semiete (ook die Jode) na die noord-ooste.  Die figuurlike betekenis daarvan is dat Farao sy vyande vertrap, of op en oor hulle sal loop.  Van bl. 60 tot 68 is foto’s waarop gelet kan word. 

Egipte het dus verskillende vyande gehad en het verskeie oorloë teen sy vyande gevoer.  ‘n Nederlaag vir die Egiptenare sou ‘n oorwinning wees vir een van die ander volkere, maar daar is ook geen optekening van die "tien plae" of "eksodus" onder hulle nie.  Waarom nie?  Dit is baie onwaarskynlik dat 600 000 Joodse mans, plus hul vroue, kinders, slawe en pakdiere, vir veertig jaar op die grondgebied van ander konings kon rondtrek sonder dat daardie ander konings daaroor iets te sê sou hê.  Daaroor sou beslis stryd gekom het en dit sou iewers opgeteken wees.

Maar daar is geen optekening daarvan nie.  Waarom nie?

Want dit het nie gebeur nie.

Kemp wys daarop dat dit duidelik is dat die Farao’s vanuit die vroegste tye Westers was.  Sommige  mummies het rooi hare en blou oë, of ander gelaatstrekke wat net as Westers beskryf kan word.  Dit was die geval tot by die laaste dinastieë toe daar ‘n verandering ingetree het en die Farao’s en die Egiptenare met hul swart slawe begin vermeng het.  Die gevolg daarvan, volgens Kemp, was die verdwyning van die Egiptiese beskawing.  Kemp beweer dit is waarom die Egiptenare vandag nie meer naastenby ‘n piramide kan bou nie en waarom Egipte huidig is so ‘n vervalle toestand is.  Dit is ‘n uiters interessante deel van Westerse geskiedenis wat nie vir ons geleer word nie.

Aan die een kant is die wit (of Westerse) Farao’s se vyande dus duidelik in die geskiedenis geïdentifiseer terwyl daar in die hele Midde-Ooste niks opgeteken is oor die gebeure wat so kleurvol in die Bybel beskryf is nie.  U sal ook uit die voorbeeld hiernaas agterkom dat so ‘n getal mense wat vir veertig jaar in die woestyn rondgetrek het, duidelike en sigbare tekens daarvan moes gelaat het.  Die oorstaanplekke sou tot nou toe in die grond ingebrand gewees het, net soos die Voortrekkerroetes op verskeie plekke nou nog gesien kan word.

Iemand het die volgende interessante statistiek saamgestel.  Omtrent drie en ‘n half miljoen mense het aan die "eksodus" deelgeneem, sonder pakdiere en vee.

1.  Hulle moes in een nag deur die "Rooi See" beweeg.  As hulle op 'n smal pad gestap het, twee-twee langs mekaar, sou die tou sowat 2000 km lank gewees het en sou dit omtrent ‘n maand geneem het vir hulle om deur die Rooi See te beweeg.  Maar onthou dat die verhaal sê dat die Egiptenare op hul hakke was.  Dus moes daar 'n opening in die Rooi See gewees het wat ten minste 8 km wyd was sodat hulle, 5000 in 'n ry langs mekaar, kon deurgaan in een nag.

2.  Om hulle te voed, sou 'n baie groot hoeveelheid voedsel verg.

            Militariste het bereken dat hulle sowat 1500 ton voedsel per dag sou verorber het.
            Dit is twee vol vragtreine van een myl lank elk, per dag.  Hulle vuurmaakhout sou
            omtrent 4000 ton weeg (kwartels moes seker gaargemaak word, dan nie?).  Twee
            vragtreine, elk 2 kilometer lank, sou nodig gewees het om die hout vir slegs een dag
            aan te ry.

            Hulle was veertig jaar lank op reis ... die logistieke daarrondom is ‘n nagmerrie.

3.  Hulle het ook water nodig gehad.  As elkeen 10 liter water per dag benodig het, sou die behoefte sowat 30 miljoen liter water elke dag wees.  'n Vragtrein met tenktrokke 28 km lank sou nodig wees om daardie water aan te ry.  Daar was geen riviere of mere nie.  Dis woestyngebied.  Maar u kan glo dat soveel water as dit uit ‘n rots kon vloei, as u wil.

4.  Elke keer wanneer hulle aan die einde van die dag se tog kamp moes opslaan, het hulle 'n terrein byna die grootte van die Kaapse vlakte benodig.  So 'n ruimte was nodig vir elke nag se oorstaan.  Daar sou duidelike tekens van sulke oorstaan plekke gewees het, want hulle het tog nie elke nag op ‘n ander plek gaan staan nie.  Daar moes tye gewees het dat hulle ‘n week of twee op dieselfde plek oorgestaan het, of ‘n maand of drie op een plek, dalk ses maande lank - en die spore daarvan sou, volgens die argeoloë, tot vandag toe onuitwisbaar gewees het.

Nee, hiermee is iets verkeerd.


GEEN ARGEOLOGIESE BEWYSE

Die argeologie het geen bewyse van 'n Moses, die tien plae of van 'n uittog opgelewer nie.  Wat die geskiedenisrekord betref is dit asof dit nie gebeur het nie, alhoewel daar naarstiglik deur die Jode, Christene en ander mense na die bewyse daarvoor gesoek is.  Boeke soos "Die Bybel is Tog Reg" bevat nie 'n enkele bewys vir die bogenoemde gebeure nie.  Onthou die stelling in TIME:

... Israeli archaeologists combing the Sinai during intense searches from 1967 to 1982 - years when Israel occupied the peninsula - didn’t find a single piece of evidence backing the Israelite’s supposed 40-year sojourn in the desert ...
                (Des. 1995, bl. 46).

Daar is nie 'n enkele bewysstuk gevind nie.

Teoloë weet dat die Ou Testament so laat as 200 V.G.E. deur Esra en Nehemia geskryf is, nadat die Jode van die Babiloniese ballingskap na Jerusalem teruggekeer het.  Toe Jerusalem weer opgebou is, het die Jode besef dat hulle geen geskrewe geskiedenis gehad het nie en dit het vir hulle so belangrik geword dat hulle dit toé geskryf het.  Hulle het toe 'n storie geskryf wat van die begin van die wêreld af kwansuis alles vertel het tot op hulle dag.  Hulle het self die sentrale rol in daardie wêreldgeskiedenis gespeel - so asof hulle ‘n "uitverkore" volk was en asof daar niks anders op aarde gebeur het nie.

Hierdie gedagte is vir die opregte student uiters belangrik aangesien dit die herkoms van die Bybelse verhale verduidelik en lig werp op vrae soos waarom daar sulke onduidelikhede en onjuisthede in die boek is wat aan ons voorgehou word as die "woord van God".

Die Ou Testament is dan ook die enigste "geskiedenis" van die wêreld wat geskryf is as 'n heilsgeskiedenis, d.w.s. ‘n geskiedenis met die "verlossing uit sonde" as sentrale tema.  Geen ander geskiedenis is so geskryf nie.  As ons die geskiedenisboeke van ander skrywers neem, dan vind mens "feite" – dag, datum en plek van gebeure.  Daar is geen datums in die Bybel nie en geen bewese rekords nie.  Dit is die enigste sg. geskiedenis wat poog om te vertel van die ingryping van "God" in wêreldgebeure en is dus 'n gevaarlike geskiedenis aangesien daar met interpretasie omgegaan word, interpretasie sonder enige basis in feite.  Niks is bewysbaar nie en daarom is dit vir byna helfte van die Westerse wêreld en die meeste van die res van die wêreld nie meer 'n aanvaarbare bron van geskiedkundige inligting nie.  Net ‘n klein persentasie van die wêreld se bevolking glo wel op daardie vlak daarin en dit bloot omdat hulle nie van beter weet nie.  Dit is vir hulle iets om op te steun in hul deurmekaar en onseker omstandighede.

Dit is vir die opregte student een van die belangrikste gedagtes om te onthou.


LUI GELOWIGES

Mense glo die Bybel omdat hulle uiters oningelig is en te lui is om daaroor na te dink.  Hulle is eintlik wat die Bybel van hulle sê: "Slegte en vervalle sondaars wat net 'n maklike uitweg soek, skape wat nie genoeg van hulle intelligensie gebruik om hulle eie pad te loop nie, wat heel dag gelei moet word" – en dit met die mees kinderlike van kinderagtige stories.  Daar kan dalk op 'n neerhalende wyse gesê word dat Christene soos skape is wat geensins sonder 'n herder kan voortbestaan nie.  Is dit waarom die beeld van "skape" gebruik word?


TROTSE WESTERLINGE

Daarteenoor word daar van u en my verwag om groot te word, volwasse, sodat elkeen op sy eie voete sal staan en volwaardig mens sal wees, vorstelik, opreg, eerlik, heldhaftig, trots, bereid om sy beste vir sy Kroos te gee, ‘n denker, iemand wat uiting gee aan sy vermoë om dinge uit te vind en te maak, soos prof. Chris Barnard en die hartoorplanting, en talle ander uitvinders onder ons, soos Pasteur, Marconi, Edison, Baird, Von Braun, Shakespeare, Langenhoven en Van Wyk Louw, Mozart en Beethoven en tien duisend ander.

Bogenoemde mense is u helde en u is deel van ‘n Kroos, ‘n spesie, wat sulke denkers voortgebring het (ek praat mos nou met die Westerling uit Noord-Europa).  Hul bydraes en werke is NIE "verwerplik soos ‘n besoedelde kleed" soos ons geleer word nie.  Die les dat ons niks goeds kan doen nie, is boos.  Dat alles waaraan ons raak soos riool is (Jes. 64:6).  Dit was die mees ontmoedigende teks wat ek ooit moes aanhoor, die mees ontmoedigende gedagte, dat alles wat ‘n mens doen, net verfoeilik is.


LEERSTELLING VERWERP

Hiermee word die bogenoemde gedagte verwerp saam met hierdie beskuldiging uit Romeine 3:

            10  Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie.
            11  Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie.
            12  Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie.
13  Hulle keel is ‘n oop graf, met hul tonge pleeg hulle bedrog, die gif van adders is onder hulle lippe.
            14  Hulle mond is vol vervloeking en bitterheid.
            15  Haastig is hulle voete om bloed te vergiet.
            16  Verwoesting en ellende is in hulle paaie
            17  ...en die weg van vrede ken hulle nie.
            18  Daar is geen vrees van God voor hulle oë nie...

Hierdie woorde is nie waar van elke mens op aarde nie, tog word dit aan ons voorgehou dat ons ALMAL skuldig is aan al hierdie dinge.

Vers 10 is net waar insoverre dit betrekking het op die Bybels interpretasie van "heiligheid" of "volmaaktheid".  Daar is baie mense buite die kerke wat "regverdig" leef waar byna almal binne die kerk deur die Bybel beskuldig soos hierbo.

Dit is waar, niemand is volmaak nie, maar om dit heel dag voor ons koppe te gooi, het net een uitwerking en dit is om eerlike en opregte mense waardeloos te laat voel en dit is boos.  Daar is verstandige mense, daar is mense wat na die wil van die Skepper soek, wat goed doen, wat vrede ken en instand hou, wat nooit bloed sal vergiet nie, ens.  Baie mense se persoonlikhede is nie vol bedrog nie.  Daar is mense wat nie giftig is nie.  Nie almal is vol vervloeking en bitterheid nie.  Nie almal saai verwoesting nie.  Nie almal begeer oorlog nie.  Daar is baie mense wat hul plek voor die Skepper ken.

Hierdie gedeelte is geskryf om mense se selfrespek af te breek, om hulle nader te bring aan die leer van die sondeval wat kwansuis in Eden plaasgevind het - iets wat ons reeds gesien het bloot 'n mite is wat nooit gebeur het nie.

Daar is egter mense wat die lelike eienskappe hierbo tentoonstel.  Wat gedoen moet word, is dat ons teen daardie karaktereienskappe gewaarsku moet word.  Kinders moet geleer word dat daar wel sulke mense is, maar NIE dat almal so is en dat niemand dit kan ontvlug nie.  Nie almal is pedofiele nie - tog is daar pedofiele en teen hulle moet gewaarsku word.  Anders gee kinders op voor hulle probeer het, want hulle meen dat hulle tog nie "goed" kan wees nie.

O ja.  Daar is mense wat hulle lewe lank giftig is, wat soos slange is, wat nooit met vrede tevrede is nie en altyd skuiwe maak om ‘n getwis aan die gang te sit, wat altyd die dood saai.  Hulle moet vasgevat word.  Diesulkes wil ons nie onder die Kroos hê nie.

Maar ons is nog nie klaar met Moses nie.  Ons sal in die volgende hoofstuk na nog meer ernstige probleme rondom dié bekende persoon kyk.


EN AäRON?

Wanneer ons die verhaal van die Tien Gebooie bestudeer, word ons met die dood van Aäron gekonfronteer.  In Deuteronomium 10:6 sterf Aäron by Motsera, maar in Eksodus word sy dood glad nie opgeteken nie, terwyl dit ook Moses se boek is wat oor dieselfde gebeure handel. In Numeri (20:22) is die dood van Aäron wel opgeteken, maar daar gebeur dit weer by die berg Hor teenaan die grens van Edom (20:22).  En in Numeri, wat ook 'n "boek van die wet" is en eintlik grootliks handel oor die seremoniële wette, wat ook deur Moses geskryf is, word die gee van die Tien Gebooie glad nie genoem nie.

Dit klink al te verdag.  Dieselfde skrywer vertel dieselfde verhaal weer en weer, maar vertel dit elke keer anders.  En as ons dit nie glo nie of vrae vra, dan kom ons "sieleheil" in gedrang...

As Moses nie daardie vyfde boek geskryf het nie en al sê die kerke nou vir ons: "Maar ons weet dat Moses dit nie geskryf het nie", waarom is die mensdom vir bykans twee duisend jaar so geleer?  En as die Bybel geïnspireer is sodat daarin geen foute is nie, hoe het hierdie verskille dan ingetree?  YHWH sê dat Hy SELF WEER dieselfde woorde op die nuwe kliptafels gaan "skryf" maar Hy skryf "gebooie" wat heel anders as die eerstes is:


ONS BEGRIPPE AAN'T VERANDER

Prof. Spangenberg verduidelik dit so.  Hy sê dat die mens vroeër die Bybel beskou het as die absolute "Woord van God", deur Hom gedikteer en dus foutloos.  Ná die Kerkhervorming en na aanleiding van al die paradigmaverskuiwings wat plaasgevind het, het die mens begin om die Bybel te beskou as ‘n boek waarin daar "Woorde van God" verskyn, menende dat daar ook mense se woorde in is.  In die moderne tyd is dit so dat baie mense die Bybel maar net sien as verhale oor God in menslike terme.

Aangesien wetenskaplike studie al hierdie paradigmaverskuiwings veroorsaak het, dui dit op die juistheid van die gevolgtrekking dat die Skepper nie die outeur daarvan kon gewees het nie.  Indien "Hy" die outeur daarvan was, sou ons nie sonder meer die bedoeling en inhoud daarvan kon verander nie, net so min as wat die mens die wette van die natuur kan verander.

Die verwarring onder die kerke in die sg. "Christelike Weste" bewys ook die feilbaarheid van die Bybel.  Hierdie skrywer is oortuig dat – ás "God" 'n boek sou gegee het, dit 'n beter boek sou gewees het as die Bybel.  Die definisie van die woord "Babel" in die Woordelys kan gerus weer oorweeg word.  Dit het betrekking.

Die Skepper is nie die bron of oorsaak van die "Babelse verwarring" soos die Christendom is nie.  Hoe meer ‘n mens daaroor nadink, hoe meer is dit duidelik dat die Ewige, Ongekende Skepper niks daarmee te doen het nie.  Dit kan miskien as die werk van YHWH gesien word, (stamgod van die Joodse volk), indien enige krediet daaraan toegeken gaan word.  YHWH is mos die bron van die Ou Testament, dan nie?


HIERDIE SKRYWER NIE VERANTWOORDELIK VIR
PARADIGMAVERSKUIWINGS NIE

Dit moet teen hierdie tyd vir die leser duidelik wees dat dit nie hierdie skrywer was wat al daardie verskuiwings in ons denke meegebring het nie.  Dit kom al van baie lank gelede, maar in hierdie boek wil ons aanhou beur tot dáár waar die soeke na WAARHEID lei, want al daardie beginsels wat met die vermeerdering in kennis tot ons deurgeskemer het, is korrek en mag nie geïgnoreer word net omdat die slotsom "onpopulêr" blyk te wees nie.  Hulle is beginsels - en beginsels kan nie verander word nie en hulle effek moet gemeet en begryp word.


PROBLEME MET GEBOOIE

Om terug te keer na die draad van die studie, moet  ons vra wat van die oorspronklike "gebooie" wat ons so goed ken, geword het toe dit die tweede keer gegee is.  Ons is by herhaling deur die kerke en predikante vertel om daardie onveranderlike wette te onderhou.  Maar in Eksodus 34 is daar dan totaal nuwe wette.  Wat gaan aan?  Is Israel se God dan eintlik "veranderlik?"  Kan "hy" van gedagte verander?  Is "hy" dan nie van ewigheid tot in ewigheid dieselfde nie?  Die Tien Gebooie was dan die basis van die verbond wat tot in alle ewigheid met die Jode gesluit is en wat nooit sou kon verander nie, nie waar nie?

So is ons nog altyd nog geleer:

Verder het die Here vir Moses gesê: Skrywe vir jou hierdie woorde op, want volgens hierdie woorde het Ek 'n verbond gesluit met jou en met Israel. (Vers 27)

Nelson’s Bible Dictionary gee vir ons die ortodokse Christelike standpunt oor die Tien Gebooie (sien die artikel: The Ten Commandments) :

Alhoewel God die Tien Gebooie meer as 3800 jaar gelede deur Moses by die Berg Sinai aan sy volk gegee het, is hulle vandag steeds van toepassing. Hulle is van blywende betekenis, aangesien God se karakter onveranderlik is. Hierdie wette ontspring van God en van Sy ewige karakter, derhalwe kan hulle morele waarde nie verander nie. (klem bygevoeg, vry vertaal).      (26)

Ons word geleer dat God se karakter onveranderlik is en dat die Tien Gebooie Sy karakter weerspieël en daarom ook onveranderlik is.  Hoe is dit dan moontlik dat die drie weergawes van daardie gebooie so radikaal van mekaar kan verskil?

Hierdie skrywer is oortuig dat die wet van EER en die Wette van die Natuur, wat beslis onveranderlik is, veel eerder die karakter van die Skepper weerspieël as wat die tien gebooie dit ooit kan doen.

Daarom is die eerste gebod, soos dit die tweede keer gegee is, baie interessant.

Neem jou in ag dat jy geen verbond sluit met die inwoner van die land waarin jy kom nie; sodat hy nie miskien 'n strik by jou word nie.
(Eks. 34:12)

Bogenoemde gebod kan gebruik word as basis vir die filosofie van "elke volk vir homself" en skyn teen die huidige wêreldbestel van die "gelykheid van alle mense" in te druis.  Dit is die beginsel waarvolgens Suid-Afrika en die Westerse wêreld eens op 'n tyd hul lande bestuur het, waarop hulle hul buitelandse beleid geformuleer het en waardeur hulle sukses behaal het.  Sedert daar afgestaan is van daardie beginsel het ons Westerse lande ‘n geweldige agteruitgang belief  - daardie agteruitgang waarvan ons aan die begin gepraat het.


VERBOND

Let op met wie YHWH daardie verbond gesluit het in daardie teksvers wat hierbo aangehaal is, naamlik met niemand anders nie behalwe die Jode wat, volgens hulle, in Egipte was.  Indien enige iemand die Bybelse weergawe van die "heilsgeskiedenis" wil aanvaar en glo, en hy deel wil wees van daardie verbond, moet hy volkome Jood word, Hebreeus leer praat, besny word en, om sy diaspora te help beëindig, in Israel gaan woon.  Dan is hy nie 'n Westerling nie en word hy as gevolg van sy begeerte van die Weste afgesny.  Elkeen word genooi om konsekwent en logies te dink wanneer dat met die waarheid gehandel word.  Westerlinge is nie Jode nie en Jode is nie Westers, soos hulle uit Noord-wes Europa nie.

Die Westerling het niks met daardie weergawe van gebeure te doen nie.  Dit gaan hom nie aan nie, want hy het sy eie weergawe van die ontstaan van alle dinge, een wat in harmonie is met die Skepping teenoor die Bybelse weergawe wat pure mitologie is.  Die Westerling het sy eie begrip van die noodlot, van ontstaan en bestaan en oor die hiernamaals.  Wat in ons tyd noodsaaklik geword het is dat ons weer ons religie moet terugwin en aanhang, aangesien dit nie verwarrend en botsend is nie, en in harmonie is met ons Westerse siel.  Ons kan ons eie heil uitwerk, en het dit nog altyd in die verlede gedoen, sonder die interpretasies wat uit die Midde-Ooste op ons afgedwing is.

Die eerste van ons Westerse Kodes is:

EER GEEN GODE BEHALWE DIÉ VAN JOU VOLK AANGESIEN VREEMDE GODE JOU SAL VERNIETIG.      (27)

Eers val so 'n stelling vreemd op die oor, maar ek herinner u aan dit wat u buitendien veronderstel was om te weet.  Die Hebreërs moes hul "beloofde land" binnetrek waaroor YHWH vir hulle die volgende opdrag gegee het:

Jy mag jou voor hulle gode nie neerbuig nie en hulle nie dien nie . . . (Eks. 23:24)

Neem jou in ag dat jy geen verbond sluit met die inwoner van die land waarin jy kom nie; sodat hy nie miskien 'n strik by jou word nie. Maar hulle altare moet julle omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle heilige boomstamme afkap. Want jy mag jou nie neerbuig voor 'n ander god nie . . . (Eks. 34:12 tot 15)

Julle mag nie agter ander gode aan loop uit die gode van die volke wat rondom julle is nie - ...
(Deut. 6:14)

Die Bybel leer dat daar baie "gode" is en dat verskillende volke verskillende gode vereer.

Die Jode het YHWH.  YHWH is nie die groot Ongekende en Onbeskryflike Skepper nie.  YHWH is die naam van die Joodse stamgod wat kwansuis die Jode tot "uitverkore volk" gekies het.  YHWH het ook kwansuis 'n sondvloed gestuur, waarvan daar geen teken is nie.  YHWH beweeg agter die Ou Testament se mitologiese verhale wat sonder substansie is.  Maar baie belangrik is dit om te weet dat YHWH baie later as die Skepping eers op die toneel verskyn het, toe die Jode hom vir hulself as  "god" aangeneem het.  YHWH het dan ook eienskappe wat vir ons as Westerlinge totaal onaanvaarbaar is.  Kyk - hy haat die Westerling en alle ander volke.  Hy sê dat al die ander volke op aarde met die banvloek getref moet word (sien die boek Ester in die OT), dat ons, ons kinders, ons diere, alles, uitgewis moet word en, indien ons dalk oorleef, ons die diensknegte van sy uitverkore volk, die Jode, moet wees.  Dit is YHWH se opdrag, sy bedoeling.  YHWH meen om die Jode oor ons almal aan te stel en dit is 'n onaanvaarbare teologiese vertolking - die Westerling, ons, is niemand se slaaf nie.

Ek, 'n volbloed Westerling, is NIE geskape om die dienskneg van ander te wees nie.  U en ek, geagte Kroosgenoot, is gebore om ons eie lot te bestuur op ons eie grondgebied, in harmonie met die beginsels wat die Skepper in die natuurorde daar gestel het.  En Sy wette is nie tien vervelige, basiese wette oor diefstal en moord nie – maar ál die Natuurwette, soos dié van swaartekrag, lig, entropie, ens.  Hulle is waarlik wonderlik en groot – en hulle is eintlik in opposisie met byna elke leerstelling van die kerk.  Daar is 'n studieveld waaraan nog skaars geraak is.

Die Westerling moet vinnig snap wat aan die gang is as hy WIL oorleef.  Hy moet begryp dat die kerklikes en politieke leiers al meer van ons vervreemd raak.  Inteendeel, die vervreemding is al só ver gevorderd dat daar gesê kan word dat "ons leiers" reeds ons vyande geword het, dat hulle inderwaarheid hulself anderkant 'n groot kloof bevind vanwaar hulle ons nie meer kan of wil lei nie.  Baas speel - ja.  Dit doen hulle met oorgawe.  Hulle sorg in die eerste plek vir hulleself (predikante en politici) terwyl hulle op 'n baie oppervlakkige manier "gesien word" om te doen wat hulle moet om ons samewerking te wen, maar hulle is eintlik besig om ons diensbaar aan hulle te hou en diensbaar aan iemand anders te maak.

Die Westerling moet snap dat kerk en staat altwee die vyand van die Kroos geword het.

Baie sal sê dat dit onsin is.

Die bewyse is duidelik vir hulle wat "oë het om te sien" en "ore het om te hoor".

Kyk net na die standpunt van die Suid- Afrikaanse regering in die jare tagtig en negentig.  Hulle het NIE vir hulle eie mense gesorg nie, maar het al die ander volke en stamme van Suider-Afrika se belange vooropgestel.  Almal was eerste in die ry, behalwe hul eie mense.  So gaan dit met al die Westerse volke en leiers.  In Nederland, Denemarke, Swede, Duitsland, Oostenryk, Frankryk, Ierland, Amerika, Kanada en Australië – is die politieke leiers steeds vyandiggesind teenoor hulle eie mense, terwyl hulle vriendelik en behulpsaam is teenoor almal wat NIE Westers is nie en almal wat NIE uit hul eie stamboom is nie.  Dit is soos 'n doodswens wat ons mense, na aanleiding van ons geloofsiening, in ons saamdra – óns moet dood sodat al wat Afrika-volk is, kan leef.  Vir al daardie Westerse volke wil ek sê – "Kyk na Suid-Afrika.  Die moorde wat nou op ons gepleeg word, is ook u voorland.  Tyd… gee net tyd.  Zimbawe kom - selfs in Amerika en Australië".

            ONS LEEF U TOEKOMS!

Die vraag wat ons moet beantwoord is of ons met sulke mensgemaakte "gode" iets te doen wil hê.

Teen hierdie tyd weet u sekerlik reeds dat dit waarmee ons in ons kerke te doen gehad het, nie so wonderlik was as wat ons aanvanklik geleer is nie.  Ons het hierdie foute en ernstige probleme in die Bybel bekyk, besef dat sommige van die karakters daarin nooit geleef het nie, en dat die grootste dele daarvan bloot mitologies is.  Toe het ons die verraad van die Christelike kerke aanskou toe hulle met die antichristelike kommunisme 'n verbond van samewerking teen ons, hul eie lidmate, gesmee het.  Katolieke en Protestantse leraars het saam met kommuniste in proteste teen Christelike (vrye) Suid-Afrika geprotesteer en hulle vergader nog steeds gereeld by die Wêreldraad van Kerke om oor u en my toekoms te besin, asof hulle enige reg daartoe het om óns toekoms daar te bespreek.  Hoe meer hulle vergader, hoe erger word toestande in ons Westerse wêreld.  Let daarop hoe die goedgelowige Jan Publiek geensins in opstand gekom het teen Tutu, Boesak, Beyers Naudé en ander wat met die Bybel onder die arm in die strate gestap het voor die Kommunistiese Rooi Vlag nie.


Nr. 11 - DIE ELFDE GROOT PARADIGMAVERSKUIWING
ONTWIKKELING VAN SKRYFKUNS

Ons weet dat die skryfkuns oor honderde jare heen, ja oor 'n paar millennia, ontwikkel het.  Eers het die mens teen die rotswande van hul grotte tekeninge gemaak sodat hulle kon onthou hoe hulle 'n olifant of 'n renoster gejag en doodgemaak het.  Boesmantekeninge is tipies daarvan.  So is daar oral in die wêreld, en selfs in Europa en die Amerikas, rotstekeninge vanuit tye lank voordat skrif in gebruik gekom het.  Later het hiërogliewe, soos dit in Egipte gevind word, ontstaan wat 'n kombinasie van prentjies en betekenis was.  Die Egiptenare het betekenis aan prentjies toegedig.  'n Oog sou een ding beteken terwyl 'n uil iets anders beteken het, en so meer.  Spykerskrif het weer op ander plekke ontwikkel en so het daar op verskillende plekke, verskillende soorte skrif ontstaan, totdat Romeinse skrif wat ons vandag gebruik onstaan het.

Indien die skeppingsverhaal en die verhaal van die naaktheid van die mens in die tuin, sy onskuld en "sondeval", die eerste offerandes en eerste moord, vir die redding van die mens so belangrik was – want dit is daar dat die verlossingsverhaal sy begin het en waar die oplossing aangekondig is (vgl. Gen. 3:15) - dan moet die opregte student vra waarom Adam nie met die talent om te skryf, geskape was nie.  Dit was tog moontlik, as al die ander wondere moontlik was.

Toe Adam geskep is, het hy op die eerste dag van sy bestaan volgroeide, ryp vrugte geëet, of hoe?  Iets moes hy eet.  Binne dae nadat hy geskep is, het hy begin om die tuin te "bewerk" en te "bewaak", (Gen. 2:15).  Wat moes hy doen en teen wie dit bewaak?  Was daar dan iemand anders op aarde?  Hierdie is verdere vrae vir elke opregte student om na te vors.  Adam het tog nie die tuin "teen satan" bewaak nie.  Hoe kon hy van satan geweet het voordat die "slang" met Eva "gepraat het?

Al die vrugte van daardie "tuin" was binne enkele dae ryp om te eet – dit was Adam se eerste kos.  So volwasse was hy dat hy dadelik agtergekom het dat hy alleen was en daarom is Eva vir hom gemaak.  Die verleiding van Eva deur die slang vind dan plaas – Adam het sekerlik nie sy werk gedoen nie, want moes hy dan nie toesien dat "ongewenstes" nie in die tuin inkom nie – en toe gebeur die "sondeval".

Al daardie dinge is "volwasse" en "groot".

Maar hy kon nie skryf nie.  Die bome is volgroeid geskape, word gesê.  Die man, Adam, kom as volwassene tot stand - nie as 'n baba wat 'n moeder en borsvoeding nodig gehad het nie, maar as 'n man wat vir homself kon sorg en geweet het hoe om dit te doen.  Hy word in volwassenheid geskape, gereed om te werk en te waak.  Hy en Eva kon besluite neem wat die totale toekoms van die mensdom geraak het, hulle kon praat en redeneer, dit alles binne dae vanaf hul skepping en nadat hulle die "vrug" geëet het, was hulle bewus van hul naaktheid en het hulle "klere" van die blare wat daar gegroei het, gemaak.

Al daardie gebeure is die begin van die verlossingsverhaal, word gesê, maar hy kon dit nie opteken nie, want hy kon nie skryf nie en hy het niks gehad om mee te skryf nie, ook niks om op te skryf nie.  Waarom nie?  Dit is eers, spreekwoordelik nou die dag, net ‘n bietjie meer as 2000 jaar gelede, dat daardie verhaal wat vir ons sieleheil so absoluut belangrik is en wat nou bekend staan as die Ou Testament, neergeskryf is.

Dis ‘n bietjie laat, want baie inligting is dalk vergeet, selfs dalk verdraai.  En wie waarborg nou dat daardie geskrifte korrek is?  Daar is geen waarborg nie.  Inteendeel, die godsdienswetenskaplikes het reeds bewys dat die geskrifte nie korrek neergeskryf is nie.  Almal weet dat honderde duisende foute oor die eeue ingeslyp het.  Dit is nou so erg dat alles wat uitgevind word, strydig is daarmee.  Dit is kommerwekkend, om die minste te sê.
Met kennis en insig wat vermeerder, word die paradigmas waarbinne ons leef en redeneer, verskuif.  Indien die sewe dae-skeppingsverhaal en die gebeure daar in die tuin van lewensbelang was, sou "God" Adam moes geskep het met die vermoë om te skryf, miskien nie met 'n balpunt in die hand nie, maar slim genoeg om 'n pen en papier te ontwerp.  Dan kon daardie verhaal sekuur tot ons gekom het.  Waarom kon Koi-San rotstekeninge nalaat, maar Adam (en Jesus) niks nie?

Dit is immers na alles dieselfde God wat later aan Noag toon hoe om die ark te bou.


OPSOMMING

Die skeppingsverhaal, Noag, die ark en die sondvloed, Abraham, Isak en Jakob, Josef in Egipte, Moses, Josua, Jona in die vis en Daniel in die vuuroond, is bloot mitologiese fabels.  Sulke stories is in tye lank vergete aan kinders vertel om hulle 'n idee te gee hoe alles op aarde begin het en hoe dinge ontwikkel het.  Maar spesifiek is daardie Ou Testamentiese verhale vir Joodse kinders in die Midde-Ooste vertel.  Daardie stories het aan hulle samehorigheid en eenheid verskaf.  Dit is nie stories waarop Westerse kinders ‘n dag langer grootgemaak mag word nie.

U vra wat ons in die plek daarvan dan vir ons kinders moet vertel?  Die evolusieteorie?

Nee, dit is nie die enigste ander alternatief nie.  Maar belangriker as dit: moenie vir die kinders leuens vertel en hulle boonop vertel dat hulle in die hel gaan brand as hulle dit nie glo nie.  Vertel hulle die waarheid.  Niemand weet nog hoe die lewe en die heelal ontstaan het nie.  Die mens soek nog na al die antwoorde.  Dit sal beter wees as die leuens waarvoor hulle boonop nog tiendes ook moet betaal en elke Sondag na moet sit en luister, terwyl die man op die kansel ook NIE WEET hoe alles begin het nie.

Ja, en in die jaar 2000 G.E. bly daardie vraag, met al die miljoene dae se studie wat reeds deur teoloë en ander geleerdes in die geskiedenis gedoen is, steeds onbeantwoord.  Maar ons weet dat alles nie blitsig binne net sewe letterlike dae ontstaan het nie en dat ons, die Kaukasiërs, nie die kinders is van die een of ander "Adam en Eva" wat in "Eden" gewoon het nie.

INDIEN ONS DIE BOEIE VAN HIERDIE ONJUISTHEDE, WAT UIT DIE BYBEL NA ONS AANKOM, KAN BREEK, IS DIT MOONTLIK DAT HULLE WAT SOEK NA DAARDIE ANTWOORDE, DIE VRYMOEDIGHEID SAL HÊ OM DAARNA TE SOEK.  ONDER DIE HUIDIGE OMSTANDIGHEDE IS DIT VIR SULKE MENSE UITERS MOEILIK OM ENIGE TEORIE TER TAFEL TE PLAAS WEENS HUL VREES OM DEUR DIE KERKE EN DIE GEMEENSKAP AS KETTERS UITGEKRYT TE WORD.  DIT STREM DIE SOEKE NA DIE WAARHEID.  DIT BELEMMER DIE GROEI VAN KENNIS OOR SEKERE BELANGRIKE SAKE.

Wanneer geleerdes se teorieë die huidige "Christelike" wêreldbeskouing teëgaan, dinge sê wat nie in harmonie met daardie interpretasie is nie, kom hul "ewige lewe" dadelik in die gedrang, dan dreig die "kerk" hulle met ewige verdoemenis en, nog veel erger, met sensuur en ook afsnyding van hul aardse familieverbintenisse in HIERDIE lewe.  Dan word hulle uit die universiteite geskors, finansiële hulp word onttrek, vriende draai hul rûe op hulle, ens.  Wreedheid word dan deur die "regverdiges" teen hulle van stapel gestuur.  Mooi, né?

Laat ons onthou -
            "Die waarheid sal julle vry maak."
en
            "Die waarheid maak net een maal seer".


VREES VIR VERANDERING

Oor die laaste twee en meer eeue heen het tientalle Westerse denkers en geestelike leiers reeds daarop gewys dat die Bybelse riglyne, waarvolgens ons altyd gedink het, verkeerd was.  Dit is 'n ernstige aantyging wat dreig om groot veranderinge in ons denke mee te bring, wat nie maklik aanvaar sal word nie.  Tog kan daar nie geswyg word net omdat die mensdom so lank op 'n sekere manier gedink het of omdat ons vreesagtig is nie.  Die Westerling se oorlewing is nou van veel groter belang.

Daardie vrees vir verandering is ook nie komende van die Skepper nie.  Die Skepper bedryf nie Sy heelal op die beginsel van samewerking en gehoorsaamheid "weens vrees" nie.  Die pous en die priesters, die Inkwisisie en die predikante, die kerkgenootskappe en organisasies, gebruik vrees – die vrees wat hulle by ons aanwakker deur te kenne te gee dat ons "siele verlore sal gaan" as ons nie na hulle luister nie.  Maar die Bybel sê egter:

Moenie vrees nie, klein kuddetjie . . . (Lukas 12:32).

Almal weet dat die soeke na waarheid 'n lang en moeilike soektog is en dat vrees sekerlik 'n normale menslike emosie is.  Ons is bevrees wanneer ons kyk na daardie dinge wat ons voorheen as absoluut heilig, foutloos en onveranderlik beskou het.  Ons is bevrees wanneer ons foute raaksien.  Dit raak ons.  Sodanige vrees is groot, ja, en ons moet versigtig wees, maar wanneer die kerk vrees in ons aanwakker om ons daardeur in toom te hou, is dit 'n metode van "satan en die hel" en totaal verwerplik.

VRYE STUDIE IS DIE SKEPPER SE VERORDENING - NIE SLAAFSE EN GEBONDE NIE-DENKE NIE.

Prof. Chris Barnard het ook die duisternis van eeue se bevooroordeelde denke te bowe gekom toe hy die menslike hart oorgeplant het.  Vir baie mense was hy 'n "ketter" toe hy dit gedoen het, maar sy insig is 'n pragtige voorbeeld van onafhanklike denke wat die mens bevry het van oeroue bygelowe en verkeerde "beginsels" wat oor millennia heen gehandhaaf is.  Hy het nie probeer om "God" te speel nie – hy het bloot die verstand gebruik wat sy Skepper vir hom gegee het.  Met daardie operasie het hy getoon dat "sonde" nie letterlik in die hart van die mens sit nie en dat dit nie tydens 'n operasie van een mens op 'n ander oorgeplant kan word nie, al het talle mense voor daardie gebeurtenis wel so geglo.

Soortgelyke teologiese bevryding word reeds sedert die Kerkhervorming aangebied, maar dit word dikwels kil deur die sogenaamde geestelike leiers geïgnoreer.  Daarom dra u en ek swaar aan ons moderne teologiese bygelowe wat niks met ons saligheid te doen het nie en wat beslis uit ons midde verwyder en geban behoort te word.

Terwyl ons ons eie mense verbrand en vervolg, is ons wêreld, die Weste, in die ergste ellende gedompel.  Ons jeug gaan ten gronde, ons mense verloor hul werke, ons state is bankrot en ons vermaaklikheid en kuns ontstaan in die riool van die verfoeilike – alles dinge wat die Westerling op die ou end sal vernietig.

Laat ons nie nou vergeet dat al daardie vervallenheid onder ons ingevoer is nie.  Dit was nooit en is nie die eerste keuse van ons mense nie.

So gaan ons agteruit - en dit alles terwyl die Weste as Christelik beskou word. Die leiers is "Christene".  Die mense is "Christene".  Ons staan teenoor die Moslems, Boeddhiste, Sjintoeïste en ander godsdienste, maar dit is ons Westerse wêreld wat tot niet gaan en wat sonder hoop is.

Dadelik sal sommige lesers begin stry en sê dat ons nie sonder hoop is nie.  Hulle sal hul bors uitstoot en ons herinner dat die Messias op pad is om 'n einde te maak aan al die gemors waarin die Weste (eerstens) verkeer en dat  Hy al die boosdoeners in die poel van vuur gaan werp.

Maar wie is daardie Messias?  Is dit Jesus?  Daar was dan in die eerste instansie nooit 'n Jesus, die "Seun van God", gebore uit Maria nie.  Nee, dit is 'n mite.  So - "hy" gaan nie die gemors kom opruim nie.

Aan die ander kant is die wêreld, soos dit is, nie juis vol mense wat die moeite werd is om te red nie.  Wat sal sulke mense in die hemel gaan maak?  Meeste is sleg.  Hulle wil nie werk nie.  Hulle steel en moor, verkrag en drink.  Ander sal dadelik begin toi-toi en op 'n staking gaan vir beter voordele.  Hulle gaan mos daar wees, dan nie?  Hulle is dan almal "Christene". (Ekskuus).  Nee, daar is voorwaar ook slegte mense in die wêreld.

Die hoop op die koms van ‘n "messias" is ‘n ydele hoop.

Teenoor die Christelike leer dat iemand anders hierdie gemors gaan opruim, staan die leerstellings van die Natuurorde wat leer dat ons self ons gemors moet opruim.  Die mens het dit gemaak - en die mens moet dit wat verkeerd is regstel.

Die Christelike bestel is dus na my mening nie 'n "goeie" stelsel nie.  Ons beste denkers sê dit al vir meer as 300 jaar, maar dit word eenvoudig doodgeswyg en karaktermoord word op hulle gepleeg.  Maar nou, in hierdie tyd, kan dit nie meer toegesmeer word nie.  Oral "lek" dit uit.  Daar is groot bedrog binne die Christelike bestel en as dit so is, het dit vir elkeen tyd geword om 'n keuse te maak.

Maak ‘n keuse vir die waarheid want die waarheid sal julle vry maak.

Kies die waarheid, dat julle kan leef - julle en julle kinders.



Religion is excellent stuff for keeping common people quiet.
Napoleon Bonaparte

ADDENDUM: Argeologie bewys nie dat Bybel die waarheid is nie

       Archaeology and Biblical Accuracy

          by Farrell Till


Has archaeology proven the historical accuracy of the Bible? If you listened only to biblical inerrantists, you would certainly think so. Amateur apologists have spread this claim all over the internet, and in a letter published in this issue, Everett Hatcher even asserted that archaeology supports that "the Bible is the inerrant word of God." Such a claim as this is almost too absurd to deserve space for publication, because archaeology could prove the inerrancy of the Bible only if it unearthed undeniable evidence of the accuracy of every single statement in the Bible. If archaeological confirmation of, say, 95% of the information in the Bible should exist, then this would not constitute archaeological proof that the Bible is inerrant, because it would always be possible that error exists in the unconfirmed five percent.

Has archaeology confirmed the historical accuracy of some information in the Bible? Indeed it has, but I know of no person who has ever tried to deny that some biblical history is accurate. The inscription on the Moabite Stone, for example, provides disinterested, non-biblical confirmation that king Mesha of the Moabites, mentioned in 2 Kings 3:4-27, was probably an actual historical character. The Black Obelisk provides a record of the payment of tribute to the Assyrian king Shalmaneser III by Jehu, king of the Israelites (2 Kings 9-10; 2 Chron. 22:7-9). Likewise, the Babylonian Chronicle attests to the historicity of Nebuchadnezzar, king of Babylon, and his conquest of Jerusalem as recorded in 2 Kings 25. Other examples could be cited, but these are sufficient to show that archaeology has corroborated some information in the Bible.

What biblicists who get so excited over archaeological discoveries like these apparently can't understand is that extrabiblical confirmation of some of the Bible does not constitute confirmation of all if the Bible. For example, the fact that archaeological evidence confirms that Jehu was an actual historical character confirms only that he was an actual historical character. It does not confirm the historical accuracy of everything that the Bible attributed to him. Did a "son of the prophets" go to Ramoth-gilead and anoint Jehu king of Israel while the reigning king was home in Jezreel recovering from battle wounds (2 Kings 9:1-10)? Did Jehu then ride to Jezreel in a chariot and massacre the Israelite royal family and usurp the throne (2 Kings 9:16 ff)? We simply cannot determine this from an Assyrian inscription that claimed Jehu paid tribute to Shalmaneser, so in the absence of disinterested, nonbiblical records that attest to these events, it is hardly accurate to say that archaeology has proven the historicity of what the Bible recorded about Jehu. Likewise, extrabiblical references to Nebuchadnezzar may confirm his historical existence, but they do not corroborate the accuracy of such biblical claims as his dream that Daniel interpreted (Dan. 2) or his seven-year period of insanity (Dan.
4:4-37). To so argue is to read entirely too much into the archaeological records.

The fact is that some archaeological discoveries in confirming part of the Bible simultaneously cast doubt on the accuracy of other parts. The Moabite Stone, for example, corroborates the biblical claim that there was a king of Moab named Mesha, but the inscription on the stone gives a different account of the war between Moab and the Israelites recorded in 2 Kings 3. Mesha's inscription on the stone claimed overwhelming victory, but the biblical account claims that the Israelites routed the Moabite forces and withdrew only after they saw Mesha sacrifice his eldest son as a burnt offering on the wall of the city the Moabites had retreated to (2 Kings 3:26-27). So the Moabite Stone, rather than corroborating the accuracy of the biblical record, gives reason to suspect that both accounts are biased. Mesha's inscription gave an account favorable to the Moabites, and the biblical account was slanted to favor the Israelites. The actual truth about the battle will probably never be known.

Other archaeological discoveries haven't just cast doubt on the accuracy of some biblical information but have shown some accounts to be completely erroneous. A notable example would be the account of Joshua's conquest and destruction of the Canaanite city of Ai. According to Joshua 8, Israelite forces attacked Ai, burned it, "utterly destroyed all the inhabitants," and made it a "heap forever" (vs:26-28). Extensive archaeological work at the site of Ai, however, has revealed that the city was destroyed and burned around 2400 B. C., which would have been over a thousand years before the time of Joshua. Joseph Callaway, a conservative Southern Baptist and professor at Southern Baptist Theological Seminary, spent nine years excavating the ruins of ancient Ai and afterwards reported that what he found there contradicted the biblical record.

The evidence from Ai was mainly negative. There was a great walled city there beginning about 3000 B. C., more than 1,800 years before Israel's emergence in Canaan. But this city was destroyed about 2400 B. C., after which the site was abandoned.

Despite extensive excavation, no evidence of a Late Bronze Age (1500-1200 B. C.) Canaanite city was found. In short, there was no Canaanite city here for Joshua to conquer (Biblical Archaeology Review, "Joseph A. Callaway: 1920-1988," November/December 1988, p. 24, emphasis added).

This same article quoted what Callaway had earlier said when announcing the results of his nine-year excavation of Ai.

Archaeology has wiped out the historical credibility of the conquest of Ai as reported in Joshua 7-8. The Joint Expedition to Ai worked nine seasons between 1964 and 1976... only to eliminate the historical underpinning of the Ai account in the Bible (Ibid., p. 24).

The work of Kathleen Kenyon produced similar results in her excavation of the city of Jericho. Her conclusion was that the walls of Jericho were destroyed around 2300 B. C., about the same time that Ai was destroyed. Apparently, then, legends developed to explain the ruins of ancient cities, and biblical writers recorded them as tales of Joshua's conquests. Information like this, however, is never mentioned by inerrantists when they talk about archaeological confirmation of biblical records.

Archaeological silence is another problem that biblical inerrantists don't like to talk about. According to the Bible, the Israelite tribes were united into one nation that had a glorious history during the reigns of king David and his son Solomon, yet the archaeological record is completely silent about these two kings except for two disputed inscriptions that some think are references to "the house of David." This is strange indeed considering that references to Hebrew kings of much less biblical importance (Omri, Ahab, Jehu, Zedekiah, etc.) have been found in extrabiblical records. This archaeological silence doesn't prove that David and Solomon did not exist, but it certainly gives all but biblical inerrantists pause to wonder.

Another case in point is the biblical record of the exodus of the Israelites from Egypt and their subsequent 40-year wandering in the Sinai wilderness. According to census figures in the book of Numbers, the Israelite population would have been between 2.5 to 3 million people, all of whom died in the wilderness for their disobedience, yet extensive archaeological work by Israeli archaeologist Eliezer Oren over a period of 10 years "failed to provide a single shred of evidence that the biblical account of the Exodus from Egypt ever happened" (Barry Brown, "Israeli Archaeologist Reports No Evidence to Back Exodus Story," News Toronto Bureau, Feb. 27, 1988). Oren reported that although he found papyrus notes that reported the sighting of two runaway slaves, no records were found that mentioned a horde of millions: "They were spotted and the biblical account of 2.5 million people with 600,000 of military age weren't?" Oren asked in a speech at the Royal Ontario Museum. That is certainly a legitimate question. Up to 3 million Israelites camped in a wilderness for 40 years, but no traces of their camps, burials, and millions of animal sacrifices could be found in ten years of excavations. This may be an argument from silence, but it is a silence that screams.


No comments:

Post a Comment