Thursday 12 April 2012

WOORDELYS en BIBLIOGRAFIE

Aflaatbriewe of Aflate –
'n Roomse instelling waardeur vergifnis letterlik met geld gekoop kan word. Johannes Tetzel het byvoorbeeld in die dae van Luther deur Duitsland gereis en geskrewe briewe aan die Duitse Volk verkoop wat vergifnis, selfs vir die dooies, gewaarborg het. Die geld wat so ingevorder is, was aangewend om die Vatikaan op te rig.

Agnostisisme -
die standpunt wat nie weet of daar ‘n god is of nie is nie, om te erken dat ons nie weet nie; so - "a" = nie, "gnosis" = kennis, eindelik "het nie kennis [daaroor] nie".

Andersdenkendes -
'n term vir "ketters" soos dit deur die kommuniste in Rusland (VSSR) gebruik is toe hulle gepraat het van mense wat nie met die kommunistiese ideologie saamgestem het nie en nie kommuniste wou wees nie en wat hulle teen die kommunisme uitgespreek het, soos bv. Aleksander Solzhentisyn.

Apokriewe boeke -
geskrifte wat ook dateer vanuit die tyd toe die Nuwe Testament geskryf is, maar wat NOOIT in die Afrikaanse of Hollandse State Bybels opgeneem is nie. Hierdie sogenaamde boeke is wel in die Rooms-Katolieke Kerk se Bybel opgeneem. MAAR- dit kan nou (tot hierdie skrywer se verbasing) genoem word dat die Bybelgenootskap in 1999 alweer 'n nuwe Bybel uitgegee het MET die "apokriewe boeke" daarin vervat. Dit word in hierdie geval die "Die Bybel met die Deutero-Kanonieke Boeke" genoem.

Apostolic Succession - Sien volgende definisie.
Apostoliese Opeenvolging -
die leer dat die een pous sy amp en die gesag wat daarmee gepaard gaan van die vorige pous verkry het en hy weer van die pous voor hom en so kan die opeenvolging van gesag terug gespoor word tot by Jesus wat dan vir Petrus sou gesê het dat Hy die kerk op hom, Petrus, sou bou. Vergelyk Matt.16:18.  Protestante betwis daardie interpretasie en vertolk Jesus se woorde anders. Hulle glo dat Jesus op homself die kerk sou bou en dit NIE op die feilbare en wisselvallige Petrus sou bou nie.  (Sien Funk & Wagnalls - artikel "Apostlic Succession").

Ateïsme -
            die verwerping van geloof in god of die gode, om te sê daar is geen god nie.

Babel -
            verwarring, (groot) wanorde, verwardheid – " 'n Babelse verwarring". (verg.
Verklarende Afrikaanse Woordeboek, "Babel").

Babilon -
Babilon was die naam van die hoofstad van die Babiloniese Ryk en word soms ook Babel genoem (Gen. 11:9). In 587v.C. het die Babiloniërs Jerusalem verwoes en die volk in ballingskap weggevoer (vgl. Matt. 1:11). Daarom word Babilon die simbool van die onderdrukker van die volk van God. Later word die naam oorgedra op Rome (1 Pet. 5:13) omdat die keisers eers die Jode en daarna die Christene vervolg en verdruk het. Die Romeinse Ryk met sy hoofstad, Rome, word 'n beeld van die anti-Christelike wêreldmag wat in die *eindtyd die gelowiges en die kerk sal probeer uitwis (Op. 14:8, 16:19, 17:5, 18:2, 10, 21, 24).
            (Definisie vanuit die Woordelys van die Afrikaanse Bybel, 1983 vertaling.).

Besnydenis -
- Medies: manlike babas word met 'n voorhuid gebore;  (‘n los velletjie wat die punt van die penis beskerm); dit is normaal en natuurlik; dit kan chirurgies verwyder word en word 'besnydenis' genoem (op Engels - 'circumcision'); die operasie het in die Weste 'n mode geword en is onnodig, behalwe by ernstige mediese afwyking wat verg dat dit verwyder of geopen word.
- Ritualisties: die Bybel leer, volgens die teoloë, dat die besnydenis ‘n teken is van 'n ooreenkoms tussen God (YHWH) en Abraham waarby daar aan Abraham belowe is dat hy en sy nageslag "God" se "uitverkore volk" sou wees, dat sy kinders ‘n menigte sou word en dat die Messias 'n manlike nasaat uit sy geslagslyn sou wees; elke manlike nasaat van Abraham tot by die verskyning van die Messias moet dus op die agtste dag besny word; ‘n rabbi of ander opgeleide persoon doen die verwydering van die voorhuid.

Deïsme -
geloof in die bestaan van "God" gebaseer op natuurlike rede en aflyding sonder verwysing na profetiese openbaringe.

Donker eeue -
die tyd van pouslike oorheersing, d.w.s. dit begin iewers in die vierde eeu en duur tot by die kerkhervorming en die sestiende eeu, met inagneming daarvan dat dit nie op 'n spesifieke oomblik begin het nie en nou nog nie geheel en al verby is nie. Vandag is daar nog talle van ons mense, of Westerlinge, wat in geestelike of religieuse duisternis verkeer.

Ekumeniese Beweging -
‘n inter-kerklike aksie wat ten doel het om groter begrip rakende die verskille aldaar onder die kerkgenootskappe te weeg te bring; die meeste Protestantse kerke sowel as die Rooms-Katolieke Kerk neem daaraan deel; ‘n beweging wat poog om ‘n einde te maak aan die verdeeldheid onder die kerke; wat dit ten doel het om alle kerke onder die leiding van die pousdom te verenig.  ‘n Subtiele aanpassing aan die ortodokse siening daaroor is dat u genootskap nie noodwendig in die Katolisisme moet opgaan nie, net solank dit in wese daaraan onderhoring / onderhewig sal wees, net solank daar in alle geestelike sake aan die pousdom gehoor gegee sal word.

Geloof -
            om te glo dat ‘n belangstellende God bestaan.  Geloof in hom word verkry deur die aanvaarding dat openbarings of visioene van profete die metode van kommunikasie van daardie God met die mensdom is.

Inkwisisie
kerklike hof van die Rooms-Katolieke Kerk tydens die middel- of Donker Eeue wat die sake van ketters verhoor het, wat ondenkbare metodes van marteling gebruik het, verskriklike lyding veroorsaak het en miljoene lewens gekos het sou hulle bevind het dat iemand 'n ketter was.

Kanon -
versameling "heilige" geskrifte bestaande uit al die "boeke" waaruit Die Bybel saamgestel is. Die kanon is gesluit en geen geskrifte kan meer tot die Bybel bygevoeg word nie.

Kroos -
beskrywend van "ons mense" in die breëre gesien, die totale Caucasiese bevolking van die wêreld, hulle wat die nageslag is van hulle wat uit Noord-Europese gekom het. Skrywer ontleen hierdie woord van die Galliese "clan", met die verskil dat daardie clans onderverdelings was van die groter eeneheidsgroep, dws onderverdelings van die Skotte of Iere.  Hier sluit dit alle witmense in.

Moderator -
            voorstitter van die sinode van die Afrikaanse kerke, bv. die NG Kerk.

Onfeilbaar  -
'n leerstelling van die Rooms-Katolieke Kerk wat sê dat die pous geen foute kan maak in sy kerklike uitsprake nie. Dit word nie deur Protestante aanvaar as die waarheid nie en vele teenstrydighede in pouslike uitsprake kan uitgelig word.

Pagaan/s (Engels: pagan) -
Pagane - 1.  Iemand wat nie ‘n Christen, ‘n Jood of ‘n Moslem is nie.  2.  In vroeë Christelike gebruik, iemand wat afgode dien, ‘n nie-Christen.  3.  ‘n Nie-gelowige / ongelowige persoon.
            Die gedagte dat alle religieuse stelsels anders as die drie in die definisie hierbo, minderwaardig is, moet nou in die 21 ste eeu aangepas word.  Daar kan nie meer van die Christendom gepraat word as "beter" of "van hoër gehalte" of die "enigste ware religie" nie.  Daar kan nie meer gesê word dat die Sjintoïsme of die Afrika-godsdienste "minderwaardig" teenoor die Christendom is nie.  Dit kan nie meer gesê word dat almal wat nie ‘n Christen is nie, ongelowig is nie.  In hierdie tyd moet dit erken word dat alle  religieuse stelsels ook stelsels met geloofselemente is.  Hul aanhangers "glo" wel - hulle glo net ‘n ander interpretasie as Christene, Jode en Moslems.  Dit is onverklaarbaar dat Christene, Jode en Moslems by hierdie definisie in een kamp geplaas word, terwyl die een nooit aansluiting by die ander kan vind nie en die wêreld huidig in ‘n staat van oorlog is, die een oor die ander, terwyl die res van die mensdom se geloofstelsels deur daardie drie groepe as "minderwaardig" beskou word.  Dit word verwerp.  Die "ons mense" wat hierin bespreek word, was en is nie "ongelowig" nie - hulle het bloot ‘n ander interpretasie van ontstaan en bestaan wat nie minderwaardig is teenoor die Bybelse of Moslemse interpretasie nie.

Paradigma -
die inligting wat benodig word om 'n saak te verstaan; soos die Bybel, of 'n kerkgenootskap of oor die sterre of enige ander saak. Die leser of die hoorder moet oor sekere inligting beskik. "Paradigma" of "verwysingsraamwerk" of "denkraamwerk" is 'n versamelnaam vir die verskillende kategoriee van agtergrondskennes wat benodig word vir die verstaan van 'n saak. Dit is die parameters waarbinne ons sekere aangeleenthede verstaan en begryp. Kort voorbeeld: tydens die "donker eeue" is daar weens 'n gebrek aan wetenskaplike inligting geglo dat die aarde plat is. Onkunde het daartoe gelei dat "die saak" so verstaan is. Later het Galileo en Copernicus meer inligting rakende die planete bekom sodat mense toe besef het dat die aarde rond is. Dit is 'n paradigmaverskuiwing. Die mens se denke oor "die saak" het verander. (Sien prof. I. Spangenberg: Perspektiewe op die Bybel, bl. 3 en Deist - Burden: 'n ABC van Bybeluitleg, bl. 9).

Pous -
die leier van die Rooms-Katolieke Kerk. Hy word deur die kardinale, hoë amptenare van die RKK, na die dood van 'n pous, aangewys. In die RKK'e tradisie, is hy die verteenwoordiger van God en Christus op aarde, is sy ex-cathedra woord onfeilbaar, dws, sy amptelike uitsprake is foutloos. Die Protestantisme betwis dit en wys op talle teenstrydige uitsprake van verskillende pouse en die skrywer verwys die leser na die twee boeke en ander oor die RKK'e in die bronnelys hierna.

Renaissance -
kort voor en sedert die kerkhervorming het die bevryding van die menslike gees plaasgevind en het 'n tyd wat as die moderne tyd beskryf word, aangebreek. Sedertien is al die groot uitvindings gedoen wat ook aanleiding gegee het tot die Industriële Rewolusie ens.

Selibaat -
om ongetroud en sonder enige seksualiteit te leef soos die pous, priesters en nonne van die Rooms-Katolieke Kerk dit doen. Dit word in oorsprong verkeerdelik daaraan toegeskryf dat die apostel Petrus die eerste pous was en dat hy dan ongetroud sou gewees het, terwyl Matt. 8:14 en Markus 1:8 daarop dui dat hy getroud was. Sommige nie-Katolieke leef ook vir redes van hul eie as selibate en daar was in veskillende tye, en ook nou, sektes in die religieuse wêreld wat seksloosheid vir redding of verlossing van sonde voorskryf. Die bekende sangeres, Shania Twain het in 1999 by so 'n sekte aangesluit. Hierdie skrywer is NIE 'n voorstaander van van 'n selibate lewenstyl nie en is nie oortuig dat dit die "siel" sal help om gered te word nie of dat dit bydra om 'n staat van volmaaktheid te bereik nie, indien 'n persoon sonder seks sou leef nie; daardie gedagte word ook teen die natuurorde in verkondig. Die Skepper het die mens as 'n seksuele wese geskep en die skepping vereis die voorplanting van elke spesie. Dat die Skepper ook bedoel het dat seks iets is om te geniet, word bewys in die ontwerp van die vroulike seksuele organe wat toegerus is met die klitoris wat vir geen ander doel as die genotvolle en sensuele gevoelens van die vrou daar gestel is nie. Die Skepper het seks uitgevind en dit is nie die uitvinding van "satan" of van boosheid nie.  (Sien ook "Celibacy", bl 104, in Catholocism Today).

Teïsme -
om te beweer dat daar ‘n god of gode is.

Teologie -
die studie van "God se woord", in watter idioom dit ookal beskou word. Sommige sal sê dat dit alleen die studie van die Bybel is, ander sal dit verbreed om ook die studie van ander vakke rondom die Bybel in te sluit soos wanneer iemand 'n predikant wil word, dan skryf hy by die seminarie in om "teologie" te studeer wat dan sekere dele van die argeologie, tale soos Hellenistiese Grieks en Hebreeus, antieke geskiedenis, kerk geskiedenis, homilitiek, ens., insluit. Uit sulke en meer vakke bestaan 'n kursus in "teologie".

Teoloog -
iemand wat in die teologie afstudeer het en warskynlik, maar nie noodwendig nie, 'n predikant geword het, wat die Bybel uitlê, wat probeer vasstel wat die "woord van God" is, wat die Christelike kerk beskerm en dien aangesien dit die uitvloeisel van die teologie is.

Torah -
die vyf boeke wat aan Moses toegedig word, nl. Genesis tot Deuteronomium, andersins aan Christene bekend as die Pentateug of die boeke van die wet, vir Jode die heiligste boeke in hul kanon.

Tug -
Die tug is "die middel om die reg in Christus se kerk te handhaaf, die toom waarmee losbandiges ingehou word, die prikkel om gewetens wakker te maak, die gesel om die sondaars te kasty, en die geneesmiddel om die krankhede en verkeerdhede uit te suiwer"
(Katkisasieboek van die Algemene Jeugkommissie van die Ned. Geref. Kerk, les: Die Kerklike Tug, bl. 396). 
G.E. -
            dieselfde as nC (na Christus) - staan vir "Gemene Era", ons tyd soos dit vanaf die sogenaamde kruisgebeurde getel word.

V.G.E.
            dieselfde as vC (voor Christus) - staan vir "Voor Gemene Era"


BIBLIOGRAFIE

Abelard, Miles R.:                   Physicians of No Value; Reality Publications, P O Box
                                                            1182, Winter Park, Florida 32790, USA, ISBN -
                                                            0 932726 00 3.
Baigent and Leigh:                 The Dead Sea Scrolls Deception, Corgi, 1991,
                                                            0552 13878 9.
Bettensen, Henry:                   Documents of the Christian Church, Oxford Univ.
                                                            Press, 2nd Edition 1963, 019 283006 6.
Blum, Howard:                       The Gold of Exodus; Hodder and Stoughton, 1998,
                                                            034070856 5.
Boettner, Loraine:                   Roman Catholocism, The Banner of Truth Trust, London,
                                                            1962.
Brandes, G.;                           Jesus, a Myth, Albert and Charles Boni, New York, 1926.
Brinsmead, Robert:                 Judged by the Gospel, A Review of Adventism, Verdict
                                                            Publications, Cal., 1980, 0 89890 013 1.
Brodrick, J.:                            Galileo, The Catholic Book Club, London, 1964.
Bruwer, P.F.:                           Vir Volk en Vryheid, Oranjewerkers, Morgenzon, 1988, ISBN
                                                            0 620 12969 7.
Bushby, Tony;                         The Bible Fraud, Joshua Books, GPO Box 2115, Brisbane,
                                                            Queensland 4001, Australia, 2001, ISBN 0 9579007 16.
Cadier, Jean:                           The Man God Mastered (d.i. Calvyn), Inter-Varsity
                                                            Fellowship,London, 1964.                             
Calvyn, John:                          Institutes of the Christian Religion, WM. B. Eerdmans,
                                                            Michigan, 1970.
Carter, Nicholas:                     The Christ Myth, persoonlik uitgegee in die VSA en nou
                                                            onbekombaar. ('n fotostaat- afskrif kan aan
                                                            belangstellende studente verskaf word).
Cronjé, Prof. Dr. G.:               Regverdige Rasse-Apartheid, 1947, C.S.V. Boekhandel,
                                                            Stellenbosch.
Davidson, J.,                           The Gospel of Jesus, Element Books, Shaftsbury, 1995,
                                                            ISBN 1 85230 720 X.
Dawkins, R.:                           The GOD Delusion, Bantam Press, London, 2006,
                                                            ISBN 9780593055489.
Deist, F.E., Burden, J.J.:         'n ABC van Bybeluitleg, J.L. van Schaik, Pretoria, 1980.
Deist, F.E., Le Roux, F.H.:     Rewolusie en Reïnterpretasie, Tafelberg, Kaapstad,
                                                            1987, ISBN 0 02560 8.
Deist, F.E., Vosloo, W.,          Van Eden tot Rome, J.L. van Schaik, Pretoria, 1981,
Pretorius, E., Du Plessis, I.:                ISBN 0 627 01169 1
Deist, F.E.,                              Mosaïek van Moses, Tafelberg, kaapstad, 1976,
                                                            ISBN 0 624 02153 X
Deist, F.E.;                              Die Bybel Leef, J.L. Van Schaik, Pretoria, 1982, ISBN
                                                            0 627 01193 4.
De Klerk, J.C en                     Jesus Deur Ander Oë, J.L. van Schaik, Pretoria, 1987,
Schnell C.W.:                                      ISBN 0 627 01504 2
De Rosa, P.:                            Vicars of Christ, The Dark Side of the Papacy, Corgi,
                                                            1993, ISBN 0 552 13296 9.
Deschner, Dr. Karlheinz,:       Kriminalgeschichte des Christentums, Vol.1 - 3, (Die
                                                            Kriminele Geskiedenis van die Christendom), Rowohlt
                                                            Verlag GmbH, 1986, ISBN 3 4980 1263 0.
Dickens, A.G.:                        Martin Luther and the Reformation, English Universities
                                                            Press, London, 1970, SBN 340 05968 0.
Doherty, E.:                            The Jesus Puzzle, Age of Reason Publications, Ottawa, Canada, 1999,
                                                            ISBN 0-9689259-1-X.
Du Toit, Prof. dr. J.D.:            Die Afrikaanse Rassebeleid en Die Skrif, Alfa
                                                            Uitgewers, Posbus 20415, Noordbrug, 2522, 1981.
Van Reeth, Dr. A.:                  Ensiklopedie van die Mitologie, Vlaeberg, 1994.
                                                            ISBN 0 947461 57 4.
Ebenstein, William:                 Great Political Thinkers, Holt, Rinehart and Winston,
                                                            New York, 1969, SBN: 03 077 325 3.
Engelbrecht, J.:                       Oor Skepping en Herskkeping, J.L. van Schaik, Pretoria,              
                                                            1987, ISBN 0 627 015417.
Farringdon, K.:                                                                                               History of Punishment and Torture, Chancellor Press,
                                                            London, 2001.  ISBN 0 7537 0440 4.
Fisher, H.A.L.:                        A History of Europa, Edward Arnold & Co., London, 1949.
Ford, Dr. Desmond:                Daniel 8:14 - The Day of Atonement and the
                                               Investigative Judgement,  Euangelion Press, Casselbury,
                                                            Florida, USA, 1980.
                                              Daniel, Southern Pub., Tennessee, 1978, 0 8127 0174 7.
Freke, T., Gandy, P.:               The Jesus Mysteries, Thorsens, (HarperCollins) London,
                                                            1999, 0 7225 3676 3. 
Green, J.P.:                              The Pocket Interlinear New Testament, Associated Publishers
                                                            And Authors, 1981, ISBN 0-934-774-08-0.
Gunter, M.:                             Van die Nuwe Testament tot ons Bybel, 1987, PPK
                                                            Drukpers, Posbus 180, Isando.
                                                Is die 83 Vertaling die Bybel?, Promedia Publikasies,
                                                            Posbus 255, Silverton.
Haasbroek, Prof. D.J.P.:          The Mythological and Political Origins of Christianity;
                                                            Posbus 15567, Pretoria, 0001, 1999.
                                           The Ehtnic Struggle for Political Supremacy in South Africa, 1850 - 1994,
                                                            Posbus 15567, Pretoria, 0001, 2000.
Hancock, G.:                           Fingerprints of the Gods; Mandarin, London, 1996,
                                                            ISBN 0 7493 1454 0
Heyns, Dr. J.A.:                      Inleiding tot die Dogmatiek, N.G. Kerkboekhandel,
                                                            Halfway House, 1992, 0 7987 0607 4
Hislop, Rev. A.:                      The Two Babylons, Loizeaux Brothers, New Jersey,
                                                            1916,verkrygbaar van Judah Boekwinkel, Alberton
                                                            en ander Christelike boekhandelaars.
Johnson, Paul:                         A History of the Jews, Weidenfeld and Nicolson Ltd.,
                                                            1987, 1 85799 096 X.
Joubert, Gideon:                     Die Groot Gedagte; Tafelberg, 1997, 0 624 035433.
Keller, Dr. Werner:                 Die Bybel Is Tog Reg, Human en Rosseau, 1982,
                                                            0798112719.
Kemp, A.:                               March of  the Titans, A History of the White Race, Ostara
                                                            Publications, Box 671, Burlington, Iowa, USA,
                                                            ISBN 0-620-25117-4.  Internet : whitehistory.com
Kiernan, T.:                             A Treasury of Albert Schweitzer, Citadel Press, NY, 1965,
                                                            Lib. of Congress no. 65-20328.
Kleynhans, Bennie:                 Diaboliese Sameswering, VG uitgewers, Springs.
Kohmescher, M.F.:                 Catholocism Today, Paulist Press, NY, 1980, 08091 2335 5.
Kroeze, Dr. J.H.:                    Adam en Eva, Boekhandel de Jong, 1974, 0 94 9977 101.
Larson, Martin A.:                  Jefferson Magnificent Populist, Devin-Adair, Greenwich,
                                                            Connecticut, USA, 1981, ISBN 0 8159 5902 8.
McKinsey, Dennis:                  Encyclopedia of Biblical Errancy, Amhearst, New York,
                                                            1995, 0 87 975 9267. 
Mack, Burton, L.:                   The Lost Gospel, The Book of Q; Element UK, 1993,
                                                            1 85230 455 3.
Mahmoody, Betty:                   Not Without My Daughter, Corgi, 1989, 05 52133 566
Meijer, Dr. J.G.:                      Yster en Klei, SA volkereverhoudinge in die lig van die Skrif,
                                                              TG van Wyk Drukkers, Pretoria, 1983, 0 620 06681 4.
Nel, Marius, (red);                  Leesrooster Vir Lidmate, (2002/3) Buro vir Voortgesette
                                                            Teologiese Opleiding en Navorsing, Posbus 332,
                                                            Matieland, 7602, 2002.  ISBN 1 919943 01 3.
Nietzsche, F.:                          The Anti-Christ, (1889), Penguin, London, 1990.
                                                            135 7910 8642.
Oberholster, Prof.  Dr.  J.J.;    Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die OVS, N.G.
                                                            Kerk in die OVS, 1964.         
Oosthuizen, Prof. G.C.:          Godsdienste van die Wêreld, NGK-boekhandel, Pretoria,
                                                            1977.
Potter, Dr. C. F.:                     The Lost Years of Jesus revealed; Fawcett Gold Medal,
                                                            New York, 1990, 0 449 13039 8.
Remsberg, John E.:                 The Christ, The Truth Seeker Co., New York, 1909.
Ringgren, R., Strom, A.V.:     Religions of Mankind, Fortress Press, Philadelphia, 1967,
                                                            Library of Congress 67-11252.
Robinson, Richard:                 An Atheist's Values, Basil Blackwood, Oxford, 1964,
                                                            0 6311 5970 3.
Russell, Bertrand:                    Why I Am Not A Christian; George Allen & Unwin,1958.
                                                History of Western Philosophy, George Allen and
                                                            Unwin, 1961.
Rylands, L. Gordon:                Did Jesus Ever Live?, Watts and Co., London, 1936.
Sasson, Jean:                           Princess, Doubleday, 1992, 038 540 345 3
Schoonees, Dr. P.C.:               Dink vir jouself, Van Schaik, Pretoria, 1940.
Schulz, R.,  Seidel, M.;            Egypt, The World of the Pharaohs, Könemann Verlags-
                                                            gesellschaft, Cologne, 1998, ISBN 3 89508 913 3.
Schweitzer, Dr. A.:                 The Quest of the Historical Jesus, Adam & Charles
                                                            Black, London, 1954.
Spangenberg, Prof. I:              Perspektiewe op die Bybel, Van Schaiks, Pretoria, 1998.
                                                            ISBN 0 627 02345 2.
Strydom, I.J.:                          Anneksasie van die Volksiel, Posbus 11002, Brooklyn,
                                                            Pretoria. 1984, ISBN 0 620 07577 5.
Taylor, G.  Rattray:                  Sex in History, Thames and Hudson, London,1953.
Theal, G.  M.:                          History of the Boers in South Africa, 1887, herdruk deur Struik,
                                                            in die biblioteek onder 968.035THE.  Gedruk deur S.
                                                            Cowan& Co., Strathmore Printing Works, Perth. (Uit druk
                                                            en baie skaars.  Skrywer het ‘n afskrif in eie biblioteek).
Thiering, Barbara:                   Jesus the Man, Corgi, 1992, 0552 14120 8.
                                              Jesus of the Apocalypse, Corgi, 1996, 0552 14238 7.
Thouless, R. H.:                      Straight and Crooked Thinking, Pan, 1964.
Untermann, A.:                       The Jews and Their Religious Practices,  (geleen – onbekend)
Van der Watt, Prof. P.B.:         Die Nederduitse Gereformeerde Kerk 1652 - 1905,
                                                            NGK Boekhandel, Pretoria, 1988.
Vermes, Geza:                         The Complete Dead Sea Scrolls in English, Penguin,
                                                            1998, 13579108642.
Van der Walt, A.J.H.:               Geskiedenis van Suid-Afrika, Nasionale Boekhandel,
                                                            Bpk., 1955.
Wells, Dr. G.A.:                       Did Jesus Exist?, Pemberton, London, 1975, 0236 31001.
                                                The Historical Evidence for Jesus, Prometheus, Buffalo, 1982,                
                                                            0 87975 180 0.
                                                Can We Trust The New Testament?, Open Court, Chicago, 2004,
                                                            1 800 815 2280.                                             
                                                (Sien ook:        Jesus of the Early Early Christians, 1971;
                                                                        Who was Jesus? 1989;
                                                                        The Jesus Legend, 1996;
                                                                        The Jesus Myth, 1999.
Wendel, Francois:                    Calvin, Collins, London, 1965.
Wheless, Joseph:                     Forgery in Christianity, Psyching, Moscow, Idaho, 1930.
Wilson, Colin:                         A Criminal History of Mankind, Panther, Granada Publishing,
                                                            London, ISBN0 586 05486 3.
Wilson, Ian:                             Jesus, The Evidence, Pan, 1984, 0 330 28708 7.
Wurmbrand, Richard:              Marx & Satan, Crossway Books, Westchester, Illinois, 1986,
ISBN 0-89107-379-5.  (Verspreiders in SA: Christelike Sending
Internasionaal, Germiston, tel: 011-873-2604).
Wylie, J.A.:                             History of the Waldenses, Pacific Press, California, 1977.
Yadin, Y. Prof.:                        Bar Kochba, Weidenfeld and Nicolson, London, 1971.
                                                            ISBN 0 297 00345 3.

ANDER BRONNE:

                                                Die Bybel met die Deutero-Kanonieke Boeke;
                                                            Bybyelgenootskap van Suid-Afrika, 1998, 0798212764.
                                                 Die Bybel, Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1933 en 1983.
                                     Die Katkisasieboek van die Algemene Jeugkommissie van die NG                Kerk,
                                                            Sondagskool Boekhandel, Bloemfontein, 1970.
                                                Catholic Catechism, Herder KG, Freiburg, Wes-
                                                            Duitsland, 1961.  Imprimatur: Nottingham, 14
                                                            September 1957, W.E. Graser, Vicar General.
                                                The Dake Annotated Reference Bible, 1963.
                                                Kerk en Samelewing, Algemene Sinode van die N.G.
                                                            Kerk, Okt. 1986, 1 86804 043 7.
                                                The New Compact Bible Dictionary, Zondervan, 1967,
                                                            Library of Congress Cat.: 67-22682.
                                                The World's Religions, Lion Publishing, Herts, UK,
                                                            1982, 0 86760 354 2.
                                                Encyclopedia Britannica, 1964.
                                                Funk and Wagnall’s Encyclopedia, 1983,
                                                            ISBN 0 8343 00516.
                                                Webster’s New World Encyclopedia, 1992,
                                                            ISBN 0139 47482X.
Mijnhardt, F. A.;                     Afrikaanse Bybelkonkordansie, JL van Schaik, Pretoria,
                                                            1978, ISBN 0 627 01 002 4.
                                                Cruden’s Compact Concordance, Oliphants, 1968.
                                                Strong’s Exhaustive Concordance, Baker Book House,
                                                            1981.
Abbott-Smith;                         Manual Greek Lexicon of the New Testament; T & T Clark,
                                                            Edinburgh, 1964.
Liddell and Scott;                   Greek - English Lexicon, Oxford, 1966.
Wenham, J.W.;                        The Elements of New Testament Greek, Cambridge University
                                                            Press, 1973, 0 521 09842 4.

                                               
NATIONAL GEOGRAPHIC:
"Roman Relics", (Skepe onder die Middelandse See), April 1998, bl. 32, en ander soortgelyke artikels.  
Relieke van die Katolisisme23 June 2004, Desember 1983, bl.740 en 741.
"Shroud of Turin", February 1989.


NEWSWEEK, April 8, 1996, bl. 40, artikel: "Rethinking the Resurrection".
TIME, Desember 18, 1995, bl. 40; artikel: "Are the Bible's Stories True?"
TIME, April 8, 1996, bl. 40; artikel: "The Gospel Truth".
TIME, April 1, 2002, bl.  34; artikel: "Can the Catholic Church save itself?"
Verskeie koerante: Beeld, Citizen, Rapport, Sunday Times, The Star, ens.

Videomateriaal (in die skrywer se versameling) -

SABC TV, videoprogram oor Tsafendas waarin Dr. H.F. Verwoerd self praat.
SABC-TV, videoprogram waarin Profeet T.B. Johua en besoekende Suid-Afrikaners gewys word.
FOX TV, (uit VSA) videoprogram waarin dit ruiterlik gestel word dat die wit ras vernietig moet word.


INTERNET

Lesings van Noel Ignatiev - vanaf die Internet - op CD-Rom
Die webwerf van jesusneverexisted - op CD-Rom


CD-ROMS - LASERSKYWE

Baie ou boeke word weer deur BANK OF WISDOM (soek op INTERNET) op CD-ROM beskikbaar gestel.  Dit is ‘n enorme en belangrike werk.  Skrywer het die volgende CD’s  maar onlangs bekom en bedank Emmet F. Fields vir sy bydrae aan Westerse kennis en insig.  Die inligting is dus nie in hierdie werk opgeneem nie.  Boeke soos die volgende is dus van bogenoemde instansie verkrygbaar -


CD 1
The Jefferson Bible - An Exact Reproduction - Thomas Jefferson
The Bible - John E Remsburg
The Bible Unveiled - M.M. Mangasarian
Bible Myths and Their Parallels in Other Religions - T.W. Doan
Evenings with Sceptics (2 Vols) - John Owen
What is the Bible - J.T. Sunderland
Is The Bible Worth Reading? - L.K. Washburn
A Few Words About The Devil - Charles Bradlaugh
Chapters From the Bible of the Ages - G.B. Stebbins
The Bible Comically Illustrated (2 Vols) - Watson Heston


CD 2
Freethinkers’ Pictorial (2 Vols) - Watson Heston
A History of the Warfare of Science with Theology in Christendom (2 Vols) - Andrew White
History of Sacredotal Celibacy in the Christian Church (2 Vols) - George Haven Putnam
The Massacre of St Bartholomew - Henry White
Henry of Navarre and the Religious Wars - Edward T Blair
Autobiography of Andrew D White (2 Vols)
The Future Prospects of Christianity - Francis William Newman
Thumbscrew and Rack (oor die Inkwisissie) - George E MacDonald


CD 3
400 years of Freethought - Samuel P Putnam
A Biographical Dictionary of Freethinkers - J M Wheeler
The Age of Reason - Thomas Paine
My Belief - Luther Burbank
Analysis of Religious Beliefs (2 Vols) - Viscount Amberley
The Bible, A Dangerous Guide - Marshall J Gauvin
en ander geskrifte deur -
John E Remsburg
JM Robertson
George J Holyoake
L K Washburn
Marie Jean Gavau
D M Bennett
Kersey Graves
GW Foote
Ross E Browne
Ludwig Feuerbach
Maria M Ricker and others


CD 4
Hierdie is meer radikaal en bevat geskrifte deur geharde ateïste.  Geharde ateïste is wie hulle is omdat die kerk so ‘n harde standpunt ingeneem het deur vrydenkers na die brandstapel en ander wrede dode te stuur.  Hierdie is ‘n reaksie op sulke hardheid.  Hierdie werk word nie deur die  kerk beantwoord word nie - hulle kan nie.  Die kerk se enigste verweer is karaktermoord op enige iemand wat sulke harde, dog duidelike, standpunte  inneem.  Die volgende geskrifte kan daarop gevind word -

Fifty Years of Freethought (2 Vols) - George E MacDonald
The Ten Commandments (en 4 ander boeke deur) - Joseph Lewis
Is It God’s Word?  Joseph Wheless
Forgery in Christianity - Joseph Wheless
The Pillars of Priestcraft (4 Vols) - 1768
History of the Conflict between Religion and Science - John William Draper
Superstition in All Ages - Jean Meslier
The Matyrdom of Man - Winwood Reede
Tales of Theology (en 2 ander boeke deur) - Henry M Tichenor
The Science of Materialism - Charles T Spalding
A Candid Examination of Theism - Physicus
Fact or Faith - Henry M Taber
Penalties Upon Opinion - Hapatia Bradlaugh Bonner
Our Relationship Heritage - Walter Hoops
32 Sermons by M M Mangasarian


Om hierdie laserskywe te bekom, skryf aan - Bank of Wisdom, P O Box 926, Louisville, KY 40201, USA.




"Help ons om jou kinders te help om ‘n beter dag van môre te vind".  (Emmett F Fields)







No comments:

Post a Comment