Thursday 12 April 2012

HOOFSTUK 12



'n KLAG TEEN DIE KERK
"MISDADE TEEN DIE MENSDOM"
("CRIMES AGAINST HUMANITY")


HUL VERGRYPE DIESELFDE AS NAZISME EN APARTHEID

Hierdie skrywer lê hiermee 'n klag van "MISDADE TEEN DIE MENSDOM" teen die algemene Christelike kerk.

Dit is dieselfde klag wat die geallieerdes rondom die einde van die tweede Wêreldoorlog teen die Nazi's (of Nasionaal-Sosialiste) van Duitsland ingebring het wat meegebring het dat die oorlewende Duitse leiers by Nuremberg aangekla en later tereggestel kon word.  Dit was gesê dat Nazisme 'n "misdaad teen die mensdom was" (a crime against humanity).  Dit is ook ‘n misdaad wat geen verjaringswet (statute of limitations) het nie sodat oud-Nazi's vandag nog vervolg kan word, meer as vyftig jaar na die einde van die tweede Wêreldoorlog.

Daar is dus geen verjaringswet betreffende die klag wat hier voorgelê word nie.  Alle kerkleiers moet dus na ‘n openbare hof gebring word om te bepaal of hulle deel het aan die verspreiding van leuens wat menslike lyding veroorsaak het.

Katolieke kerkleiers kan dus, onder andere, ondersoek word oor die bloedbad van St. Bartholomeüsnag van 24 Augustus 1572, toe Katolieke duisende Hugenote (Protestante) in Parys met die goedkeuring van die pous vermoor het.  Aangesien die pous onlangs daarvoor om verskoning gevra het, is die saak bewys.  Straf kan dus opgelê word.  Dit sal tronkstraf wees vir die pous en top-struktuur van die Katolieke Kerk (wat op ‘n opgeskorte vonnis sal neerkom) en hoë boetes wat aan die nageslag van daardie vermoorde Hugenote uitbetaal kan word.  ‘n Goeie bedrag is ‘n miljoen Euro per Protestant wat doodgemaak is.  Die fondse kan ook aangewend word om reuse museums op te rig wat die gebeure van daardie nag tot herinnering roep; in Parys, Frankryk, in New York, VSA en in Sydney Australië en die een in Franschoek, Suid-Afrika, op te gradeer,.  Daardie museums moet die martel-toerusting ten toon stel wat gedeeltelik verantwoordelik was vir die vlugting van daardie Hugenote.  Honderde duisende mense het weens die Inkwisisie die wêreld in gevlug, en hulle skade en lyding is nooit vergoed nie - skade en verlies want hulle moes huis en haard verlaat en die vreemde wêreld in vlug vir ‘n organisasie wat die grootste leuens ooit verkondig en verprei het en mense doodgemaak het wat dit nie wou glo nie.

Soveel nie-Katolieke is vermoor dat ernstige skade aan die Westerse Kroos gedoen is.  Die Westerse genepoel is vir ewig swakker daaraan toe weens die kinders wat as gevolg van daardie moorde nie gebore is nie.  Dit word beraam dat die Noord-Europese bevolkingstal met so veel as 250 miljoen sterker sou gewees het as die skade wat die Rooms-Katolieke Kerk ons aangedoen het, ongedaan gemaak kon word.

Dit is ‘n misdaad teen die mensdom.

Die skrik daarvan is so ontsettend groot dat wanneer ons daarby stilstaan, ons gou besef dat niks in die geskiedenis sedert die Skepping naby kom aan die skaal van hierdie misdaad nie.  Dus mag alle afstammelinge van Hugenote-Protestante wat weet dat lede van hulle voorgeslagte en familie deur Roomse optrede vermoor is, eise instel teen daardie kerk weens daardie slagting.

Dit wat die Christelike kerk oor twee duisende jaar die Europese of Kaukasiese ras aangedoen het, word hier gedefinieer as "misdade teen die mensdom".  Daar word gedurig gehuil oor wat die sogenaamde Nazi’s kwansuis gedoen het, maar hieroor hoor ons niks en dit is eintlik dié skande van die laaste twee millennia.

Die Christelike kerk vind sy ontstaan in goed deurdagte leuens en om daardie leuens te beskerm het hulle nie geskroom om miljoene mense te martel en te vermoor nie.  Die leser kan gerus probeer bereken hoeveel dae, maande en jare ons Stamgenote in die martelkamers van die Roomse Inkwisisie deurgebring het omdat hulle nie die gesag van die pous wou aanvaar en sy leuenagtige leerstellings wou glo nie?  Dan het die pousdom boonop miljoene moorde op ons mense gepleeg in ‘n poging om daardie bedrog van hulle toe te smeer.  Hulle het die brandstapel gebruik, die rak wat mense uitmekaar geskeur het, onthoofding, buike oopgekloof sodat ingewande uitgepeul het en die martelaar stadig daaraan gesterf het - en veel erger dinge wat onbeskryflik is.  Dit het hulle ‘n "heilige stryd" genoem, in die naam van Liewe Jesus, in die naam van vergifnis en genade.  En die pous het groot leërs teen ons mense opgestuur en hele volke in Europa uitgewis en dit Heilige Oorloë genoem om die Koninkryk van God op te rig.  Maar dit was bose oorloë wat ‘n sataniese, swart ryk van die hel opgerig het en hy wat dit teen hierdie tyd nie insien nie, is seker met blindheid geslaan.  Heel volke is uitgemoor en het verdwyn in daardie stryd om die geskiedenis se grootste leuen gevestig te kry as die enigste religieuse stelsel in Europa.

As ‘n boete van ‘n miljoen Euro per persoon wat toe vermoor is, opgelê word, is dit nie genoeg nie.

Dit was ook nie die plan van die Skepper dat miljoene van ons mense in Europa uitgewis moes word nie.  Daardie idee word met minagting verwerp.  Die Skepper het geen opdrag daartoe gegee nie en wat gedoen is, is niks minder as dit waarvan Hitler en Stalin en Mao Tse Tsung en Apartheid beskuldig word nie, naamlik die onvergeefbare "misdade teen die mensdom" nie.  Hitler se dade en apartheid word mos beskryf as onvergeefbaar, dan nie?  Net so is die optrede van die Christendom teen ons mense in Europa onvergeefbaar aangesien alles wat hulle gedoen het, in die naam van leuens gedoen is en die skade onberekenbaar en onherstelbaar is.  Die martelare se kinders oor 20 of 30 geslagte in die verlede en al hul nageslagte in die toekoms, sal nooit gebore word nie.  Dit is die nalatenskap van die "kerk van liefde" aan ons vandag.

Laat elke misdaad van die Christelike kerk wat lyding veroorsaak het vir enige een van ons mense, nou voor ‘n Volkshof gebringword.  As u ‘n predikant was, of ‘n werknemer van ‘n kerkgenootskap, en u is afgedank omdat u in leerstellige botsing met die Kerk gekom het, en u gely het weens u standpunt vir die waarheid, en vervolg is deur u genootskap daaroor, en die omstandighede word gesien dat dit onder hierdie klassifikasie pas, nl "misdade teen die mensdom", dan behoort u ‘n saak in te bring teen daardie genootskap en vergoeding van hulle te eis net soos baie mans huidig sake teen die Katolieke Kerk maak weens hul mishandeling deur pedofielpriesters oor die laaste dekades heen.
Hier word die mees kritieke leuens weer genoem:

            Die Skepper het NIE 'n kind by 'n aardse meisie wat aan 'n ander man verloof was en behoort het, verwek nie;

            Daar was nooit so iemand soos Jesus die Christus, 'n god-mens wat die gene van die Skepper in hom gedra het soos die Nuwe Testament aan ons voorhou nie;

            Die vier skrywers Mattheus, Markus, Lukas en Johannes het skynbaar nooit bestaan nie en die dokumente wat onder daardie name verskyn, is latere Christelike vervalsings;

            Die Skepper het ook nie iemand geroep om op aarde ‘n beweging soos die kerk te stig nie;

            Die Skepper het ook nie vir mense gesê hulle moet ‘n "heilige" boek skryf waarvolgens alle mense kwansuis móét leef nie.  Hy het dit beslis nie gedikteer nie en "inspirasie" is so wisselvallig soos ‘n politieke party se beleid en is dus in die geheel onbetroubaar - dit is reeds hierin bespreek.  Die totale gedagte is bedrog par excellence.

            Die eerste mense op aarde was nie Adam en Eva nie en dus is die leerstellings van die skepping en veral die sondeval sonder twyfel vals;

            Daar was nooit so iemand soos Noag nie en daar was nooit 'n wêreldwye sondvloed nie wat alle lewe uitgewis het, behalwe daardie in ‘n groot skip of ark nie;

            Die meeste van die ander Bybelse "helde" en persoonlikhede is ook skimme sonder geskiedkundige begronding en is verdag.  Volgens deskundiges het hulle nooit bestaan nie;

            Moses het nie 'n ontmoeting met die Skepper op 'n berg in die Midde-Ooste gehad nie en die Tien Gebooie is nie deur die Skepper se "eie vinger" op 'n klip geskryf nie, en YHWH het dit ook nie gedoen nie.  Dis mitelogie, ‘n volksverhaal;

            Dit is leuens wanneer beweer word dat die Skepper mense ontmoet het en met hulle kontrakte aangegaan het soos in die Bybel beskryf word;

            Daar bestaan ook geen kontrak tussen die Oneindige en Onbeskryflike Skepper en die Jode om van hulle 'n uitverkore volk te maak wat hoër in rang is as enige ander volk nie.  Geen volk is deur "god" bo ‘n ander "uitverkies" nie.

Hierdie beginsel is van die belangrikste wat ons as Westerlinge moet verstaan en begryp.

Op hierdie onjuisthede en leuens is die Christendom se valse leerstellings gebou wat uiteindelik die dood van miljoene van ons mense en die lyding van talle miljoene meer beteken het - tot vandag toe.  Elke mens wat sy werk verloor weens die een of ander Bybelse oortuiging wat by hom opkom, ly as gevolg van daardie leuens.  Elke kind wat uit sy ouerhuis weggejaag word wanneer hy by 'n ander sekte aansluit, ly as gevolg van daardie leuens.  Elke predikant wat die bediening moes verlaat omdat hy 'n leerstellige botsing met sy genootskap ondervind het, ly as gevolg van daardie oorspronklike leuens.  En al hulle betrokke gesinne en families ly daaronder, so ook die gemeenskap en later hul volk en op die ou end, ook die hele Kroos.  En so het die totale Weste nou reeds vir twee duisend jaar gely en dit is alles verantwoordbaar.

Daarom kan eise ook teen die verspreiders van die Bybel ingebring word (o.a. Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika) aangesien al hierdie lyding die gevolg is van die leuens wat in daardie boek opgeneem is.  Al die verwarrende leerstellings van al die sektes wat die Bybel gebruik, word almal uit die Bybel bewys en daarom mag almal wat ly as gevolg van daardie leerstellings, ‘n eis inbring.

In die moderne wêreld word enigeen vervolg wat ontken dat ses miljoen Jode in Hitler se strafkampe en gaskamers dood is.  Talle deskundiges, wetenskaplikes, sosioloë en geskiedskrywers is daaroor vervolg en geruïneer omdat hulle oortuig is dat dit onmoontlik was om in daardie jare met die tegnologiese kennis van daardie tyd, ses miljoen lyke in so 'n  kort tyd, nl. die laaste drie jaar van die Tweede Wêreldoorlog, te veras.  Hulle beweer dat dit destyds onmoontlik was aangesien dit eintlik vandag nog tegnologies onmoontlik is.  Maar die "ses miljoen" is nie die onderwerp van hierdie boek nie.  Die punt is - mense wat teen die dood van die ses miljoen getuig, word meer as vyftig jaar ná die Tweede Wêreldoorlog steeds daaroor vervolg.  Daardie skrywers word vervolg, word gesê,  omdat hulle boeke kwansuis leuens verkondig.  Dit is ‘n oortreding teen die mensdom, word gesê.

Die Bybel bestaan uit leuens.

Dit is ‘n oortreding – teen die mensdom.

Dan is dit vervolgbaar en gevolglik, strafbaar.

Mense wat die dood van die ses miljoen ontken, word gestraf omdat hulle kwansuis leuens vertel.

Mense wat die Bybel versprei, moet ook gestraf word, aangesien die Bybel vol leuens is en dit verskriklike lyding veroorsaak.

As die een toegepas word, dan die ander een ook - of hoe dan?  Moet alle leuenaars en verspreiders van onwaarhede dan nie vasgevat en gestraf word nie?

Buiten die bloed wat vergiet is en die gevolglike skade wat ons aangedoen is, bereken asseblief die verlore man-ure wat aan daardie leuens gewy is. 

Vir vier eeue het die ou kerkvaders gesit en bespiegel, en dit het nog nooit opgehou nie, of Jesus dieselfde substansie as God is, of hy van ewigheid bestaan het, of hy goddelik was, of sy moeder, dit is Maria, ook goddelik was, of sy sondeloos was, of sy reeds hemel toe is, of sy vir die sondaar kan intree, of sy die "moeder van God" is, of sy ander kinders gebaar het, of sy vir ewig ‘n maagd is, ens. 

Ja, vir die volgende 16 eeue het die kerklikes hul boeke geskryf en byvoegsels tot die Bybel gemaak en vertalings gemaak wat daarop gemik was om die mensdom steeds al beter aan die kerke te bind, om hul voëlverskrikkers so duidelik as moontlik te skilder sodat ons almal met vrees gevul sou word om aan hulle gedienstig te wees.

Bereken asseblief die verliese aan lewens en die lyding van hulle wat gemartel is omdat hulle nie daardie leuens wou aanvaar nie.  Hoeveel lyding was daar, hoeveel lewens het die totstandkoming van die Katolisisme en die Christendom geverg?  Hoeveel tyd is boonop verspil aan die studie en opmaak van daardie bedrieglike verhale en leerstellings?

Na die Kerkhervorming is Europa in die dertigjarige oorlog gedompel, Katoliek teen Protestant - oor daardie midde-oosterse mitologiese vertellinge.  Dink hoedat ons mense as gevolg daarvan gely het.  Hulle is vervolg en doodgemaak deur die Inkwisisie en het vir hul lewens na Suid-Afrika en Amerika gevlug, oor die see in bootjies wat vergaan het.  Hulle het verdrink en is deur inboorlinge op vreemde kontinente uitgemoor, omdat hulle vir hul lewens gevlug het vir mense wat die Bybel gehad het en daaraan geglo het, wat in die Seun van God-leerstelling geglo het, wat die Liefde vir vyande en die onophoudelike Vergifnis verkondig het.

En dit was altyd die slim mense, die intelligentes wat die teologiese implikasies van die Katolisisme ingesien en verstaan het, wat vermoor is; die beste breins, die beste gene wat uitgemoor is - sodat hulle vir ewig vanuit die Westerse genepoel verwyder is.

Hoeveel man-ure het verlore gegaan met hierdie sogenaamde evangelie-verkondiging?  Klink honderd duisend miljoen na 'n goeie beraming?

Hoeveel lewens het dit gekos - tot vandag toe?  Klink drie honderd miljoen na ‘n redelike syfer? Meer dalk?

Dan moet die finansiële koste van daardie hele storie oor twee duisend jaar nog bygereken word.  Dink aan die kerkgeboue, die kolleges, die predikante en priesters, nonne en monnike se salarisse en onkostes.  Dink aan al die sendelinge en sendingstasies wat tot vandag toe onderhou word uit die offergawes van lidmate regoor die wêreld - en dit gaan al vir twee duisend jaar so aan.  Dink aan die pyporrels en die klaviere en gesangeboeke en die kunswerke en die argitektuur en die pastorieë en die studiebeurse wat al in daardie saak ingegaan het.  Dink aan die koste van Bybelverspreiding...

Dit alles om die oorspronklike leuens toe te smeer en sodat blinkertjie-loopbane voortgesit kon word, sodat die leuen verder verkondig kon word, sodat daardie stelsel kon voortbestaan... sodat die geld kon bly inrol...

"Die stelsel bo alles!" is die kerklikes se kreet.  Dit word nie gevra of dit die waarheid is waarmee hulle u en my oor die kop slaan nie, waarmee hulle ons belas nie, waaraan ons ons hele lewe lank moet dra nie.  Dit maak nie saak of dit die waarheid is nie - "Glo dit net", is die opdrag.  En moenie vrae vra nie.

Dink net as al daardie geld, talent en tyd ingespan was om die mens se lewe hier op aarde te verbeter want YHWH het nie 'n enkele riglyn "gegee" om die antieke of moderne mens te help met infeksies of siektes nie en dit terwyl sulke kennis makliker sou wees om van die "hemel" na die aarde oor te dra as die uiters ingewikkelde leerstellings soos die sondeval –
-          was dit die gevolg van die eet van ‘n vrug?;
-          watter vrug - was dit ‘n appel of wat?;
-          of was die sondeval eintlik seks, die "kennis van die vlees" - was dit die oorspronklike sonde?;
-          en die drie-eenheid - is daar een of drie of meer gode?; 
-          is een van hulle vroulik?;  Maria is die "moeder van God" vir Katolieke;
-          of die vervlegtheid van "god" en mens in die gedaante van Jesus waarvan dit gesê word dat hy die Christus is?; 
-          is hy volkome god en gelyktydig volkome mens? 
-          Het hy van ewigheid af bestaan saam met sy vader?  Of het hy die eerste keer tot bestaan gekom by sy aardse geboorte?  Of is hy dalk by die skepping "gegenereer?  Of iewers in die oer verlede, maar nie so lank terug as sy vader se bestaan nie?

Niemand ken die antwoorde nie, maar daaroor het die kerklikes by elke moontlike geleentheid vir maande en jare lank gesit en twis.  Tog kon ‘n instruksie soos skoon hande maklik gegee word, of kon die mens op antiseptiese middels gewys word, of hulle kon geleer word om te skryf sodat die heilsgeskiedenis opgeteken kon word - YHWH kon tog sekerlik sulke hulpmiddels aan die mens voorsien het as hy die Tien Gebooie op klip kon skryf, dan nie?

Onthou, die oorgrote meerderheid van al die uitvindings teen siekte en pyn, wat die tegnologie betref, wat die wetenskap betref, is oor die laaste twee of drie eeue deur Westerlinge gemaak.  Al daardie uitvindings en bydraes tot die mensdom, sou soveel vinniger gevorder het om almal te help as al daardie talent en genemateriaal nie deur die brandstapels van die Christendom uitgewis was nie.

Bereken die koste van die verlies aan inligting en kennis as gevolg van al die boeke wat Christene en Katolieke tot niet gemaak het.  Die groot biblioteek te Aleksandrië is deur Christene afgebrand.  Deur die donker eeue is honderde boeke verbrand en vernietig en hul skrywers doodgemaak sodat hul bydraes tot die wêreld nooit weer gehoor is nie.  Cortez het die Inca’s en Maya’s se boekrolle verbrand en hul goue plate vol skrif laat smelt en in stawe laat giet vir die skatkis van die Spaanse koning en die pous.  Daardie kennis is vir ewig weg.

Dit is inderdaad alles misdade teen die mensdom wat onvergeeflik is.

Bereken die skade wat die bogenoemde religieuse leuens oor die wêreld gebring het – en dan wil die kerklikes hê ons moet wéér met die Rooms Katolisisme EEN word sodat daar net een religieuse stelsel in die Weste en dalk in die wêreld kan wees.

Nee.

Dit mag NOOIT gebeur nie en laat die geslag wat dit toelaat, tot in ewigheid, vervloek wees - en die geslag wat daardie leuens en bedrog teëstaan, vir ewig geseënd wees.

Laat die wêreld kennis neem van die grootsheid van die bedrog.  Laat die Westerse wêreld kennis neem van die gevaar waarin ons te staan gekom het.  Laat ons denkers met al hul gesamentlike intelligensie nog meer in hierdie rigting studeer en hul bevindings bekend maak.  En laat hulle wat verantwoordelik is vir die leuens, verantwoording doen daarvoor.

Geagte leser, daar was geen Jesus die Christus, genetiese saadlyn van die Ongekende en Onbeskryflike Skepper nie – dus is die Bybel waardeloos en die Kerk nutteloos.

Dit is die drie tesisse wat vir u oorweging aangebied word.

Die wêreld wag vir heldemoed, daardie heldemoed wat in die naam van die Eer van die Skepper wat reeds twee duisend jaar beswadder is deur hulle wat in die "tempel van God sit, as God en voorgee dat hulle God is", vooruit sal stap met die banier van EER as hul agterhoede en die waarheid as hul voorhoede en die swaard van geregtigheid in hul regter hand getemper met  geregtigheid in hul harte.  Hulle wat tot daardie mate paraat is, het ‘n taak en hul verskyning word nou verlang.


VOEDSEL VIR DIE WESTERSE SIEL

Daar is geen twyfel meer dat die Westerling "voedsel vir sy siel" moet gaan soek ver buite die blaaie van die Bybel nie.  Daar is fonteine van vars water waaraan ons (en Christene) nog nie eers gedink het nie – ons moet daar loop drink.

Wat sonder twyfel nou gevorm word is ons verset teen Christene se misbruik van almal uit hulle eie Kroos en hul verdere benadeling van ons bronne waaruit daardie voeding moet kom.


DIT SAL NIE MEER TOEGELAAT WORD NIE

Vorentoe sal Christene en die Christendom beantwoord word met dieselfde geduld waarmee hulle ons oor die eeue geantwoord het.  Die Kerk het so maklik tot vervolging, marteling en bloedvergieting oorgegaan en het nie toegelaat dat iemand anders in sy teenwoordigheid praat nie – dit ten spyte van sy eie goue reël:

"Doen aan andere soos jy wil hê dat hulle aan jou moet doen".

Nou-ja.  Van nou af sal ons so antwoord soos julle Christene die voorbeeld gestel het.

Julle, die Rooms-Katolieke Kerk en julle, die Protestantse kerke, het misdade teen die mensdom gepleeg; julle het die lewens van miljoene onskuldige mense vergal en beëindig omdat hulle die wêreld en die heelal anders as julle geinterpreteer het, daarom word julle nou aangekla van misdade teen die mensdom.

Ons mense erken die bestaan van die Skepper, maar nie die gesag van die pous nie.

Ons eer die Skepper, maar nie YHWH, die Joodse stamgod nie. 

Ons erken die Skepping, maar nie die sondeval nie. 

Ons gedragskode kom uit die wet van EER, nie die Tien Gebooie nie. 

Ons eer die Natuurorde, nie die Pentateug nie. 

Ons verwerp geloof in ongesiene, spookagtige "leerstellings" waarvoor daar geen bewyse is nie terwyl ons die waarde van die bewysbare Natuurwette erken.

Ons aanbid nie mitologiese gode nie, maar is terdeë bewus van die fynere sydraad waaraan die lewe hang. 

Ons lofliedere is nie "Wat ‘n vriend het ons in Jesus" nie, maar "Hoe groot is U", en Onbeskryflik, en Onbekend, o Skepper van die Heelal, ver verhewe bo die mens se verstand en begrip. 

Daarom is ons nie ateïste nie, ook nie teïste nie, maar agnostici – want daar is dinge wat ons nie weet nie, wat niemand wéét nie.

Die Natuurorde leer ons dat ons sal sterf.  Daar is niks in die Natuurorde wat ons leer dat ons ‘n ewige lewe het nie.  Die Natuurorde bevestig dus hierdie waarheid - doen wat jy moet in die lewe wat jy nou het.

‘n Son kan nie lig maak nadat dit aan die einde van sy lewensiklus op homself ingetuimel het nie.  U kan nie ná die dood doen wat u nou moet doen nie.

Die mens is veronderstel om lewe te GEE, nie TE NEEM nie.

Die kerk is by uitstek ‘n instelling wat veronderstel was om lewe te beskerm en te bewaar, maar het by uitstek die instelling van moord en doodslag geword.

Die kerk was veronderstel om die houer van waarheid te wees, maar het die voorste verkondiger van die leuen geword.

Ons verfoei geestelike bedrog en leuens, verwerp mitologie wat aangebied is asof dit vanuit die hemel self neergedaal het om ons te "red", maar besef dat die orde van die groot Skepping volgens sekere wette en beginsels bestuur word en dat die mens so seker as die sonskyn, onderhewig is aan daardie wette en beginsels. 

Om dus nie in harmonie met daardie wette en beginsels te leef nie, is dwaasheid en sal lei tot die ondergang van enige volk of ras wat dit verontagsaam. 

Daarom is dit maklik om dit aan te kla van misdade teen die mensdom, die afgryslikste van alle aanklagte, daardie aanklag van oortredings wat nooit vergewe kan word nie.

Die kerk is in die beskuldigebank en u, die leser is nou die jurie.  Die saak is gestel en u moet oordeel - maar u mag nie oordeel tot u al die getuienis gehoor en oorweeg het nie, totdat  u hierdie boek nie tot op die laaste woord gelees het nie.

Laat die beginsels van EER u lei en oordeel dan in geregtigheid.  U mag nie hierdie plig versuim nie.


Vertel my nie waarvan jy verlos is nie, maar waartoe jy verlos is.
Nietzsche

No comments:

Post a Comment